Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Callie Maritz (Maritz, Callie)
vetseun
Markdag ............................. 2012 NASIONALE BOEKHANDEL
Callie Maritz; Mari-Louis Guy
ISBN: 9780798157315

Markte is toenemend gewild en elke klein dorpie en hip woonbuurt het deesdae sy eie mark, 'n gunsteling uitstappie vir oud en jonk. Die koskenners en skrywersbroer en -suster Callie Maritz en Mari-Louis Guy nooi jou uit om deel te word van dié lekkerte. Hulle boek is propvol nuwe, oorspronklike en kreatiewe resepte vir self geniet of vir present-gee - of verkoop om jou inkomste aan te vul.
Resepte soos waatlemoenkoek, macadamiabobotie, sjokolade afdrukke, oopgesig Aloo pasteitjies, Ouma se melktert en marshmallow reënboogkoek is maar van die baie verrassings wat wag. Elke hoofstuk is pragtig ontwerp om by elke spesifieke mark te pas.

Die hoofstukke dek onder meer:
Skoolkermis en fondsinsameling
Kerkbasaar
Padstalletjie
Stads- en dorpsmark
Straatkos
Wêreldmark en die toekoms
Geskenke en feesviering
Boeremark

'n Besielende visuele fees wat jou vingers sal laat jeuk om self deel te word van die volgende markdag in jou omgewing.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)