Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
A.W.G. Raath (Raath, A.W.G.)
vetseun
Niklaas van Rensburg ..... 2011 LAPA UITGEWERS
ISBN: 9780799351804
ISBN: 9780799350999

Niklaas van Rensburg, die Siener, fassineer die Afrikanergemeenskap vir reeds meer as 'n eeu. Hierdie swygsame, halfdroewe man met die oë wat so ver kon sien, was met die gawe van profesie, maar ook met 'n wonderlike liefde vir sy naaste en vir sy volk geseën.
Die Siener se visioene word in besonderhede weergegee, asook die tyd en die omstandighede waaronder hy dit ontvang het. Die ryk oes aan fotomateriaal - waarvan sommige nog nooit gepubliseer is nie - maak van hierdie boek die volledigste wat daar nóg oor die Siener verskyn het en bied 'n insiggewende beeld van 'n merkwaardige mens wat 'n groot invloed op sy tydgenote en nakomelinge uitgeoefen het.

vetseun
President Paul Kruger (Erwe Vir Ons Kinders: Ons Volksleiers 1) . 2008 KRAAL UITGEWERS
M. Raath, A.W.G. Raath

"Die eerste publikasie vir kinders in die reeks Erwe vir Ons Kinders, handel oor die lewe en betekenis van president Paul Kruger in die volkslewe van die Afrikaner. In hierdie koffietafel-gehalte boekie word 'n oorsig oor die lewe van president Kruger gegee, toegelig met talle foto's wat nog nie voorheen gepubliseer is nie. Die aanbieding van die teks sowel as die illustrasies maak dit uitmuntend geskik vir kinderopvoeding en 'n uitstekende versamerlaarsitem vir volwassenes wat in ons heldegeskiedenis belangstel."

vetseunvetseun
De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid . 2007

Kol Frik Jacobs, redakteur van De la Rey: 'n Stryd vir Vryheid, skryf in die Voorwoord tot die boek onder meer: Die besondere rol wat generaal Koos de la Rey in die Anglo-Boereoorlog gespeel het, moes lankal volledig te boek gestel gewees het. Anders as in die geval van generaal Christiaan de Wet het sy "oorlogsherinneringe" egter nie die grondslag van 'n boek geword nie hoofsaaklik vanweë twee redes: generaal De la Rey se herinneringe was baie kripties, en, hy het dit nie voltooi nie!
Hierdie twee faktore was deurslaggewend, dermate dat dit die formaat van hierdie publikasie bepaal het. Die outeur en uitgewer het die jaar waarin die Vierkleur (die vlag van die ZAR) een- honderd-en-vyftig jaar oud sou wees, gesien as die jaar waarin die gedenkboek sal moet verskyn. Dus, wanneer in 2007 hulde aan die vlag gebring word, is dit ook die geleentheid om aan hierdie groot leier uit die Wes-Transvaal hulde te bring.
Eerstens was die outeur geforseer om die kriptiese oorlogsherinneringe baie volledig te annoteer ten einde die leser in staat te stel om die generaal se teks in verband met die gebeure te hou.
Generaal De la Rey was 'n man van min woorde en dit maak annotering noodsaaklik. Maar selfs annotering slaag nie ten volle daarin om die optrede van die generaal en die verloop van die oorlog in die regte verhouding tot mekaar te plaas nie en daarom het die outeur ook gebruik gemaak van 'n tegniek wat gerieflikheidshalwe "fokusinsetsels" genoem word en wat die oorlog in verband met die oorlogsherinneringe bring. Die boek betree egter 'n nuwe genre in die geskiedskrywing, naamlik foto-annotering. Hierdie gedenkboek oortref sy voorgangers in alle opsigte en meer as vyf honderd foto's word op velerlei wyses in die boek gebruik.
Aangesien die foto's so 'n belangrike deel van hierdie gedenkboek uitmaak, word die leser se aandag op drie aspek-te in dié verband gevestig: eerstens is die foto's in die meerderheid gevalle onbekend; tweedens het die foto's, wat meer as 'n honderd jaar oud is, mildelik gebaat by moderne tegnologie en die hand van 'n meester; en derdens slaag die outeur met sy besonder volledige byskrifte om die boek waarde te gee selfs vir die persoon wat die versoeking om te lees, kan weerstaan en net deur die boek wil blaai. - graffitibooks.co.za
Formaat 240 mm x 300 mm (portret); Aantal bladsye 576; Ink Volkleur deurgaans; Papier 170 gsm kunspapier; Omslag Hardeband met gelamineerde stofomslag

vetseun
Vesting in die Transgariep .

vetseun
Siener van Rensburg en die Rebellie . 1994
A.W.G. Raath; Nellie van Zyl

vetseun
Die Vierkleur Wapper Weer: Die Visioene van Siener van Rensburg . 1994 BIENEDELL
A.W.G. Raath; Nellie van Zyl

vetseun
Egodokumente ................. 1993 OORLOGSMUSEUM VAN DIE BOEREREPUBLIEKE
- Persoonlike ervaringe uit die Anglo-Boereoorlog 1899-1902 .
André Wessels, A.W.G. Raath, F.J. Jacobs

vetseun
Vroueleed ........................... 1993
- Die lotgevalle van die vroue en kinders buite die konsentrasiekampe, 1899-1902 (Die konsentrasiekamp-gedenkreeks)

vetseun
Die konsentrasiekamp te Bloemfontein gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 . 1993 OORLOGSMUSEUM VAN DIE BOEREREPUBLIEKE
A.W.G. Raath, R.M. Louw, Danie Oliver

vetseun
Die konsentrasiekamp te Springfontein gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 . 1991
A.W.G. Raath, R.M. Louw

vetseun
Selfbeskikking en sesessie: Die saak vir die Afrikanervolk (Vryheidsreeks) . 1990 AFRIKANERVRYHEIDSTIGTING


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )