Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Emile Minnie .com (Vlam)


Emile Minnie - Vasbyt VID >>> (2020)


Emile Minnie - Die Ruiter Van Skimmelperdpan VID >>> (2020)


Emile Minnie - Song Vir Jou VID >>> (2020)


Emile Minnie - Anderkant Die Ewigheid VID >>> (2020)


Emile Minnie - Aanvaar Ek Jou VID >>> (2020)
- VIDEO VAN DIE DAG 2020/10/05

vetseunLAAI AF
Vasbyt ................................................... 2020
1. Vasbyt
2. Jan Tuisbly
3. Sirkel
4. Aanvaar Ek Jou
5. Nuwe Normaal
6. Song Vir Jou
7. Hester Charlotte Goosen
8. Die Heel Eerste Tree
9. 'n Nuwe Dag
10. Mooiweer
- ALBUM VAN DIE WEEK 2020/09/02
- LYN VAN DIE DAG 2020/08/11 - " ... ek is omkring en tog alleen, bekend en nogtans vreemd, ek dink ek het die bus gemis, soos 'n paspoortlose toeris... " - Vasbyt


Emile Minnie - Heimwee VID >>>


Emile Minnie - Jy VID >>>

vetseun
Ongekende Wêreld .......................... 2018
1. Ongekende Wêreld
2. Prediker 3
3. Heimwee
4. Is Ek Happy?
5. Miempie
6. Vriende
7. Jy
8. Die Lewe Is Donker
9. Ons Het Mekaar
10. Liefling

vetseun
Ligste Donker ..................................... 2017
1. Nog In My Laaste Woorde
2. Wie's Hy?
3. Vincent van Gogh
4. 'n Vigslyer Sterf
5. Besoekersboek
6. Die Nuwe Kind
7. Die Boodskapper
8. By Die Robot In Eerstelaan
9. Palimpses
10. Rondom My
11. Spore Op Die Maan
12. Kontak
13. Safari
14. Kwatryne
15. Busrit In Die Aand
16. Kabouterliefde
17. Stad In Die Mis
18. Last Grave At Dimbaza
19. Things That Go Bump In The Night
20. Vroegherfs
21. Saalhulp
22. Die Snoek
23. Krokodil
24. Oppie Cape Flats
25. Ek Het 'n Huisie Aan Die Rand
26. Sterrekyker
27. Die Tarentaal
28. Testament


Emile Minnie - Waterval VID >>>
- LYN VAN DIE DAG 2021/03/27 - " ... My letters word ’n ou kasteel, Met torings en ’n grag, My woorde word die water wat, Geduldig op jou wag ... "

vetseun
15 Onvergeetlike Jare 2CD .............. 2016
Disk 1:
1. Vang My
2. Rietfontein
3. Huisie
4. Die Ruiter Van Skimmelperdpan
5. Die Stem Van Suid-Afrika
6. Sien Jy Nou?
7. Vryheid
8. Wolraad Woltemade
9. Bly By My
10. Ondier
11. Lig My Op
12. Dink Ek Aan Jou
13. Susterliefde
14. Saamstaanliedjie
15. Safari
16. Love In Our Land
Disk 2:
1. Sandkasteel
2. Eva
3. Gee My Jou Hand
4. Anderkant Die Ewigheid
5. Jy's My Baby
6. Ek Het Gesoek Na Jou
7. Waterval
8. Nuwe Blaadjie
9. Droom
10. Donker Liefde
11. Sal Jy My Liefhê?
12. Sê Dit
13. Jonk Bly
14. Streaming
15. Finally Lost
16. Eenling Is Die Mens Gebôre
17. Charlize
18. Stad In Die Mis
19. Sê My Wie Jy Is

vetseun
Love In Our Land CDS ..................... 2016
1. Love In Our Land


Emile Minnie - Dit Is Die Liefde VID >>>


Emile Minnie - Nuwe Blaadjie VID >>>


Emile Minnie - Donker Liefde VID >>>

2015 09 04 - Donker Liefde CD LAUNCH, NGK Tafelberg, Kaapstad, R80, flippiescholtz@gmail.com
Emile Minnie - DagbreekEmile Minnie - Dagbreekvetseun
Donker Liefde ................................... 2015
1. Dit Is Die Liefde
2. Nuwe Blaadjie - MP3 >>>
3. Donker Liefde
4. Jonk Bly
5. Ek Dag...
6. Sal Jy By My Bly?
7. Speletjie
8. Totsiens Vir Eers
9. Ons Het Nooit
10. Bevry Jouself

Emile Minnie - DagbreekEmile Minnie - Dagbreekvetseun
Wagtende Nasie ................................ 2014
1. Wagtende Nasie
2. Wolraad Woltemade
3. Saamstaanliedjie
4. Charlize
5. Nataniël
6. Evita
7. Glenda
8. Ingrid
9. Saartjie
10. Racheltjie de Beer

Emile Minnie - Dagbreekvetseun
Spore Op Die Maan ......................... 2013
1. Spore Op Die Maan (Koos du Plessis)
2. Kontak (Theo de Jager)
3. Safari (D.J. Opperman)
4. Kwatryne (Ina Rousseau)
5. Busrit In Die Aand (Elizabeth Eybers)
6. Kabouterliefde (Ingrid Jonker)
7. Stad In Die Mis (D.J. Opperman)
8. "last grave at dimbaza" (Fanie Olivier)
9. Things That Go Bump In The Night (Rosa Keet)
10. Vroegherfs (N.P. van Wyk Louw)
Backtracks:
11. Spore Op Die Maan
12. Kontak
13. Safari
14. Kwatryne
15. Busrit In Die Aand
16. Kabouterliefde
17. Stad In Die Mis
18. "last grave at dimbaza"
19. Things That Go Bump In The Night
20. Vroegherfs

Stem en klavier: Emile Minnie
Meester: Frank Smuts

Emile Minnie gee sy elektroniese versorging hier aan nog 'n paar Afrikaanse name. Soos ons reeds op Anderkant Die Ewigheid aangewys het, is ons absoluut mal oor die simplisiteit waarmee daar hier grootheid en impak geskep word. Subtiel, maar ingrypend, maklik moeilik. Die vinnige CD sluit Backtracks van al die snitte in, vir jou plaaslike kerkkaraoke, of binnekamer studio.

.........................."...en ek begin verstaan..."....................

Emile Minnie - DagbreekLAAI AF
Ballet ................................................... 2013
1. Bouquet
2. Chopin Waltz
3. Clowns
4. Floating On Clouds
5. Mixed Feelings
6. Olke Bolke
7. Romance
8. Rue Ravioli
9. Showtime
10. Street Mime
11. Waking Up In A Sweet Shop
12. White Fluffy Dresses
13. Whodunnit

"I have written some ballet music. Slip into your tutu and let's pas de chat! You can download for free on Soundcloud.
https://soundcloud.com/emileminnie/ballet-1-bouquet" - facebook

Emile Minnie - DagbreekEmile Minnie - Dagbreekvetseunvetseun
Anderkant Die Ewigheid ................... 2012
1. Anderkant Die Ewigheid
2. Die Stem Van Suid-Afrika (C.J. Langenhoven)
3. Die Ruiter Van Skimmelperdpan (A.G. Visser)
4. Gee My Jou Hand
5. Eden (Ina Rousseau)
6. Waar Is Jy?
7. Joppe (Ina Rousseau)
8. Potchefstroom (Ina Rousseau)
9. Bly By My
10. Kom Vannag In My Drome (N.P. van Wyk Louw)
11. Jou Hart In My Hart
12. Jy's My Baby, Dis Wie Jy Is
13. Bly By My (Reprise)

Stem en klavier: Emile Minnie
Kitaar: Jaco Dippenaar
Meester: Frank Smuts

Ek onthou 'n Hartenbos vakansie waar ek aan Koos Kombuis se Kalahari en van JK se Eet Kreef tapes verslaaf geraak het. Ek en Gerhard het eenkeer ver geloop na Kleinbrak se kant toe. Daar êrens het 'n noot met 'n foto een geword en die duine en Mosselbaai in die deinserigheid weergalm nogsteeds jare later. Partykeer word daai vakansie verliefdheid weerspieël. Emile doen dit sommer maklik.

.........................."...verveel jou..."....................
Fladderend tussen die hewige dramatiese klaviersolo's en die opgewekte perfeksie stem, is Anderkant Die Ewigheid dadelik 'n treffer. [Insert clichés]. So intiem die stereo woorde, so persoonlik die gerymde storie, net so skyn die verstaan en musikale plasing van die lirieke. 'n Ballade wat saam met van die grootstes uitstaan, maar ons los die name vir Spore Op Die Maan... Hierdie liedjie is moermooi. Repeat. Sing. Met 'n minimale ritme seksie en kitaar bystand, is die impak verbasend. Vang My van vooraf!

.........................."...Uit die blou..."....................
Om die ritme so bietjie vinniger te laat verbygaan en die eerste tekens van daardie skelm glimlag. 'n Upbeat verwerking van ons ou volkslied Die Stem Van Suid-Afrika, wat deur C.J. Langenhoven in 1918 gepen is en deel was van 'n ander herlewing van Afrikaans. Hier word 'n lekker snap en 'n enkele kitaarriff plus 'n bietjie bas gebruik om die amper tartende trant af te skop. Maar wanneer daai snap stop en die klavier myle ver melankoliese word, en die stadig dralende woorde amper gebid word, raak-raak die song aan die verpersoonlikking van hoe geluk in nostalgie verander. 'n Supergelukkige liedjie.

.........................."...yl verbysterend die dier..."....................
Die Ruiter Van Skimmelperdpan is nog 'n skokkend verslawende stukkie musiek. Die A.G. Visser gediggie word in 'n amper spotterige hiphop snit verander, met vroeë 90s elektroniese beat wat solied gemaak word in 'n vier vier stamp, waaroor die sagte gedig/sing van koplose man se verhaal net meer surreal. En as daar sagkens met effense synths steke gespeel word, word dit lekker. Teen die tyd wat 'n clap sy verskyning maak, en die elektroniese alles mooi bymekaar kom, voel dit asof ek nou net Die Naaimasjiene track geluister het. Dit met 'n amper roboties intonerende stem, wat plek-plek draal oor woorde sodat die kopknik inpas. Raak liries.

.........................."Die volmaan wat styg..."....................
Terug na die tydlose grootheid en warmte van 'n liefdeslied. Wat die CD so 'n blink ding maak is hoe maklik musiek genres saamgeflans word en sonder moeite perfek pas. Die snit wat met 'n stadige bas en ligte strykbegeleiding begin, is eers 'n straightforward liedjie, wat enige iets van ons vroeër sangers kon wees, tot uit die 50's, die koor laat dit soos 'n sêr voel. Ons word deur 'n enkele kitaar noot deur tyd verplaas om Gee My Jou Hand 'n kopkrapper maak. Minimalistiese mooiheid, punt.

.........................."...verottend aan die takke hang..."....................
Die internasionale ritmes skyn aaneenhoudend deur en skep 'n groter palet waarvanaf Emile se musiek "uitspansel" parmantig aangebied word. Een van die Ina Rousseau gedigte, Eden, word in hierdie vryskets manier opgeklits deur 'n bietjie ritme en grapperige basnote. Die gelukkige melodie verskans half en half die vraende lirieke, en weereens word daar amper verbysterend geëindig in lekkerheid wat net as amper showtuneserig beskryf kan word. Gooi daai genre ook in... Die mooiste liedjies kom nog, maar eers weer Anderkant Die Ewigheid.

.........................."...drake en hekse..."....................
En nou computer music nog ook!!! Waar Is Jy? is 'n manjefieke 4/4 nommertjie wat alles van Boeremusiekerigheid tot 'n Verna Vels spelerigheid meng om 'n opgewekte liefdes ballade te maak. Ja ek het dit gesê. Saamsing is die enigste konstante tussen die aanpassings en verassings wat om elke draai wag. Wens eintlik ek het iemand gemis, want die een is perfek daarvoor. Ander konings (President) het ook al treffers met die drie woorde gemaak, kan eerlik sê, on par.

.........................."Sal nie oorstelp..."....................
Joppe. Dis die grote. 'n Ernstige eggoende stem word met fluisterende koor liggies onderstreep, sodat die persoonlike verootmoediging en kitaarnote 'n droomwêreld optoor, voordat net die intonasie van die koor 'n gewig en geskiedenis aan hierdie Ina Rousseau gedig gee. Pragtige stippellyn tussen erken en aanvaarding, wat weereens beklemtoon word deur die gemak waardeur dit afgelewer word. [Reënerige busritte A'Dam toe]

.........................."...weerloos met geboë..."....................
Verder vorentoe met die ritmes opgemaak en 'n derde Ina Rousseau gedig se amper onheilspellende woorde is hier weer gemeng met 'n drawwende stem. Gepunktioneer met opgewondenheid wat aan verhoogspel raak, maar net soos ons saamgevoer word deur drywende snare, word ons klei in die stem se hande as die koor as afsluiting sonder begeleiding intensiteit verhoog. Potchefstroom

.........................."...stiltes smelt en woorde word..."....................
Bas op, volume op. Ons ken die een. Dis hierdie superdromerige altyd verliefde soniese sterre wat Emile maak. 'n Basiese beat met elektroniese verskuiwings en stereofoniese blips wat opbou oor melodieë, 'n enkele alleen kitaar. Wat hierdie 'n internasionale speler maak is die derde vers waar Emile so reeds heeltemal bekende meertaligheid na vore laat kom, die soomlose verskuiwing na Frans oor die 4/4 klop, epies. Flashbacks van Parys... Repeat. Sing. Bly By My eindig op 'n sagte fadende synth.

.........................."...donker is en stil (1:02)..."....................
Kom Vannag In My Drome is sommer vinnig 'n melodie wat diep inkruip, dié toonsetting van N.P. van Wyk Louw se paar kruisrym lyne hop-hop gemaklik voort, saggies. Die woorde word in jou oor gefluister, behalwe vir die die koortjie wat uitsprei om te homself te beklemtoon. Met 'n paar verafgeleë klavier note word hy 'n pragtige liefdesliedjie. Uniek in sy bloot massiewe cuteness. Coolste N.P. van Wyk Louw sover. Die volgende een...

.........................."...ek hou dit net hier..."....................
Jou Hart In My Hart is diep in die CD in, teen hierdie ten sal jy al voorberei wees. Atmosferiese klanke en 'n sterk beat oor die kitaar skep 'n vol drywende snit. Meer so met die ligte aflewering van woorde. Gedink hierdie een is die mal een, maar dis op Spore. Hierdie moet karstereo toe, en die kar moet platteland toe. Denke word in stereo ingesluit, leer die lirieke. Prag.

.........................."...dol gejaag na wind..."....................
Eers reguit vertellende woorde wat in 'n verootmoedigende eerlikheid vinniger en vinniger deur erns en onthou 'n liedjie word. En oor die afgrond tot in die totaal epiese klank void. Sluimerende dromme word in alle dimensies geeggo. Drie minute later, repeat. Slegs 'n paar byklanke saam met die stroopsoet sonskyn verliefde stem. Die droom is sterk hier. Alles dralend en verby swiepend aan die einde. Jy's My Baby, Dis Wie Jy Is, liefdeslied, manjefiek. PS. Ons bas is baie hoog hier...

.........................."...triestig, triestig..."....................
Sluit af met 'n Reprise van Bly By My. Sonder die clubklanke is die kaal liedjie 'n intense affêre. Die klavier se eensame weergalming maak die klaaglied 'n visuele eenmans optrede, volledig met kollig en rook wat vanoor die tafels in kerslig flikker om die kunstenaar, kop gebuig. Hierdie prentjie speel homself in pubs en kroeë wêreldwyd af, of dit nou België of Johannesburg is. Die perfekte afsluiting. Dis vir my net so mooi soos Tim Beumers op Die Slagting of Stef Bos op Awuwa.

Emile Minnie - DagbreekEmile Minnie - Dagbreekvetseun
Supernova .................. VYFSCD052 2010 VYF STER/SELECT
1. Vang My
2. Fladderhang
3. Vryheid
4. Eva
5. Ek Wonder
6. Die Lig Wat Jy Skyn
7. Hoe Jy My Soen
8. Rainbow
9. Ongebonde
10. Jy Was Lief Vir My
11. Eenling Is Die Mens Gebôre

Met die fluisterende stem wat oor effense dromskuifings..
... "As die pad voor my lê op 'n pikswartnag" ...
stroom die gelukkige note van hope Emile Minnie liedjies se onterughou geluk.

Supernova is 'n opwindende terugkeer na die meer ritme georiënteerde elektronies beïnvloede interpretasie van die musiek. Na die akoestiese en orkes benadering, plus Chanson se klassieke styl, is die inkorporasie van Vlam-merige dromme heerlik.

Vang My is die perfekte snit om 'n resensie te begin, 'n liedjie wat sommer vinnig by die beat kom en die saamsing vergemaklik. Groot samesleurende kore wat met amper gerymkletsde verse die positiewe storie vertel van help, omgee, liefde. Die liefde/pyn wat ons EM CDs vergesel word miskien beste in die liedjie uitgestel. Die eerlikheid is soos sonskyn hier, infectious, amper onuithoudend, soos die res van die hierdie musiek. Jay!
... "Vandag is die dag wat ek opstaan, vandag is die dag wat ek opstaan, ja!!" ...
Liefdesliedjies is waaroor dit gaan, en stellêr benaamde CD is vol van hulle. Fladderhang is 'n opgewekte verlenging van Vang My, as mens dit mooi beatmix, teen die tyd wat die afbreek na klavier met diep bas elektroniese stampe rewind jy maar eers....
... "Ek sal die winterwind se stem vertolk, en jy sou saampraat as jy net kon" ...
Die menigte lae van die "maklik" afgelewerde snitte besef mens eers later. Komplekse opbou en weglaat van blykbaar oneindige instrumente maak vir epiese liedjies wat met herhaalde luister net meer oopvou. Ipod op en rondhardloop op die strand musiek, saam met jou geliefde, of as die skemer is, alleen. Diep bas stampe onder klavier skale!!
Daar is meer asemrowende liedjies hier as wat jy tegnies benodig, maar as mens die emosie/glimlag belaaide rympies hoor wat sonder moeite afgelwer word kan mens net kop knik, dans, of huil. Vryheid is so mooi dat die screen effe blur. As ons bietjie lank gevat het, was dit die een. Met hartklop ritme en heuning eerlikheid, weer.
... "Bou vir jou huis, 'n lugkasteel vol reenboë, wat golwend om ons reis" ...
Ek bedoel, daar kan boeke geskryf word oor die versteekte storielyne wat sulke lirieke en musikale uitbeelding simbolies moet beteken. Maar ons luister dit liewer maar net weer. Liefde.
En meer liefde, die keer meer direk aan die magiese figuur Eva. 'n Rustiger meer akoestiese snit wat met ligte kitaar en klavier begeleiding, plus agtergrondstemme, 'n perfekte klankprentjie met die nodige ernstigheid en respek teken.
... "en haar hart is groot, omgee groot" ... (5sterre, plus al die ekstra sterre wat oor is)
Nou weer terug na die ritmes. Ek Wonder is van daai parmantige verliefdheidsliedjies waarvoor ons EM luister. Daar steek so effense seer weg, maar dit amper jazzerige klank maak vir laggende kore. Alles is daar, klokkenspiel opgewekheid inkluis, om die vraagtekens te verskans.
... "ek wonder .... ek wonder ... ek wonder ... gode sal verstaan" ...
Die Lig Wat Skyn is nog 'n epiese snit. Eensame klaviernote word liggies met dromveetjies aanbeweeg, en lirieke word gepraat. Minimalistiese agtergrondmusiek vir die gedig wat in die kollig afspeel. Intense sirkels van erkenning, verootmoediging, en prag, wat stadig draai, tot die woorde al is... Die ongetitelde titelsnit.
... "My hart wilde landskap, my siel is die grond" ...
Parmansie en liefde!! Hoe Jy My Soen is 'n meer reguit liedjie met nodige dansritmes byderhand. Maar asof ons nie nou al weet dat dit nie genoeg is nie, breek die liedjie af na 'n sag herhaalde koor, net om hom te laat vas sit. En as jy dit weer speel is dit partykeer om 'n totale ander verstaan daarvan te verkry. Soos al die liedjies. Clubmix die een.
... "Ek ek maak my oë toe, en ek dink aan hoe jy my soen" ...
Die Engelse snit, wat die CD net verder verbreed, onderstreep die perfekte aflewering van kuns wat hierdie is. Al erken ons ons is heeltemal bevooroordeeld, al vir jare. Daar is 'n lekker dansritme wat intieme lirieke dryf. 'n Kombinasie van minimalistiese klavier, funky kitaar riffs, house-erige klappe en klub synths, hierdie wys 'n kant van EM wat ons nog baie van wil sien, asb!!
Ongebonde begin met 'n heerlike sintetiese orrel klank uitspansel, en 'n sterk snaardrom tydhou. Die meer waarskuwende woorde word met 'n onheilspellende gevoel meegegaan. 'n Positiewe boodskap binnie-in 'n waarheid, binne-in 'n liedjie... Of miskien oorkompliseer ons dit nou...
... "Die liefde is onverskonde, deur haat en nood en nyd" ...
Die een mors nie tyd nie, en dra sommer sy multisinnigheid op sy mou. Die snaardrom bly en die heerlike 80s klanke bly, maar teen die einde van die liedjie voel dit nogsteeds asof jy iets gemis het... Pragtig!!
Die mooiste elektriese klanke word in Jy Was Lief Vir My ontbloot, {sit regop, klap hande!!}, 'n dubberige ritme met ontwykende klanke wat in die agtergrond rondskuif, totdat die veraf klavier note die stem inlei.
... "Jy was lief vir my, jy, jy was lief vir my" ...
As die woorde saam met hoë note versnel en herinneringe aflees word, is dit maklik by die rustige melankoliese stemming ingewerk. Kitaar skreeue en 'n intense crescendo maak dit 'n supersnit.
Met 'n donker klankbehangsel agter hom gee Emile 'n manjefieke aflewering van N.P. van Wyk Louw, legendariese Afrikaanse skrywer, digter, toonsetter, se Eenling Is Die Mens Gebôre. 'n Kersfees atmosfeer speel homself saam met die woorde af...
Supernova is 'n moet. As jy van Vlam se Bevonk!, 12Hz se Nou, Johannes se Koos du Plessis, en Die Ander Kant, Riku se Radio Lava of Chris se Ek Vir Jou gehou het, kry nou 'n Supernova by TakeALot!

Emile Minnie - Dagbreek
Chanson ..................... VYFSCD046 2010 VYF STER
1. La Vie En Rose
2. Que Reste-T-Il De Nos Amours?
3. Les Moulins De Mon Coeur
4. Hyme A L'Amour
5. Les Feuilles Mortes
6. Cent Mille Chansons
7. The French Song
8. Je Ne Regrette Rien
9. Jy Verlaat My / Tu Me Quittes
10. Dans Le Soleil Et Dans Le Vent

Emile Minnie - DagbreekKOOP/BUYvetseunvetseunvetseun
Nagmusiek ................... EM 2757-2 2008 EMILE MINNIE
1. Rietfontein
2. Dink Ek Aan Jou
3. Bang
4. Asem
5. Lig My Op
6. Wat Ek Wou
7. Ek Sit Alleen
8. Sê My Wie Jy Is
9. Die Enigste See
10. Southern Lights
11. Verby
12. Langpad
13. Sandkasteel
14. Tempel (Vlam)

Emile Minnie - DagbreekKOOP/BUYvetseunEmile Minnie - Dagbreekvetseun
Dagbreek ........................... EM CD02 2006 EMILE MINNIE
1. Kry My
2. Susterliefde
3. Gaan Ek Ooit?
4. Kaatjie Van Die Baan
5. Hang Ek Halflyf
6. Saartjie
7. Sien Jy Nou?
8. My Geliefde
9. Jy Is Die Een
10. Huisie
11. Jy Verlaat My
12. Voor Jou
13. City Of Joy
14. Dagbreek
15. Sê Dit

met Emile Minnie (regie, teks, lirieke, stem en klavier), Nicky Jansen (baskitaar en saksofoon) en Doctor J (tromme)

Emile Minnie - Susterliefde vetseun


Emile Minnie - Sien Jy Nou? vetseun


Emile Minnie - Huisie vetseun

Emile Minnie - Onderwater DromeKOOP/BUYvetseunvetseun
Onderwater Drome ...... EM 4555-2 2005 EMILE MINNIE
1. Sal Jy My Liefhê?
2. Ondier
3. Streaming
4. Finally Lost
5. Vier Seisoene
6. Droom
7. Confession
8. Come Back Home
9. Waterval
10. Drif
11. Wens
12. Sal Jy My Liefhê? (VIDEO)
- ALBUM VAN DIE WEEK 2020/02/17
- LIED VAN DIE DAG 2021/02/15

kry die lirieke in 'n bundel met ander gedigte by emileminnie.com

review Rapport Theunis Engelbrecht


Emile Minnie - Droom VID vetseun


flyers :
2007 11 17 - Emile Minnie, Back2Basics, R40 vetseun
2007 10 26 - Emile Minnie & Nicky Jansen, Labia, 20:30
2006 28 Oktober - Emile Minnie, Durbanville Kunskafee, Durbanville, 21:00
2006 29 September - Emile Minnie 21:00 - Durbanville Kunskafee, Durbanville, R40
2006 2 September - Emile Minnie 17:30 - Welgemeend Teater, Hoërskool Jan van Riebeeck, CT. Bespreek by info@emileminnie.com
2006 31 Augustus - Emile Minnie 21:00 Welgemeend Teater, Hoërskool Jan van Riebeeck, CT. Bespreek by info@emileminnie.com
2006 6 September -Emile Minnie 20:00 - Hoenderhok Teater, Kuilsrivier
2006 7 Oktober - Emile Minnie 20:30 - Dorpstraat Teater, Stellenbosch, R40
200621 Oktober - Emile Minnie 20:30 - Die Boer, Durbanville, R50
200627 Oktober - Emile Minnie Dagbreek CD en Huisie Video LAUNCH - Die Labia, Oranjestraat, CT, R60, 20:30
Saterdag 28 Okt 21:00 - Durbanville Kunskafee, Durbanville
2006 07 29, 21:00 - Dorpstraat Teaterkafee
2006 08 05, 21:00 - Durbanville Kunskafee
2006 08 12, 21:15 - Kalfiefees, Onrusrivier (De Wet-saal)
2005 10 07, Dorpstraat Teater, Stellenbosch Emile Minnie
2005 07 29, Durbanville Kunskafee Emile Minnie
2005 07 02, Pierneef Teater, Villieria 0123290709 Emile Minnie
2005 07 01, The Function room, Northriding Emile Minnie
2005 03 02,4,5 Jan van Riebeeck Hoër, CT Emile Minnieemileminnie.com
10 09 04, Independant Armchair Theatre, Obs The Hunt (kaberet met Emile Minnie) bastardmedia.coza
6 10 04, Independant Armchair Theatre Opgevonk Johann Slabbert and Emile Minnie bastardmedia.co.za
13 08 04, Dorpstraat Teater, Stellenbosch Petronel Baard, Emile Minnie (DREUN)
28 01 Dorpstraat Teater, R40 (021) 886-6107 Emile Minnie (Vlam) powerzone
2004 April, KKNK Dreun met Petronel Baard (kabaret)
2003 03 14,, Independent Armchair Theatre, Obs, Frangipani 216
2003 Frangipani 216 flyer He stars in a brand new solo show consisting of original songs in English and in Afrikaans. His musical style is a mix of cabaret and pop (he accompanies himself on the piano), and his lyrics are poetic and thought-provoking. For a performance bursting with energy and talent, make sure you get to see Frangipani 216. bastardmedia.co.za
20 10, Armchair Theatre, CT Vlam Johann Slabbert en Emile Minnie bastardmedia


skakels : emileminnie.com : facebook








vetseun
2020 07 10 - Minnie Matinee #5, https://web.facebook.com/emileminniemusic, 15H00, Internet

vetseun
2020 07 03 - Minnie Matinee #5, https://web.facebook.com/emileminniemusic, 13H00, Internet

vetseun

vetseun

2006 11 21 - Back2Basics, Melville, 21:00, R30 - Emile Minnie, Mono
Op die hoek van die Randse afrikaanse Johannesburgse Universiteit lê een van die dorpie se lekkerste kuierplekke. Miskien kort dit 'n paar STILTE ASB plakkate, maar aan musiek is daar nie 'n tekort nie. 'n Pragtige blondine groet ons vriendelik en wys die bar uit, vir ingeval ons verdwaal. Die mure is vol bekendes, Carlé van Deventer, Josie Fields,
Emile Minnie - DagbreekArno Carstens plus 'n hoop engele.
die volgepakte restaurant atmosfeer verleen homself lekker aan 'n groot klank, wat hier deur hope speakers bygedra word, en wemel sommer vinnig met mense en klinkende glase.
Blah, blah, blah ...
"..my hele lewe lank bou ek 'n huisie ..."
Emile skop af met 'n upbeat treffer en dis net klawers wat vergeld deur geluide die geboutjie te laat verspoel en 'n glimlaglagstem wat die ligte storie van die Huisie vertel. Ons hoor op dieselfde energieke manier nog nommers vanaf Dagbreek, die nuwe klomp melodieë, soos Susterliefde, Kaatjie Van Die Baan en Jy verlaat my, plus Sal Jy My Liefhê? vanaf Onderwater Drome.
Dis alles klavierbegeleide versies, met 'n tong in die kies ernstigheid, weggesteek deur pragtige note wat saamgevleg word om 'n jazzerige, half pop, half klassieke gevoel aan die woorde te gee. Enige stadiger tempo word weer afgespeel teen 'n vinniger ritme, en alles so mooi soos die sonsopkoms.
Voor jou bier warm word of jy al die woorde kon leer ken, is dit weer verby, en alhoewel die skaretjie verwoed hande klap, voel mens asof hulle vir Mono wag.
Die laaste show van die Dagbreek Toer, wat landswyd die liedjies gehoor laat word het, bly ons het die een gemaak.


Emile Minnie - Onderwater Drome

2005 07 16 - Emile Minnie, Durbanville Kunskafee, R20
vetseun.
vetseun




bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)