ek volg die broodkrummels terug deur die hekke terug na die ekke, wonder hoe ek myselwe hier uit gelaat het, en hoe laat die haat kom, die wurmhaat wat my mae met kolke in anargie laat brand soos die idees in my koppe woorde vorm verduidelikkings soek en sinne verban. die boomtoppe beweeg liggies in die briesie teen die bewolkte agtergrond, voëls sing al-hoe-meer-bekend-rakende wysies, gekamoefleer in vlug, wens ek was. ek was, alles, skoongeskeer en blink sluk ek die seep om die wurms ook te was, slegte idees... elipse en die ewige jy wat voor die kaggel staan met hout vir haat, grensend aan die glimlag wat oor jou lippe soos vlamme vloei, jou pitte van weet en vergeet en my woorde soos vlermuise swiepend die grot in en uit, sinnelose gejag na insekte, en bietjie vrugte, in vlugte, in radar sien ek die realiteit swart-en-wit in trane vervloei, hard. aanhalings en boeke, internette (weer) vernuut denkend aan oplossings vir wurms, dis net ekke. my voete sleep en ek staan vir ´n oomblik by die hek en lê daarteen, die trane soos miniatuur ontploffings in die sand wat eendag my lyf moet neem en jare lank al ´n fok voel, ek druk die knoppie en die hekke sluit hulself met metaal geluide wat eintlik gesample moet word, die klank is ´n doodsknal oor die stof oprit, ´n finaliteit wat swart in die lug hang en my longe seer laat, haat. die straat is leeg, die karre daarin persoonlikheidsloos en leeg, musiek teen die stilte van die boom en voëls. my voete - nou miskien weer bekend in hul surroundings - beweeg vinniger, soos hoe sy weg is, gelukkig in vasberadenheid en verstaan van wat voorlê, stof, stof maak ´n wolkie agter my en die son verwerk chemiese stowwe vir ons plesier, maak vir my ´n stewige skaduwee, waarop ek trap asof ek hulle kan terug kry vir wat ek aan hulle gedoen het. trap-trap die ritme word net leefbaar toe die deur voor my voorskyn. hy gaan my nie inlaat nie. ons weet dit. ek klop. ek luister. die voëls en karre in die leë straat en bome se geritsel maak my aan my kinderdae dink. toe was ons cool. maar al die afkortings tussen toe en nou. so. ek klop weer. daar was pos vandag, maar dit was nie belangrik nie, dit was net pos. die plaaslike (voorstedelike) koerantjie het vertel dat daar soveel arrestasies gemaak is ens. gisteraand ´n vismot gesien, hy/sy het ure lank die hele tv-kamer vol gemission, die natuur darem. hou van hulle, mooi goedjies, sulke stukkies duisendpoot. vanoggend stukke van hulle gesien, op daai trappe tussen 6de en 5de (?), groottes, so 20cm. ek probeer die deur, dis oop ek gaan in, die pos lê op die vensterbank by die deur, ek sit op die bank voor die tv en lees die plaaslike (vooestedelike) koerantjie, ek kyk op, ek kyk my stip in die oë en vra amper beneuk, waar was jy?, ek was buite, ek het net gou, ek het gou-gou net jy weet ken jy vir..? jy´t wat? ek het.. no fucking way. ek het... ken jy vir? onthou jy..? ek glo jou nie, jy sou nie, jy? dude? duuude? ek glo jou nie, waar jou proof? ag fok man jy onthou vir... nee, nee, wat jy gedoen, moenie ander betrek nie.. ek het, ek was buite, ek het uitgegaan, ek het broodkrummels gebruik, ... jy´t wat? broodkrummels. jy´t dus geweet. fok dude jy kan sien ek´s stukkend (wysend na die gapende wond aan my bors wat bloed deur die baadtjie sypel) en nou fok jy nog met my.. jy´t geweet. ek.. jy´t.. ek´t.. jy´t.. nooit, wie´s wie? hou op bitch oor shit dude. maar ek is gewond, hoe de fok... ek stap met fors na die kombuis en slaan die ketel aan om ´n koppie tee te begin, ek maak die koerant toe en gooi dit op die koffie(bier)tafel neer en stamp die stoel terug soos ek opstaan, ek staan in die kombuis en wag vir die suisgeluid van die ketel om die water te kook, en stap die kombuis in en vra. jy´t. rerig, asseblief, los my net uit, ek is besig om te relax, wil jy tee hê? ja, maar ek wil weet, het jy..? suiker? ja, het jy..? melk? ja, het jy geweet dude, of wat? seker. ja!!, ek het gesê!! nee ek bedoel seker. o, ok. maar ek was buite. ja maar jy weet.. ja ek weet wat ek weet!, fok, maar miskien is dit soos ´n legkaart waar jy die prentjie die heeltyd bekyk, maar nie seker is oor die inhoud van die blokkies tot die laaste een in is nie, en dan´s dit tog ´n rush, soos violla!!, kyk net daar ek het nou net twee dae gevat om agter te kom die prentjies is dieselfde, of so iets. dude, jy maak my naar, ooo dis ´n legkaart, oo dis blokkies twee dae ek wil net geboue soek. wat? geboue. wat?, waarvoor? geboue... spring... o, ok. ek maak die twee koppies tee vat een en gaan sit op die stoel voor die komputer, ek volg, ek check maar mail en kyk of enige iets elektronies verander het. ek maak ´n spliff. wil jy hê? nee, ek wil eers hier sit en dink oor goed, jy weet goed en sleg, ewewig, daai goed. dude, rook die spliff. nee, as ek nou spliff rook dan.. hier. dankie. shot. lekker sag.. jip, hoe dan anders, en, die bokke? ja, die bokke, dit in die venster gesit en kyk terwyl ander media oorgeneem het. hoekom is alles so vuil? huh? vuil, alles. o. hoekom. wel.. wel.. ek dink ons was weg. nope. jip. nope. jip, ons was 117km soontoe. o. jip. ek was nie ek sit nog heeltyd hier, jy ken die reëls.. ja, maar ek was klaar buite, toe gaan ek.. jip. ag, fokof. jip. ok, ok, ek weet, ek het geweet, ek weet jy weet, ons weet, shut the fuck up, ok? jip! hier. eeee, ek het gesê jy moet die spliff rook... ja, ja, ek het gaan sal is weet.. ongeelektrifiseerde voëls sit op die elektrifiserende drade buite die vensters vol diefwering en kyk die verte in, lekker fokken poëties. ons rook in stilte die spliff klaar, wie sê dis verkeerd. nog tee? nee dankie. die naweek op die plaas ´n jan fiskaal sien ronspeel met ´n veer, seker vir behuising, so pik pik hier en gooi die ding rond, en toe op in die boompie, en weg is hy, sulke statige voëls, sulke "wrede" voëls, om so hul wreedheid in statigheid te verbloem, pragtag. ja, onthou jy die doringboompie voor palmlaan?, waar ek altyd wurmpies en muisies op gekry het? ja, daai huis was cool. ek moet net meer rondkyk, soos die naweek, laas naweek, op die plaas, ek bedoel jy sal nooit weet hoe die voël lyk as jy nie die geluid volg nie, ek het soos agt gevoel so onder die bome, soekend na kleur in die blare en takke, saggies, en as hy/sy vlieg, dan stap jy maar nader, saggies, opkykend na blare meestal, afkykend na geraas, soveel van die voëls se name is op die punt van my tong dis swaar. wat? jip. o. ok. ek bedoel die jan fiskaal was maklik, icon swart wit voël maak goed dood deur hulle aan dorings te hang.. hectic. jip. maar die ander was nie so maklik nie, bekende klanke, maar ek is effe verwyderd.. goeie ding. jip. ..van sulke goed, die hele social enginering ding en so. dankie vir die tee. watse idee? nee, tee. o, cool. en.. ja. windstilte, net die tjirp geluide van voëls in die agtergrond wat die radio afhou en my na die karoo laat verlang. saad. ek neem foto´s van die son, met ´n gebuigde arm en partykeer opgewondenheid. masogisties besig om myself teen die hemelruim te vergelyk en laggend altyd laaste te kom, maar die son in my bors maak my ongemaklik voel, so half voor-op-die-wa stupid, so half op die verkeerde plek, en so... net woorde. en dat mens so in stilte vasgevang kan word om dat dit so is. en hoe so is, en is so so, moet dit so wees, en wees wees? wees. en ek stem heeltemal saam met jou quote. onthou jy die giftpackts van toe dingetjie by annerding gewerk het? ja, al daai goed. ja. sigaret? nee net ´n trek ...
















DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
laat ons van jou musiek weet - vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)