vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Hennie van Deventer
vetseunKOOP/BUY
In kamera ..................... 2003 PROTEA BOEKHUIS

In kamera staan vir "in vertroue" en "in die kamera se oog". ´n Leunstoelsafari wat begin in ´n "nursing home" naby Babanango en oor Tuks se kampus loop deur Ienkkonserte, modderbaddens en broek-raids, Harvard se kampus, 12 jaar in Die Volksblad se redakteurstoel en jare as Uitvoerende Hoof van Nasionale koerante.
Die leser sit aan by staatshoofde se etenstafels, sien invloedryke figure in hoogs informele situasies en hoor gesprekke ver van die openbare oor. Maar dit is ook ´n intieme blik op die mens agter die openbare figuur en sý mense. Die byl het al in sy bos begin inlê maar: "Die lewe was vir my goed. Op die pad van Babanango tot Melkbosstrand het baie mense waarde toegevoeg".
In hierdie geharde koerantman se bars kyk ontbreek dit nooit aan humor en deernis nie. Uit sy pen het ook verskyn Scoops en skandes, Flaters en kraters, Oos-Wes-reismoles!, Kroniek van ´n koerantman, ´n Vriend vir altyd en Halfpad hemel toe.
Van Deventer was ´n Nieman Fellow, ontvanger van Nasionale Pers se hoogste eerbewys en ´n Laureatus van die Tuks Alumniraad. - graffitibooks.co.za

vetseun
Kroniek van ´n Koerantman . 1998 TARLEHOET

"´n Persoonlike perspektief op die jare ná ´80"

"Hy wóú redakteur van ´n dagblad word. Hy hét - enkele maande voor sy veertigste verjaarsdag. Min het die jong joernalis egter besef in watter maalkolk van politieke intrige en konflik hy deur die verwesenliking van sy jeugdroom ingesuig sou word.
As Afrikaanse koerantredakteur verbind tot hervorming, geregtigheid en ´n inklusiewe demokrasie is hy in ´n konserwatiewe gemeenskap gehoon, vervolg en verguis. Hy is as verraaier van die Afrikaner gebrandmerk. Hy, kollegas, en selfs sy gesin, was lank die teikens van haat- en wraakveldtogte, growwe intimidasie en doodsdreigemente.
Kroniek van ´n Koerantman is ´n pakkende relaas van die koerantmens Hennie van Deventer se moeisame tog na ´n nuwe politieke lotsbestemming.
Die sluier word terselfdertyd - soos nog nooit tevore - gelig oor die gisting en intense toekomsdebat in die geledere van die geheimsinnige Afrikaner-Broederbond, waarvan hy in daardie kritieke tyd in die jare tagtig twee termyne as Uitvoerende Raadslid gedien het.
Sy loopbaan eindig met die Afrikaner koerant op die kruin - maar nie voordat ´n finale groot politieke keuse skielik voor hom opdoem nie: om voor die WVK te gaan bieg of nie te bieg nie ...

Hennie van Deventer was 35 jaar lank in die koerantwese: 12 jaar as dagbladredakteur en ses jaar as hoof van Naspers se koerante. In 1997 het sy werkgewer sy hoogste eerbewys aan hom toegeken - die Phil Webermedalje vir volgehoue prestasie. Van Deventer het ook van sy skool, die Hoër Volkskool, Potchefstroom, die Bond van Oud-Studente van die Universiteit van Pretoria, die stad Bloemfontein en die Suid-Afrikaanse Drukmedia eretoekennings ontvang."

vetseun
Flaters en Kraters ...... 1998 TAFELBERG

"Koerantmense is een van slegs drie soorte mense wat nie foute kan
bekostig nie; die ander twee is maagde en valskermspringers," skryf ´n wyse.
Maar ´n redakteur se bloeddruk skiet nogal dikwels gevaarlik die hoogte in oor ´n blaps. Die telefoon brand sy oor: "Die feite is verdraai! Dis laster!"
Of die drukkersduiwel raak plesierig. Spelfoute maak ´n sedige storie stout, en omgeruilde byskrifte by foto´s skep die"treffendste" nuus.
Of ´n joernalis raak te voorbarig met sy voorspellings, sodat hy later sy woorde moet sluk - soos ´n krieketkenner onlangs letterlik gedoen het toe hy die gewraakte bladsy in die koerant met ´n Chardonnay moes afwurg.
Soms maak persmense hul naam so krater dat hulle self die voorblad haal. As jy al retirerend en fotograferend voor president Mandela in ´n amptelike visdam val, of by Zsa Zsa Gabor se hotelkamer "inbreek" ...
Dit hou almal wat met koerante en tydskrifte te doen het nederig. Saam met die seëvierende rugbykaptein bid hulle: "Here, gee tog dat ons nie windgat
raak nie." Want net om die draai wag "die grootste bokkerop sedert Perdeberg in die Boereoorlog".
Ervare en, prominente koerantman Hennie van Deventer het ´n onderhoudende keuse gemaak uit ´n ryk voorraad plaaslike en internasionale flaters en glipse, gedoentes van jare gelede én van sommer nou die dag. En
hy vertel knipoog-amusant van dinge waaroor selfs die stroefste koerantredakteur moet saamlag."

1998 - Oos, Wes - Reismoles! (HUMAN & ROUSSEAU)
1993 - Scoops en skandes (TAFELBERG)


skakels :












DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
laat ons van jou musiek weet - vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)