Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Fritz Deelman (Leon Rousseau)

Fritz Deelman is die james bond-karakter wat in menigte boeke deur Leon Rousseau allerhande gevare en ondervindings ondergaan. Hy het noue bande met die destydse Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie en doen undercover werk vir die destydse staat. lees onder opsommings uit boeke...
"Leon Rousseau, medestigter van HUMAN & ROUSSEAU Uitgewers in 1959, was maar 20 jaar oud toe hy in 1956 die eerste Fritz Deelman-boek van die reeks geskryf het. Die reeks was onmiddellik 'n groot sukses by jonk en oud en is in 1974 met ewe groot sukses heruitgegee. Nou, 50 jaar later sedert die eerste uitgawe van die reeks, word dit weer uitgegee met die eerste twee titels Fritz Deelman en die Skepe van Mars en Fritz Deelman en die Swart Eiland wat in Maart 2004 verskyn het." - storiewerf.co.za

vetseun
Fritz Deelman en die Suidpoolbende (#8) . 2005 HUMAN & ROUSSEAU vetseunvetseun

In Amerika kom luitenant Fritz Deelman te staan teenoor 'n organisasie wat die hele wêreld probeer uitwis.

"Wanneer luitenant Fritz Deelman verplaas word van die sonnige Bultvlei na die vreemde, duistere binnekring van die sewentigste breedtegraad, volg die een verbysterende insident op die ander. Die een dag het niemand nog daarvan gehoor nie, en 'n maand later is duisende mense dwars oor die wêreld verslaaf aan die dodelike dwelmmiddel - Satania. Tien dae lank is Fritz en Loeki de Klerk op die spoor van die onwettige jagters van spermwalvisse - die enigste bron van ambergrys, wat vir die vervaardiging van satania noodsaaklik is. In die fabelagtige, glansende wit wêreld van Antartika waar geen skaduwees, bergpieke of gesigseinder bestaan nie, kom Fritz en Loeki teen 'n oormag te staan. Wie is die leier van die magtige bende wat vanuit 'n basis honderde meter onder die sneeu en ys van die Palmer-skiereiland sy bose werk verrig?" - storiewerf.co.za

vetseun
Fritz Deelman en die Groen Dood (#7) . 1958/1978 TAFELBERG vetseun

Fritz Deelman bevind hom in die dieptes van die "groen hel" van die Amasone; waar vetseundie dood elke oomblik kan tref.

"Geheimsinnige gebeure in die uitgestrekte Amasonegebied van Suid-Amerika bring luitenant Fritz Deelman van die Internasionale veiligheidspolisie op die toneel, en daarna begin die poppe dans. Wat is die antwoord op die raaisel van die verlore ras wat volgens gerugte na hul antieke tempel teruggekeer het; van die reusagtige spoor, soos die van 'n prehistoriese monster; van die onbekende pylgif wat die lewe van 'n hele ekspedisie gekos het? Om die antwoorde te vind, vertrek Fritz Deelman op 'n waaghalsige tog na streke waarheen min mense nog te voet gereis het. Deur 'n barbaarse stam oorweldig, word hy aan 'n grusame proef onderwerp, maar dit is gou duidelik dat dit nie hierdie Indiane was wat die vrede in die gebied verstoor het nie. Om die werklike vyand te vind, dring Fritz Deelman die berugte "groen hel" van die Amasone dieper binne. Dit is 'n gebied waar giftige moerasse in die hitte le en broei, en waar 'n duisend gevare le en wag. Maar wat Fritz Deelman uiteindelik in die dieptes van die oerwoud ondervind, laat al dié ontberings na kinderspeletjies lyk." - storiewerf.co.za


vetseunvetseun
Fritz Deelman en die Ondersese Myn (#6) . 1963/1978/2005 TAFELBERG

In die Stille Oseaan lê die ondersese myn wat die middelpunt vorm van nog 'n avontuur in die opwindende lewe van luitenant Fritz Deelman.

"'n Onverwagte telefoonoproep lei luitenant Fritz Deelman na 'n stegie in die hawebuurt van Kaapstad waar hy 'n geheimsinnige skraal man in 'n vinnige motor sien wegjaag. 'n Wilde nagtelike jaagtog volg en eindig eers toe die skraal man se motor met skreeuende bande oor een van die kaaie stort. Fritz duik agterna om die man te probeer red, maar in die donker water vind hy geen teken van die "drenkeling" nie. Die daaropvolgende gebeure dwing Fritz om die antwoord op die raaisel in 'n ander wêrelddeel te gaan soek: die Stille Oseaan. Hier le die ondersese myn wat die middelpunt vorm van nog 'n avontuur in die opwindende lewe van Fritz Deelman." - storiewerf.co.za

vetseunvetseunvetseun
Fritz Deelman en die Gori Lama (#5) . 1959/1978/2005 TAFELBERG

'n Westerling kan slegs met lewensgevaar die geheimsinnige bergland Tibet binnedring. En Fritz Deelman moet daarheen gaan om 'n vooraanstaande Suid-Afrikaanse geleerde te red.

"Luitenant Fritz Deelman van die internasionale veiligheidspolisie ontvang 'n boodskap van sy vriendin, Loeki de Klerk, wat op besoek aan die Ooste is. In die skynbaar doodgewone boodskap vind Fritz leidrade wat hom oortuig dat Loeki hulp nodig het en dat 'n vooraanstaande Suid-Afrikaanse geleerde in gevaar verkeer. Sy vermoede word versterk deur 'n geheimsinnige ontploffing - vermoedelik 'n aanslag op sy lewe - en hy vertrek na die Ooste om dieraaisels te probeer oplos. Uit die republiek Sikkim, noord van Indie, lei die spoor nou na die Himalajas, en daarvandaan na die geheimsinnige bergland van Tibet, sedert 1959 onder kommunistiese bewind, wat 'n Westerling slegs met lewensgevaar kan binnedring. Hier ontvou eeueoue geheime wat selfs die ervare Fritz Deelman verstom." - storiewerf.co.za

vetseunvetseunvetseun
Fritz Deelman en die Diepseeduikbol (#4) . 1958/1976/2004 TAFELBERG /2005 HUMAN & ROUSSEAU

Onder dwang soek Fritz Deelman skatte van tienduisend jaar geled; duisende meter onder die see.

" In die vierde titel, Fritz Deelman en die Diepsee-Duikbol, word luitenant Fritz Deelman na Madagaskar gestuur om uit te vind wat van Professor Niemeyer, 'n argeoloog, geword het terwyl hy die verlore stad Lemuria, wat duisende jare gelede onder die oseaan verdwyn het, gesoek het. Fritz word egter gevange geneem deur die bose Archimedes Levitopek..." - storiewerf.co.za

vetseunvetseunvetseun
Fritz Deelman en die Woestynrowers (#3) . 2004 HUMAN & ROUSSEAU

In die Sahara staan die Moho-toring, toegangspoort tot 'n fantastiese skag. Watter verband het die Moho-skag met die verskyning van die gevreesde woestynvegter, die Rooi Sjeik?

"In hierdie derde titel: Fritz Deelman en die Woestynrowers moet luitenant Deelman van die Internasionale Veiligheidspolisie die gevreesde Rooi Sjeik aankeer. Die Rooi Sjeik is 'n booswig wat in die Arrakbrosse, 'n ongetemde streek in die Sahara-woesyn, verwoesting en dood saai in sy fanatiese soeke na een van die grootste skatte ooit. Dit kos al Fritz Deelman se moed en speurvernuf om vas te stel waar die Rooi Sjeik skuil en om hom uiteindelik te ontmasker." - storiewerf.co.za

"In die Arrakbrosse, 'n ongetemde streek van die Sahara-woestyn, veg 'n handjievol Franse teen 'n geheimsinnige vyand. Hier staan die Moho-toring, toeganspoort tot 'n fantastiese skag wat ses kilometer onder die aarde ongekende skatte ontbloot. Hier wag asemrowende ontdekkings op luitenant Fritz Deelman van die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie. Maar watter verband het die Moho-skag met die verskyning van die gevreesde Rooi Sjeik, 'n roekelose woestynvegter wat sy slagoffers sowel onder die Franse as die Arabiere van die Arrakbrosse eis? Dit kos al Fritz Deelman se moed en speurvernuf om vas te stel waar die Rooi Sjeik skuil en om hom uiteindelik te ontmasker." - omslag

vetseunvetseunvetseun
Fritz Deelman en die Swart Eiland (#2) . 1956/1974 TAFELBERG /2005 HUMAN & ROUSSEAU

Fritz Deelman en sy Franse makker maak 'n ontdekking wat die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie in rep en roer het...

"Geruisloos verdwyn die twee manne onder die oppervlak van die swart water. Stadig, soos in 'n droom, sak hulle deur die pers duisternis: dertig, sestig, negentig meter. Die donkerte onder hulle begin lewe. Op die bodem brand die verblindende skynwerpers van 'n televisiekamera. Die swart vorm van die wrak word sigbaar... In die ingewande van die skip vind luitenant Fritz Deelman en sy Franse makker geen teken van die uraan waarna hulle soek nie. Maar wat hulle wel daar ontdek, bring die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie in rep en roer. En Fritz Deelman moet kragte meet met die geheimsinnige inwoners van die Swart Eiland." - storiewerf.co.za

vetseunvetseunvetseun
Fritz Deelman en Die Skepe van Mars (#1) . 1956/1977/1990 TAFELBERG /2005 HUMAN & ROUSSEAU

Drie manne in 'n ruimteskip is op pad na Mars. Die voortbestaan van al die volke op aarde is in hul hande.

"Duisende kilometer bokant die aarde skiet twee ruimteskepe die onbekende in. In een van die skepe sit drie manne strak en gespanne. Hulle bestemming is angswekkend: Mars, die geheimsinnige rooi planeet.

En van hulle hang die voortbestaan van alle volke van die aarde af. Want daar is intelligente lewe op Mars, lewende wesens wat reeds honderde jare die aardbewoners dophou, en wat algehele uitwissing van die aardbol beplan. Hierdie titaniese stryd tussen kosmiese liggame sou wêreldoorloë na burgeroorloë laat lyk. Die bekende luitenant Fritz Deelman moet hierdie keer die stryd voer teen waansinnige magte van die ruimte.

Hierdie toekomsverhaal is geskryf lank voor die lansering van die eerste mensgemaakte satelliete in 1957 en nog langer voor Joeri Gagarin se geskiedkundige baanvlug om die aarde in April 1961. Nog later, in Julie 1966, het Neil Armstrong en Edwin Aldrin op die maan geland, en kort voor die verskyning van die vorige uitgawe in 1974 het onbemande Amerikaanse ruimtetuie 'n reeks foto's van die planeet Mars na die aarde teruggesein waarop reusagtige vore - moontlik millennia oue rivierlope - baie duidelik sigbaar was. Betroubare inligting oor die moontlike aanwesigheid van lewensvorme op die sogenaamde 'rooi planeet' was daar selfs in dié stadium egter nie. En steeds in 2004 gaan die soektog voort." - storiewerf.co.za

dankie anton raath van afrikaans.be vir die original coverart scans. sien afrikaans.be vir hope litirêre html

sien HUMAN & ROUSSEAU


skakels : afrikaans.be













bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )