Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Jürgen Banscherus (Banscherus, Jürgen)
vetseun
Speurder Kwaaikofski: Die Slinkse Slangslenter / (eBook) . 2013 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
Illustrasie: Ralf Butschkow
Vertaling: Kobus Geldenhuys
ISBN: 9780798163149
ISBN: 9780798163156

Hoe het dit eintlik gebeur dat Kwaaikofski 'n speurder geword het?
Kwaaikofski dink terug aan sy eerste saak: Die slinkse slangset. Die legendariese saak wat gesorg het dat Kwaaikofski vir Olga ontmoet en ook Carpenters kougom ontdek het! Dit is ook die raaisel wat daartoe gelei het dat hy sy ware roeping vind: Om 'n wêreldklas speurder te word. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

vetseun
Speurder Kwaaikofski 4: Die aand van die blou kaalkoppe / (eBook) . 2013 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
Illustrasie: Ralf Butschkow
Vertaling: Kobus Geldenhuys
ISBN: 9780798159869
ISBN: 9780798159876

Kwaaikofski word ontvoer! Sy ontvoerders lyk baie grillerig - hulle het almal maskers op en hulle kaalgeskeerde koppe is blou! Maar dis nie die ergste nie: Een van die booswigte waag dit om vir Kwaaikofski dieselfde haarstyl te gee - en nou lyk hy soos 'n blou paaseier. Ons slim speurder gaan dit beslis nie daar los nie. So begin een van die mees misterieuse sake van sy hele speurloopbaan . .
Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture! Kwaaikofkski is kidnapped! And the culprits look very strange indeed - they are all masked and their head are shaved and blue! But worst of all: One of the kidnappers dares to give Kwaaikofski the same hairstyle - and now he looks like a blue Easter egg.

vetseun
Speurder Kwaaikofski 3: Die pienk skoolspook (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
Vertaling: Kobus Geldenhuys
ISBN: 9780798157384

Moet ook nie Kwaaikofski se derde speursaak misloop nie! Kommisarek, die skool se opsigter, het 'n groot probleem: hy glo dit spook by die skool. Die afgelope paar aande hoor hy snaakse geluide en sien vreemde, onaardse skaduwees op die skoolterrein rondsluip. Kwaaikofski skrik natuurlik nie vir 'n koue pampoen nie en hy besluit dadelik om ondersoek in te stel. Maar toe hy die pienk skoolspook een aand om middernag van aangesig tot aangesig aanskou, is selfs hý nie meer so braaf nie . . .

vetseun
Speurder Kwaaikofski 2: Die geheim van die vlieënde koei / (eBook) . 2012 HUMAN & ROUSSEAU/NASIONALE BOEKHANDEL
Illustrasie: Ralf Butschkow
Vertaling: Kobus Geldenhuys
ISBN: 9780798157711
ISBN: 9780798157360

6-10 jaar. Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles behalwe 'n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het 'n goeie speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy 'n vreemde, blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski 'n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg die mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie té ondraaglik raak nie. Die intriges van die stories in hierdie reeks is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!

vetseun
Speurder Kwaaikofski 1: Die kougomstrik (eBook) . NASIONALE BOEKHANDEL
Vertaling: Kobus Geldenhuys
ISBN: 9780798155946

'n Opwindende nuwe speurreeks vir beginnerlesers!Kwaaikofski is 'n 9jarige seun met 'n avontuurlike stokperdjie: Hy is 'n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink. Hy haal ook NOOIT sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer - iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy!Sy eerste speursaak is 'n moeilike een: Waarom op aarde verdwyn sy gunsteling-kougom uit Olgo se winkel? Het daai simpel vent, Slang, dalk iets daarmee te doen? Een ding is seker: Speurder Kwaaikofski gaan uitvind!Die intriges is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!
Kwaaikofski is 'n 9jarige seun met 'n avontuurlike stokperdjie: Hy is 'n amateur-speurder. Hy kou altyd kougom, want dit help hom dink. Hy haal ook NOOIT sy kep af nie, want dit sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer - iets wat natuurlik noodsaaklik is vir belangrike speurders soos hy!Sy eerste speursaak is 'n moeilike een: Waarom op aarde verdwyn sy gunsteling-kougom uit Olgo se winkel? Het daai simpel vent, Slang, dalk iets daarmee te doen? Een ding is seker: Speurder Kwaaikofski gaan uitvind!Die intriges is eenvoudig, maar uiters vermaaklik en die humoristiese illustrasies sal sorg dat kinders dol sal wees oor hierdie koddige, maar brawe klein speurder se avonture!


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)