Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Burger Cillié (Cillié, Burger)
vetseun
Die Voelgids Van Suider-Afrika (Diere) . 2008 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799339932
Burger Cillie: Ulrich Oberprieler

vetseun
Foto-Sakgids tot soogdiere van Suider-Afrika (Diere) . 2008 SUNBIRD
ISBN: 9781919938783

Byderhand, kompak en volledig: 'n onontbeerlike metgesel vir elke stapper, jagter en toeris. Hierdie gids is klein genoeg om in 'n hempsak te pas, maar bevat tog volledige besonderhede oor 'n hele 87 soogdierspesies, van die groot katte tot klein nagapies. Elke bespreking word vergesel van duidelike volkleurfoto's en 'n omvattende beskrywing van die spesie. Besonderhede van die spesies waarmee elk verwar kan word, en die verskille, word ook verstrek. Om uitkenning te vergemaklik verskyn akkurate sketse van die dier se spoor by elke bespreking, en is daar 'n afsonderlike fotografiese afdeling oor dieremis. Volkleurkaarte verskaf belangrike inligting oor verspreiding asook enige subspesies wat in daardie streek mag voorkom. Habitatsleutels verskaf inligting oor diere soos voorkeurhabitat. Die jongste minimum en maksimum standaarde vir trofeejagters, soos gestel deur die jagorganisasies Safari Club International en Rowland Ward, is waar toepaslik ook ingesluit.

vetseun
Sakgids tot Suider-Afrikaanse soogdiere (Diere) . SUNBIRD
ISBN: 9781920289249

Sakgids tot Soogdiere van Suider-Afrika is 'n handleiding tot meer as honderd soogdierspesies - van die groot katte tot muise en vlermuise. Elke inskrywing bevat 'n gedetailleerde beskrywing met: Duidelike, volkleurfoto's ; inligting oor identifisering, subspesies, massa, hoogte, vokalisasie, ouderdom, habitat, gewoontes, kos, voortplanting en verskille tussen die geslagte. Besonderhede van ander spesies waarmee die soogdier verwar kan word. 'n Illustrasie van die tipiese spoor en die grootte daarvan. 'n Suider-Afrikaanse verspreidingskaart. Waar toepaslik, inligting oor die mees onlangse minimum en maksimum standaarde wat vir trofeejagters deur Safari Club International en Rowland Ward gestel word. Verder bevat die sakgids: 'n Plantegroeikaart en habitatsleutels wat noodsaaklike inligting oor verspreiding en voorkeurhabitat in 'n oogopslag bied. 'n Fotografiese afdeling oor die uitkenning van mis. 'n Geillustreerde afdeling oor spoor en spoorsny. Hierdie omvattende dog bondige handleiding, propvol waardevolle inligting en klein genoeg om in enige sak te pas, is 'n noodsaaklike metgesel vir elke natuurliefhebber.

vetseun
Sakgids tot Suider-Afrikaanse Voëls (Diere) .
Burger Cillié: Ulrich Oberprieler


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)