Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Kobus! (K.O.B.U.S., KOBUS!) (Die Volk van Main) .com
vetseunvetseun
Die Kronieke Van Kobus! - Volume 1 LP . PR007 2017 PERMANENT RECORDS
- 'n Samestelling Van Die Mainste Kobus! Snitte
Kant Een:
1. Dooie Meisies
2. Heldersiende Bedelaar
3. Doodstraf
4. Hoenderman
5. Tienerangs
6. Ek Wil Jou Soen
Kant Twee:
7. Huigelaar
8. Dink Jy Nou?
9. Drome Te Bestel
10. Kultuurfeestent
11. Swaar Metaal

vetseunvetseun
....................................................................... ^ kliek groot ^


Kobus! - Honger VID >>> (2008)


Kobus! - Tienerangs (2007) VID >>> (2008)
- LYN VAN DIE DAG 2020/12/11 - " ... blameer jou Ma, blameer jou Pa, vir eiebelang wat jy saam met jou ronddra ... "


Kobus! - Swaar Metaal VID >>> (2007)

vetseunLAAI AFLAAI AFLAAI AFvetseunvetseun
Swaar Metaal ...................... RR 075 2007 RHYTHM RECORDS
1. Honger
2. Witman
3. Tienerangs
4. N.J.S.A.
5. Huigelaar
6. Doodstraf
7. Die Vlam
8. Kinderhel
9. AMEN
10. Swaar Metaal
11. ...
- LYN VAN DIE DAG 2021/01/02 - " ... Hongersnood, vigsdood, dakloos, werkloos, moedeloos, broos. Presidentia in absentia, wanbestuur, vagevuur, ondier-plesier... " - N.J.S.A. (litnet.co.za)

Ja dis moeilik om hieroor te praat sonder om te vloek, mens wil die heeltyd se dis fokken hard en moerse lekker, **** reguit en die ***...
Maar ons sal so profesioneel as moontlik probeer bly ...
.... " ... Witman !!! Witman !!! Witman !!! Witman !!!! ... aaaeeerrrggh.. "
Daar's so drie en dertig sekondes wat miskien as 'n inleiding dien, maar die tweede keer is dit net tyd om asem te skep voor die doodsvokaal jou laat weet hoe Honger hy is en waarvoor, dit oor ekstreme kitaar, Theo, wat van die begin af jou vingers in 'n onafwydbare lugkitaar laat vibreer voor jou middellyf...
.... " ... Fok jou !!! Fok jou !!! Fok jou !!! ... "
Jy's dan reg as jy na die eerste een al effe duislig voel en wonder wat de fok jy in die moshpit soek, maar wag, daar is nog hope... Witman, laat geen spasie vir misinterpretasie nie, die rympie beskryf in detail die straat aflopende man se binneste gevoelens en vrese, met 'n koor wat soos 'n hamer en aambeeld die bewussyn ritme gee (nog stvetseuneeds maar nog net die begin...) As jy nie hou van dit nie, want die volgende een...
.... " ... Betreur jou lot, blameer vir God..." ..
Om om ons pragtige beeldspraak in die vorige CD se review te sinspeel, as jy die CD in jou kamer los mag jou troeteldier dalk nooit weer dieselfde wees nie, 'n allerinsuigende swartgat van musiek wat nie eintlik aan die publiek blootgestel behoort te word nie, ons kontak die necessary government departments sommer nou...
.... " ... die lied van die NJSA, ojaaaa, ojaaaa, die lied van die NJSA !!! "
Daar's kitaar wat jou nie net laat wonder hoeveel ouens dit doen nie, maar met verwondering probeer uitmaak wat nou eintlik daar gebeur in daai paar vingers wat heel duidelik oor die snare blur... En dis miskien hoekom hulle gekom het, hierdie kombinasie uit die buitenste hemel, tussen twee van die mees invloedrykste in die musiek industrie... Hier ook bygestaan deur lede van die superband VOD, Paul, en Raaskopleef,
Wit Kaffers, Valiant se Pierre Tredoux... Wat mens sonder twyfel kan hoor, want dude, dis mal...
Nommer 3 is soos 'n minuut en 'n half van die mees nare spoedkitaar wat jy in 'n lang tyd gehoor het, daai ding word regtig vermink in die paar sekondes wat daar nie oor die geraas gevloek word nie...
Nommer 4: 'n Defnitiewe inskrywing vir die volgende uitgawe van die F.A.K. DVD... met 'n koor wat mens aan daai "hoor jy die magtige dreuning" song dink, not, maar dis net so geskik vir Maandagoggendsaal..
Nog 'n paar sekondes aan die begin van 5, met stemme wat mens laat wonder of 4 nou net gebeur het, maar dis sekondes, so as daar elektries ritme gegee word voor die kitaar oorneem, weet jy hier kom dit weer, ... " .. Haleluja Hosanna !!! ... "
'n Liedjie wat opgedra is aan die minder ontstellende lede van die N.J.S.A. wat miskien dalk net aan die verkeerde kant van die liedjie staan, jammer... Jy gaan weer wonder oor wat de hel op kitaar aangaan met die een, tel dit as namedropping as mens BBC sê? seker nie, lees hier oor die hele BBC Theo ding...
... " ... Doodstraf!!! Bring die doodstraf terug!!! Doodstraf!!! ..."
Sterre, hierdie is jou gewone moshpit song, met borende ritmes en herhalende koor, oor die rustige strumming en totale distortion van die nou magiese kitaar, bo en behalwe die feit wat die lirieke vir jou verkondig, 'n growwe treffer uit die boonste rakke, soos oupa sou sê..
... " ... Doodstraf!!! Bring die doodstraf terug!!! Doodstraf!!! ..."
Sê asseblief vir my dat hierdie politiese inhoud deur ander internasionale bands weerspieël word, of vergelyk die diepte van aanhoudende sosiale kommentaar, met ander... fok daai chick...
7: Jy kan maar 'n sigaret aansteek, die een gaan jou herinner aan goeie goed, miskien die trippyness van die gekleurde ligte oor 'n SNG gig, of Oppikoppi aande by die vuur, of so, rustiger een vir die mense buite die pit. Maar dis net tydelik...
Kinderhel begin weer met die lekker mengsel tussen rock kitaar, 'n meer doodsmetaal benadering en 'n baie elektroniese gevoel. In die Doodstraf aar, is dit 'n verskriklike moshpit klankbaan, of liewer die voortsetting van die moshpit klankbaan... Met weergalmende kore en dubbele dromritmes wat nou al 'n gegewe is, die vroeër ligte en ratse kitaar word as 'n klankbyl gebruik om 'n kappende basklank vernietiging voort te bring, en bo-oor dit is ... " ... Niks om te onthou, treur of berou ... ", 'n ewige reminder...
Dit is dan ook hoe ons voortgaan in nommer nege, die totale klank oorname deur met 'n amper slapend stadige ritme die ernstigheid van die halfgefluisterde/halfgeskreede lirieke 'n onderdrukkende nasmaak te verleen, iets wat met die meer gotiese en elektroniese lyf musiek (EBM) se genres vergelyk kan word. AMEN, teen amper ses minute bring jou miskien terug na 'n meer aanvaarbare dansvloer, waar jy die gothmeisies kan sien hare swaai en generally maak asof hulle dit verloor het...
Sekondes though, want ons is weer in dit met die titelsnit, ons swaai elmboë (en probeer stagedive teen die tyd) oor die riwwe klank wat Theo ons so gretig toedien. Probeer by daardie ritmes hou en nie jou bier
... " ... KONINGS OOR BESETE UITVERKORE SIELE HEERS ..."
mors nie, ek dare jou, of nee, hou myne, ek's nou terug (sê hy met sy arms nou in lug en hardlopend die groep mense voor die stage in, bo-oor 'n nogal mooi meisie, wie ons later uitvind se naam is Hanneli, sy is ook 'n bandlid...?). (Kobus en Hanneli??)
Die CD kom ook met 'n pleister, nommer 11... net vir ingeval...
.... " ... Witman !!! Witman !!! Witman !!! Witman !!!! ... "

Swaar Metaal CD LAUNCH
2007 03 30 - Kobus!, Hidden Cellar, Stellenbosch
2007 04 04 - Kobus!, Bohemian, JHB
2007 04 05 - Kobus! met Architects of Aggression, Zanzibar, Pretoria
2007 04 07 - Kobus! met Battery 9, Zeplin's, Pretoria
2007 04 08 - Kobus!, Oppikoppi Easter, Northam
2007 04 14 - Kobus!, Burn, Durban
2007 04 20 - Kobus!, Mercury Live

vetseunLAAI AF
Doodstraf CDS .......................... 2007

vetseunLAAI AF
Tienerangs CDS ....................... 2007


Kobus! - Drome Te Bestel (2004) VID >>> (2012)


Kobus! - Waar Die Antwoord Verskyn (2004) VID >>> (2007)


Kobus! - Storie Van Die Duiweltjie En Die Engeltjie (2004) VID >>> (2007)

2004 10 01 - Kobus! "100% Skuldgevoelvry" CD LAUNCH, Armchair Theatre, 20:30
vetseunvetseun
100% Skuldgevoelvry . CDENT 002 2004 ENT ENTERTAINMENT/RHYTHM RECORDS
1. Drome Te Bestel
2. Ry In Die Kar
3. Ek Wil Jou Soen
4. Bonnie Brae
5. Kultuurfeestent
6. O, Boereplaas
7. Ons Is Saam
8. Die Wind
9. Waar Die Antwoord Verskyn
10. Roulied
11. Storie Van Karel Void
12. Heldersiende Bedelaar
13. Storie Van Die Duiweltjie En Die Engeltjie
14. Oom Kobus Se Plan
15. Volk Van Main
16. Sien Jou Weer

gaan ook na die website by kobusmusic.co.za, sien animasies vir die musiek en join die Volk van Main






Kobus! - Hoenderman (2003) VID >>> (2007)

vetseun
Dink Jy Nou? (Limited Edition) CDS . 2002

2002 04 05, 06 - Kobus! "Kobus!" CD LAUNCH, Tassenberg Stalteater, KKNK, 20:00
vetseunvetseun
Kobus! .......................... CDENT 001 2002 ENT ENTERTAINMENT/RHYTHM RECORDS
1. Wie Is Kobus!?
2. Aardskok
3. Jou Oë
4. Sondagmiddag
5. Hoenderman
6. Nege
7. Die See
8. Dink Jy Nou?
9. Spieël In 'n Raaisel
10. Die Swart
11. Lei My
12. Gee Raat!

met Theo Crous, Francois Blom, Deon Cabano, Neil Snyman
sien NUDEGIRLS en VOD

jy hoef dit nou nie eintlik te luister nie, koop dit, sit dit op die rak, en kyk hoe jou kamer gelukkig word. afrikaans in oopgevlekte naaktheid. wye borrelende klank togte wat met ernstige meegevoel stem en lirieke aangepak word. liefdes verhale
..deurmekaar met persoons beskrywings, grappe oor groot goed. 'n nuwe klank wat geen smaak van mengsel het nie, kitaar en elektroniese spasieuse rock waarin albei makers se agtergrond weerspieël word en uitbrei tergelyke tyd. nog vannaai genrelose heuning... geen perke aan die moontlikhede nie, hoor maar jou depeche mode of naaimasjiene, hoor jou Battery 9 en jou Gert Vlok Nel, die eerste liedjie noem welliswaar ommenby 50 afrikaanse greats... ritmies en melodieuse shout-out liedjie om die CD in te lyf, want na snit 1 is jy in die nuwe... sing saam!
.................................. "lei my ..., lei my ..."
Kobus! het saam met Karen Zoid 'n "Kanna" verwerf by die KKNK 2002 vir die beste bydrae tot ligte afrikaanse musiek. Hulle "toer" ook "saam" so hou die pers dop vir meer informasie oor waar en wanner.

2005 05 06, Independent Armchair Theatre, Obs met Volk van Main poster
Bewerig teen die koue, maar " Knus In Herhaling" stad toe. Kobus! skop af met Die duiwel in die hel, 'n hewige grindrock nommer met verskeie basklanke wat die stereo speakers onbeholpe los. Met jou gewone armsswaai en almal vervloek, die keer spesifiek almal wat enige iets te doen het met die mj -hofsaak-recreation (DStv), anyway, almal loop deur...
strompelende lirieke oor superkitaar, live is die band baie meer aansteeklik, en beweeg gemaklik tussen swaar stukke soos volk van main, die tonginniekies ge-crous-de nommers Hoenderman, wie is kobus?, Gee Raat!, tot by die liefdes ballade jou oë.
klank en afrikaans, dankie vir albei.. voorman blom op sy knieë, grynsend doodsvokaal die mikrofoon in, hare vasgeplak aan die bloed wat weerskante van sy mond uitloop, oë nogsteeds wit en vraend, lyk soos 'n mensetende satanistiese stadstarzan, met 'n smile, 'n entjie en 'n bier / theo in 'n blur van klank, met laag op laag van drukke en slane, wetend - francois wat hom probeer match deur op die pop se tits te druk en haar te "strum"... beter kry jy nie. fokkin main!!
2005 04 15, Mercury Live, CT met Trompie Is Dood poster
Trompie Is Dood..
Heerlik in swart geklee skree kobus die show aan, swart trane uit swart oë.. kobus op en superkitaar en kobus op afrikaanse supermic, kobus op bass en dromme kobus, in die huis, sonies. nommers van 100%Skuldgevoelvry en nuwer amper donkerderes wat hopelik op nuwe albums sal wees. ons het onder ander Battery 9 weer geluister, plus Koos en Voëlvry oppad, toe draai die aand meer "voort voort" uit as wat enige van ons gedink het. shot lindster. Kobus se growwe aanslag, kry almal aan die beweeg en hulle ritme is nie sommer van hier af nie, nee, dit meng net nog kitaar met nog dromme met 'n voorman wat angsaanvalle aanmoedig deur sy oë om te rol en sy arms buite beheer rond te swaai terwyl die lirieke knersend die mikrofoon in gedruk word, die blêrende speakers uit.
Kobus! drukkit in die rooi!! alles is ok!! het hart wil liefhê!! met nog net soveel punch soos altyd. 'n skokkende show wat jou in jou skoene laat bewe, en na die tyd aan die muur moet vashou om te sien watter kant bo is.
Tjek Trompie Is Dood in Bellville, 22ste, en Kobus! einde vannie maand in dorpstraat


Kobus! - Suikerstokkie Bokkie (2001) VID >>> (2014)


ook op :
OK10 Rock - Hoenderman
Woema - Jou Oë
Geraas: Allesbehalwe Vol. 1 - Sondagmiddag
Afrikaanse met Attitude - Hoenderman
Tassenberg All Stars 3 - Gee Raat!
Studentlife Selection #8 - Hoenderman
Studentlife Selection #3 - Gee Raat!



skakels : kobusmusic.coza : francoisblom.com : reverbnation.com/kobus : musiek.coza : nudegirls.coza : vod homepage : blow-up doll store.com














Kobus! Gig/Flyer-blad


bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)





vetseun ...........................................................................................
Brittanje se BBC vervaardig in die komende maande 'n dokumentêre program oor die geskiedenis van die kitaar. Talle legendes, verteenwoordigend van verskeie musiekstyle van regoor die wêreld (o.a. Tony Iommi, Eric Clapton) gaan Londen toe om vrae te beantwoord, gesprek te voer oor hul persoonlike gevoelens jeens die mees populêre snaarinstrument op aarde en hul tegnieke te bespreek. Dit klink vir my baie opwindend en ek sien uit daarna om dit in die toekoms in die hande te kry. Dis dan met groot trots dat ek bekendmaak dat die enigste guitarist wat vanuit Afrika genooi is, niemand anders is nie as die koning van Swaar Metaal** kitaar, my Kobus!musicpartner Theo Crous! Is dit nou main, of is dit nou suprfoknmain!?
Francois Breytenbach Blom

** 'n woord wat tot en met die uitreiking van die jongste Kobus! album slegs in wetenskaplike terme gebruik is hoewel daar in 'n onlangse, baie gerieflike nagedagte-korrespondensie op die website Litnet die indruk probeer skep is dat dit 'n alledaagse afrikaanse musiek-term is wat geensins met bovermelde uitreiking verband hou nie en die lawwe insinuasie gemaak word dat 'n hele lys insigte en opinies, o.a. 'n geteer op angste en genre beperktheid uit een woord, nl. "ripoff", deur lesers afgelei kan word!

MAIN!
Francois Breytenbach Blom
www.kobusmusic.com
www.francoisblom.com