Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Gideon Joubert (Joubert, Gideon)
vetseunvetseun
Die Groot Gedagte: Abstrakte Weefsel Van Die Kosmos . 1998/2003 TAFELBERG

Die Groot Gedagte is die eerste boek oor die kosmologie in Afrikaans, en was vanaf eerste publikasie so gewild dat dit al verskeie kere herdruk is. Met sy helder styl en onderhoudende verteltrant maak skrywer en oudjoernalis Gideon Joubert met hierdie boek die sterrekunde toeganklik vir alle Afrikaanse lesers.
So loof resensente Die Groot Gedagte, die eerste omvattende sterrekunde-boek om in Afrikaans te verskyn. Die jongste kennis oor die kosmologie en die kwantumfisika word pakkend aangebied vir kenners en leke, en danksy die maklik verstaanbare taal word uiters ingewikkelde begrippe en teorie vir die leser toeganklik gemaak.
Die boek is in drie afdelings verdeel: die mikrokosmos, die makrokosmos en die holistiese kosmos. Al die belangrikste sterrekundige ontdekkings tot op die tyd van publikasie word weergegee, onder meer die jongste inligting beskikbaar by Nasa en die Suid-Afrikaanse Sterrewag. Die teks word toegelig met wonderlike illustrasies en foto's in volkleur en swart en wit.
Gideon Joubert, 'n oud-joernalis, het in sy loopbaan as koerantjoernalis dikwels vir die gewone leser oor wetenskaplike ontdekkings geskryf. In die agt jaar wat hy aan Die Groot Gedagte gewerk het, het hy wyd gelees en die sterrekunde deeglik nagevors. - graffitibooks.co.za

1979/1983 - Spioenduiker Frans Alberts


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )