Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Canterò
vetseun
Sonder Jou ......................... SELBCD407 SELECT
1. Sonder Jou
2. My Hart Het 'n Kleine Venster
3. Give Me The Good News
4. Sogno
5. In My Liefdeslied
6. Panis Angelicus
7. Daar's Niks Soos Ware Liefde
8. Baby Can I Hold You Tonight
9. Let It Rain
10. Ek Is Lief Vir Die Wêreld
11. Perhaps Love
12. 'n Bietjie Kwyt
13. Nessun Dorma
14. Dink Jy Darem Nog Aan My?
15. Time To Say Goodbye

Twee jong Pretorianers - Nicholis Louw en Johann du Toit - is 'n sensasionele duo wat beloof om nog groot opgang in Suid-Afrika te maak.
Nicholis en Johann het in 1999 hul talente begin saamsnoer nadat hulle individueel by die Zillertal in Pretoria opgetree het. Hulle wen kort daarna die Zillertal kompetisie en hulle het daarna vir verskeie kompetisies ingeskryf en onmiddellik die aandag van die publiek en musiekkenners op hul gevestig.
Nicholas het 'n meer informele sangstyl - hy sing van pop tot rock - terwyl Johann weer hoofsaaklik ligte klassieke musiek in sy repertorium insluit. Die een se stem komplimenteer die ander s'n uitstekend en hul individuele style vul mekaar ook baie goed aan.
Hul debuut-CD "Sonder Jou " bevat 'n verskeidenheid musiek wat by 'n breë publiek aanklank sal vind. Uit die skatkis van bekende Afrikaanse nommers sing Canterò "Sonder Jou", "My Hart Het 'n Kleine Venster", "Daar's Niks Soos Ware Liefde", "Ek Is Lief Vir Die Wêreld", "'n Bietjie Kwyt" en "Dink Jy Darem Nog Aan My?".
Wat die kontemporêre Engelse musiek betref, gee hulle met hul harmonieë en kleurryke stemme meer dimensie aan bekende liedjies soos "Give Me The Good News", "Baby Can I Hold You Tonight", "Let It Rain", "Perhaps Love" en "Time To Say Goodbye".
Dan is daar natuurlik ook die ligte klassieke treffers soos "Sogno", "Panis Angelicus" en "Nessun Dorma" waarmee hulle oud en jonk bekoor.
"Sonder Jou" weerspieël die twee talentvolle jong sangers se buitengewone vokale vermoeëns en is 'n bonus vir liefhebbers van ligte klassieke sowel as kontemporêre musiek.
JOHANN DU TOIT: Johann is op 11 Oktober in Pretoria gebore. Hy het in verskeie kore gesing en nadat sy stem op sestienjarige ouderdom gebreek het, het hy sanglesse begin neem. Hy is in Februarie 1999 as lid van die Staatsteater Operakoor gekies en het as jong tenoor onder meer in die operas Cavalleria Rusticana en Pagliacci opgetree. Hy het ook verskeie sangkompetisies gewen - waaronder die Zillertal-kompetisie saam met Nicholas - gewen.
NICHOLAS LOUW: Nicholas is op 30 Desember in Oos-Londen gebore. Hy het op sesjarige ouderdom orrellesse begin neem en tussen 1986 en 1989 verskeie talentkompetisies gewen. Hy het tussen 1988 en 1991 in sy skool se koor gesing en in 1991 begin kitaar speel. In 1994 het Nicholas saam met nog 'n ander jong sanger, Joe Niemand, 'n duo gestig. In 1996 wen hy Oos Londen se grootste talentkompetisie en is ook mede-wenner in die duet afdeling. Hy matrikuleer in 1996 en sy gesin verhuis na Pretoria. Hy begin in 1997 aan die Contemporary Music College studeer waar hy veral op vokaal en kitaar fokus. In 1998 behaal hy die semi-finaal in Reik Na Die Sterre. In 1999 wen hy die Zillertal talent-kompetisie - eers individueel en daarna weersaam met sy sangmaat, Johan, van hul groep Canterò.

ook op :
Jong Bokke kompilasie - Give Me The Good News
Afrikaans se 60 Grootste Treffers kompilasie - Daar's Niks Soos Ware Liefde
Musiek Vir Die Langpad kompilasie - Give Me The Good News; Perhaps Love; My Hart Het 'n Kleine Venster
Klankgrens Vol. 1 kompilasie - In My Liefdeslied


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )