Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Martin Versfeld (Versfeld, Martin)
vetseun
Beweging Uitwaarts . 1969 JOHN MALHERBE
J.J. Degenaar; W.A. de Klerk; Martin Versfeld

'Hierdie is noodgedwonge 'n tyd van ekumenisme en dialoog. In die tegnologies verenigde wêreld van vandag is 'n radikale botsing net so onmoontlik om te verduur as 'n radikale onversoenbaarheid in die gees van die enkeling. "Ons moet leer om verstandig oor die grense te praat waaroor die bom kan blits."
Dat daar tussen oënskynlik onversoenbare kampe wel basisse vir onderhandeling gevind kan word, is die oortuiging van hierdie drie denkers. Martin Versfeld, wat reeds buite die landsgrense bekend is vir sy werke. oor die filosofie, is 'n akademikus aan U.K., die oudW. A. de Klerkste Engels Suid-Afrikaanse universileit in Suid-Afrika. J. J. Degenaar, Nataller van geboorte, is verbonde
aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy 'n middelpunt geword het van die moderne denke hier in Suid-Afrika. W. A. de Klerk, in die eerste plaas skrywer en letterkundige, se skerpsinnige belangstelling in die filosofie en die politiek en hul invloedsfere, het reeds in talle geskrifte geblyk.
In hierdie dae van verdeeldheid en Babelse verwarring is dit betekenisvol dat 'n fenomenoloog soos de. Degenaar, 'n letterkundige van naam soos W. A. de Klerk, en 'n filosoof wat ten volle in die Christelike lradisie staan soos de.
Versfeld - ten spyte van hul uiteenlopende agtergronde - dieselfde taal praat:

J.J. DEGENAAR
"U word uitgenooi om aan 'n wonderlike eksperiment deel te neem - die eksperiment naamlik om denkend te lewe, om denkend te lewe in 'n moderne tyd waarin ons nie bang is om tydgenootlike vrae te vra en deel te neem aan die beweeglikheid van 'n wêreld wat soek na nuwe vorme nie. U word uitgenooi om 'n nuwe mens te word in 'n nuwe eeu waarin al hoe meer mense, al hoe meer standpunte, al hoe meer rasse, al hoe meer godsdienste naderaan mekaar moet lewe - en een manier van saambestaan in so'n eeu is die van die oop gesprek."

W. A. DE KLERK
"Wanneer word rnenslike verhoudings tot innerlike onbuigbaarheid? ... Wanneer die rede finaal plekgernaak het vir die rasionele, wanneer ons ons finaal oorgegee het aan 'n bepaalde geestelike raamwerk waarin , ons ons heil, ons versekering vir die toekorns, wll vind ... "

MARTIN VERSFELD
"Abstrakte beginsels is onvoldoende omdat iedereen se situasie enig is ... Die kern van die moraliteit is 'n spontaneïteit wat die ware self as skeppende wese uitdruk en ontdek. Hierdie moraliteit wortel in die persoon ... Die morele toestand van 'n wêreld wat tegnies verenig is, vereis presies hierdie humanisme van die spontane mens wat onder aile defensiewe meganismes insny."

Om hierdie gedagtes in hul sinvolle verband te kan waardeer, moet die bundel self natuurlik onder hande geneem word.
Dat hier met feite gehandel word en nie met blote denkbeelde nie, en dat ekumenisme en dialoog wel redelik uitvoerbaar is, blyk uit Dr. Versfeld se skitterende verhandeling Tweegesprek tussen Marxiste en Christene, waarin die verskille tussen hierdie twee "dogmatismes" tot hul gemeenskaplike bronne teruggevoer word, en Dr. Versfeld bewys dat die Marxisme ook in sekere sin binne die Bybelse tradisie staan.
Dit blyk ook uit J. J. Degenaar se noukeurige ontleding van die ontstaan, aard en omvang van die nasionalisme. En dieselfde feitelikheid kenmerk W. A. de Klerk se boeiende Anatomie van Vernuwing waarin die Eerste Taalbeweging as werklike model gebruik word om die herhalende verskynsel van Vernuwing te ondersoek en toe te lig.
"Beweging Uitwaarts" het vandag ook in die politiek 'n benadering geword. Hierdie boek wys op die ware eise van so 'n lewensbeskouing.' - stofomslag

vetseun
Rondom die Middeleeue . 1962 NASIONALE BOEKHANDEL


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)