vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Martie Preller .co.za

"Martie Preller is een van die mees geliefde Afrikaanse kinderboekskrywers en het reeds verskeie toekennings vir haar werk ontvang, waaronder die Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur vir Babalela. Die animasiekunstenaars, Andries en Erica Maritz, is verantwoordelik vir die betowerende illustrasies." - LAPA

Jamie en Sebastiaan en die storiemol . LAPA
met Martie Kruger, illustrasies, Vlan Oelefsen
"In die tweede boek kry Jamie en sy kat, Sebastiaan, ´n baie belangrike opdrag - hulle moet die storiemol gaan soek. Die storiemol het spoorloos verdwyn, en sonder haar sal al die stories op aarde opdroog.´n Wêreld sonder stories sal ´n aaklige plek wees. Daarom vertrek Jamie en Sebastiaan dadelik op hul nuutste avontuur - met die hulp van ´n slim sprinkaan en ´n pratende hysbak!" - LAPA



Balkie lugrowers: ´n Lees-, leer- en taalreis . 2005 BEST BOOKS
2005 - Balkie pirates sky (BEST BOOKS) (kalahari.net,2)
2006 - Balkie vicious virus (BEST BOOKS) (kalahari.net)
2006 - Balkie woeste virus (BEST BOOKS) (kalahari.net)
2004 - Balkie and the Vicious Virus: Reading, Learning and Enjoying Language (BEST BOOKS) (kalahari.net)
2004 - Afrika vertel (NASOU/VIA AFRICA) (kalahari.net)


Balkie en die kleurdief ....... 2004 HUMAN & ROUSSEAU
illustrasies Elizabeth Pulles, storie al vir jare in Rooi Rose


Balkie en die woeste virus: ´n Lees-, leer- en taalreis . 2004 BEST BOOKS
2005 - Balkie and the sun´s resting place (BEST BOOKS) (kalahari.net)
2006 - Balkie en die son se slaapplek (BEST BOOKS) (kalahari.net,2)
2004 - Afrika Vertel (NASOU/VIA AFRIKA)


Diep, diep in ´n donker bos . 2004 LAPA
Martie Preller, illustrasies Andries en Erica Maritz, met Wrrrumpie, Knortand, Potifant, Meermoskat, Fripperwakkies en die Babalela
"Diep, diep in ´n donker bos, is die langverwagte opvolg op die topverkoper prenteboek, Babalela, wat reeds duisende jong lesers bekoor het. "Wie woon nog in die diep en donker bos?" wou almal weet, en sommer daar en dan is besluit om die Babalela se aanhangers bekend te stel aan die ander bosbewoners. Daar is Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp tande; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; die agt Fripperwakkies wat nie vir ´n oomblik ophou kwetter nie en natuurlik die Babalela, die enigste een wat al ooit ´n avontuur buite die bos beleef het. Maar nie vir lank nie... Die ander bosbewoners is vasbeslote om ook die wye wêreld buite die bos te gaan verken. Hulle hou egter nie rekening met al die gevare wat in die stad op hulle wag nie, en kort voor lank is al die bosdiere toegespyker in bokse. Sal die Babalela hulle uit hierdie verknorsing kan red?" - LAPA


Die hart van Zeebak ... 2004 TAFELBERG


Jamie en Sebastiaan .... 2003 LAPA (Vrouekeur)
illustrasies Vian Oelofsen
"Jamie en Sebastiaan, Alie en Simonei is BAIE besig in Vrouekeur elke week - sedert April 2000"
"In hierdie storie-omnibus deur geliefde kinderboekskrywer Martie Preller, beleef Jamie en sy beterweterige kat, Sebastiaan, drie asemrowende avonture. Hulle moet ´n smerige ontvoerder aankeer, kragte met met ´n wrede seerower en die geheim van die glibberige woestyntunas ontrafel - alles onder begeleiding van ´n kameel met die naam Dit-klink-beter!
Die boek is gekies vir Exclusive Books se Publisher´s Choice-promosie.
Martie Preller en Vian Oelofsen het reeds verskeie pryse vir hul werk ontvang, waaronder die Tienie Holloway-medalje en die Vivian Wilkers Award." - LAPA
2003 - (Babalela en Lisa het ´n plan) Tienie Holloway-medalje vir Kleuterliteratuur
2003 - Story Street: (Gr 1: Learner´s Book) (NASOU/VIA AFRICA) (kalahari.net)
2003 - Skilpad sonder ´n dop . NASOU/VIA AFRIKA



Ek Is Simon ................. 2003 TAFELBERG
I Am Simon .................. 2003 TAFELBERG
illustrasies deur Vian Oelofsen


Eendag was daar ´n Storie - ´n Praktiese storiemaakkursus . 2003 TAFELBERG
met pensketse deur Vian Oelofsen ...´n samevatting van "skryf", volledige Internetskryfkursus, opgedateer... die kursusse was "00 en "04, volledige informasie by website onder
2002 - A tortoise without a shell (NASOU/VIA AFRICA) (kalahari.net,2)
2002 - Skilpad sonder ´n dop (NASOU/VIA AFRICA) (kalahari.net,2)
2002 - The lonely dragon (NASOU/VIA AFRICA) (kalahari.net,2)
2002 - Die eensame draak (NASOU/VIA AFRICA) (kalahari.net,2)
2002 - My cupboard´s haunted (NASOU/VIA AFRICA) (kalahari.net,2)
2002 - Daar´s ´n spook in my kas (NASOU/VIA AFRICA) (kalahari.net,2)
2002 - Babalela Sepedi vertaling (LAPA)

Lisa het ´n Plan ........ 2001/2 LAPA
illustrasies, Karin Lilje
2001 - In die tyd van die Esob - ´n Gids


Babalela (Martie Preller) . 2000 LAPA
prenteboek, illustrasies Andries en Erica Maritz, dit beteken "Kleintjie" in Sesotho
"Nog nie van Babalela gehoor nie? Hierdie pers karaktertjie het sedert sy verskyning sommer diep in kinders (en grootmense!) se harte ingekruip. Ma´s en pa´s kla steen en been omdat die storie oor en oor vir die kinders voorgelees moet word en boekwinkels kan skaars voorbly om in die oorweldigende aanvraag na die boek te voorsien. Die boek het binne ses maande uitverkoop, maar is gelukkig pas weer herdruk. ´n Moet vir elke gesin se boekrak!" - LAPA


Die Balkieboek ................. 2000 HUMAN & ROUSSEAU
die boek wat samevattend is van die maandelikse kinder storie in Rooi Rose, illustrasies Elizabeth Pulles


Maar my magtig Moesoek! . 1998 TAFELBERG
Maar my magtig, Moesoek! is ´n uiters boeiende verhaal oor vriendskap, uit die pen van die gewilde Martie Preller.
Vandat Moesoek in Aron se lewe gekom het, is niks ooit weer dieselfde nie. Moesoek is buierig en in homself gekeer. Sy koppige stiltes is vir Aron onverstaanbaar, maar hy begin geleidelik agterkom dat Moesoek ´n geheim wegsteek van wat vier jaar gelede in die Ahmed-gesin gebeur het. - graffitibooks.co.za
1998 - Tersia Thom 4: Bloed is die kleur van ivoor (TAFELBERG)


Droomvangers ........... 1997 HUMAN & ROUSSEAU
1997 - Op die spoor van die Lesea-vanger (Kies-jou-eie-avontuur) (JUTA)
1996 - In Die Tyd Van Die Esob (TAFELBERG) (kalahari.net)
1996 - My Naam Is Alexander En Wat Daarvan? (KAGISO) (kalahari.net)
1996 - Tersia Thom 3: Skerwe in drome (TAFELBERG)
1996 - Tersia Thom 2: Die Donkerhoek-driehoek (TAFELBERG)
1996 - Tersia Thom 1: Vriend of vyand (TAFELBERG)
1995 - ´n Haas Moet Doen Wat ´n Haas Moet Doen (HUMAN & ROUSSEAU) (kalahari.net)


Anderkantland ............ 1994/6 TAFELBERG
1994 - Van die banke op die planke (dramabundel) (KAGISO)
1994 - Nicola B: Streng Privaat (TAFELBERG)
1994 - Daar´s ´n spook in my kas (HUMAN & ROUSSEAU)

Jy en Toetenkat (Kies-jou-eie-avontuur) . 1994 LAPA
"Die held van hierdie storie is ... JY! Ja, jy het reg gelees - JY!
Jy beland onverwags in antieke Egipte. Voor jy jou oë kan uitvee, het jy te doen met grillerige mummies, reuse piramides en ´n pratende kat. Wie is die verwaande Toetenkat? Kan jy die hiërogliewe ontsyfer en die stokou raaisels oplos? Sal jy Egipte van ondergang kan red?
Wat gaan gebeur? Besluit self..." - LAPA

Jy en Hercules (Kies-jou-eie-avontuur) . 1993 JL VAN SCHAIK/LAPA
"Die held van hierdie Storie is JY! Ja jy het reg gelees - JY!
Jy beland onverwags in antieke Griekeland, meer as 3000 jaar gelede. Wie is die reusagtige Hercules? Sal hy jou saamneem op sy opwindende avonture? En kan jy hom help om sy moeilike en vreemde take te voltooi?
Wat gaan gebeur? Besluit self..." - LAPA
1992 - Jy en die draakakkedis (Kies-jou-eie-avontuur) (JL VAN SCHAIK)

Jy en die Dinosaurus (Kies-jou-eie-avontuur) . 1992 LAPA
"Die held van hierdie storie is ... JY! Ja, jy het reg gelees - JY!
Jy beland onverwags in ´n vreemde oerwêreld vol primitiewe mense en dinosourusse. Wat gaan die oermense doen as hulle jou in die hande kry? Sal jy ooit weer na jou huis kan terugkeer? En kan jy ontsnap van die bloeddorstige tirannosourus wat op jou spoor is?
Wat gaan gebeur? Besluit self..."

<> Los My Uit! T-hemp .................
Babalela poppie .............
skakels : martiepreller.co.za : TAFELBERG (Martie Preller) : childlit.org.za (Alba Bouwer Prys) : childlit.org.za/babalela : BALKIEEEEEEEEEE : : storiewerf.co.za (Balkie se Blad) : rooirose.co.za











