vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Ons Klyntji (HIER)

november 2007........... jaargang 111
ons kerk se mense kompilasie . ONEF1015 2007 ONE F
1. The heaviest red - Esmé Eva Kwaad
2. Niemand by die huis - Piet Planter
3. Derrick - Insek
4. Krismiswurm - Slow
5. Smeuldroom: die plaas - Piet Pompies en Esmé Eva Kwaad
6. Kokainekop Kosie - NuL
7. Die ballade van die vrou wat te lank alleen gebly het - Bacchus Nel
8. Ek Sien Jou In My Drome - Bittervrug
9. Psalms en Gesange - Buckfever Underground
10. Dit was immers 1 Januarie - Paul Riekert
11. Die Kaalkop Waarheid - Stean en die Crankshafts
12. Sunnyside Hotel - Kabous Verwoed
13. Smeuldrome II: Die motorhawe - Piet Pompies en die Bullebak blaasorkes
14. Barbara Ray - Brixton Barnard
16. Elope - Ronel Nel
17. Terug van die dood - Insek
18. Ballas - Moord Greeff
19. Monster soek sy meester - Willem Welsyn en die Sunrise Toffies
20. Smeuldroom III: Die Inryteater - Piet Pompies en die Bullebak blaasorkes
21. I want to die on a Tuesday afternoon - The Buckfever Underground
22. Poskaart na Mars - Tannie Marie en die Biscuits
As ekstra byvoeging tot die kult tydskrif Ons Klynti is die CD moercool voor mens dit luister. Dan is dit nog gemaak deur Drikus Barnard van Brixton Moord en Roof, Trike, Plank en nog meer, gemeester deur niemand anders as Paul Riekert ... so jy´s gefxk as jy nie weet nie ...
Na ´n inleidingspoem deur Esmé van Plank en Trike faam, ook gesien saam met Gert Vlok Nel en Paul Riekert, is dit Piet Planter wat ´n mesmerizing nommer oor kitaar dig. ´n Lui een, maar vertellend, reguit, dokter toe met jou dude. Miskien kan die een mens voorberei,
.................... " ... ligte is aan, niemand by die huis ... " ... maar ek twyfel.
Piet Planter se nuwe CD My Seun is beskikbaar by Soundissue. Insek is volgende aan die beurt, die former Groinchrun members is deesdae ´n bloederige klomp ouens met derms en binnegoed orals, dit alles met doodsvokale wat enigeiemand rival. Hier is hul nostalgiese instrumentale nommer Derrick. Slow is ´n nuwe toevoeging, ´n lekker
.................... " ... duusman pretensious, ek´s net ´n doos ... " ... snit wat die
voorstadse paranoia harmoniseer. Krismiswurm, kyk uit vir meer van die stewige rockoutfit met snyende lirieke. Die eerste Smeuldroom bring weer die (swart)engelstem van Mej Kwaad en ´n supergediggie deur Mnr Pompies. Dis nou voor die elektroniese ritmes van NuL jou kop binnedring en jy jou .. " ... twee lyne voor die braai, voor die braai ... " doen en inspring indien jy nog nie het nie. Kry alles NuL by hul website, Kokainekop Kosie sit al hul skills op display, ´n mal mengsel van EBM beats en boeremusiek samples. ´n Super geproduseerde Bacchus maak ´n verskynsel, soos net hy kan met ´n meersupersnit, Die ballade van die vrou wat te lank alleen gebly het ...................................... " ... Sy is ´n wedergebôre ... "
Hierdie is miskien op die nuwe Bacchus CD, maar is tot dusver, soos Niemand by die huis (Piet Planter) nog nie uitgegee nie. Bacchus se growwe stem is oor Herfsman dralende kitaar note, en ´n klomp wegvoerende filharmoniese snare, befok. Nog ´n nuwer CD is Bittervrug se Bloed vir ontbyt, ook op One F. Hier in akoestiese gewaad, met ´n (1/2)emosionele klaaglied, Ek sien jou in ... " ... vertel ... "
Met ´n elektriese kitaarnoot oor akoestiese strumming, kort ma intens.
Toast aan die woord in Psalms en Gesange, van die nuwe CD, fkn mal, soos gewoonlik, nie iets wat jy na so relationship wil hoor ine, maar tog ´n WNNR!! Buckfever represent soos net hulle kan met elektroniese squeaks en buitekonteks geluidtjies orals, oor Tim se dromme, Toast se geleesde woordtorings, saam hemelse "RED"-ing. ... "... Prys die ... "
Battery 9 voorman Paul Riekert maak ´n vocoder draai, ´n reguit gedig oor sulke laidback blueserige kitaar wat twang en dryf met gemak. Vertellend van ´n ou vriend, kyk uit vir Paul saam met verskeies en nuwe B9 binnekort. Nie ´n goeie vriend nie. ...................................... " ... drol ... "
Nog ´n laat negentigs koning maak ´n bydra, Stean van Diff-Olie speel ´n onheilspellende stuk, met die stem wat mens net kan herinner aan rondspring, maar hier baie ernstig en stadiger snyend. . " ... wyer oor ... "
Jy kan teen die einde daai pop hoor, maar dis net ´n stukkie, voorbereidend op nog(?) hoop almal hier. Om die kring van digters te voltooi (indien moontlik) is Kabous Verwoed se Sunnyside Hotel vanaf sy Beenkamers en Gange hier, ´n moerreguit stukkie Afrikaans, oor elektriese kitaar, dankie. Smeuldroom is Piet Pompies oor beats, ´n paragraaf, ...... " ... voor ek nog verhaal kom ... " ..... geen prentensie, ook met Sonja Herholdt. Brixton Barnard se snit is ´n rymende woordspelende gediggie wat die draak steek met ...
.................................... " ... dink en ander goed .. "
Jy mag ook so lyn of 2 verwysend na Barbara Ray en ... " ... lei ... " kry.
Met nog tergende elektroniese agtergrondklanke is Ronel Nel se woorde ´n tussenpouse, voor dit in ´n beat uitbreek en amper hip-hop word voor dit in stilte fade. Insek se meer reguit Terug van die dood is volgende, en hier word hulle heeltemal blootgestel as een van die mees intense Afrikaanse bands daarbuite. ......... " ... aaaaaahhh!! ... "
´n Mede Brixton lid, saam met Brixton, Moord Greeff is op die mikrofoon. ´n Uitdagende rym oor diskorige ritmes, ´n goeie mengsel. Check nog Moord snitte op Terug in skubbe. Daar is geen twyfel meer oor nie.
Lees gerus hoe ons uitgefreak het oor Buikspraak, Willim Welsyn se CD, hierdie is ´n nuwe snit (wat live rock), .. " ... vir ´n Kaapstad bergie ... "
kry die CD by Rhythm, en kyk uit vir die nuwe een wat opgeneem word, daar is ´n Burger blog êrens. Piet gee ons die derde en laaste blik na die Smeuldroom, mal, oor herhalende note. Ter afsluiting het ons Buckfever se Tuesday afternoon, die punk weergawe. ... " .. die ... "
en ´n grappig donker nommer van Tannie Marie en die Biscuits wat mens aan Frokkipong of Makierie Pas!!! dink.
Kry die boek en CD by die Klyntji manne.
bydraes deur Drikus Barnard (CD compiler). Jason Bronkhorst, Willem Anker, Gerard Rudolf, Linda Neethling, Samantha Reinders, Koos Kombuis, Åmi Kapilevich, NP van Lyk Skou, Reverend Horton Todd, Kleinboer, Robert Denton, Gaelen Pinnock, Jac Kritzinger, Anneke Botha, Brother John, Andrew McFall, Carla Chait, Aryan Kaganof, Christiaan Frauenstein, Nicolene Louw, Allan Kolski Horwitz, iamsignal.com´s Francis Burger and Ryan van Huyssteen, Robin Auld, Kabous Verwoed, Salomé Silberstein, Nicolene Louw, Robin Kelly, Deborah Steinmair, Diane Awerbuck, Dawn Garisch, Sean Hunter Christie, Tania van Schalkwyk, Helene Dancer, Duncan Souchon, Leon Jacobs, Robert Szabo, David Chislett, Lauriane Woollat, Sjaka S Septembir, Willim Welsyn, Mila V, Jacques de Wet, Kai Losgott, Graeme Brimmer, Haidee Kruger, Danie Marais, Terri Dunbar-Curran, Theo Kleynhans, Annette Klinger, Gary Cummiskey, Rebecca Kahn, Rebecca Hodes, Glen Tyler, Adolph van Coller, Jayne Bauling, Carina Laubscher, Hermien de Vos, Dara Kell, Margot Saffer, Jan Heese, Riana Wiechers, Rozanne Gewaarwordings, Dot Vermeulen, Ekchardt Cloete, Arno Kruger, Zani Botes, Hunter Kennedy, Elmez Badhorse, Louise Crouse, Sandra Kruger, Willem Mulder, The Weasel, Monique Pelser, Andrew from Khartoum, Ronel Nel, Syd Kitchen, Mariska Ison, Jezebel, Dirk Jordaan and Jacques de Wet, , Cover art by Willem Samuel. Subs: Rebecca Kahn, Liezl Dick, Marissa Baard and Rebecca Hodes. Redakteure: Erns Grundling en Toast Coetzer.

Das Kapital . 2007 augustus Oppikoppi

2006 november .......... jaargang 110 nr 2
bydraes deur Krisanne Johnson, Merwe Wiese, Nicolene Louw, NP van Lyk Skou, Hermien de Vos, Tania van Schalkwyk, Aryan Kaganof, Jean Meeran, Brenda, Die Wit Rus, Helene Dancer, Stephen Timm, Ruan Kemp, Jaco Jacobs, Drikus Barnard, Henk Esterhuizen, Floyed de Vaal, Shakeel Manzoor, Greg de Villiers, Francois Breytenbach Blom, Kleinboer, Jason Bronkhorst, Jane Dowd, Monique Pelser, Byron Levey, clinton v du plessis, Wiezel Crouse, Isabella Matambanadzo, Riana Wiechers, Harry Kalmer, Yvonne Beyers, Rebecca Hodes, Andries Bezuidenhout, Joe Botha, Graeme Brimmer, Mass Dosage, Patrick Cairns, Len Skead, Craig McKune, Andrew Miller, Willem Mulder, CM Muller, Michelle Wilmers, Alphabet Brett, Sjaka Septembir, Ewoudt Cloete, Jan Heese, Kabous Verwoed, Jahn Conroy, Ami Kapilivech, Andrew McFall, caltex omega, Anneke Botha, Danila Bloomberg, Adolph van Coller, Lorimer Wilmot, Dara Kell, Krisjan Fourie, Anton Krueger, Christian Frauenstein, Rebecca Kahn, Liezl Dick, Marissa Baard (sub) en Willem Samuel (cover design). Redakteure: Erns Grundling en Toast Coetzer.

2006 maart .......... jaargang 110 nr 1
bydraes deur Kleinboer, Koos Kombuis, Ruan Kemp, Andries Bezuidenhout, Willem Mulder, Samantha Reinders, Johan van Wyk, James C. Hendin, Danila Bloomberg, Jaco Nel, Drikus Barnard, Adolph van Coller, Andrew Miller, Hermien Potgieter, George Cooper, Loftus Marais, Jac Kritzinger, Danie Marais, Chantel Erfort, Johan Nel, Gilad Hockman, Louis Botha, Sjaka S Septembir, Denene Erasmus, Karin Eloff, Diane Awerbuck, David Levinsohn, Jaco Botha, Anneke Botha, Jason Bronkhorst, Amber Shields & Mark Johnson, Emile Joubert, Bert Boonen, Corli de Kock, Henk Esterhuizen, Zani Botes, Willem Samuel (omslagontwerp), redakteure, Erns Grundling, Toast Coetzer
LAUNCH : by Vlugskrif flyer 2005 somer ..... jaargang 109 nr 1
bydraes deur Kleinboer, Braam Smit, Riana Wiechers, Clinton v. du plessis, Koos Kombuis, Christel Coetzer, Salome Silberstein en Kolonel Wilma Deering, Ruan Kemp, J de Wet, Andries Bezuidenhout, Bacchus Nel, Willem Mulder, Kabous Verwoerd, Jaco Jacobs, Paneelk Loppers, Deborah Steinmair, Hermien de Vos, Paul Riekert, Pete Reinders, Eugène Goddard, Kytie Koekblik, Willemien Brummer, Vetseun, Nicolene Louw, Neef Piet, redakteure, Erns Grundling, Toast Coetzer
notas :
2005!!! 2005!!! 2005!!!2005!!! 2005!!! 2005!!! 2005!!! 2005!!!
ons klyntji needs you, nou!!!! (voor 20 Feb)
stuur bydrae na toast@bastardmedia.co.za / erns@litnet.co.za

...................................... kersfees 2000

....................................... vroegherfs 2000
bk << kliek groot1999 somer ..... jaargang 103 deel 1
bydraes deur Toast Coetzer, oom elektriese lokomotief, ruhan van vuuren, kuberklaas, die hus, piet c. pompies, cyril baden-powel-jones-smith-van der bijlt, fanie de villiers, leerling (vryburg)
notas :
dis my ehh ek bedoel ons klyntji die tweede in my reeks van twee. cool artikels oor oa wildebeest, verskeie rugbyspelers, en staatsmanne. als in ligte tog luie luim.
bk<< kliek groot #101 . G.A.A.P (genootskap vir apatiese afrikaners ,pty. ltd)
bestel by posbus 1629, mountainside, 7140 kos - R15/1 of R60/4

................................... laat herfs 1998
vorige :
1896 Ons Klyntji - Die Enigste Afrikaanse Tydskrif vir oud en jong
gesk :
1896 maandschrift, Ons Klyntji (Gemeenskap van Regte Afrikaners)
1875 tydskrif met Di Patriot weekblad, Ds SJ du Toit, tot verdediging van Afrikaans; met JL Cachet
skakels : HIER : Onse Angeltjie met Erns Grundling ooo : digitalebiblioteekvannederlandseletterkunde .org met maandschrift . sahistory met MH Nesser : die burger - vriende vir afrikaans









