Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Jan Heunis (Heunis, Jan)
vetseun
Die binnekring: Terugblikke op die laaste dae van blanke regering . 2007 JOHNATHAN BALL PUBLISHERS
The inner circle: Recollections from the last days of white rule . 2007 JOHNATHAN BALL PUBLISHERS

Jan Heunis, seun van voormalige minister van staatkundige ontwikkeling Chris Heunis reflekteer op 'n merkwaardige tyd in Suid-Afrika se geskiedenis en gee nie net 'n helder blik op die binnekring van 'n politieke party gedurende die laaste dekade van sy bewind nie, maar maak ook 'n paar skokkende onthullings.
Jan Heunis, seun van voormaligge minister van staatkundige ontwikkeling Chris Heunis, is gebôre en getoë in die Nasionale Party. Hy was nooit self politikus nie, maar het digby saam met - en dikwels teen - Suid-Afrika se magtigste politieke figure gewerk. Na hy 'n regsgraad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het, werk Heunis by die department van buitelandse sake as regsadviseur en kort voor lank word hy hoofstaatsregsadviseur in die staatspresidentskantoor.
In dié buitengewone getuieverslag onthul hy die stories agter baie van die mees dramatiese gebeure van die laaste jare van blanke oppergesag, en beskryf hy hoe die Nasionale Party oplaas die loef afgesteek is in onderhandelinge met die ANC. Vanuit insig op professionele sowel as persoonlike vlak wat sy gunstige waarnemersposisie hom gebied het, takseer Heunis op snydend eerlike wyse sleutelspelers soos PW Botha, Pik Botha, FW de Klerk, Kobie Coetsee, Denis Worrall, Hernus Kriel, Roelf Meyer en natuurlik sy pa Chris Heunis.
Heunis reflekteer op 'n merkwaardige tyd in Suid-Afrika se geskiedenis en gee nie net 'n helder blik op die binnekring van 'n politieke party gedurende die laaste dekade van sy bewind nie, maar maak ook 'n paar skokkende onthullings. - graffitibooks.co.za


skakels :











bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)