Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Brixton Moord En Roof Orkes .co.za
vetseunLAAI AF
Best of Brixton Moord & Roof Orkes . 2021
1. Einde Van Dae
2. Fortuinverteller (Remastered 2021)
3. Brixton Dae (Remastered 2021)
4. Bliksemstraal
5. Paul van der Sandt (Remastered 2021)
6. Geen Land (Remastered 2021)
7. Mariaan Se Laaste Kunswerk
8. Kleurvolle Tradisie (Remastered 2021)
9. Geraamtes In Jou Kas (Remastered 2021)
10. Mariaan
11. Vis (Remastered 2021)
12. Wag (Remastered 2021)
13. C-Maximus
14. Spoed (Remastered 2021)
15. Road Rage (Remastered 2021)
16. Dagboek Van 'n Swerwer (Acoustic Version 2021)
17. Wit Wolke (Remastered 2021)
18. Goud In My Brandy En Coke (Remastered 2021)
19. Word Wakker Mariaan
20. Vis (Acoustic Version 2021)
21. Die Wasgoedlyn - Einde Van Dae met Andries Bezuidenhout
22. Trane Van 'n Terroris
- LIED VAN DIE DAG 2021/06/23 - Trane Van 'n Terroris >>>

vetseunLAAI AF
Terug In Skubbe (Remastered) .... 2021
1. Vis - >>>
2. Fortuinverteller
3. Spoed
4. Paul van der Sandt
5. Sussie Se Sweep
6. Salome Se Lot
7. Kleurvolle Tradisie
8. Goud In My Brandy En Coke
9. Lisa Forward
10. Stil Ou
11. Dagboek Van 'n Swerwer
12. Terapie
13. Trane Van 'n Terroris
14. Dagboek Van 'n Swerwer (2021 Akoestiese Weergawe)
15. Vis (2021 Akoestiese Weergawe)


Brixton Moord & Roof Orkes - Kleinburgerlike Kreet VID >>> (2015)

vetseunvetseunvetseunLAAI AF
Slaaptyd In Die Suburbs .................. 2015
1. Kleinburgerlike Kreet
2. Mariaan
3. Mariaan Se Laaste Kunswerk
4. C-Maximus - MP3 >>>
5. Waar Marius van der Merwe Rus
6. Lenia
7. Word Wakker Mariaan - MP3 >>>
8. Einde Van Dae - MP3 >>>
9. Die Ballade Van Vera Naudé
10. Bliksemstraal
11. Tankwa-Karoo
12. Velvet


Brixton Moord En Roof Orkes - Vis VID >>> (2004)
- VIDEO VAN DIE DAG 2021/04/18


Brixton Moord En Roof Orkes - Spoed VID >>> (2004)
- LIED VAN DIE DAG 2021/03/30

vetseunvetseunLAAI AFvetseun
Terug in Skubbe ................. RR057 2005 RHYTHM RECORDS
1. Vis
2. Fortuinverteller met Liela Groenewald
3. Spoed
4. Paul van der Sandt
5. Sussie Se Sweep met Esmé Evakwaad
6. Salome Se Lot met Joanne Jaques
7. Kleurvolle Tradisie met Joanne Jaques
8. Goud In My Brandy En Coke
9. Lisa Forward
10. Stil Ou
11. Dagboek Van 'n Swerwer (Koos du Plessis)
12. Terapie
13. Trane Van 'n Terroris met Paul Riekert

gesteel by litnet.co.za
Naam: Video launch
Onderwerp: Brixton Moord & Roof
Boodskap: Brixton Moord En Roof Orkes launch die nuwe video van "Spoed" Woensdagaand (15 Junie) in die New Melville Theatre in Main Road, Melville.
Die video en die band gaan speel, so vanaf 20:00 af.
Onthou, Donderdag is 'n vakansiedag ... Hou aan beweeg, hou aan geraas maak.

CD LAUNCH per ongeluk innie Kaap flyers
20050308 flyer 2 3 met Buckfever Underground, Trike, Anika

met Brixton Barnard, Kapelaan Pat Plank (Plank, BOOS), Moord Greeff, Roof Bezuidenhout, Paul Riekert, Peter Auret, Karla du Plessis, Esmé Evakwaad (Trike), Liela Groenewald, Joanne Jaques

dis weer Beter Dae, met tjikkelinge tjikkelei jo'burg kitaar en opgewekte depressie. na 'n paar jaar se musiekmaak, rubrieke skryf ens. is dit weer tyd vir 'n brixton cd.
geskryf en getoonset deur verskillende lede van die band en met 'n mengsel van jazzy rustige nommers wat trekerig kore laat insink, tot hewige nommers wat jou die stuurwiel laat vasgryp en die kore saamskree, nog 'n moet cd.
................... "o a o a o a"
'n visvang CD ... maar eintlik net viskyk, want na terug in skubbe sal water nooit weer so aantreklik lyk nie, honde vreemd bekend en voëls se vryheid snaaks toeganklik. saam met liela kom 'n vertelling van oplossings gesoek en nie gevind nie, verleiding en vrae, saam met kitaar. wat ons by die stuurwiel song bring.
.................... "...as jy verby moet vat ..."
rock, rock en afrat, en verbygaan rock, kitaar hemel oor andries se skreeue teen die verkeer (orals). dans ons seker julle het almal 'n Paul van der Sandt geken, clubber tot die max, brixton vertel hopeloos die hopelose storie van ons vriend ... oor lui kitaar.
dan die brannewyn nommers, gelukkig in daardie "sonskyn en chev"-manier, met allerhande familie issues ingesluit. Sussie Se Sweep het die satyn stem van esme evakwaad wat die sweep image versterk, 'n prostitusie een. Salome is in die groot stad verraai en bedien tafels tot later, 'n waitress een. Kleurvolle Tradisie is eie suid-afrikaans met hope verwysings na alledaagse aksies, maar eintlik 'n roepe na 'n boikot van die wet teen rook in winkelsentrums!! opgewek en ritmies sekerlik om toi-toi aan te moedig of aan te dryf. met Joanne Jaques
goud in my brannewyn beskryf die brannewyn trein, amper so vol soos die gravy een, maar anders, moord verduidelik pragtig simboolisties die eensame soeke na drank. dit was die brannewyn song. en dan die scope song, Lisa Forward, opgedra aan 'n 80s sterretjiesgodin.
terug na paul, en sy ambisieuse agressie en opbouende probleme en sy stilbly. Paul Riekert se elektronika ook teenwoordig, rock met amper enigmatiese stemme fluisterend en kore wat 'n gothic gevoel tot die sterk Koos du Plessis woorde verleen, karla du plessis het die musiek hiervoor gedoen, new age Koos Doep. uitf..stekend!
terug na andries se reguit vertellings oor rock, sien baie meer daarvan ook op die insomniak album, hier verduidelik roof hoe mnr daniels as sielkundige aangewend kan word om middelklas probleme vry te spring, of nie.
Trane Van 'n Terroris is brixton se afrikaans op sy skerpste en hierdie nostalgiese trip deur 'n revolusionêre afrikaanse seuntjie se geskiedenis los 'n eensame gevoel in enige bors.

vetseunvetseunLAAI AFvetseun
Spergebied / (Remastered) . RR021 2002/2021 RHYTHM RECORDS
1. Wag
2. Brixton Dae - kry MP3 samp3
3. Geen Land
4. Wit Wolke
5. As Die Yuppies Jodel
6. Inkvis
7. Weskusbabelaas
8. Sewe Rand Vir Die Maand
9. Asyn
10. Dronk Op Jou Eie
11. Geraamtes In Jou Kas - kry MP3 samp3
12. Road Rage

die eerste staalsnaar note maak elke reseptor sel hom wakke. en met die eerste simbaal speel jy die drom ... Wag skep daar- laatmiddag melankolie wat soveel middae landwyd kenmerk en sommige klanke meebring. almal moet al Brixton Dae ken en dus sal songs soos Geen Land, as die yuppies yodel + geraam-tes in jou kas, bekend klink tot dat hul saam met die ander bekend word. nie een asem, nie een redenasie of eers een twyfeling in 45min.se musiek nie. sagter sienings in Wit Wolke en Inkvis kantel jou net so dan gooi Asyn en Road Rage jou reg ...

vetseunvetseun
Brixton Moord En Roof Orkes EP . 1999 DIGITALCUPBOARD.CO.ZA
1. Asyn
2. Beter Dae - kry MP3 samp3
3. Wit Wolke

met Andries "Roof" Bezuidenhout, Ockert "Moord" Greeff, Steve "Brixton" Savage

ook op :
Kabous Verwoed - Beenkamers en Gange
Rockhart kompilasie - Spoed
Insig Cyber-CD kompilasie - Spoed
Orion klankbaan - Fortuinverteller
Rots 2 : Slaan die kitaar kompilasie - Goud In My Brandy En Coke, Terapie
Afrikaanse Reggae kompilasie - Sewe Rand Vir Die Maand
Afrikaans met Attitude kompilasie - Brixton Dae


skakels: bmro.co.za (homepage)










---------------------------------------------------------

20191214 - Brixton Moord En Roof Orkes - Brixton Ondergronds, Jarr Barr
vetseun


Brixton Moord En Roof Orkes se swanesang by Steak en Ale, 25/01/08
vetseun
Een van Suid-Afrika se mees geliefde bands sal Vrydagaand, 25 Januarie vir die laaste keer saam optree. Die Brixton Moord En Roof Orkes het einde verlede jaar aangekondig dat hulle ná agt jaar die tuig gaan neerlê. Die besluit het gekom nadat die band se hoofsanger en skrywer van meeste van hul liedjies, Roof Bezuidenhout besluit het om die band te verlaat en voorentoe op sy solo-loopbaan te fokus.

Brixton Barnard, Kapelaan Pat Plank en Andy Moord het in Desember 'n vinnige toer deur die Kaap gedoen saam met Fritz Blitz wat vir Roof ingestaan het.

Hul nuutste video, "Vis", wat in Oktober verlede jaar opgeneem is sal ook by die laaste vertoning te sien wees. "Vis" is die titelsnit van hul album, Terug in Skubbe

Om te bespreek vir BMRO se laaste optrede op 25 Januarie, kontak Steak en Ale by 012 664 5122

---------------------------------------------------------

Die Brixton Moord En Roof Orkes en Bacchus Nel - Desember innie Kaap
vetseun
Die Brixton Moord En Roof Orkes, van links is Blitz Pretoleum, Brixton Barnard, Kapelaan Pat Plank en Moord Evans

Bykans vyf maande terug het Andries "Roof" Bezuidenhout aangekondig dat een van Die Brixton Moord En Roof Orkes se stigterslede, Moord Greef, Kanada toe trek en die groep moet verlaat.

Drie weke terug het Andries aangekondig dat hy uit die orkes bedank want hy gaan vorentoe sy fokus toespits op sy solo loopbaan.

Dit was 'n skok vir meeste mense, veral vir BMRO se ondersteuners van die laaste agt jaar.

Maar, die band is immers in die vermaaklikheids bedryf, en soos hulle sê: The show must go on...

Brixton Moord En Roof Orkes het besluit om nie te ontbind nie - hulle gaan maar voort rock en hul bes probeer om hul fans gelukkig te hou. BMRO is 'n instelling. Die Stones sal nie kan voortgaan sonder Mick Jagger maar wat - Brixton gaan probeer en hulle gaan nie teleur stel!

Blitz Petrolium, oftewel Fritz Blitz voortaan Andries se plek inneem. Fritz is ook deel van die groep Swartskaap en was tot onlangs in aksie saam met Piet Botha, Paul Riekert, Marcel van Heerden, Brixton Barnard en Esmé Evakwaad in 'n Johnny Cash huldeblyk.

Die Brixton Moord En Roof Orkes is Desember in die Kaap op toer saam met Bacchus Nel, die blinde sanger/liedjieskrywer van Pretoria wat al met Koos du Plessis en Gert Vlok Nel vergelyk is. Hulle waarborg 'n show met skop (oftewel Blitz en petrolium), moet nie die nuwe BMRO saam met Bacchus misloop nie.

Plekke waar BMRO en Bacchus Nel sal optree:
2007 12 26 - Durbanville Kunskafee 021 979 3131
2007 12 27 - Geko's in Hermanus 028 312 2920
2007 12 28 - Botrivier Hotel 028 284 9640
2008 01 02 - Barnyard in Mosselbaai 044 698 1022

vetseun

----------------------------------------------------------

2007 05 04 - a tribute to the music of Johnny Cash: Bacchus Nel, Paul Riekert, Stean van der Walt, Piet Botha, Jim Neversink, Brixton Barnard, Esmé Eva Kwaad, Marcel van Heerden, and the Johnny Cash Tribute Band (Pat Plank, Andy Dowelsticks, Alan Hean), Steak & Ale, Botha Ave, Centurion, R120 - www.myspace.com/johnnycashtributeza
vetseun

--------------------------------------------------------------

vetseun
Die oorspronklike BMRO-band. Van lings: Brixton Barnard, Kapelaan Pat Plank, Moord Greef en Roof Bezuidenhout.

Koebaai Moord, koebaai koebaai
Die Brixton Moord En Roof Orkes kondig met leedwese aan dat hulle afskeid neem van hulle tromspeler en stigterslid Moord Greeff. Moord sal Donderdag, 26 Julie, vir die laaste keer saam met die orkes in aksie gesien kan word by Steak&Ale in Bothalaan, Lyttelton - een van die orkes se gunstelingvenues.
Moord het aangekondig dat hy aan die begin van Augustus vir ? "onbepaalde tyd" na Montreal in Kanada verhuis.
Sy plek sal voortaan gevul word deur Andrew Evans, wat al as tromspeler vir Plank, Miss September en Bacchus Nel opgetree het. Hy was ook onlangs in aksie saam met Paul Riekert, Piet Botha, Marcel van Heerden, Brixton Barnard, Esmé Evakwaad en ? aantal ander kunstenaars in ? huldeblyk aan wyle Johnny Cash. Andrew sal in die orkes se tradisie voortaan as Moord Evans bekendstaan.
Ockert "Moord" Greeff het die orkes in 1999 saam met Andries "Roof" Bezuidenhout gestig. Kort daarna het Steve "Brixton" Savage as baskitaarspeler aangesluit. Hy het ongelukkig na Zambië verhuis en is deur Drikus "Brixton" Barnard vervang. In 2002 het Kapelaan Pat Plank as kitaarspeler aangesluit.
Moord Greeff was nie net ? tromspeler nie, maar ook die skrywer van ? aantal van die Die Brixton Moord En Roof Orkes se lirieke - insluitende die titelsnit van "Terug in Skubbe", asook songs soos "Dronk Op Jou Eie", "Goud In My Brandy En Coke", en die verbasend sensitiewe liefdeslied "Wit Wolke".
Die Brixton Moord En Roof Orkes het twee CD's uitgereik - "Spergebied" in 2002 en "Terug in Skubbe" in 2005. Hulle was besig om aan ? volgende CD te werk - voorlopig "Mombak se sin" gedoop.
Die orkes beplan op die oomblik ? aantal nuwe musiekvideo's, hulle sal voortgaan met die opname van "Mombak se sin", en hulle beplan ? toer Kaap toe vir Desember.

Navrae: Ann Toerien van Terraplane by 084 206 4125.
Steak & Ale: www.steakandale.co.za of (012) 664-5155.
Brixton Moord En Roof Orkes website: www.bmro.co.za

--------------------------------------------------------------

2007 07 - Brixton Moord En Roof Orkes, The Bo, R40
vetseun

2007 04 27 - Brixton Moord En Roof Orkes, Back2Basix, Westdene
Die Hoërskoolrugby en SA Krieket klub ... Dis Vrydagaand in die kersbeligte plekkie wat 'n paar dae die Kartel moes huisves. Vanaand is dit uberrockers en sosiale kommentaar konings, Brixton Moord en Roof ... Vol bystaanders en aanhangers en ondersteuners is
daar reeds voor die soundcheck 'n samerondhangende gevoel. En alhoewel ons gedink het Drikus is weg was hulle binnekort op die planke ... Blouligte en al.
So bietjie opwarmende woorde van Roof bring ons by die musiek, daar's klanke van Spergebied en Skubbe, ons gewone hartroerend gelukkige luilekker nommers. Nog van daai space ritmes van Moord met die bas van Brixton wat mens stadig maar seker mesmerize,
Kapelaan se skreeuende kitaar bo-oor ('n "heilige" belewenis), Roof se akoestiese woorde en kore (byklanke en vinger-in-die-lig). Drikus doen ook sy nommers, oa Paul van der Sandt se stories en Kleurvolle Tradisies!! Die laaste een so bietjie aangepas by die krieket se stories ...
" .... ek kyk nooit weer in my lewe krieket ... "
So later aan na so pousetjie is dit nou al heer gesellig, en soos die stories raak die musiek net lekkerder en meer. Die kerse brand laag en dien as perfekte agtergrond gemoedstoestand vir die aaneenhoudende Moord en Roof ...

20xx 05 31 - Live Music - Brill Fest, Bands en Jägermeister: Just Folkin' Around, Eckard Potgieter, Die Brixton Moord En Roof Orkes, Willim Welsyn, Francois Haasbroek - Covers, R100 kry jou in en jy kyk na 5 optredes wat jou ore gaan laat bloei en jou hart gaan laat sing! Is jy daar of 'n skaamhaar?, La Dolce Vita
vetseun


2007 11 09 - Brixon Moord en Roof Orkes, Knight & Dragon

2007 11 02 - Brixton Moord En Roof Orkes, Back2Basics, R50

2007 10 06 - Brixton Moord en Roof, Die Sinkshack, R40


2007 03 30 - Brixton Moord & Roof Orkes, R30
vetseun

2006 12 13 - Brixton Moord En Roof Orkes, Plank, Miss September, Bacchus Nel, The Bohemian, (Boogskutters Birthday Bash), R40 + +
vetseun
So mens kannie regtig se dat jy BMRO in 7de Laan gehoor het sonder om vinnig oor iets anders te praat of oor die stukkende remote te kla nie, maar dit was heel gepas om in 'n clubscene die bekende note te hoor.
Die Bohemian se weggesteekte deure verwelkom ons met 'n ferm handskud en so bietjie vip treatment, vanaand is die aand, die lineup is fronsvormend breed, en giggel lekker.
Dis ook nie lank nie of Bacchus, met band, val weg. Dit is net lafenis of heuning of waatlemoen op 'n warmdag om Bacchus te sien onvoorwaardelik tokkel op die kitaar, en beter om te hoor hoe mooi hy die taal laat werk om sy boodskap oor te dra. Dit was miskien bietjie kort, maar dit het almal met die warm gevoel gelaat wat later die aand, met die hoop bands wat nog moes speel, tot uiting gekom het.
vetseun
Toe's dit die Brixton mense wat oorneem, gelukkige verjaarsdag ouens, wens ons was ook Boogskutters, dan sal ons miskien minder vyande oorgehad het.. jokes.Die rooi agtergrond skep 'n amper opera gevoel, wat vinnig met die slaan van dromme en kitaarklanke so effe rowwer voorkom. Roof en Brixton ruil weer mikrofon geleenthede uit, om die lekker rock voort te bring (wat hopelik teen die tyd deur baie sepie kykers aangeskaf word). Met die meganiese dromkit, shoutouts vir The Exploited en sulke goed, kan mens net die beste verwag. Hulle speel 'n rockende set, met almal se gunstelinge, plus die 7de Laan song, vir volledigheid. Koop nou die Terug in o a o a Skubbe album, hier
vetseun

Volgende was Miss September, 'n welbekende hierbo, ons eerste keer. Hulle kom voor met upbeat rock/punk/folk, eers 'n skokkend lekker afrikaanse een, met sulke amper rap lirieke, en dan ook 'n paar engelses, wat tussen rustig en vinnig varieer. Gereelde giggers saam met die Brixtoncrew, en beisg met hulle CD, later meer oor Miss September.
Toe die headline, die main event, die uiteinde van alles, Plank!!! Met rustige sirkumspeksie bestyg hulle die verhoog, en stem stem nog so aan 'n paar klanke. Maar voor jy weet wat jou tref is dit die Plank klank, so paar sekondes daarna, 'n skewe wetende glimlag, toe hulle erken dis hulle jobbie om ons laatnag te depress. Daar's amper al die songs vanaf Kalm, met liggies soos Minora en Kalm wat verhit, ook die Ballade Van 'n Plank introduction song word tong-in-die-kies herhaal. Ook 'n inleidingsliedjie vir mense wat nuut is op die Plankscene, 'n harder een, en ook die afsluiting van die aand se verrigtinge, lekker, Plank dink jy's 'n poes!!
'n Uiters voortreflike aand, met ritme en harmonie, bier en skeermeslemme, bekendes en nuwes, verslawend en vergesog.. miskien hoekom ons die heeltyd daarbo wou wees...

2006 12 08 - Brixton Moord En Roof Orkes, Back2Basix +
vetseun
Vir 'n regtige Joburg experience is ons weer by B2B, en sommer met die inloop sit die manne soos konings/konings soos manne, lekker rustig op 'n moerse rusbank so agter die bar, oppad buitentoe. Roof en Brixton lei die musiek in met verhale van aberlade se beste dae, en met die eienaar/manager ook aan die vertel van gewere en vlieëndebottels, is die reunie opdreef.
Die Orkes speel treffers vanaf hul twee albums, met Roof se kwinkslae wat elke song inlei en afsluit. Saam met Brixton sing die twee die club tot stilte en weer tot raserny. Begelei deur Moord se verskriklike tegnologiese dromme en die Kapelaan se ewigdrywende kitaardraaie is dit 'n baie goeie "tuiskoms", veral vir ons.
Na so bietjie van 'n pouse is hulle weer op die klanksisteem se tone, en verlig hulle die nag sonder terugstaan of omkyk. Defnitief een van die mees diverse bands, met lede daarvan in tot vier bands, twee sangers en 'n stewige vinger op die spreekwoordelike pols van die volkie.
Van die lysie hierbo is nie almal so in volgorde gespeel nie, maar as jy dink jy hoor in een aand, Beter Dae, Dronk Op Jou Eie, Geraamtes In Jou Kas, Road Rage, Spoed, Paul van der Sandt, Lisa Forward en Trane Van 'n Terroris onder andere, hoe kan jy swyg.
vetseun

2006 12 01, 02 - Waka Waka Rock Festival: Fokofpolisiekar, Rooibaardt, Acid Blues, Arrivist Flint, Jakkie Louw, The Blackjacks, Willim Welsyn & die Sunrise Toffies, Brixton Moord & Roof Orkes, Akkedis, Kicks, Ladismith, Klein Karoo, R80, R150
vetseun
vetseun
vetseun

2006 09 28 - Klankdig: Anika, Clark & Van der Hoven, The Fakeleather Blues Band, Brixton Moord En Roof Orkes en gehime gaste, Die Insig & Sanlam Ommihoek Restaurant, 19:00 - Aardklop 2006
vetseun

2005 10 13 - Kom hier! Brixton Moord En Roof Orkes, Battery 9, Piet Planter en die Bosveld Kompleks, Plank, Liela Groenewald, Riku Lätti, DJ Preston, Potjie kos, Mampoer en Musiek, Carfax, 16:00, R30
vetseun


2005 09 22 - Brixton Moord En Roof Orkes, Back2Basix, JHB

2005 09 01 - Brixton Moord En Roof Orkes, Steak'n'Ale


2005 06 10 - Brixton Moord en Roof orkes, , Alley Cats Secunda

2005 06 03 - Brixton Moord en Roof orkes, Sinkshack


2005 03 25, Northam, PTA Oppikoppi "Dust on my Meerkat" Easter Festival Airship Orange, Albert Frost, Bafo Bafo (Syd Kitchen, Madala Kunene), Blow the Band, Brixton Moord En Roof Orkes, Cutting Jade, Fake Leather Blues Band, Gordon's Suitcase met Greg Georgiades, Hog Hoggidy Hog, Karma, Old Mol, The Parlotones, Paul Hanmer, Pestroy, Plank, Prime Circle, Rokkeloos, Rooibaardt, Skwatta Kamp, SLT, Southern Gypsey Queen, Stock-X-Change, Tal Bachman (CAN), Tidal Waves, The Narrow, Trike, Trio Amsallem (FRA) oppikoppi.co.za

2005 03 - Out Of Office Autoreply - bastardmedia.co.za
2005 03 08 - The Buckfever Underground, The Brixton Moord En Roof Orkes, Trike, Independent Armchair Theatre, 21:00, R20
2005 03 12 - The Buckfever Underground, The Brixton Moord En Roof Orkes, Trike, Hidden Cellar, Stellenbosch, 21:00, R20
2005 03 15 - The Buckfever Underground, Bacchus Nel, Independent Armchair Theatre, 21:00, R20
2005 03 19 - The Buckfever Underground, Bacchus Nel, Hidden Cellar, Stellenbosch, 21:00, R20
vetseun
vetseun
vetseun


2005 03 12 - Straatfees: Hanru Niemand, Khuboes Mense, Plofmot!, Slagyster, Henri Jack, Livid, Ququlethu Queens, The Merry Melodies, Trompie Is Dood, Kallitz, Malva Centauri, Abel Kraamsaal, Melktertkommissie, Brixton, Skallabrak, Gorki, Zinkplaat, Delta Blue, Bed On Bricks, Fokofpolisiekar, 11:00, Victoria Straat voor Mystic Boer en Bohemia, Gratis
vetseun
2005 03 12 - Straatfees met great bands soos: Fokofpolisiekar, Melktert Kommissie, Bed On Bricks, Abel Kraamsaal, Trompie Is Dood, Delta Blue, Skallabrak, Victoria Straat voor Mystic Boer & Bohemia, 10h00, Gratis Pasella Free
vetseun


2005 03 09 - Zinkplaat & Brixton Moord En Roof Orkes, Ambiorix, 21:00, R10
vetseun


2005 03 07 - Shotgun Sessions Mario Bandera, Aeroplaza, Brixton Moord En Roof Orkes, Mercury Live, R5

2004 08 06-09 - OPPIKOPP10: 16Stitch, 340ml, Ashton Nyte, Band O Gypsys, Battery 9, Bed On Bricks, Brixton Moord En Roof Orkes, Boo!, Buckfever Underground, Dan Patlansky en die Mississippi Muthers, David Foster, Delta Blue, Fake Leather Blues Band, Fokofpolisiekar, Freshlyground, Gert Vlok Nel, Gordon's Suitcase, Greg Georgiades en Hasjis Joshi, Jack Hammer, Jo Day, Karen Zoid, Karma, Kobus!, Koos Kombuis, Laurinda Hofmeyr, Liela Groenewald, Loose Cannon, Mesadoth, MXO, Nine, Piet Planter, Prime Circle, Riku Lätti, SHU, Springbok Nude Girls, Soil 7T7, Squeal, Sugardrive, The Narrow, Tidal Waves, Tumi & The Volume, Corné & Twakkie van "The Most Amazing Show", Tyburn, Valiant Swart, Van der Want / Letcher, Wickhead, Wonderboom, Northam, PTA - oppikoppi.co.za

2004 04 09-11 - Oppikoppi "I checked the level; the level is fine for me"- Easter Festival Festival met Dan Patlansky and the Mississippi Muthers, Jack Hammer, The Narrow, Valiant Swart, Prime Circle, Akkedis, Ravis Regis and Louis Mhlanga, The Finkelstiens, Piet Planter, Laurie Levine, Duck & Cover, Peepshow, Soil 7T7, Auriel's Habit, Stefan Dixon, Anika, Brixton Moord en Roof, Little Oblivion, Gordon's Suitcase, Loose Cannon, Northam, PTA - oppikoppi.co.za

2003 04 18-21, "IF NOT TOMORROW THEN THE NEXT DAY" Easter Festival met Valiant Swart, Tweak, Slugs of War, Tidal Waves, Duck & Cover, Albert Frost, Liela Groenewald, Zef Sketse, Brixton Moord En Roof Orkes, Pestroy, Norman Chauke, Soil 7T7, The Narrow, Dan Patlansky and Tumi & The Volume, DJ Rooibok (plus meer) oppikoppi.co.za

2003 03 08 - Brixton Moord En Roof Orkes, Die Mystic Boer, Stellenbosch (Woordfees) - bmro.co.za
vetseun

2003 03 07, Independent Armchair Theatre, Obs, Brixton Moord En Roof Orkes - bmro.co.za

2003 03 05 - Brixton Moord En Roof Orkes, Sirocco's, Gordonsbaai - bmro.co.za


2003 03 03-09 - Woordfees 2003: 2003 sien menigde woordlesings, voorlesings ens. saam met musiek en gedigte, Valiant Swart, Laurika Rauch, Brixton Moord En Roof Orkes, Nataniël, Kobus!, Laurinda Hofmeyr, Delta Blue, Hans du Plessis, Randall Wicomb, Vlam, Anton Goosen, Zebulon Dread, Dalene Matthee, Henning Pieterse, ddisselblom, en baie meer ... website
vetseun
vetseun


2002 11 16 - Wat Kyk Jy.co.za Afrikaans Festival: Vuurkleur, Plank, Brixton Moord En Roof Orkes, DJs
vetseun

2002 10 23 - Moonrockmusic Brixton Moord En Roof Orkes, Piet Planter, Sugardrive, SciCoustic, Fake Leather Blues Band, Duck & Cover, Soil 7+7, Fokofpolisiekar, Prelude, Icarus Fall, Fonk-Fi, Phonica, Gutterflower, Buckfever Underground, Hiccup?, Dertien, SpringCan, Nevame, Potch - moonrockmusic.com



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)