Vetseun Facebook Vetseun Page Twitter Twitter (Maarman)Instagram YouTube Last.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Bennie Smit en Giel Roux
vetseun
Na U Woord LP . STEREO MFP 54679 1976 MUSIC FOR PLEASURE
Kant Een:
1. Dierb're Jesus
2. Na U Woord
3. Aan Almal
4. Hy Weet
5. Hoe Groot Is God
6. Bly By My Heer
Kant Twee:
1. 'n Boodskap
2. Ek Wil Sing
3. Wat 'n Vriend
4. Genade
5. Spreek Heer
6. Ere Sy Godvetseun

Giel Roux en Bennie Smit is twee jong manne wat 'n mooi balanas handhaaf tussen ouderwets en byderwets. Ouderwets is hulle in die sin dat hulle die onvergeetlike waardes van die eeue-oue evangelie van Jesus Christus glo en bely. Daarom is hulle ook besig met hulle teologiese studiesan die Teologiese Fakulteit van die N./G. Kerk aan die Universiteit van Pretoria, giel as sewende jaar en Bennie as sesde jaar student. Maar hulle is ook byderwets omdat hulle glo dat daardie eeue-oue evangelie in die hier en nou van die moderne tyd uitleef en verkondig moet word.
Op hierdie manier het "Na U Woord" ontstaan. Sang, ook ritmiese sang, deur jongmense is die idioom wat ander jongmense verstaan. Daarom het Bennie en Giel hierdie idioom gebruik en sing hulle op hierdie plaat 'n aantal Afrikaanse geestelike liedere, vyf waarvan oorspronklike skeppinge is.
En die doel van die plaat? Om aan die jeug die vraag te beantwoord: "Waarmee sal die jongelinge sy pad suiwer hou?" Die antwoord wat ook die titel is: "Na U Woord", word met oortuiging en onmiskenbare talent gesing. Die Skrif spreek deurgaans, daarom is daar ook Skrifberymings onder die liedere.
Met hierdie verdienstelike daad moet Bennie en Giel gelukgewens word maar eerstens aan God al die eer gebring word. Van hierdie twee oud-studente van die Randse Afrikaanse Universiteit se sang hoop ons om nog baie te hoor in die toekoms. - Dr. Andries Gous - omslag


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )