Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
P.G. du Plessis (Du Plessis, Pieter Geroge)
vetseun
Vertel Sy Stories DVD . STIDVD127 STING MUSIEK

Well-known and highly acclaimed South African writer, P.G. du Plessis, will be, for the first and the last time, telling his own stories, with his one man show - P.G. du Plessis Vertel Sy Eie Stories. After appearing on many shows, performing with many other story tellers, PG decided to start telling his own stories in his own way. The sketch sees guest artist Arina de Witt joining P.G. du Plessis on stage. Through the years of many collections of short stories; columns and TV appearances, P.G. du Plessis has become synonymous with storytelling. PG tells stories about people or things that have crossed his path along the way or things that have just come into his head. The DVD was filmed in front of a live audience at the State Theatre in Pretoria.

vetseun
Fees Van Die Ongenooides . 2008 TAFELBERG

Dit is die jaar 1901. Die son het gesak oor 'n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister. Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net 'n swart vlek op die vlakte. En aan die rand hiervan gloei 'n tent soos 'n lantern.
Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeët sien van 'n man wat oor die klawerbord van 'n klavier buig.

Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van 'n sittende vrou kon uitmaak. Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid.
Jare later buig majoor Philip Brooks in 'n biblioteek oor 'n vergelende foto. En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien. Hy probeer onthou wat gebeur het.
Dit was hy in daardie tent. Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het. Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het.
Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto's geneem het. Hy kyk na 'n foto van 'n vrou met 'n baba in haar arms. Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hý die foto gesien het nie, dat die kind dood was. Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was. Hy kyk na 'n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto's die verhaal van die Van Wyks agterhaal.
Deur elkeen van hierdie onvergeetlike Van Wyks en hul bywoners, die Minters, dra hy 'n eie persoonlike tragedie in by die wyer ellende van die oorlog, en so word die oorloggegewe 'n vervlegting van uiters intense menslike dramas, onvergeetlike taferele van vergeefse liefde, verydelde drome en die verbryseling van menslikheid. Sentraal is die verhaal van Daantjie en Magrieta van Wyk, hy 'n Blinkstefaans en sy die allerpragtigste vrou. Hulle twee oorleef die oorlog, maar dan as draers en verteenwoordigers van die uiterstes in die menslike aard wat deur die oorlog op die spits gedryf is. - graffitibooks.co.za

vetseunvetseun
Spies & Plessis III DVD . TSC00028 SABC2
Jan van Riebeeck Se Aankoms In Die Kaap,
Die Kameel Wat Gediens Moes Word,
Halfmaan Se Probleme,
Habbakuk Met Die Kondensmelk,
Die Supermarkhoenders
Die Lekker Vet Haas.

Hoogtepunte uit die SPIES EN PLESSIE programreeks met P.G. du Plessis en Jan Spies as aanbieders. Shaleen Surtie-Richards, Koos Meyer, Tolla van der Merwe, Danny Pretorius, Nico Nel, Pyp de Villiers, Arno van Zyl, Louis Schreuder, Mike van den Berg, Tarrie Venter en Jan Spies. Dis egte Afrikanerhumor

vetseunvetseunvetseun
Spies & Plessis II VHS/DVD . TSC00027 SABC2
Tolla En Die Duister Van Die.Beeskraal,
Die Terroris,
Die Donkie,
Die Leeu En Waaksaam,
Die Tannie By Die Dokter,
Gholfspeel In Zulu.

Hierdie DVD bevat 'n handvol humor uit die SPIES EN PLESSIE programreeks met P.G. du Plessis en Jan Spies as aanbieders. Van die storievertellers wat op die DVD opgeneem is, is Koos Meyer, Tolla van der Merwe, Danny Pretorius, Pieter Pieterse, Lourens Erasmus, Pieter van der Westhuizen, Pyp de Villiers, Adriaan Pont, Trix Pienaar, Koos Meyer, Mike van den Berg en Al Debbo.

vetseunvetseunvetseun
Spies & Plessis I VHS/DVD . TSC00026 SABC2
Antie Met Die Pienk Rok,
Sarie Marais,
Die Bysteek,
Die Recce,
Die Tandarts
Ou Potberg.
Musiek deur Nico Carstens en sy orkes.

As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikanerhumor tot in sy fynste vorm vervolmaak en met die program SPIES EN PLESSIE op TV laat blom. Hierdie DVD bevat opnames van bekendes en minder bekendes soos Hendrik Schoeman, Fanus Rautenbach, Leon Schuster, Koos Meyer, Tolla van der Merwe, Danny Pretorius, Pieter Pieterse, Basjan van Niekerk, Theuns Kotze, Deon van Zyl, Jan Pohl en 'n hele paar ander. Die stories en grappe is saamgestel uit die oorspronklike Spies en Plessis opnames en word her-uitgereik op versoek van humorliefhebbers.

vetseunvetseun
120+ Sommerstories ... 2006 LAPA UITGEWERS

"'n Heruitgawe in een band van die gewilde verhale deur een van Afrikaans se meestervertellers, P.G. du Plessis: Koöperasiestories, Hier sit die manne en Tussen die riewe. Die humor is outentiek en vindingryk, maar altyd met deernis.

Lesers sal hulle verlustig in die ervaringe van Genis en Mietie, Jellie en Fred en al die ander - dis amper soos om by familie te gaan kuier!

P.G. du Plessis is tegelyk filosoof en storiemaker. Daar's wysheid in hierdie vertellings ... baie van dié stories behoort tot die beste van sy korter prosa. - P.H. Roodt" - LAPA

vetseunvetseunLAAI AF
Spies + Plessis - Met Permissie TC/LP . ZBRIGL 2023/BRIGL 2023 1988 BRIGADIERS MUSIEK/SAUK
- TV Se Beste Lagstories -
Kant Een:
Ek Is 'n Recce - Tolla van der Merwe
Kleinzee Se Bysteek - Jan Spies
Die Insekte Van Wes-Transvaal - Koos Meyer
John - Hendrik Schoeman
Jan Takhaar - Pieter Marais
Moses Sê - Hendrik Schoeman
Die Pad Hy Loop Só... - Pieter Marais
Die Weduwee En Haar Buurman - Fanus Rautenbach
Uit Die Aard Van Die Saak... - Leon Schuster
Die Pienk Rok - Jan Spies
Kant Twee:
Die Veeltalige Papegaai Die Zoeloe Predikant - Danny Pretorius
Abraham Se Grond - Jack Abraham
Die Walvis - Sparks Esterhuizen
Die Leë Doos - Jan Spies
Jona - Pyp de Villiers
Krieketkommentaar Simson - Heine Toerien
That's What I Call Bravery - Al Debbo
Die Storie Van Die Donkie - Oom Lourens Erasmus
Die Olyf; Die Muisval - Tolla van der Merwe
Die Wingerd En Die Vloed - Jan Spies

"TV Se Beste Lagstories"

Siener in die Suburbs
vetseunvetseunvetseun
film VHS/DVD 90min . 1971/2005 FLIP BEZUIDENHOUT/STER-KINEKOR

"Watter verskriklike tragedie volg wanneer Tjokkie begin sien?"

eers boek, heruitgegee, toe VHS, nou DVD, met Marius Weyers, Sandra Prinsloo, Wilna Snyman

"Tjokkie, sy ma, en suster, Tiemie, woon saam in 'n armoedige huisie. Tjokkie is heldersiende en kry af en toe aanvalle waarin hy dan gesigte sien wat dit vir hom moontlik maak om die toekoms te voorspel.
Ma se minnaar, 'n leegleêr met die naam van Giel, bly al by hulle sedert Ma 'n "oorlogsweduwee" geword het. Hy sien Tjokkie en Tiemie - veral as dit hom pas - as sy eie kinders, want "ek het hulle dan so voor my eie oë sien grootword."
Die agressiewe Jakes, 'n man wat 'n reputasie in die "Suburbs" gebou het, is Tiemie se kêrel. Hy kuier ook knaend by die vervalle huisie en lig lekker die elmboog saam met die altyd gretige Giel.
Tiemie ontdek dat sy "in die moeilikheid" is. Jakes is nie seker of hy die vader van die kind is nie. Giel beland in geldelike moeilikheid en sy enigste hoop is om ietsie op die perde te wen... en Ma wil heimlik ook weet of haar man regtig in die oorlog dood is en of hy dalk nog lewe.
Die enigste manier hoe daar sekeheid kan kom is dat "Tjokkie MOET sien".
Hy word feitlik daarin gedwing en 'n treurspel is onvermydelik." - flipbez.co.za

vetseun
Tussen Die Riewe ...... . 1997 BENEDICT

vetseun
Koöperasiestories: Die Omnibus . 1991 PERSKOR

"Hierdie omnibus bevat die 67 koöperasie-stories wat reeds verskyn het. Dit sluit juis dus dié in wat in Koöperasiestories op Donderdag en Nog Koöperasie-stories in boekvorm verskyn het, asook dié wat nog nooit gebundel is nie, maar waarvan sommige deel uitgemaak het van die derde TV-Reeks. Ook die laaste storie wat met die afsterwe van die akteur Jacques Loots as huldiging in Rapport verskyn het en die koöperasie-stories-boek toegemaak het, is ingesluit. - omslag

1986 - Liewe Hemel, Genis!, draaiboek

vetseun
Nog Koöperasie-stories . 1985 PERSKOR

1985 - Vereeniging, vereniging (TAFELBERG)

vetseunKOOP/BUY
Siener in die Suburbs (Digbundel) . 1983/1997/2001 TAFELBERG
- 'n spel in drie bedrywe
ISBN: 9780624018742 (1997, TAFELBERG)

Siener in die suburbs gaan oor die lief en leed van 'n groepie mense wat al volkskarakters geword het.
Jakes wat so graag 'n laaitie wil hê, Tiemie wat oor haar tyd is, Tjokkie wat met die helm gebôre is, Giel en Ma wat in sonde saamleef. Hulle bly aan die verkeerde kant van die spoor; mense van wie daar "nie geweet" word nie.
"Die stuk speel af in die armoedige suidelike voorstede van Johannesburg. Jakes is die zef ou wat 'n class ma soek vir sy laaitie. Tiemie, Die class ma, wil egter niks weet nie. Sy wil wegkom uit die suburbs, met 'n ryk man trou en "van geweet wees". Haar broer Tjokkie is die siener wat onder meer "sien" - hoe 'n ander man as Jakes - haar swanger maak. Met rampspoedige gevolge." - Litnet - graffitibooks.co.za

vetseun
Hier sit die manne... (Kortverhale) . 1983 PERSKOR
illustrasies Frans Esterhuyse

1980/1984 - Koöperasiestories op Donderdag
1978 - 'n Rand 'n Droom (film)
1977 - 'n Seder val in Waterkloof (drama), draaiboek

vetseun
Plaston: DNS-Kind (drama) . 1973 TAFELBERG

1967 - Hoogtepunte: 'n keur uit die artikels wat in vyftig jaar in Die Huisgenoot verskyn het (NASIONALE BOEKHANDEL)
1965/1969 - Die Nag van Legio (NASIONALE BOEKHANDEL)
1964/1966 - Die Verwysing in die Literatuur (NASIONALE BOEKHANDEL)


skakels :













bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )