vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Helena Gunter


Op ´n Plaas In Afrika . 2007 HUMAN & ROUSSEAU
Boeiende en hoogs leesbare verhale wat meestal afspeel in die Suid-Kaap, die omgewing waar die skrywer grootgeword het. Helena Gunter se debuutbundel van agt verhale, met temas rondom die vrou en die seksuele, bevestig dat hier ´n welkome nuwe stem is.
Die hoofkarakters is hoofsaaklik vroue wat in elke storie met ´n ander probleem van verhoudings (tussen man en vrou, tussen kind en ouer) of manifestasie van seksualiteit gekonfronteer word. Die plasing van ´n storie en die karakters in ´n bepaalde segment van die samelewing, soms met skerp kritiese kommentaar daarop, is kenmerkend van die stories. Die skrywer slaag daarin om te suggereer dat onder die oënskynlik normale, gewone familielewe, onder die skynbaar idilliese bestaan van die mense "op ´n plaas in Afrika", die onheil altyd aanwesig was of is ...
Die verhale wissel van die eerste seksuele ontwaking van ´n kind tot die middeljarige vrou wat agterkom haar man het ´n affair, van ´n vrou se ontstemmende herinneringstog na haar jeug op ´n plaas tot die eietydse gegewe van post-apartheid Suid-Afrika waar toerisme op plase toeneem ('Your ultimate African experience') en waar plaasmoorde ´n werklikheid is. - graffitibooks.co.za
skakels :










