Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Dana Snyman .co.za (Snyman, Dana) (Drie Reisigers)

2021 10 17 - Drie Kaalkoppe: Erns Grundling, Koos Kombuis, Dana Snyman, Die Bôrdienghuis Teater, Wellington, 18:00, R200 (Nuwe Datum)
vetseun
vetseun

vetseun


Swarthond Wasgoedlyn Krismis VID >>> (2020)

vetseunLAAI AF
2020 09 20 - Wasgoedlyn Woensdae Waaibs: Deel 2 "Die Here-is-ook-goed-vir-sy-stout-kinders-konsert" met Dana Snyman, Deniel & Frazer Barry, Jackie & Riku Lätti, Louis Awerbuck, Hein Swart, 12:00 , facebook.com/Wasgoedlyn

vetseunLAAI AF
2020 09 16 - Wasgoedlyn Woensdae Waaibs: "Die Here-is-ook-goed-vir-sy-stout-kinders-konsert" met Dana Snyman, Deniel & Frazer Barry, Jackie & Riku Lätti, Louis Awerbuck, Hein Swart, 20:00 , facebook.com/Wasgoedlyn

vetseun
Die Bike-Boek (Outobiografie) . 2009 TAFELBERG
- Die vryheid, die vreugde, die vrees
Deon Meyer; Kerneels Breytenbach; Dana Snyman, saamgestel, Tobie Wiese
ISBN: 9780624047377

Jy hoef nie 'n motorfiets te besit om deur Die Bike-Boek meegesleur te word nie. Die meer as 30 verhale is gerig op enigeen met 'n sin vir avontuur en 'n greintjie van die adrenalienslaaf in hom (of haar!). Dit vertel onder andere van bikers se fisieke en spirituele ervarings op die oop pad, die kameraderie, wat presies by rallies gebeur en die ewigdurende stryd tussen motoriste en motorfietsryers. Die titel bevat persoonlike vertellings en sketse deur gewilde Afrikaanse skrywers, maar ook gewone, passievolle bikers met 'n flair vir woorde. Wees gewaarsku: as jy nog nie 'n motorfiets besit nie, gaan jy een begeer ná Die Bike-Boek.

vetseun
Op Die Toneel: Stories, Reise, Stemme . HUMAN & ROUSSEAU

vetseun
Op Die Agterpaaie (Outobiografie) (Reis) . 2008 TAFELBERG
ISBN: 9780624043522

Dana Snyman, seker Suid-Afrika se gunstelingreisskrywer, beskryf sy eie lewensreis en die ongebaande weë waarop hy hom al begeef het. Dana soek na die ware Weskus, kuier by die Karoo se karretjiesmense, jaag pylreguit deur Boesmanland, sit in Lutzville se kroeg, en ry selfs 'n Harley - op Colesberg. Uiteindelik gaan hy huis toe, in sy Valiant, en herkou aan die lesse van die langpad. Heerlik vermaaklik, dog diep menslik.

vetseun
On the Backroads (Outobiografie) . 2008 TAFELBERG
ISBN: 9780624043515

vetseun
Anderkant die scrap .. 2006 HUMAN & ROUSSEAU

"Agt en veertig uitgesoekte Dana-stories. Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, le hy nou familie uit in die storie "Familiefoto". Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal - Almal mik vir daardie ontwykende droom, wat nooit verbleik nie, anderkant die scrap. Om stories oor helde te skryf is moeilik. Om die weggesteekte mense onvergeetlik te maak is moeiliker, daarom is Dana se stories so onvergeetlik. Daaroor, en omdat die mense in sy stories van ver af kom. Hulle ry Valiants en weet nog van Uncle Charlie's, padkafees, Geloftefees, Springbokradio en Kommuniste. Die mans dra nog pakke en die vroue hoede; tant Pop en oom Jorrie en so aan. Maar hy skryf ook oor vandag se mense. Party emigreer. Ander bly, hulle kyk sport en reis en kom mense tee. Elke nou en dan sien mens 'n reënboog."
"Vir lesers wat wou weet wie daardie mense op die omslag van Dana se blitsverkoper Uit die binneland was, lê hy nou familie uit in die storie 'Familiefoto'. Maar eintlik is al die mense in sy stories familie met dieselfde kwaal: Almal mik vir daardie ontwykende droom, wat nooit verbleik nie, anderkant die scrap.
Om stories oor helde te skryf, is moeiliker, daarom is Dana se stories is onvergeetlik. Daaroor, en omdat diemense in sy stories van ver af kom. Hulle ry Valliants en weet nog van Uncle Charlie's, padkafees, Geloftefees, Springbokradio en Kommunisme. Die mans dra nog pakke en die vroue hoede; tant Pop en Oom Jorrie en so aan.
Maar hy skryf ook oor vandag se mense. Dié wat bly en sport kyk en reis en mense teëkom anderkant die scrap.
Dana was vroeër verbonde aan Huisgenoot en Beeld. Tans is hy die buitelugtydskrif Weg se reisredakteur.
'Ek is 'n baie rustige ou. Daar is nie probleme nie. Op die toneel.'"

vetseun
Uit die binneland ....... 2005 HUMAN & ROUSSEAU

"Dana Snyman se sketse is 'n humoristiese, maar deernisvolle blik op die wêreld van juke-bokse, Valiants en Zephyrs, op die arm mense, die banges en die goeies. Sy rubrieke en artikels in die Huisgenoot, Beeld en Wegbreek het hom gewild gemaak.
Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse café's met juke-bokse en seven singles, besoeke aan die "Monnemint" en Boeregrafte, in 'n tyd dat Valiants en Zephyrs nog bekende name was. Juis op een van hierdie reise het 'n bakkie se "gers soos 'n dier in pyn gesterf". Snyman spaar ook nie die Nuwe Suid-Afrika nie: Jappies word die kop gewas, so ook sekere rugbyondersteuners, sekere radioluisteraars, sekere openbare figure. Maar Snyman verken ook die ander, pynliker kant van sy land en sy mense: Agnes wat donkermore die skorro-skorro in Mabopane moet haal, Attie wat te vroeg die kroeg se binnekant moet leer ken, die Bosluismense van die Noordwes, die ryke en die arme wat mekaar deur 'n kamervenster aanstaar. En dis moeilik om te se waar die lag ophou en die traan begin - en andersom."


skakels : danasnyman.co.za : wiki : Human & Rousseau








2020 12 - Gert Vlok Nel in die Kaap TOER
2020 12 16 - Dana Snyman se Swarthondbordienghuiskonsert met Gert Vlok Nel, Churchil Naudé, Riku & Jackie Lätti, Nardus du Plooy, Wellington, 12:00
vetseun
2020 12 18 - Gert Vlok Nel, Die Bordienghuis, Wellington
2020 12 19 - Gert Vlok Nel met Riku Lätti, SoulCafé, Beach Road, R250, Strand, facebook.com/event
vetseun
2020 12 21 - Gert Vlok Nel met Dana Snyman, Die Alma Cafe, Kaapstad
2020 12 22 - Gert Vlok Nel met Dana Snyman, Die Alma Cafe, Kaapstad
2020 12 23 - Gert Vlok Nel, Hangklip Hotel
vetseun

2020 11 13 - Suidoosterfees: Onder een dak met Dana Snyman en Erns Grundling, kykNET Atlantic Studios, Montague Gardens, Jakes Gerwel-Gesprekke, Bespreek: francois.abrahams@media24.com, 11:30, Gratis
vetseun

2014 08 04 - Die Wasgoedlyn Projek: Die Twakskuur-stoor: Riku Lätti, Johan C. Bakkes, Gert Vlok Nel, Ryno Velvet, Willim Welsyn, Dana Snyman, Tanja Erasmus, Jackie Lätti
vetseun

Agterpaaie

Stories is die kat-ogies van die langpad en die GPS vir die siel.

Drie groot geeste van Afrikaans is tans besig om verskeie siele se koördinate te stel met hul woordkuns -en poësie produksie genaamd Aterpaaie.

Skrywer en reisjoernalis Dana Snyman, sanger Bacchus Nel en digter Kabous Verwoed gee elk 'n eiesoortige uitkyk op die lewe. Dis 'n onpretensieuse show en alles gaan rondom die tema: reis.

Dana vertel stories oor boere, boemelaars, swanger kroegmeisies en 'n ou wat 42 keer ná mekaar na Steve Hofmeyr se liedjie Pampoen geluister het. Tussendeur sing Bacchus (wat nog eendag so bekend soos Koos du Plessis gaan wees) oor die langpad se vreugde en verdried. Kabous, weer, bewys jy hoef nie 'n rolnektrui te dra en iets van paarrym en metrum te weet om poësie te kan geniet nie. Jy kán net sit en na die ongelooflike mooi woorde luister.

Al drie deel hul woorde van alleenheid, misdaad, die dood en alkholisme - woorde wat raakpunte met baie Suid-Afrikaners het.

Die show is nie baie swaar en êrnstig nie, maar ook glad nie lighartig en laf nie. Jy gaan wel lag, soms 'n bietjie hartseer voel en aan die einde beter voel oor die lewe in die algemeen en Suid-Afrika in besonder.

Dana Snyman, Bacchus Nel, Kabous Verwoed, Regie: André Stolz

2007 11 21 - Langpadstories, Bar Zonder Naam
2007 10 18 - Langpadstories, Cullinan
2007 09 25-29 - Agterpaaie, Aardklop, Absa Mooirivier, 60 min, R70
2007 08 31 - Langpadstories, Big Blue, Melkbos
2007 08 24 - Langpadstories, Klein Libertas, Stellenbosch
2007 08 23 - Langpadstories, Die Boer, Durbanville
2007 08 22 - Langpadstories, Damas, Worchester
2007 08 19 - Langpadstories, Dorpstraat Teater, Stellenbosch
2007 08 18 - Langpadstories, Gatta Patta, Kaapstad
vetseun
















bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)