


















Liefling - Die Movie




film DVD/Rental . DVDJUKE 14 2010 JUKEBOX
"'n Musiekfliek vir die hele gesin met 25 Afrikaanse Liedjie"
met Sonja Herholdt, Kevin Leo, Kurt Darren, Carike Keuzenkamp, Anna Davel, Bobby van Jaarsveld, Paul du Toit, Rouel Beukes, Lika Berning, Lika van den Bergh, Marlee van der Merwe, Elize Cawood, Alwyn Swart, Sylvaine Strike, Porteus Xanda
Hierdie musiekfliek draai hoofsaaklik om die lewe van Liefling Marais, 'n meisie met 'n passie vir die lewe en 'n neus vir avontuur! Liefling bly op 'n plaas saam met pa Simon, ma Linda, broer Kobus, oupa Karel en huishoudster en vertroueling Katy. Pa Simon is 'n professor by die universiteit en in sy klas ontmoet ons die drie trawante en boesemvriende Jan, Pieter en Gert. Die seuns is ook Hartbeespoorters en Jan bly by sy ouma Elsa Ferreira. Die storie skop af in 'n Desember vakansie. Rykmansdogter Melanie von Staden, het haar oog ferm gerig op die aantreklike Jan Ferreira wat weer sy oog op Liefling het. Die noodlot bring verliefdes,vriende en sogenaamde vyande onverwags bymekaar. Hierdie is 'n liefdesverhaal vol trane, lag, musiek, dans en nostalgie.
Soos die titel 'Liefling' reeds verklap, is hierdie 'n liefdesverhaal wat vertel word, deur gebruik te maak van bekende en geliefde Afrikaanse musiek van so ver terug as die 70's tot nou!
Hierdie musiekfliek draai hoofsaaklik om die lewe van Liefling Marais, 'n meisie met 'n passie vir die lewe en 'n neus vir avontuur! Liefling bly op 'n plaas saam met pa Simon, ma Linda, broer Kobus, oupa Karel en Katy, die huishoudster en vertroueling. Pa Simon is 'n professor by die universiteit en in sy klas ontmoet ons die drie trawante en boesemvriende, Jan, Pieter en Gert. Die seuns is ook Hartbeespoorters en Jan woon by sy Ouma, Elsa Ferreira.
Die storie skop af in 'n Desember vakansie. Rykmansdogter, Melanie von Staden, het haar oog ferm gerig op die aantreklike Jan Ferreira, wat weer sy oog op Liefling het.
Die noodlot bring verliefdes, vriende, en sogenaamde vyande onverwags bymekaar. Hierdie is 'n liefdesverhaal vol trane en lag, musiek en dans.
Liefling - Die Film Klankbaan


klankbaan .................... CDJUKE 35 2010 JUKEBOX
1. My Lewe Draai Om Jou (Liefling) - Bobby van Jaarsveld & Lika Berning
2. Kinders Van Die Wind - Marlouise Venter

3. Rondomtalietyd - Groep
4. Lied Van Die Lewe - Rouel Beukes & Lika Berning
5. Jan Asseblief Tog Squeeze My - Marlee van der Merwe
6. Ek Kyk Graag So Diep In Jou Oë - Kurt Darren & Anna Davel
7. Mamma, Ek Wil 'n Man Hê - Lika Berning & Sonja Herholdt
8. Lang Maer Blonde Man - Lika Berning
9. Jakkals Trou - Rouel Beukes
10. Ek Lewe - Lika Berning
11. Neem My Op Vlerke - Bobby van Jaarsveld
12. Die Mense Wat Ek Liefhet - Sonja Herholdt
13. Hoeka Toeka - Bobby van Jaarsveld & Carike Keuzenkamp
14. Katryn, Katryn - Willem Botha
15. Kaptein (Span Die Seile) - Kurt Darren
16. Hoe Ek Voel - Marlee van der Merwe & Paul du Toit
17. Ek Wil Jou Ken - Bobby van Jaarsveld
18. Spieëltjie - Bobby van Jaarsveld
19. Die Nostalgie - Rouel Beukes & Elize Cawood
20. As Almal Ver Is - Lika Berning
21. Ek Verlang Na Jou - Lika Berning & Sonja Herholdt
22. Liefling - Bobby van Jaarsveld & Lika Berning
23. F.A.K. Keurspel - Groep & Kevin Leo
24. Die Sprokie - Lika Berning
25. Voshaarnooi - Kevin Leo
skakels : liefling.com