vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Tidal Waves Gig/Flyer-blad









2007 12 31 - Smaak My: Tidal Waves, Jack Hammer, SciCoustic, Amber Supper Club


2007 11 03 : Tings 12th Birthday Bash: Tidal Waves plus meer

2007 09 29 - Tidal Waves, All Star Funk Four, Mercury Live
2007 09 28 - Tidal Waves, Rocking the Daisies
2007 09 27 - Tidal Waves, Bed On Bricks, Roots, Obz

2007 07 13 - Johnny Dopper en die Rubber Soles, Soil7T7, Rooibaardt, Lovehat, Tidal Waves, Foundry Fly, Pretoria





2006 12 02 - Stean ennie Crank-shafts, Not My Dog, RhütZ, SciCoustic, Tidal Waves, The Abbots, Mrs. B, Ménage à Trois, F*CK, Gordon´s Suitcase, Jack Hammer, Bottervlieg, Southern Gypsey Queen, Soul Riot, Wolmer Events Arena +
Aaaa!!! Links op die een regs op die anders, met omdraai en son orals. Maar ons maak dit toe Karenpark toe, en die bier vloei.
Die line-up het so bietjie verskil van hierbo, maar die lekker skaduwee in een van die land se min uitkoms georienteerde buitelug stages maak op vir enige bands wat jy dalk gemis het. Eers was die immergroen Piet Botha, kry nou sy Suitcase vol Winter re-release, daarna gee Stean-hulle vir al die kinders ´n lessie en baie meer is ons seker. Die rustige kitaar geleide klanke van Gordon´s Suitcase groet ons though, en na hulle met net sulke lekker rock aanslag is Southern Gypsey Queen, en toe´s dit die bikes ...



Met so paar minute se regskuif van die trokkie, en so bietjie gras uitskoffel, maak die manne sommer vinnig ´n moerse ramp. Sekondes daarna hoor jy die revs klim en word so bietjie stof opgeskop voor die eerste van menigde jumps gedoen word. Jy kan sweer jy´s by ´n Yamaha of Kawasaki tentoonstelling en die skare juig toertjie na toertjie toe. Sien die ouens gereeld in en om Pretoria, vat jou kalmeerpilletjies maar saam.

Tidal Waves aan die woord, na suksesvolle toere oorsee saam met blafhik korp, is hulle terug op hul eiland, Pretoria/Wolmer. Na so litte losmaak liedjie of twee doen hulle hul weergawe van Koos Kombuis se Niemandsland, daarna ook die aansteeklike Lekker Lekker Dans, plus nog ´n paar raggaebeat songs. Defnitief een van Afrikaans se juwele, Suid-Afrika se uitvoerprodukte en deel van Wolmer Records se onophoubare bydras.


Dinge het so effens handuitgeruk hierna. Daar was nog Mrs. B, en die bikes het weer almal se asems weggeslaan, voor Bottervlieg se rustige opgejazzde note die skare verder vermaak het. Met so paar covers, en oorspronklike ballades en rock bring hulle die skemer, en maak dit die einde van ons Rock Show. Daar was nog ernstige rockers op die lys, Not My Dog, RhütZ, SciCoustic, The Abbots, Ménage à Trois, F*CK, Soul Riot en bier. Maar ons was benodig by ´n Melville-Belgie Trans Party?? Dankie Wolmer, volgende jaar weer ...




skakels :









