vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Hennie Aucamp

Vlamsalmander (digbundel) . 2008 PROTEA BOEKHUIS
Met Vlamsalmander bevestig Hennie Aucamp sy status as een van die vernuftigste digters in Afrikaans. Die salmander in die titel verwys na die mite dat dié klein reptielsoort uit vuur ontstaan, iets wat dus soos goud in vlamme gepuur word en soms as simbool van kuns beskou word. Aucamp se vaardigheid met veral die korter vorme van poësie, herinner op sigself aan ´n proses van suiwering deur vuur.
Talle van die verse in die eerste twee afdelings steun op kulturele en historiese verwysings, met verse oor die mitologie, kunstenaars, kunswerke en skrywers. Hierdie "kultuurverse" speel dikwels in op die persoonlike, die liggaamlike, die liefde en die erotiese ("Gelykenis", "Drie verse oor die liefde" en "Paradystoneel"). Aucamp is egter ook ´n skerp waarnemer van sy omwêreld, of dit nou die stad is soos in die reeks "Seepunt-suite", of die natuur wat in verse soos "Die kleiner heelal" en"Vier bome" ter sprake kom. Besinning oor die skryfproses word in die vyfde afdeling gevind. In die laaste twee afdelings verras die drie langer, besinnende gedigte, onderskeidelik oor Ezra Pound ("Can´to"), New Orleans ("Blues vir ´n verdronke stad") en kommer oor die voortbestaan van Afrikaans ("Die wederkoms: variasies op temas uit Raka").


´n Vreemdeling op deurtog . 2007
"Met Aucamp se kenmerkende vermoë om vrye denke en ou waardes, humor en besinning te kombineer, boei hy die leser in hierdie bundel verhale en essays. Hy neem die leser op reis na ver plekke, maar bowenal op ´n binnereis. Aucamp debuteer in 1963 en publiseer 55 kortprosaversamelings, 5 digbundels en liedtekste. Hy verower, onder andere, die Tafelberg-, WA Hofmeyr-, ATKV-drama-, Hertzog- en Fleur du Cap-pryse vir sy werke. - Protea Boekhuis, nuusbrief 131" -kalahari.net


Dryfhout ....................... 2005 TAFELBERG


Skuinslig ...................... 2004 LAPA
"In opvolging van Gekaapte tyd (1996) en Allersiele (1997) voltooi Skuinslig Hennie Aucamp se dagboek-drieluik.
Volgens die skrywer het hy sedert sy uittrede ´n Europese flâneur geword: "Ek het die tyd en inkomste om ure op straat te drentel en enkele brokstukke huis toe te bring - dinge wat vir my van belang is, en nie noodwendig vir ander nie: ´n indruk, ´n woord, ´n insig, ´n tweedehandse boek."
Hierdie egodukument dek die tydperk Maart 1996 tot April 1997, en soos teen hierdie tyd van Aucamp verwag kan word, is dit ´n boek ryk aan verwysings, "portretstudies" - van straatkarakters tot vooraanstaande persoonlikhede - en essayistiese en aforistiese passasies. Ook die skrywer se kunsbeskouing word geselsenderwys en boeiend aangebied, en sy landskap- en natuurbeskouings getuig van ´n besonder skerp waarnemingsvermoë.
Van al sy genres is die dagboek die een waarna Aucamp die graagste terugkeer. En as die hou van ´n dagboek ´n vorm van verslawing is, soos Anaïs Nin beweer, is dit in sy geval ´n positiewe verslawing - nie ´n verslawing aan die dagboek op sigself nie, maar aan die lewe; ´n verslawing aan die wondere, die mistiek, die kwellings en die banaliteite van die ding wat ons lewe noem." - LAPA

In die vroegte ............. 2003 TAFELBERG
"´n Paar jaar gelede het ek tydens ´n onderhoud gesê dat ek nooit ´n outobiografie sal skryf nie, want my lewe is volledig opgebruik in my stories, essays, artikels, resensies, dagboeke en selfs toneelstukke. En nou bied ek tog iets aan wat verwant is aan ´n outobiografie, naamlik ´n memorie, of eintlik ´n collage-memorie. Hier ´n herinnering, daar ´n flard herinnering; party gepubliseer, maar die meeste onlangs geskryf, soms op versoek van ´n redakteur. Maar my eintlike opdraggewers was herinneringe self. Wat al die essays bind, is dus persoonlike herinnering. Ek was teenwoordig by die dinge wat ek beskryf het; ek het die mense en landskappe en dinge in in die vroegte aan die lyf ervaar. Wat is die momente in my geval? Ek het gaan sit en ´n gedagte-web geteken soos ek studente so dikwels laat doen het, en hierby uitgekom: natuur, diere, ekologie, stap en rotskuns; mense wat 'ja' sê vir die lewe; die Afirkaanse taal; stories, musiek, toneel, kuns; reis; erotiek; aanmanings van sterflikheid." - loot.co.za


In lande ver vandaan: ´n Toerjornaal . 2001 LAPA
"Hennie Aucamp, meesterverteller en vernuftige toergids, neem jou op ´n poskaartreis wat jou van een interessante ervaring na ´n ander voer, waar jy méér waarneem en ervaar as in ander langasem-beskrywings." - LAPA

Bly Te Kenne .................. 2001 TAFELBERG

Ook skaduwees laat spore (vroeëre verhale) . 2000 TAFELBERG
"´n Verskeidenheid van Aucamp se minder bekende verhale word hier gebundel. Dit is toeganklike stories waarin hy oor brose menslike verhoudings skryf. En die wêreld waarin baie van die tekste afspeel, is dié van sy jeug, nl. die Stormberge. Ideale leesstof..."

Lyflied ............................ 1999 TAFELBERG
´n keur uit Aucamp se liedtekste, saamgestel deur Daniel Hugo, met ´n nawoord deur Hugo


Koerier (69 opdrag- en ander kwatryne) . 1999 HUMAN & ROUSSEAU

Beeltenis verbode : bespiegelinge oor egodokumente en biografieë . 1998 HUMAN & ROUSSEAU
"´n Bundel boeiende en insiggewende essays oor egodokumente en biografieë, waarin die mens, in sy grootsheid én swakheid, voorop staan. Beeltenis verbode hoort op elke ernstige leser se rak."
1998 - Borde borde boordevol (bloemlesing)
1997 - Wys my waar is Timboektoe : ´n persoonlike reis deur Afrika (bloemlesing) (TAFELBERG)
1997 - Allersiele : ´n dagboek (TAFELBERG)

Rampe in die ruigte : fabels vir almal . 1996 QUEILLERIE
illustrasies, Piet Grobler
1996 - Mal Hansie en ander verhale - Audrey Blignault, kompilasie, Elize Botha en Hennie Aucamp (TAFELBERG)
1996 - Dit reën rose : beeld van ´n kindertyd - Audrey Blignault, inleiding Hennie Aucamp (TAFELBERG)
1996 - Van hoogmoed tot traagheid, of, Die sewe doodsondes

Gekaapte tyd : ´n kladboek, September 1994-Maart 1995 . 1996 TAFELBERG
"´n Intieme kykie in die lewe van die bekende en veelsydige skrywer Hennie Aucamp. Gekaapte tyd dek sy dagboekinskrywings van September 1994 tot Maart 1995. Dit verteenwoordig die tydperk nadat hy uitgetree het uit die akademie en homself permanent in Kaap (gevestig het)..."

Gewis is alles net ´n grap e.a. stories . 1995 TAFELBERG
"´n Bundel wonderlike verhale deur die gevierde kortprosaskrywer Hennie Aucamp. Die titelverhaal en ook van die ander stories is geïnspireer deur Eugène Marais se gedig Skoppensboer."
1995 - Sewe sondes nee meer (bloemlesing) (HUMAN & ROUSSEAU)
1994 - Gewis is alles net ´n grap : en ander stories (TAFELBERG)
1994 - Dubbeldop : kabarettekste en -opstelle (HUMAN & ROUSSEAU)

Vuurslag ...................... 1991 TAFELBERG
Die titel Vuurslag wil iets van die byna elektriese geladenheid van die kortkortverhaal suggereer.
Vir Hennie Aucamp, samesteller van hierdie bloemlesing, lê hierdie geladenheid veral in die rol wat subteks in die kortkortverhaal speel. Die verhaal moet as´t ware deur die leser 'voltooi' word.
Hennie Aucamp wil ook ´n beeld van die historiese gang van die kortkortverhaal in Afrikaans gee. Vroeë skrywers in Afrikaans het nie juis die behoefte gehad om uiters bondig te skryf nie, behalwe enkeles wat aan koerant- en tydskrifdruk onderworpe was, soos MER of J van Melle wat by uitsondering ´n paar kortkortverhale geskryf het. Die werklike impetus vir die kortkortverhaal het met 21 van Jan Rabie gekom, opgevolg in die tyd deur Katastrofes van Breyten Breytenbach en Liefs nie op straat nie van John Miles. Tans duik die kortkortverhaal in haas elke nuwe kortverhaalbundel op.
Die praktiese probleme van dosente en skryfinstrukteurs in Amerika het ´n soort kortkortverhaal-'bedryf' laat ontstaan, ´n kwessie waaraan Aucamp kritiese aandag gee, omdat hy die gevaar van kunsmatigheid in hierdie praktyk sien.
Vir die gewone leser, die wordende kortverhaalskrywer, die student en die literator, hou Vuurslag verassings van velerlei aard in. Naas bekende kortkortverhale bevat Vuurslag kleinode wat ten onregte vergete geraak het. ´n Verdere wins is dat dié bundel boeiende vergelykings onderling uitnooi, na tema sowel as tegniek. - omslag

Die Blote Storie 2 ........ 1986/94 TAFELBERG
"´n Werkboek vir alle kortverhaalskrywers en aspirant-kortverhaalskrywers - deur Hennie Aucamp, self meester van hierdie kuns. Verskeie kortverhale uit die wêreldliteratuur en ons eie literatuur word ter voorligting aangehaal. ...
1994 - Pluk die dag (aforismes)
1992 - Windperd: opstelle oor kreatiewe skryfwerk
1992 - Dalk gaan niks verlore nie: en ander tekste (TAFELBERG)
1991 - ´n Boekreis ver (nie in die handel verkrygbaar nie)
1990 - ´n Brommer in die boord: Boereklug met musiek (HUMAN & ROUSSEAU)
1990 - Wisselstroom (samesteller)
1989 - Punt in die wind: ´n komedie met drie bedrywe en ´n nadraai (HAUM)
1989 - Kommerkrale (gelykenisse)
1988 - Sjampanje vir ontbyt (toneel)
1987 - Teen latenstyd: verdere lirieke, 1980-1986 (TAFELBERG)
1987 - By Felix en Madame (toneel)
1987 - Brandglas, saamgestel en ingelei deur Charles Fryer (TAFELBERG)
1986 - Dagblad (teoretiese werk)
1986 - Wat bly oor van soene?
1986 - Slegs vir almal
1985 - Die blote storie

Die Blou Uur (kwatryne) . 1984 TAFELBERG
"Vyftig cocktail-kwatryne waarin die soet en die bitter van die lewe gemeng word. Bekroonde skrywer Hennie Aucamp skep hiermee ´n nuwe genre in Afrikaans."
1984 - Woorde wat wond (teoretiese werk)
1983 - House visits, vertaal, Ian Ferguson

Hoorspelkeur: radiodramas . 1983 TAFELBERG
1982 - Vir vier stemme (bibliofiele uitgawe)
1982 - Hennie Aucamp (al sy prosawerk) Hertzogprys Prosa

Volmink (kortverhale) . 1981/7 TAFELBERG
"Tussen volmaak en vermink huiwer die karakters in dié kortverhaalbundel, waarin Aucamp, meester van die kortkuns, skrynende portrette van die menslike toestand skilder."
1980 - Met permissie gesê (kabaret)
1980 - Met ander oë: ´n Keuse uit die prosa van Uys Krige

Papawerwyn ............ 1978/80 TAFELBERG
"´n Bundel dramatekste uit die pen van die bekroonde kortprosaskrywer, o.m. satiriese verwerkings van drie sprokies: Rooikappie, Aspoestertjie en Sneeuwitjie. Rooikappie beland in Ouma se bed, Aspoestertjie het so vet geword dat die skoentjie nie meer pas..."
1978 - 3 kabaretliedere (Hennie Aucamp) (viool, klavier) - Hubert Lawrence du Plessis
1978/83 - In een kraal: ´n keuse uit die prosa van Hennie Aucamp , saamgestel deur Elize Botha (TAFELBERG)
1978 - Blommetjie gedenk aan my (samesteller) (TAFELBERG)

Enkelvlug .................... 1978 TAFELBERG

Kort voor lank (oor kortprosa) . 1978 TAFELBERG
"Kort voor lank bied tien opstelle oor ´n verskeidenheid kortprosatekste, onder meer deur Abraham H de Vries en Herman Charles Bosman. Hennie Aucamp, Hertzogpryswenner, het geen bekendstelling nodig nie - hy is deur en deur ´n kenner van hierdie genre."

Die Lewe is ´n Grenshotel (ryme vir pop en kabaret) . 1977 TAFELBERG
"Die lewe is ´n grenshotel toon die veelsydige en bekroonde prosaïs Hennie Aucamp ook as kabaretskrywer. As die bewys nog gevind moes word, sien mens in hierdie wonderlike bundel hoe "singbaar" Afrikaans as taal werklik is."
1976 - Dooierus

Wolwedans: ´n soort revue (kortverhale) . 1973
"´n Bundel satiriese kortverhale en gedigte waarin Aucamp al die wangesindhede wat hy in die wêreld om hom ervaar, op die verhoog laat paradeer, bekyk en beoordeel: welvaart, pretensie, onbetrokke "betrokkenheid", siek humanisme, maklike integrasie..."

Bolder (samesteller) . 1973/90 TAFELBERG
"Bolder is ´n bloemlesing van 18 kortverhale saamgestel en ingelei deur die bekende skrywer en letterkundige Hennie Aucamp, en bevat werk van skrywers so uiteenlopend soos Breyten Breytenbach, Freda Linde en Karel Schoeman. ..."
met Margaret Bakkes

´n Baksel in die more . 1973/6 TAFELBERG
"Die subtitel van ´n Baksel in die môre is "boerestories uit die Stormberge" - en hierdie bundel bied inderdaad "boerestories" uit die boonste rakke deur twee bekende kortverhaalskrywers..."

Hongerblom (kortverhale) . 1972/5 TAFELBERG
"Hongerblom is Hennie Aucamp se sesde kortverhaalbundel, en lewer weer eens ´n belangrike bydrae tot die Afrikaanse prosa."
1971 - Op die Stormberge (samesteller)

´n Bruidsbed vir Tant Nonnie . 1970/8 TAFELBERG
"Die titelverhaal van ´n Bruidsbed vir tant Nonnie is seker een van Hennie Aucamp se heel bekendste verhale en het hom gevestig as ´n meester van die Afrikaanse kortkuns. Lees ook van sy ander bekende verhale soos "Steven en Fay" en "Armed Vision" in hierdie bundel..."

Karnaatjie: Reissketse en essays . 1968 HAUM

Spitsuur ......................... 1967
1965 - Die hartseerwals
1963 - Een somermiddag
skakels : lapa.co.za/...










