Vetseun FacebookVetseun PageTwitterTwitter (Maarman)InstagramYouTubeLast.fmSoundcloud . . . . . . . . __
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
M.C. Botha (Botha, M.C.)
vetseun
Ons en die maan ...... 2007 PROTEA BOEKHUIS

"In Botha se derde roman reis pa en seun deur Afrika. Botha se bekende humor, sinisme, liriese natuurtonele en fassinerende karakters, boei en vermaak die leser. Daar word ook talle vrae gevra: Waarheen lei alles? Waarheen gaan ons? Hoe werk die natuur? Ons en die Maan is 'n wonderlike natuurroman."

vetseun
Zambezi .................. 1988/2004 PROTEA BOEKHUIS

"Zambezi is die eerste reisbeskrywing in Afrikaans in jare. M.C. Botha, bekende skepper van fiksie, het per Kombi deur Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana getoer en sy waarnemings onvervals neergepen ... Hoe hy ontvang is by doeane en padblokkades en deur gewone mense; wat Radio Moskou na Afrika uitsaai en wat die media in Zimbabwe van Suid-Afrika sê; hoe wild en ongerep wildtuine noord van die Limpopo nog is, hoe gevaarlik gebiede waar die gewapende onrus is ..."

1997 - Belydenis van 'n bedrieer: (1990-1995)
1991 - Die Arend (HUMAN & ROUSSEAU)

vetseun
Bome van Kennies e.a. Verhale (Kortverhale) . 1985 HUMAN & ROUSSEAU

"Met Bome van Kenis e.a. Verhale bevestig M.C. Botha opnuut dat hy een van die belangrikste prosebeoefenaars in Afrikaans in die jare tagtig is.
Soos in sy vorige bundel, Die Einde van 'n Kluisenaar se Lewe, is die verhale uiteenlopend van aard en tema. Die titelverhaal handel oor 'n vrou - die aartsmoeder - en haar obsessie oor 'n boom, en is 'n fyn fantasiespel wat geweef word om die uitbeelding van die oeroue konflikte en vraagstukke van die mensdom. In ander verhale maak die leser kennis met 'n vrou wat besoek ontvang van 'n spook-man wat oplaas blyk haar eie vermoorde man te wees; 'n neurotikus wat 'n moord pleeg en dan soos die vermoorde word; 'n jong digter en sy bewondering vir sy meester; 'n posbode wat tydens jool tussen 'n groep studente beland; en 'n vrou wat liefde soek by haar hond.
Bome van Kennis e.a. Verhale is 'n stewige bundel wat tref deur sy menslikheid en fyn waarneming."

vetseun
Oberammergau en die Passiespel . 1983

vetseun
Skaak ..................... 1983/1991 HUMAN & ROUSSEAU
ISBN: 9780798127646

Hierdie verhoogdrama in drie bedrywe is die verwerking van die kortverhaal Die einde van 'n kluisenaar se lewe. Aktueel en byderwets, sal dit byval vind by lesers én toneelgangers. Besonder geskik vir gebruik in skole (Graad 11 en 12).

vetseun
Die Hartklop van Gevoel . 1980 PERSKOR

Hierdie debuutbundel verhale gaan hoofsaaklik oor die verhouding tussen mense, in die besonder oor die verhouding tussen man en vrou. "Verskoon my indringende vrae," lui dit in een van die verhale, "maar 'n groot deel van my lewe bestaan uit die analise van verhoudings." En in 'n ander verhaal word gesê: "'n verhouding kan vir my net betekenisvol wees as daar, op een of ander manier, 'n idee is van nie-permanensie... Dit is hartseer van my liefde; ek kan nie in die toekoms glo nie, en nie eens hoop vir môre nie,"
In wese is al hierdie verhale 'n soek na geluk wat steeds ontwykend, steeds illusie bly; die werklikheid is telkens anders. Feitlik al die verhale staan in die teken van 'n wrang soort nugterheid, en 'n erotiek wat dikwels op ontstemmende wyse gestroop is van emosie.
Botha teken 'n wêreld waarin randfigure seine na mekaar stuur, mekaar se weë kortstondig kruis, en dan weer in 'n starre gevoelloosheid terugkruip.
Die hartklop van gevoel is 'n boeiende debuut van 'n jong skrywer. - omslag

F.A.K. Sangbundel 2001 liedjies:
330 Ek Hou Van Jou


skakels :












bidorbuy South Africa - Bid, Buy or Sell cameras, computers, diamonds, coins, cars & more on auction at cheap prices



DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou. )