Vetseun FacebookFacebook 2Vetseun PageTwitterTwitter (Maarman)YouTubeLast.fmSoundcloudKalahari.comKlout.....
Vetseun
Vetseun Boeke Vetseun LPs Vetseun TCs Vetseun VHS Vetseun CDs Vetseun DVDs Vetseun Blu-Rays Vetseun MP3s Vetseun VIDs
Kowie Rossouw (Rossouw, Kowie)
vetseun
Liefde is magic ........ 2008

Jessica se lewe is maar soos enige ander graadtien s'n : sy leer die liefde ken, gaan skool toe, sukkel met haar tweelingbroer en geniet die lewe voluit. Dan kom die aaklige skoolkonsert nader, en skielik moet die onmusikale Jessica aan 'n musiekitem deelneem. Wat gaan sy doen? Wie gaan haar help? Gelukkig kom die funky ouma Tya net op die regte oomblik met haar motorfiets om die hoek gejaag ...
Liefde is magic is gemik op tieners tussen elf en sestien. Soos in Rossouw se vorige jeugverhale word dit duidelik dat Rossouw 'n besonder goeie aanvoeling vir die psige van 'n tiener het. - graffitibooks.co.za

vetseunKOOP/BUY
Grootword is nie vir sissies nie . 2005 PROTEA BOEKHUIS

vetseunKOOP/BUY
Rooi Orgidee ....................

"Kyla Marais se lewe verander handomkeer toe sy 'n volledige mastektomie moet ondergaan en hoor dat sy nooit kinders van haar eie sal kan he nie. Sal haar verlowing aan die aantreklike, suksesvolle Pierre Jordaan die krisis kan oorleef? Mag sy hom aan sy troubeloftes hou noudat sy nie meer die volmaak gevormde vrou is aan wie hy verloof geraak het nie?" -kalahari.net

vetseunKOOP/BUY
Dobbeldans ................ 2003 LAPA UITGEWERS

"Misha Bason kan nie haar lewensdroom om professioneel te dans, verwesenslik nie, maar steel klasse met haar oë by die dansskool waar sy werk. Haar man is ook nog aan dobbel verslaaf, maar hy ontken dit. Dan ruk twee gebeurtenisse haar lewe uitmekaar..." -kalahari.net

2000 - Mia-Meraai (JP van der WALT & SEUN)
1998 - Moyeni the evening Breeze (JUTA)

vetseunKOOP/BUY
Wie se hart kan dit dan hou? . 1997 TAFELBERG

David Caswell wil baie graag gou geld verdien om sy ma geldelik onafhanklik van sy dranksugtige pa te maak. Dus kom help hy sy oupa op sy walvisboot. Só ontmoet hy vir Basjan wat elke vaart meemaak, maar nooit aan die jag self deelneem nie - hy verafsku dit. 'n Boeiende boek oor bewaring, eerste liefde en vriendskap. - graffitibooks.co.za

1996 - Moyeni die Aandwindjie (Sterboekie) (JUTA)
1995 - Wanneer tekkies blom (WATERKANT UITGEWERS)
1994 - Somersproete (Ekonopret Reeks) (JUTA)
1990 - Wie se hart kan dit dan hou, 1989 Sanlamprys vir Jeuglektuur, Brons (TAFELBERG)
1989 - Die pad oor die berg kom huis toe (TAFELBERG)
1989 - Drie loop saam (WATERKANT UITGEWERS)
1987 - Rooi Somer (WATERKANT UITGEWERS)
1986 - Koba (WATERKANT UITGEWERS)
1986 - Onheil op Eselsrus (HAUM)
1986 - Op die spoor van blou goud (HAUM)
1986 - Operasie Blou Disa/Operation Blue Disa (DAAN RETIEF UITGEWERS UITGEWERS)
1985 - Jacques Roux se vuurdoop op Ceres (WATERKANT UITGEWERS)
1984 - Avontuur in die Cederberge (WATERKANT UITGEWERS)

vetseun
Willem en die bruin hings . 1983 WATERKANT UITGEWERS

"Na sy moeder se dood raak Willem die spoor totaal byster. Hy kom in opstand teen God en sy medemens. Later bots hy ook met die gereg.
Sy pa, 'n veearts, besluit om uit die stad weg te trek na 'n plasie net buite Laingsburg. Sommer uit die staanspoor loop alles vir Willem skeef. Twee skoolseuns, Dewald en Pieter, is daarop uit om die lewe vir hom onaangenaam te maak. Ten spyte daarvan begin Willem geleidelik onder die invloed van sy vriende, Koos en Lenie, weer sy voete vind. Sy liefde vir Voorslag, sy perd, dra baie daartoe by.
Eers wanneer die vloedwaters die dorp tref, kry Willem die geleentheid om te wys van watter staal hy gemaak is. Maar meer nog: hy maak vrede met God en berus uiteindelik in die dood van sy moeder.
Willem en die bruin hings is 'n verhaal vol spanning enintrige wat die jong leser end-uit sal boei."


skakels :













DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
kontak ons by vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)