Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Erik Holm (Holm, Erik)
vetseun
Goggagids (Diere) ........ 2010 LAPA UITGEWERS
- Die geleedpotiges van Suider-Afrika
Erik Holm; Ansie Dippenaar-Schoeman
ISBN: 9780799346886

Die Goggagids is die sustervolume van Inseklopedie van Suider-Afrika wat in 2008 verskyn het en driekwart van alle lewende spesies op aarde, nl. insekte, gedek het. In die afgelope paar dekades het 'n hele aantal goeie boeke oor ons insekte, skerpioene en spinnekoppe verskyn, maar steeds nie 'n handige gids oor ons kleiner en interessante geleedpotige diere nie.

vetseun
Inseklopedie van Suider-Afrika (Diere) . 2008 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799342727

Die inseklopedie van Suider-Afrika is nie 'n veldgids vir die identifikasie en beskrywing van insekte nie, aangesien dit nie in een publikasie saamgevat kan word nie. Die skrywer Erik Holm, bekende entomoloog, stel dit so: Met hierdie boek wil ek nie, soos met 'n gewone veldgids, probeer om die sowat 50 000 insekspesies wat al in ons streek beskryf is, identifiseerbaar te maak nie. Dis 'n onbegonne taak. Eerder wil ek van hulle doen en late vertel - die haas ongelooflike stories wat my na al die jare nog steeds kan verwonder soos geen mensgemaakte fantasie nie.
Driekwart van alle lewende spesies op aarde is insekte, en hulle is belangriker in ons wêreld se ekologie as alle ander diere saam. Insekte is verreweg die interessantste en verbasendste leerskool wat die natuur ons bied, want hulle beskik oor tegnologiese vermoëns waarvan die mens net kan droom, soos onverstaanbare meganismes van vlieg. Die meeste insekte is in die orde van so twee millimeter lank en val dus nie in die oog nie.
Die inseklopedie van Suider-Afrika ontsluit die wonderwêreld van insekte en dit is geïllustreer met volkleurfoto's en illustrasies. Die 12 hoofstukke dek die wêreld van 'n insek, voortplanting, metamorfose, beweging, konstruksie en strukture, sig en lig, geluid en gehoor, reuk, aanpassings vir hitte en koue, superorganismes, die rol wat insekte speel en identifikasie.

vetseun
Natuur-lik! (Diere) ........... 2008 MARULA BOOKS

Deur 'n bioloog se oë lyk die mensdom se doen en late nogal vreemd - soms ontstellend, meesal snaaks, maar dikwels wel bewonderenswaardig. Erik Holm is een van die min wetenskaplikes wat nie bang is om ook vanuit 'n ander hoek na die mens te kyk nie.
Gelukkig het hy 'n humorsin, en is hy darem ook nog liewer vir mense as vir sy hond!
In hierdie boek gee die skrywer sy mening oar die ekologiese krisis en beveel aan dat ons ons hele wêreldbeskouing verander, nie net ons tegnologie nie. Dit beteken ons ou volkie se pionierstalente kom weer in aanvraag. Hy glo ook parasiete is van groot nut vir die mensdom, want dink net hoe hierdie haglik oorbevolkte planeetjie nou al sou gelyk het sander malaria!
Het u geweet vegetariërs is in werklikheid plantmoordenaars? Hulle is erger as vleiseters, want hulle pik op die mees weerlose lewende wesens wat nie eers kan skree of weghol nie. En diereregte-aktiviste is ongelukkig en onvrolik. Hulle het in der waarheid net een doel, en dis am ander mense ewe ongelukkig te maak. En hulle het geld.
Soos die ikone van televisie-prediking weet hulle hoe am hulle bydraes uit naïewe ou tannies se sakke te rokkel. Wanneer die dood ter sprake kom, glo hy ons instinkte lieg vir ons dat ons liggame onsterflik is. Ons verstand weet ons gaan sterf, maar ons arme instinktiewe liggame glo dit nie. Hierdie boek sal die leser laat dink, nadink en lag omdat Erik Holm se blik op die lewe ander verrassende fasette daarvan belig. - omslag

vetseun
Elke sprinkaan spring (Diere) . 1983 PERSKOR
- Insekgedrag menslik betrag

vetseun
Boesmankuns (Die Insig-Reeks) .

vetseun
Geheime In Die Tuin (Tuinmaak) . MALAN MEDIA
ISBN: 9780981407579

In geheime in die tuin stel die skrywer 'n kabouter aan die word, naamlik Ekologicus sapiens... "Maar noem my sommer Eko", se die vir Henk. Eko neem Henk op 'n reis deur die tuin waartydens hy wonderlike geheime aan hom openbaar. Krapspinne kan hulle kleur verander sodat die bye hulle nie kan raaksien nie en bye maak magrietjies se stuifmeel in geel balletjies aan hulle agterpote bymekaar om vir hulle larwes te gaan voer. Maar die groot geheim is dat else lewende ding in die tuin 'n vyand het. So word die ruspe vir die spinnekop 'n maal, die spinnekop vir die hottentotsgot, en die motte die vlermuise s'n. Die geheim van Holm se sukses is dat daarin slang om die jong leser to vermaak en terselfdertyd kennis oor te dra. Die teks word vervrolik en uitvoerig toegeling deur Klaus Schaer se aanloklike volkleur illustrasies.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )