Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Gregoria
vetseun
Stemme Van Ver / Stemme Van Verlange Vol. 2 2CD . SELBCD590 SELECT

vetseunvetseun
Stemme Van Verlange Vol. 2 . SELBCD425 2002 SELECT
1. Lisa Se Klavier (solo: Mathys Roets)
2. Adiemus
3. Ek Verlang Na Jou
4. Unchained Melody
5. Conquest Of Paradise
6. Sonder Jou
7. When I Need You
8. When I Dream
9. All By Myself (solo: Kurt Darren)
10. Lady In Red
11. Fernando
12. Lady
13. First Of May
14. Seeman
15. Only Time (solo: Priscilla Talbot)
16. I Don't Believe In If Anymore
17. Everything I Do

"Gregoria - Stemme Van Ver" het al ampertjies goue status verwerf! Dië opvolgalbum bou voort op die ongewone styl en wenresep van die eerste album, maar gaan nog 'n stappie verder - 'n paar bekende plaaslike talentvolle kunstenaars is ingeroep om bekende nommers in dieselfde meesleurende Gregoriaanse styl te vertolk. Mathys Roets met sy onmiskenbare basstem sing Koos Kombuis se "Lisa Se Klavier", Kurt Darren (van "Meisie Meisie"-faam) gee 'n nuwe Gregoriaanse-geur aan "All By Myself" terwyl die duo Canteró hul huidige groot treffer "Sonder Jou" ook in die Gregoriaanse styl sing. Nuweling Priscilla Talbot gee Enya se esoteriese treffer "Only Time" ook 'n Gregoriaanse inspuiting. Maar dit is nie die enigste verrassing op die album nie. Dit is nie net plaaslike treffers soos "Seeman" en "Ek Verlang Na Jou" wat 'n nuwe Gregoriaanse geur bykry nie - immergroen internasionale treffers soos "Adiemus", "Conquest Of Paradise", "Unchained Melody", "I Don't Believe In If Anymore" en "First Of May" kry ook 'n egte Gregoriaanse-baadjie. "Lady In Red", "When I Need You" en "Lady" kry daarbenewens 'n unieke en nuwe aanslag. Die musiek varieer van die klassieke tot die dramatiese, kommersiële tot meer gesofistikeerde.
Maar "Gregoria - Stemme Van Verlange Vol. 2" is strelend, verfrissend anders en spog met 'n internasionale kwaliteit en klank.

vetseunvetseun
Stemme Van Ver ...... SELBCD399 2001 SELECT
1. Al Lê Die Berge Nog So Blou
2. Hoor Jy My Stem Oor Die See?
3. Sprokie Vir 'n Stadskind
4. I Have A Dream
5. Kinders Van Die Wind
6. Liefling
7. Sailing
8. From A Distance
9. Sproetjies
10. Sacrifice
11. Amazed
12. My Only
13. The Sound Of Silence
14. You Needed Me
15. The Music Of The Night
16. Angel (Tema van "City of Angels")

'n Eerste in Suid-Afrika en 'n eerste in Afrikaans ! "Gregorian Chants" het die afgelope paar jaar baie gewild geword - en nou kan jy ook na van ons gewildste Afrikaanse liedjies in die eg regoriaanse-styl luister.
Daar is tradisionele Afrikaanse liedjies soos "Al Lê Die Berge Nog So Blou", die meesleurende "Hoor Jy My Stem Oor Die See?" en twee van Koos du Plessis se groot treffers "Sprokie Vir 'n Stadskind" en "Kinders Van Die Wind". Gé Korsten se groot gunsteling "Liefling" en Gert van Tonder se "Sproetjies" (wat Sias Reinecke bekend gemaak het) kry ook nuwe betekenis in die Gregoriaanse-styl.
Daar's ook 'n paar ander Engelse gunstelinge soos ABBA se "I Have A Dream", "Sailing", Bette Midler se "From A Distance", Elton John se "Sacrifice", Paul Simon se "The Sound Of Silence", Randy Goodrum se "You Needed Me" en Andrew Lloyd Webber en Charles Hart se "The Music Of The Night" sowel as ons plaaslike groep Coleske se "My Only" wat in die Gregoriaanse styl uitgevoer word.
Sarah McLachlan se "Angel" (die tema van die TV-Reeks "City of Angels") kry ook 'n nuwe Gregoriaanse-baadjie.
Moderne digitale tegnologie is gebruik om die album op te neem. Sekere klanke - soos die dromklanke - is van oorsee ingevoer. 'n Koor - wat bekend staan as Gregoria - se stemme is saam met die Gregoriaanse klanke verweef en die produk is meesleurend en harmonieus.
Die album beloof om 'n groot gunsteling by oud en jonk te wees - luister gerus na die unieke Gregoriaanse klanke wat jou onmiddellik in 'n rustige en ontspannende luim sal plaas.


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )