Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Eleanor Baker (Baker, Eleanor)
vetseun
Omnibus 2 .................. 2008 HUMAN & ROUSSEAU

"Hierdie twee verhale, uitgegee onder Eleanor Baker se eie naam, handel oor mense wat liefde vind op onverwagte plekke. Hulle is Die Nes en Wêreld sonder einde." - loot.co.za

vetseun
Eleanor Baker Omnibus .

vetseun
Die Ander Marta .... 2002/2006 HUMAN & ROUSSEAU

Eleanor Baker se nuwe roman het as tema die "dienende Marta" wat met al haar verborge verlangens en vrese aanhou om haar rol gedienstig te vervul, maar dan deur 'n groot ingryping (hier grotendeels deur haarself geïnisieer) geleidelik bevry word.
Die Marta van die titel is 'n middeljarige boervrou wat op 'n dag breekpunt bereik, die motor vat en wegry na die Weskus met die idee om 'n einde aan alles te maak. Maar haar selfmoordpoging misluk en sy vind 'n tydelike heenkome in 'n eenvoudige klein vissersgemeenskap. Die verhaal fokus ook op haar man, Hendrik, se reaksie nadat hy agtergekom het sy's weg, en hoe hy ook uiteindelik tot ander insigte kom. Die spel tussen man en vrou in 'n "gebonde" situasie word vindingryk weergegee, en die verwikkelde grein van 'n emosioneel verwaarloosde vrou soos Marta word met fyn insig geteken. Die menslikheid en humor waarmee Baker alledaagse ervarings uitbeeld, is een van die redes waarom haar boeke so gewild is en sy soveel lojale lesers het. - graffitibooks.co.za

vetseun
'n Ou begin .................. 2001 HUMAN & ROUSSEAU

Die verteller van hierdie roman, Judith Meiring, is 'n stadsvrou in haar veertigerjare wat 'n bietjie wil wegkom, op haar eie wil wees, haar kop wil skoon kry.
Haar ma en skoonma sal 'n ogie oor haar kinders hou, haar vervreemde man werk die afgelope twee jaar in die Midde-Ooste.
Judith se ma gee vir haar die boks briewe saam van 'n voormoeder, Hannie uit die 19de eeu. En dit is wanneer Judith langer as beplan in 'n klein Karoodorpie aanbly, dat sy Hannie se briewe uiteindelik begin lees en dat sowel die raakpunte as die verskille in hul lewe haar tref. Tydens haar verblyf raak Judith ook betrokke by party van die dorpsmense se lewe. 'n Aangrypende verhaal ontvou, sowel in die verteller se eie lewe as in die briewe van die voormoeder. Met hierdie roman bewys Eleanor Baker weereens dat sy 'n meesterverteller is. "Wat 'n lekker weefsel stories!" het die keurder verklaar. En dis inderdaad 'n boeiende vertelling wat die leser se aandag tot op die laaste bladsy behou. - graffitibooks.co.za

1998 - Groot duiwelsdood (HUMAN & ROUSSEAU)
1996 - Verbeelde werklikheid (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Die Nes ......................... 1993 HUMAN & ROUSSEAU

1992 - (Daar is spore op die maan) Scheepersprys vir Jeugliteratuur

vetseun
Daar is spore op die maan . 1991 HAUM/KAGISO

Vir Tom was die lewe na sy ma se dood tog hanteerbaar, al het sy pa stroef en afsydig geword. Immers het hy sy geliefde ouma gehad. En die Minnaars, natuurlik - veral vir Emma, al het sy hom goed laat verstaan dat die kaalbas-modderkoekies-bak-dae van hulle kleintyd enige verhouding tussen hulle, behalwe platonies, uitsluit. Origens het hy Emma se boetie nogal vermaaklik gevind: Klein Dawid wat Dawid die Minnaar geword het namate sy belangstelling in die "volwasse" leestof op die CNA se rakke toegeneem het. Toe trou Tom se pa weer - met Helen, die koel, korrekte wetenskaplike wat hy oorsee ontmoet het. Maar anders as wat Tom verwag het, het sy nuwe stiefmoeder hom met rus gelaat sodat hy sy eie gang kon gaan in so 'n mate dat hy naderhand gevoel het hy kon net sowel die tweede yskas in die kombuis gewees het. Al meer het Tom sy toevlug tot die Minnaars geneem, én algaande groter probleme met Karel, Emma se kêrel, ondervind. Tot daardie reënerige Saterdagmiddag toe Emma wou leer bestuur...

1991 - In die middel van die Karoo (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseunvetseun
Die kwart-voor-sewe-lelie . 1988/2008 HUMAN & ROUSSEAU

In Die kwart-voor-sewe-lelie skryf Eleanor Baker met 'n satiriese aanslag en fyn insig oor die wel en wee van 'n stadsgesin wat bestaan uit 'n vergeetagtige ma, 'n gemoedelike pa, Iris en haar twee susters, Elsa en Kara, hul "Hollandse" hond, 'n huishulp wat presies weet wat sy wil hê en 'n buite-aardse beskermengel met 'n aardse humorsin. In die karakters se doen en late sien die leser, met 'n glimlag, baie van hom/haarself. - graffitibooks.co.za

1985 - Dossier van 'n gyseling (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Weerkaatsings: 'n Sprokie . 1984/1995 HUMAN & ROUSSEAU

Die verhaal van Lize Bergen, 'n Suid-Afrikaanse meisie wat vanweë siekte 'n lang tyd in 'n sanatorium in Europa deurbring en liefde vind in die proses om haar met haar siektetoestand te versoen. 'n Besonderse liefdesdrama wat veel dieper as die oppervlak gaan.

1980 - As 'n Pou kon Vlieg (TAFELBERG)
1973 - Splinterspel (PERSKOR)

vetseun
Monica .....................


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )