Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Bacchus Nel En Sy Bra's - facebook

2021 09 19 - Bacchus Nel & Blinkruiter, Jarr Bar, Pretoria, 14:00, R80, facebook.com/event
vetseun


Bacchus Nel - Waar Die Dice Val met Riku Lätti VID >>> (2021)
- VIDEO VAN DIE DAG 2021/04/13

2021 04 04 - Bacchus Nel, Hell's Kitchen, Melville
vetseun


Tinus Horn + Bacchus Nel - My Dooie Valentine VID >>> (2020)

vetseunLAAI AF
2020 08 30 - My Stories SA - Sing - Bacchus Nel met Rian Britz & Rynier Prins, youtube
- Die Way Wat Die Dice Val
- Seesiek Pianis
- 'n Storie Vir 'n Ander Dag
- Die Liefde Is
- Wag-'n-Bietjie Liefde

vetseunLAAI AF
Ou Blou Skoene ................................ 2020 DIE WASGOEDLYN
- S Nel - ABSA - Tjek 38080070923 - Tak kode 632005
1. Buite In Die Reën
2. Johnny Walker Blues
3. Seesiek Pianis
4. Blou Maandag Blues
5. Ou Blou Skoene
6. As My Skip Inkom
7. As Jy Huis Toe Verlang
8. Yin & Yang
9. Passop Vir Die Hond
10. In Die Begin

met Mister Volume Willem Möller en Jannie Hanepoot van Tonder (Gereformeerde Blues Band), HA!Man Francois le Roux, Jacques Jigglesworth du Plessis, Die MarkTunes Band, Jean Tunes Marais en Mark Louis Ellis, Ronel Kellerman, Jossie Pretorius, Jack van den Heever, Die Wasgoedlyn, Riku Lätti

Bekendstelling: Bacchus Nel - "Ou Blou Skoene" - DIE WASGOEDLYN

vetseun
Afrikaanse musiek is vandag 'n bietjie ryker as gevolg van Bacchus Nel met sy nuwe bydrae tot ons musiekskatkis, getiteld “Ou Blou Skoene'. Bacchus, wat al lank bekend staan vir sy eiesoortige Afrikana-volksmusiek, lewer hier sy mees volwasse werk tot op hede.

As mens 'n vergelykingslaer moet trek om die werk, val dit mooi iewers tussen Johnny Cash, Bob Dylan en Leonard Cohen. Die balans tussen storievertelling, digterlike lirieke en melodiese rykdom van die liedere is uitmuntend. Dis meesleurende Afrikaans, en Bacchus se Ou Blou Skoene kan beste opgesom word as verhalende musiekgedigte wat taalkundig uitstaan soos die Taalmonument self, want niemand hier maak liedjies soos Bacchus nie.

Musikaal is Ou Blou Skoene net eenvoudig so goed as wat musiek kan. Om 'n illustrerende vergelyking te trek: as Afrikaanse popmusiek Italiaanse opera is met die volle orkes (tutti) en besige melodië en baie orkestrasie, is Ou Blou Skoene nader aan Bach en Chopin se gestroopte dog ragfyn werke, met baie spasie wat asemhaal met tyd genoeg vir beelde om te vorm. Want dis presies wat moet gebeur, Bacchus vertel stories en elke storie se plek is ryklik ingekleur en sy karakters genuanseerd. Die helde het hul foute. Die alledaagse kry geur en kleur in Bacchus se musiek.

Die verhale se mespuntfyn- kwinkslae en verbete logika sal jou kop en skouers insluk as jy eers begin byt. Kyk byvoorbeeld die Escher-agtige storie wat Blou Maandag Blues jou vertel. Dis 'n eenvoudige prentjie wat by baie mense se huise afspeel op 'n Maandag; in die blou stilte, die storie van die kat, die vis en die voëltjie, elkeen gevange op hul eie manier, die voëltjie in sy kou, die vis in sy ronde bak, “die begin is die einde en die einde die begin' en die kat wat altwee dophou maar nie een kan bereik nie: “die prooi is so naby en tog ook so ver'. En dan is die ware storie tussen die lyne Bacchus se eie verhaal van tuis wees op 'n Maandag, na 'n naweek, wat vir 'n musikant voel soos Sondag, omdat naweek gewoonlik die besigste tyd is vir professionele musici.


Bacchus Nel - Blou Maandag Blues VID >>> (2020)
- LIED VAN DIE DAG 2020/11/08

Die hartseer geluk van die stem wat sing “as my skip inkom sal die meisies op die kaai dans en sing' gespeel in 'n melankolie wat aan die luisteraar verraai dat die kanse van inkomende skepe maar realisties skraps is. En dan is daar die titelsnit Ou Blou Skoene self, Piet Botha se gunsteling Bacchus-lied, wat die verhaal vertel van die musikant wat sy ou blou skoene aangetrek het om uit te stap die wye wêreld in, kitaar in die hand, om dit te verower met sy musiektalent wat hy een aand op die kruispad aangekoop het, 'n goeie lewe daarmee gehad het, as mens moet aflei uit die “6 jong weduwees by sy graf'. 'n Skreeusnaakse tragiese verhaal tipies van Bacchus se briljante vermoë om 'n ironiese patos te bewerkstellig in sy liriese gedigte, toevallig ook liedere.

Die werke is musikaal gestroop en minimalisties, maar die bietjie wat wel gebeur, doen baie om die landskap pragtig in te kleur. As 'n mens 'n veteraan, kwaliteit liedjieskrywer is soos Bacchus, geniet jy die daarmeesaamkomende voorreg om met uitstekende musici te kan saamwerk. Musikante soos Jannie Hanepoot van Tonder en Willem Möller, beide van die welbekende Gereformeerde Blues Band wat destyds Johannes Kerkorrel se werk so gewild gemaak het. Jannie se tromboonspel op As My Skip Inkom en Die Seesiek Pianis, wys watter virtuoso mens kan word as jou liefde is vir musiek jou noodsaak om duisende ure in te sit. Absoluut meesterlik. Asook Willem Möller se uitstekende kitaarspel op Yin & Yang laat mens se ore behoorlik krul van die plesier.


Bacchus Nel - As My Skip Inkom VID >>> (2020)
- LIED VAN DIE DAG 2021/01/20

Die album is opgeneem deur Riku Lätti en uitgegee onder die vaandel van Die Wasgoedlyn, wat al lank bekend staan vir oorspronklike en outentieke bydraes tot Afrikaanse musiek. Lätti speel ook die trekklavier op As Jy Huis Toe Verlang 'n pragtige wals, wat mens werklik laat huis toe verlang, selfs al is jy tuis.

Bacchus se Ou Blou skoene is een van daardie albums wat jou meer plesier bied hoe meer en langer jy daarna luister, 'n meesterstuk met geen swak plek nie, behalwe dat dit jou laat wens daar was nog meer sulke musiek in Afrikaans, maar daar is geen ander soos Bacchus Nel nie. - DIE WASGOEDLYN


GoSi africa bied aan/presents Andra Cilliers, Bacchus Nel, Beeskraal, Cindy Alter, Dawid Kahts, Die Kaalkop Waarheid, Die See, Eckard Potgieter, Gert Vlok Nel, Jan Blohm, Luna Paige, Mathys Roets, Neil Nachtrein, René Bohnen, Riaan Smit, Ronel Nel, Shotgun Tori, Stean van der Walt, Toast Coetzer, Tanja Franzen - gosiafrica.co.za - My Stories SA


Churchil Naudé & Bacchus Nel - Slat My Met Jou Pyn VID >>> (2019) --wasgoedlyn--
- LIED VAN DIE DAG 2021/06/05

vetseunLAAI AF
Bacchus Nel, Die See, Blinkruiter - Spoke, Diewe En Digters CDS . 2019
- LIED VAN DIE DAG 2020/07/18

Kom kyk na ons baie spesiale musiek program op 5 en 6 Oktober by Aardklop Aardklop Nasionale Kunstefees getiteld "Spoke, Diewe en Digters" saam Bacchus Nel, Die See en Blinkruiter. Ons het ook n liedjie saam opgeneem. Luister en download gerus vanaf Soundcloud.


Bacchus Nel - Matroos VID >>> (2017)

vetseunvetseun
2 Ster Hotel ....................... VONK278 2015 VONK MUSIEKvetseun
1. Army Man Se Slaaf
2. Die 657
3. Lucy
4. Matroos
5. My Dooie Valentine
6. My Hart, My Lief
7. Namakwaland
8. Pelgrim
9. 2 Ster Hotel
10. Vanaand
11. Venus
12. Wag-'n-Bietjie-Liefde

Bacchus Nel - Sondag Oggend Basement Blues VID >>>


Bacchus Nel - Valentine VID >>>


Bacchus Nel - Die Way Die Dice Val VID >>>

vetseun
Janneman in die Diereryk . LAVACD 005 2011 RADIO LAVA
meer hier

met Riku Lätti, Dorette Potgieter, Lina Luna Li Lätti, Arnaud van Vliet, Bacchus Nel, Cindy Swanepoel, Hilda Cronjé, Lochner de Kock, Neil Sandilands


Bacchus Nel - Hey Baby VID >>>


Bacchus Nel - Oppieplaas VID >>> (2011)

vetseunvetseunvetseunvetseun
Tussen Junk & Jewelry . BHCD 002 2011 BLOMHUIS
1. Tussen Junk En Jewelry
2. Sondagoggend Basement Blues
3. Hey Baby
4. Sy's Nat Soos 'n Painting
5. Bitterblou
6. Die Dooie Hoender Wals
7. Ons Ry Die Nagmerrie Bloots
8. Die Wolwe Se Getjank
9. Vrou Van Kennis Van Goed En Kwaad
10. Tussen Die Bottel En Die Brug
11. Maak Oop Laat My In


Bacchus Nel - Oppieplaas VID >>> (2008)


Bacchus Nel - Herfsman VID >>>
- LYN VAN DIE DAG 2020/11/11 - " ... daar's 'n man met 'n besem wat die herfs opvee en die aarde draai en draai verward ... "

vetseunvetseunvetseunLAAI AFvetseun
In Die Arms Van Die Nag . F1000576 2005 BOWLINE
1. In Die Arms Van Die Nag
2. Raam Dit Met Die Son
3. Oppieplaas
4. Fantasee
5. Treine
6. Rooiwyn Winter
7. Depot Provera
8. Herfsman
9. Tel Jou Kleingeld, Tel Jou Cigarettes En Tel Jou Luck
10. Trek Oop Jou Gordyne
11. Sunnyside
12. Corner Kafee

met Lani van der Walt, Piet Botha

seker een van die mooiste romanse, 'n ware hollywood moment op sy eie, in die arms van die nag lei die CD in en omvou jou warm met rustigheid en rym,
.............."... teken vir jou prentjies, en ek raam dit met die son ..."
dis voorwaar dralende spacerock alweer. niemand verlig die afrikaans soos bacchus nie. elke noot en elke woord trek jou nader en vinnig skree jy ...
................................"...opppiieeee plaaassss!!! ..."
jare oue ritmes word nuutskeppinge onder die vinnige kitaarvingers en rympies vanuit die gesamentlike agtergrond ingekleur met grappige verwysings en sinspeel. elke song 'n rocker.


ook op :
ons kerk se mense kompilasie
Kabous Verwoed - Beenkamers en Gange
Afrikaanse Rock Love Songs kompilasie - Raam Dit Met Die Son
Orion klankbaan - Oppieplaas
Rots DVD kompilasie - Herfsman
Rots 2 : Slaan die kitaar kompilasie - Treine, Depot Provera
Diep - Musiek Vir Jou Siel - Vol. 4 kompilasie - Raam Dit Met Die Son
Volk Jou Ook - Oppie Plaas, Raam Dit Met Die Son


skakels : bacchusnel.co.za : myspace.com/bacchusnel












Bacchus Nel Gig/Flyer-blad



bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)