Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Willemien Brümmer (Brümmer, Willemien)
vetseun
Die dag toe ek my hare losgemaak het (Kortverhale) . 2008 HUMAN & ROUSSEAU

Die kortverhale in hierdie bundel beeld op treffende en insiggewende wyse, en plek-plek met die gebruik van sprokies, die karakter Mia se grootwordervarings uit - in Kaapstad en op die familieplaas op Ladismith, van 12-jarige kind tot 'n jong moeder. Dit beeld ook op fyn en sensitiewe wyse uit hoe Mia worstel met 'n erflas van alkoholisme en depressie. Daar is die komplekse verhoudings binne die familie: met haar ma, haar pa, en, soos sy ouer word, met mans. Die verhale beeld haar vrese uit, haar seksuele ontwaking en haar pogings om 'n sinvolle, gelukkige verhouding met iemand te he. Dis aparte verhale, maar saam beeld dit Mia se lewe uit en word dit byna iets soos 'n Bildungsroman. Onderliggend in die verhale is die helende krag wat "storie" en verbeelding in Mia en haar pa se lewe speel: dit is ook haar redding uit die erflas van depressie.

Die bekende Insig-joernalis Willemien Brümmer, agterkleindogter van C.J. Langenhoven, debuteer met 'n bundel kortverhale, Die dag toe ek my hare losgemaak het. Dis verhale oor 'n jong vrou wat in Kaapstad woon. - graffitibooks.co.za


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)