Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Diek Grobler


Diek Grobler - Perron VID >>> (2021)


Mart-Marie Snyman - Vir Die Voëls (Ontwerp, Animasie: Diek Grobler) VID >>> (2020)
- Filmverse 2 ATKV

vetseunvetseun
Jak de Priester - Myne, Myne, Myne DVD . 2014

Een van die mees opwindende en kreatiefste projekte waarby Jak de Priester betrokke was oor sy 12 jaar loopbaan, is die kinder-DVD projek in samewerking met die bekroonde animasiekunstenaar, Diek Grobler.
12 Kinder rolprente, geskep deur Diek Grobler vir die musiek van Jak de Priester. JdP het 12 nuwe kinderliedjies geskryf met inspirasie deur sy eie kinders in die huis. Kinders het ook issues! Hulle moet pottytrain, leer om te deel en moet skool toe gaan....dis hel op aarde. So het JdP besluit om die wêreld van kinders in 12 nuwe kinderliedjies vas te vang. Diek Grobler is 'n wêreldbekende kunstenaar wat veral die medium van animasie gebruik en het vinnig besluit om die alledaagse lewenssituasies van kinders in animasie rolprentjies vas te vang. 'n Wegholsukses! Dis asemrowend gedoen. "e!" is die regte beskrywing. 'n Fantastiese alternatief op al die ander kinderprojekte in die mark.
Myne, Myne, Myne" "Pottie Training Liedjie" "Mamma Ek Wil Nie Skool Toe Gaan Nie" "My Ouma Is 'n Wonderlike Ding" "Te Veel Nannas Gaan Jou Tande Laat Uitval" en "Mija Se Sterretjies" is net 'n paar titels op die DVD. Diek Grobler wat jare reeds die animasie maatskappy "Fopspeen" besit, het verskillende kreatiewe wyses gebruik om die liedjies tot hul reg te laat geskied. Van waterverf, tot Lego's wat beweeg tot fotografie.
Die projek is getiteld Myne, Myne, Myne! En beloof om kinders weg te voer na 'n ander wêreld van fantasie. Maar ook 'n wêreld wat hul goed ken en verstaan...hul eie wêreld! Selfs die ouers behoort hierdie animasie en liedjies baie te geniet!

Maar net 'n voorbeeld, hope meer illustrasies en meer...


skakels : diek grobler info : http://www.fopspeen.co.za/









Net een slukkie, Padda! en ander verhale: 'n Uitstalling van gepubliseerde kinderillustrasies deur Piet Grobler, 'n Bekendstelling van Net een slukkie, Padda/Please Frog, Just One Sip!, 'n animasiefilm deur Diek Grobler en Fopspeen Moving Pictures
vetseun



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )