Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Ewald van Rensburg (Van Rensburg, Ewald)
vetseun
Bomani Meerkat Die Veer Van Vriendskap . 2012 CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING
ISBN: 9781920593094

Hierdie pragtig geillustreerde boek geskryf deur Ewald van Rensburg, is propvol inspirerende stories met kleurvolle karakters. Een hiervan is dapper Bomani, 'n baie spesiale meerkat wat jong kinders sal aanmoedig om anders te lewe terwyl hulle deur sy wonderlike avonture vermaak word. Die ideale boek vir ouers en versorgers van jong kinders. Daar is 3 verskillende stories. Na elke storie is daar 'n toepassing, 'n verwysing na 'n Bybelteks, 'n gebed asook 'n prentjie-aktiwiteit.

vetseun
Boodskappe Uit God Se Hart . 2012 CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING
- Om Betekenisvol Te Lewe
ISBN: 9781920593049
ISBN: 9781920460044
ISBN: 9781920460068

Die konsep is dat mense hierdie boekie koop in plaas van 'n geskenkkaartjie. Die boekie bestaan uit Bybelteks wat gegroepeer word rondom spesifieke onderwerpe. Dit het 'n bilikke prys. Dit is 'n baie aantreklike boekie. Dit het 'n omvou koevert flappie. Wanneer dit dan toegevou is lyk die boekie soos 'n kaartjie in 'n koevert.

vetseun
Ja! Kleuter Aktiwiteit Gebedsboek . 2012 CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING
ISBN: 9781920593353

Hierdie aktiwiteits gebeds boek is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur 'n gebed om kinders te help om met God te praat, en 'n Christelike waarde wat daarby pas.
Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. 'n Ja! Kleuter se 'n groot Ja! om Jesus te volg en om 'n goeie en gelukkige lewe te leef.

vetseun
Ja! Kleuter Bybelstories Oor Gehoorsaamheid . 2012 CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING
ISBN: 9781920593322

Hierdie kleurvolle geillustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters.
Elke storie word vergesel deur 'n gebed om kinders te help om met God te praat, en 'n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. 'n Ja! Kleuter se 'n groot Ja! om Jesus te volg en om 'n goeie en gelukkige lewe te leef.

vetseun
Ja! Kleuter Bybelstories Oor God Se Grootheid . 2012 CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING
ISBN: 9781920593339

Hierdie kleurvolle geillustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur 'n gebed om kinders te help om met God te praat, en 'n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. 'n Ja! Kleuter se 'n groot Ja! om Jesus te volg en om 'n goeie en gelukkige lewe te leef.

vetseun
Ja! Kleuter Bybelstories Oor Liefde . 2012 CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING
ISBN: 9781920593308

Hierdie kleurvolle geillustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur 'n gebed om kinders te help om met God te praat, en 'n Christelike waarde wat daarby pas.
Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. 'n Ja! Kleuter se 'n groot Ja! om Jesus te volg en om 'n goeie en gelukkige lewe te leef.

vetseun
Ja! Kleuter Inkleurboek . 2012 CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING
ISBN: 9781920593346

Hierdie Inkleurboek is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees.
'n Ja! Kleuter se 'n groot Ja! om Jesus te volg en om 'n goeie en gelukkige lewe te leef.

vetseun
Die Avonture Van Bomani Meerkat & Ander Stories . 2011 CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING
ISBN: 9781920460006

Hierdie is vol stories met kleurvolle karakters. Een hiervan is dapper Bomani, 'n baie spesiale meerkat wat jong kinders sal aanmoedig om anders te lewe terwyl hulle deur sy wonderlike avonture vermaak word. Die ideale boek vir ouers en versorgers van jong kinders. Daar is 8 verskillende stories. Na elke storie is daar 'n toepassing, 'n verwysing na 'n Bybelteks, 'n gebed asook 'n prentjie-aktiwiteit.

vetseun
God Seën Afrika ......... 2009 LUX VERBI
- Stories, gebede en wyshede
ISBN: 9780796309884

Geen spreker of aanbieder kan sonder hierdie boek wees nie. Elke ouer en almal wat 'n bepaalde lewenswaarheid wil oordra, sal gereeld in hierdie boek blaai.

vetseun
Jy Mag Maar Vra Omnibus . 2009 LUX VERBI
Ewald Van Rensburg; Christina Roberts; Leon van Zyl
- 110 Vrae oor Bybelse dinge
ISBN: 9780796310675

Jy mag maar vra 1, 2 en 3 nou in een bundel! Die ideale gids om jou kinders te help om antwoorde te vind op die vrae wat hulle pla. Die skrywers gee leiding oor vrae oor God, Jesus, die ewige lewe, en oor wat reg en verkeerd is.

vetseun
Kyk, Luister En Bid Baba Bybelstories . 2009 LUX VERBI
- Bybelstories en psalms vir klein ore
Illustrasie: Magriet Brink
ISBN: 9780796307927

Hierdie titel is geskryf sodat kinders na die illustrasies kan kyk terwyl hulle luister na die Bybelverhale en daarna kan jy en jou kind saam bid.

vetseun
Bybel Vir Die Lewe 24/7 . 2006 LUX VERBI
- Oranje/Groen
ISBN: 9780796305305

vetseun
Bybel Vir Die Lewe 24/7 . 2006 LUX VERBI
- Groen
ISBN: 9780796303202

vetseun
Nog 30 Stories Vir Tiener-Ore . 2000 LUX VERBI
ISBN: 9780869978641

Ware verhale en ander in-die hart-gryp-stories wat elke tiener al hoe nader aan Jesus sal laat leef.
Die opvolg van die topverkoper 30 STORIES VIR TIENER-ORE 30 stories wat tieners se lewe sal beïnvloed en verander, en hulle in die voetspore van Jesus sal laat volg. Baie spesiale boek vir: • tieners om te verslind • ouers om by huisgodsdiens te gebruik • jeugwerkers en kampleiers • onderwysers vir klas- en saalopeninge

vetseun
'n Nuwe hemel en 'n nuwe aarde (eBoek) . CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
ISBN: 9781431605859

Ewald van Rensburg neem jongmense in 'N NUWE HEMEL EN 'N NUWE AARDE in 365 dae op 'n reis deur die uitdagende boek Openbaring op 'n manier wat hulle goed sal begryp. Jongmense kan Openbaring nou as 'n "C(HRISTEN)S(PEUR)I(NSIGBURO)-SAAK" sien: 'n openbaring wat van Jesus self kom en deur sy engel aan Johannes oorgedra is. Dan soek die skrywer en die leser saam na SPEURLEIDRADE. God se Woord gee die leidrade om te begryp wat Hy vir ons wil leer. In die CSI-OPLOSSING gesels die skrywer oor hoe jongmense dit wat hulle hier leer in hul elkedagse lewe kan toepas. Elke dagstuk eindig met VARS SPORE wat die jong speurder iets gee om oor na te dink en sal laat onthou dat die vars spore van die Gees vandag nog oral om ons is.

vetseun
Pitkos Met 'n Punch (eBoek) . CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
ISBN: 9781431603800

In PITKOS MET 'N PUNCH gee gewilde skrywer Ewald van Rensburg in 365 dae vir jongmense daaglikse pitkos (dagstukke) met interessante opskrifte soos: Vandag se special (Skrifgedeelte), die hoofmaaltyd (oulike storie), Red Hot Chilli Peppers (iets om jongmense uit te daag) en 'n take-away (ietsie ekstra wat lesers kan gaan oordink). Hy gebruik die vier Evangelies as basis vir elke dag se "maaltyd". PITKOS MET 'N PUNCH sal jongmense help om te chill en uit te vind wat Jesus van hulle verwag. Ewald van Rensburg bespreek in 365 dagstukke kwessies wat jongmense raak, soos eerlikheid, menseverhoudings, hoe om jou geloof uit te leef, God se liefde vir jou, tweede kanse ... Voeg alles by mekaar en jy vind uit hoe om 'n lewe te leef wat werklik tot God se eer strek. PITKOS MET 'N PUNCH sal jongmense leer dat hulle nou al vir ander 'n stukkie hemel kan bied deur op aarde soos Jesus te leef.

vetseun
Waar Genade Dans (eBoek) . CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
ISBN: 9781431603855

WAAR GENADE DANS deur Ewald van Rensburg ontsluit die geloofskat van die briewe van Paulus vir jongmense. In 366 dae fokus hy op kerngedeeltes van Romeine tot Filemon uit DIE BOODSKAP en dan volg 'n oordenking wat dit wat Paulus wou oordra, vaslê.
Paulus se briewe bied baie pitkos wat vir elke gelowige soveel kan beteken op sy geloofspad. WAAR GENADE DANS deur Ewald van Rensburg ontsluit hierdie geloofskat vir jongmense, en bied 'n reis van Romeine tot Filemon. In 366 dae fokus hy op kerngedeeltes uit DIE BOODSKAP en dan volg 'n oordenking wat dit wat Paulus wou oordra, vaslê. WAAR GENADE DANS is dus eintlik 'n twee-in-een: eers 'n gedeelte uit 'n brief van Paulus, en dan 'n brief aan die leser. WAAR GENADE DANS is vir jongmense die ideale oorgang na die vaste kos van die geloof waarvan Hebreërs 5 praat.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)