Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Piet Muller (Muller, Piet)
vetseun
Die Groot Aanhalingsboek . 2007 HUMAN & ROUSSEAU
Morkel van Tonder, George Claassen, Piet Muller
ISBN: 9780798148139

"'Soos Piet Cillié (of Dante of Tom Stoppard of Koos de la Rey of wie ook al) gesê het ...'Wil jy ook soms 'n sin so begin? Dan moet jy dadelik Die Groot Aanhalingsboek aanskaf. Die meeste van hierdie versameling van meer as 4 000 aanhalings, ingedeel in 59 temas, sal jy nie sommer agter enige klip of op die internet raakloop nie. Die boek bevat ook 'n kort omskrywing van elke aangehaalde persoon, met 'n register agterin van wie wat gesê het."

vetseun
Die Evangelie van Thomas . 2002 PROTEA BOEKHUIS
Vertaling: Piet Muller
ISBN: 9781869190088

Die Evangelie van Thomas is deel van die geskrifte wat in 1945 naby die Egiptiese dorp Nag Hammadi ontdek is deur 'n paar kleinboere wat besig was om vir bemestingstof te grawe. Die teks bevat gesegdes van Jesus waarvan maar sowat veertig persent ook in die drie sinoptiese Evangelies (Matteus, Markus en Lukas) voorkom - en dit is daarom 'n besonder interessante geskrif om naas die Bybel te bestudeer. Voor die ontdekking van die Nag Hammadi-geskrifte en die ontdekking van 'n volledige Koptiese teks (die ou Egiptiese taal, wat sedert die dae van die Ptolemeiese koningshuis met Griekse letters geskryf is) is 'n paar flentertjies papirus met dele van hierdie Evangelie in Grieks op 'n ashoop by Oxyrynchus in Egipte gevind. Hierdie tekste sowel as fragmente van die Matteus-evangelie is die oudste Christelike dokumente wat ooit gevind is.


Tomorrow is a New Ball Game . 2002 LAPA UITGEWERS

vetseun
Die Nuwe Hervorming . 2002 PROTEA BOEKHUIS
Redakteur, et al
ISBN: 9781869190095

vetseun
Visualisering ................. 2001 PROTEA BOEKHUIS
- Wat jy bedink, kan jy beklink
ISBN: 9781919825595

vetseun
Meditasie ..................... 2001 PROTEA BOEKHUIS
- Die gawe van stilte
ISBN: 9781919825601

Die Romeinse filosoof-keiser Marcus Aurelius het voortdurend gestreef na 'n eenvoudige lewe, innerlike vryheid en persoonlike spirituele groei. In'n era waarin individue toenemend na betekenis en spirituele groei hunker, kry hierdie klassieke geskrif nuwe betekenis en relevansie.
Marcus Aurelius kan as 'n ware filosoof-koning beskou word. Ten spyte van sy roem en weelderige lewe aan die hof, het hy voortdurend gestreef na 'n eenvoudige lewe, innerlike vryheid en persoonlike spirituele groei. Sy Meditasies of Bepeinsinge wat tydens sy laaste lewensjare neergeskryf is, is in 12 boeke verdeel en is nie filosofiese teoriee nie, maar praktiese oefeninge om die filosofie in die leser se gedagtes en optrede te laat deurwerk. Hy besin oor die heelal en die mens as deel daarvan, die verantwoordelikhede van die mens as 'n sosiale wese, verdraagsaamheid teenoor alle mense, hoe om in harmonie met ander en in ooreenstemming met jou ware aard te leef, hoe om te aanvaar wat met jou gebeur, en uiteindelik ook die dood te aanvaar. Tydens Marcus se heerskappy is die Christene kwaai vervolg, maar tog het sy denke oor 'n ingetoe leefwyse wat nie deur drif nie, maar deur verantwoordelikheid en plig beheer word, 'n groot invloed op die Christendom uitgeoefen. Sy werk word vandag nog gelees en het in 'n era waarin waarde aan spirituele groei geheg word, nuwe betekenis gekry.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )