Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Riens Vosloo (Vosloo, Riens)
vetseun
Bladsak (Onderwysersgids/Leerderboek) . 2012 BEST BOOKS
Fanie Viljoen; Belinda Prinsloo; Heleen Stevens; Riens Vosloo; Willem van der Merwe; Leon van Nierop
ISBN: 9781770028739
ISBN: 9781770028722

Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou kan jy dit albei in die Afrikaanse klas doen! Bladsak Graad 11 is 'n cool boek. Jy aan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy na die tweede DVD van "Mandela-rylaan se stories" kyk - ons eie TV-sepie en wat spesiaal vir jou as leerder wat Afrikaans neem as Eerste Addisionele Taal, verfilm is. Behalwe kyk, gaan jy ook 'n lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure in verskillende sosiale situasies kommunikeer; vir begrip en pure genot interessante tekste lees; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer oor die sepie en ander funky onderwerpe; noukeurig en krities na taalgebruik luister; taalstrukture deeglik hersien en foutloos gebruik; splinternuwe woorde en sinne gebruik; heelwat transaksionele tekste beplan en skryf; gereeld assessering van jou eie of jou maat se werk doen; deeglik vir die eksamen voorberei aan die hand van die Taalgids en Letterkundegids. Bladsak Graad 11 bevat omvattende, geintegreerde aktiwiteite wat propvol interessante idees en uitdagings is. Alles wat jy moet verstaan en ken om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieende vaandels te slaag, is in hierdie boek saamgevat. Geniet hierdie Bladsak-leerervaring!

vetseun
Piekfyn Afrikaans .............. 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029255

'n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Eerste addisionele taal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediere Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase. Wanneer leerders hierdie leesboek lees, gaan hulle hulself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is ook langer stories en fotoverhale wat jong lesers nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of om te dramatiseer. inligtings-, sosiale wat leerders se lus vir lees sal aanwakker. Hulle lees oor allerlei temas waarvan hulle dalk nog nie weet nie of ontdek vreemde plekke waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. Soms gaan hulle oulike poskaarte, briewe, pamflette en plakkate lees. Dan is daar ook talle interessante koerantberigte, resensies, onderhoude, verslae en advertensies om hul taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jong lesers help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en hul taalbegrip te bevorder. Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: Vrae oor die meeste tekste wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is; Toeligting by moeiliker tekste; Woordverklarings vir komplekse woorde; Die stappe van die leesproses; Antwoorde op alle vrae is gratis op die uitgewer se webtuiste beskikbaar (www.bestbooks.co.za). Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).

vetseun
Piekfyn Afrikaans .............. 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029262

'n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Eerste addisionele taal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediere Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase. Wanneer leerders hierdie leesboek lees, gaan hulle hulself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is ook langer stories en fotoverhale wat jong lesers nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of om te dramatiseer. inligtings-, sosiale wat leerders se lus vir lees sal aanwakker. Hulle lees oor allerlei temas waarvan hulle dalk nog nie weet nie of ontdek vreemde plekke waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. Soms gaan hulle oulike poskaarte, briewe, pamflette en plakkate lees. Dan is daar ook talle interessante koerantberigte, resensies, onderhoude, verslae en advertensies om hul taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jong lesers help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en hul taalbegrip te bevorder. Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: Vrae oor die meeste tekste wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is; Toeligting by moeiliker tekste; Woordverklarings vir komplekse woorde; Die stappe van die leesproses; Antwoorde op alle vrae is gratis op die uitgewer se webtuiste beskikbaar (www.bestbooks.co.za). Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).

vetseun
Piekfyn Afrikaans .............. 2012 BEST BOOKS
ISBN: 9781770029279

'n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Eerste Addisionele Taal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediere Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase. Wanneer leerders hierdie leesboek lees, gaan hulle hulself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks. Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is ook langer stories en fotoverhale wat jong lesers nuwe avonture gaan laat kort dramas om in groepverband te gedigte om te lees. Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale en media tekste wat leerders se lus vir lees sal aanwakker.
Hulle lees oor allerlei temas waarvan hulle dalk nog nie weet nie of ontdek vreemde plekke waarvan hulle nog nooit gehoor het nie. Soms gaan hulle oulike poskaarte, briewe, pamflette en plakkate lees. Dan is daar ook talle interessante koerantberigte, resensies, onderhoude, verslae en advertensies om hul taalkennis uit te brei. Al hierdie lekker leeswerk gaan jong lesers help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en hul taalbegrip te bevorder. Vir die klaskamer Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien: geformuleer is; toeligting by moeiliker tekstel woordverklarings vir komplekse woorde; die stappe van die leesproses; antwoorde op alle vrae is gratis (www.bestbooks.co.za). Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).

vetseun
Piekfyn Afrikaans ........... 2012 BEST BOOKS
Belinda Prinsloo, Riens Vosloo, Willem van der Merwe
ISBN: 9781770028593

Uiteindelik!'n Reeks wat al die soorte tekste bevat wat die nuwe kurrikulum voorskryf! Piekfyn Afrikaans Graad 11 het die wereld van multimediatekste betree - ons bied 'n TV-film vir interaktiewe taalaktiwiteite in die Afrikaanse klas aan. Die leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die vereistes vir Huistaal.
Hierdie unieke onderwysersgids en DVD ondersteun die onderwyser se taak deur beplanning en voorbereiding tot die minimum te beperk; volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook ritse riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite in afdelings soos Pitkos en In 'n neutedop; te fokus op kommunikatiewe en teks- en temagebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; 'n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas; volledige onderrigplanne vir elke tweeweeklikse module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien; 'n formele assesseringsprogram vir graad 11, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering voor te stel; aanvullende hulp- en ondersteuningsmateriaal vir administratiewe en organisatoriese take van die Afrikaansonderwyser in te sluit deur op die kieslys van die DVD op"Lees" te kliek en die dokumente uit te speel vir die onderwysersleer. Ook volkleur plakkate! Ons weet die Piekfyn-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om Afrikaans te onderrig.

vetseun
Piekfyn Afrikaans ............ 2012 BEST BOOKS
Belinda Prinsloo, Riens Vosloo, Willem van der Merwe
ISBN: 9781770028586

Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat interessante en kontemporere leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met die van verskeie ander vakke geintegreer wat jou ervaringswereld sal verryk en jou deeglik vir Graad 12 sal voorberei. Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In 'n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids gaan jou voorbereiding vir enige soort assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook: vir begrip en pure genot interessante tekste lees; in verskillende sosiale situasies kommunikeer; verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik; vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; noukeurig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture deeglik en foutloos gebruik; heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf volgens die stappe van prosesskryf. Maar dis nie al nie . . . Hou jy van fliek of om na 'n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou gaan jy dit alles in die Afrikaanse klas doen! Jy gaan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy weer na al die mense van Mandela-rylaan kyk. Ja, Piekfyn Afrikaans het sy eie film en filmsterre! "Mandelarylaan se stories" is 'n tipies Suid-Afrikaanse TV-sepie. Behalwe kyk, gaan jy ook lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure. Geniet 'n Piekfyn-leerervaring!

vetseun
Piekfyn Afrikaans ........... 2012 BEST BOOKS
Riens Vosloo, Janisch Lucas
- Eerste addisionele taal
ISBN: 9781770028661

Geintegreerde Taalteks Graad Afrikaans Piekfyn Afrikaans Graad 11 bevat hedendaagse leer- en onderrigmateriaal vir die van julle wat Afrikaans as...

vetseun
Piekfyn Afrikaans ........... 2012 BEST BOOKS
Riens Vosloo, Janisch Lucas
- Eerste addisionele taal
ISBN: 9781770028678

Piekfyn Afrikaans Graad 11 se Onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring Graad 11-12 wat die leerder se leerbehoeftes eerste stel en die onderwyser se onderrigtaak ondersteun: fokus op die kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind; bied inhoud en kontekste aan volgens eietydse temas en 'n wye verskeidenheid tekssoorte; ondersteun die onderwyser in die beplanning van onderrigplanne, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk; bevat 'n volledige antwoordsleutel vir elke module, asook riglyne, wenke en prosedures vir elke aktiwiteit; bevat 'n CD waarop gratis materiaal (soos volkleur plakkate en idiome) ingesluit is.

vetseun
Piekfyn Afrikaans ............ 2011 BEST BOOKS
Henk Viljoen, Riens Vosloo
ISBN: 9781770027107

Piekfyn vir NKABV. Piekfyn Afrikaans Graad 10 bevat interessante en kontemporere leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boop word taalinhud met die van verskeie ander vakke geintegreer wat jou ervaringswereld sal verryk en jou deeglik vir Graad 11 sal voorberei.

vetseun
Bladsak .............................. 2011 BEST BOOKS
Henry October, Belinda Prinsloo, Riens Vosloo
- Eerste addisionele taal
ISBN: 9781770027121

Die Bladsak-reeks in die senior fase bevat 'n wye verskeidenheid aktiwiteite en leerstof wat geintegreerd aangebied word.

vetseun
Piekfyn Afrikaans ......... 2011 BEST BOOKS
Henk Viljoen, Riens Vosloo
- Graad 10 Leerdersboek
ISBN: 9781770027183

Piekfyn vir NKABV. Vir eerste addisionele taal. Piekfyn Afrikaans Graad 10 bevat piekfyn, hedendaagse leer- en onderrigmateriaal vir die van julle wat Afrikaans as eerste addisionele taal aanleer. Boonop word taalleerstof op 'n boeiende en dikwels prettige manier met die van verskeie ander vakke geintegreer om julle ervaringswereld te verryk en uit te brei. Wanneer assessering ter sprake kom, val die klem op die inhoud en vaardighede van Afrikaans as vak en word jy deel van 'n proses wat jou in staat stel om op hoogte van jou eie prestasie en vordering te bly. Die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede in Piekfyn Afrikaans word deeglik vervat in 'n wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite. Jy word deurlopend blootgestel aan luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied, terwyl jy terselfdertyd die vermoë ontwikkel om Afrikaans funksioneel, kreatief en speels te gebruik en te skep.

vetseun
Kroonsteen-Reeks ......... 2009 BEST BOOKS
ISBN: 9781770022744

vetseun
Piekfyn Afrikaans .............. 2007 BEST BOOKS
ISBN: 9781770021068

vetseun
Piekfyn Afrikaans .............. 2007 BEST BOOKS
- Graad 12
- Geintegreerde Taalteks
- Eerste Addisionele taal
ISBN: 9781770020702

vetseun
Bladsak .............................. 2006 BEST BOOKS
- Graad 9 Leerderboek
ISBN: 9781770020146

vetseun
Bladsak .............................. 2006 BEST BOOKS
- Graad 8 Leerderboek
ISBN: 9781770020122

vetseun
Piekfyn Afrikaans .............. 2006 BEST BOOKS
ISBN: 9781770020665


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)