Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Wilmari Jooste (Jooste, Wilmari)
vetseunvetseun
Maalstroom ............... 2008 SATYN

"Wiehan Rautenbach se ongelukkige huwelik kom tot 'n einde die dag wat sy vrou, Laura haar goed vat en Wiehan met hulle siek dogtertjie, Lindie, los. Laura gaan na Switserland waar haar suster Mieke en die se man, Ferdinand, werk. Kort voor lank rokkel Laura vir Ferdinand af. Mieke keer gebroke terug na Suid-Afrika en vind 'n troosplek by Wiehan. Vinnig word sy vasgevang in 'n maalstroom van emosies - hoe kan sy, na alles wat gebeur het, verlief wees op haar suster se man van alle mense?" - loot.co.za

vetseunvetseun
Versperring Teen Liefde . 2006 TAFELBERG

"Marnitz Meyer is hoof van 'n hospitaal se ongevalleafdeling. Hy is die seun van 'n man wat as misdadiger gesterf het en 'n vrou wat tien jaar in die tronk was vir moord, en is daarom van nature teruggetrokke. Maar dan ontmoet hy vir Jankie Bekker, 'n toegewyde polisievrou. Hulle voel dadelik aangetrokke tot mekaar, maar die oomblik breek aan dat hy moet erken wie sy familie is, en hy word deur haar ouers verwerp. Jankie is egter nie bereid om tou op te gooi nie - totdat sy tot die ontstellende besef kom dat dat daar 'n familieverwantskap tussen hulle mag wees - broer en suster?" - loot.co.za

vetseunvetseun
Hartsgeheime .......... 2005 TAFELBERG

"Dokter Jurie du Toit kom agter sy beeldskone vrou, Anele, is nie wat sy voorgee om te wees nie en beveel haar om vir 'n jaar by haar ma te gaan bly. Wanneer Clarissa, 'n ongetroude meisie, van haar baba ontslae wil raak, beskou Anele dit as 'n gulde kans. Sy gee voor dat dit haar en Jurie se baba is, omdat sy weet hy sal haar nie nou verlaat nie. Anele is egter steeds onstabiel en onnatuurlik besitlik op die baba. Intussen begin Clarissa as leerlingverpleegster by dieselfde hospitaal as Jurie werk en hulle raak meer as net goeie vriende." - loot.co.za

vetseunvetseun
Hartsgeheime .......... 2004 TAFELBERG

vetseun
Rondomtalieliefde ..... 2003 JASMYN

"Suster Amanda Schoeman was nog altyd iemand met 'n nugtere geaardheid, iemand wat nie maklik kop verloor nie. Maar wanneer sy met verlof gaan en twee dae later by die hospitaal opdaag met 'n pasgebôre tweeling, vermoed haar kollegas onraad. Maar hoe kan sy aan Bertus Maree en die ander personeel verduidelik watter omwenteling haar lewe oornag ondergaan het? Boonop vermoed sy die sleutel tot haar toekoms le hier, in die hospitaal. Sy naam is skynbaar Stefan Malan, en volgens Bertus ly hy aan ernstige amnesia. Sy het geen keuse nie, besef Amanda. Sy sal haar dienste as voltydse verpleegster moet aanbied, en na hom omsien tot die dag dat hy sy geheue herwin." - loot.co.za

vetseun
Fokus Op Die Liefde . 2002 TAFELBERG

vetseunvetseun
Liefde Verbode ......... 2001 TAFELBERG

vetseun
Skynsglans Van Klatergoud . 1999 TAFELBERG

vetseun
Koopsom Vir Liefde . 1999 TAFELBERG


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )