vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Swartskaap .com facebook


Swart Wit Grond ................................. 2007
1. Samelewing
2. Moeder Se Juk - mp3 by myspace
3. Lafental Leuens
4. Bagasie
5. Gedigte In Die Sand
6. Koekeloer
7. Wit Sevette - mp3 by myspace
8. Cindy Se Song
9. Sonde Met Voete
10. Kind
is Fritz Blitz, André Duister en Lusern Delport





flyers :

2007 12 17 - Bacchus Nel, Swartskaap, Die Westdene Drie, The Bo, 20:00 facebook
2007 10 19, 20 - Swartksaap, Betlehem Persvrystelling 2007 10 06 - Rock´n´Rave: Jack Hammer, Die Kombikraal Blues Band, 7StukkeSilwer, Balzak Str, SwartSkaap, plus meer, Magaliesberg Holiday Resort, Hartebeespoortdam
2007 09 28-30 - Opening van Die Withuis: Afrocentric, 7StukkeSilwer, Die Mavrick, All Will Fall, Swartskaap, LA Cobra, Sonsteek, Aphonia, Wysdiman, Guernica, Ben Dover, Brazen Theory, Rooibaardt, Few and Proud, Kombikraal Blues Band, Foco, GString, Die Withuis, R30-R120
2007 10 19, 20 - Swartksaap, Betlehem
2007 09 23 - Erik Holm Benefit Concert: (MC: JOHANN BOTHA) Runica, Ménage à Trois, (MC: MARLON ROELOFSE) Pipe Bong, éF-éL, (MC: MICHELLE AIDEN) Swartskaap, Myburgh Grobbelaar, (MC: MELT SIEBERHAGEN) Radio SA en Kabous Verwoed, E3N,
Albert de Vos, Jan Blohm, (MC: HANNES BRUMMER) Die Gespanne Passasiers, Prinses Petro, Bok van Blerk, Anika Kruger, Brenda Burnit, Rhythmsection Africa en Michael Canfield, Mel Botes, Bonsai, (MC: IVAN ZIMMERMAN) Radio Kalahari Orkes, Nike Holm, Beeskraal, Zenobia (Fiela), Snotkop, (MC: IZAK DAVEL) Revolusie, Riku Lätti, Bacchus Nel en Trike, (MC: JACQUES BLIGNAUT) Die Kombikraal Blues Band, Piet Botha, Paul Riekert, (MC: DORETTE POTGIETER) Havoc Vultures, Willim Welsyn, Oppidam, Hartbeespoort, 11:00, R1002007 09 22 - Swartskaap, Schivas Rock
2007 09 16 - Swartskaap, Bacchus Nel, The Machinist, The Bunker (Frits B-Day), R20
2007 09 15 - Swartskaap, Steak´n´Ale
2007 09 01 - Swartskaap, Hartebeespoortdam
2007 07 25 - Swartskaap, The Machinist, Shiva´s
2007 07 25 - Swartskaap, The Machinist, Café Arc, R30
2007 07 21 - The Chamber Show: Swartskap, Scarlet Box, D-Day 4-Ever, Zanzibar
2007 04 12 - WYSDIMAN EP LAUNCH, Swartskaap, Back2Basics, R30
2007 03 28 - UNPLUGGED: Bacchus Nel, Swartskaap, Barcelona, R40
2006 29 Augustus - Nuwe Kop Oop-Kop Gatskop aand. met Bands: PlatAnna, Trippple Bypass, Trusted Silence, Swartskaap, Southern Soul, Steelkant, Heidi, Janice & The Half-Jacks, Steak´n´Ale
2006 19 Julie, Karen Kuhn, Bacchus Nel (Amptelike begin van Amber-aande/Genugtig! Uitgewers, Genugtig! 2006 launch) + Riku Lätti, Swartskaap, Braam Smit, Amber Restaurant, Garsfontein, R120, Amber Restaurant, Garsfontein, R120
skakels : swartskaap.com : myspace.com/swartskaapband
2008 06 19 - Swartskaap, Steak & Ale, Centurion
2008 04 16 - Swartskaap, Café Barcelona
2008 03 15 - Swartskaap, Tempo´s
2007 06 24 - Sidewalk Café Close Down: Marcia Moon, Janice (en die Halfjacks), AD, Klopjag, Seeleeu Leipoldt, Anika, Drikus Barnard, Bacchus Nel, Riku Lätti, Swartskaap
2007 04 06-08 - OPPIKOPPI "More than Somewhat" Easter festival


2007 03 15 - Swartskaap, Stoff, Bonsai, The Bo, R20


2007 03 09 - Skop ´n Dop: Effenzef, Steelkant, Swartskaap, Nile Crocodile


2007 01 30 - HiKaToRi, Duskant Ombliksem, SwartSkaap, Café Barcelona, 20:00, R30


2006 12 06 - Wysdiman, SwartSkaap, Stoff, Back2Basix, 20:00, R30
´n Aand van note, een wat jou asem sal wegslaan as jy nie deur ´n filter asemhaal nie ... Die bruinsakkersies en asbakweerkaatsing gee Back2Basics ´n nimmereindigende rustig laidback gevoel, en met die klankbaan kan jy nie verkeerd uitdraai (tot later) nie. Eerste aan die woord is die manne van swartskaap, met boerebaarde en dreads verteenwoordig hulle ´n nuutgevonde gevoel van vryheid wat in baie van ons se are bruis. Die musiek verskuif ook tussen ballades en meer ernstige rocksongs, met die mikrofoon wat tussen André Duister en Fritz Blitz gedeel word. Sulke songs wat mens oor en oor wil hoor, die deuntjie neurie en die koor saam sing. Binnekort meer Swartskaap info ...
Volgende aan die beurt is Stoff, ´n groep musikante wat nie net die verhoog volsit nie, maar met die mooiste klanke en wysies vorendag kom. Meeste baie rustig en sagter, maar snyend en klouend, dat mens die gesprek waarmee jy besig was oor aardverhitting moet stop en aandag gee. Daar´s saam met die dromme vier kitare, akoesties en elektries, en ´n weird soort van keyboard-kitaar-move, wat nog eksistensialistiese geluidtjies by die alreeds vol klank verleen. Defnitief een band wat ons sal navolg, kaalvoet oor die Wesrand ...Dit bring Wysdiman aan die woord, ´n spasieuse vokale klankpedaal gee dit ´n amper katedraal, amper vegvliegtuig gevoel. Poison op lead, Generaal bas, die Sir op tromme, plus ´n fok ernstige dude met die Bleed van kom haal jou bewussyn sommer uit daai meisie se oë ...
Hulle skop af, wen die bal uit die losskrum, laat loop en druk dadelik in die hoek. Soos ons geleer se het, stukkende huis. Dit word met elke song net meer intens en oordrewe lirieke en angs is heel aanvaarbaar, die bier loop vry, maar help nie veel nie.
.......... " en ek loop en ek loop en ek loop, soek ´n vakansie oord .. "
Die klank was miskien nie opgewasse teen so ´n aanslag nie, maar hey, as jy uitmaak wat gesê word op Ek Weet Jy Kan, wat meer wou jy hê? Min bands is teen die tyd nog so lus soos die ouens, die pefekte mengsel van innerlike refleksie en byvoeglike naamwoorde vir buitentoe, kitaar ,skreemo voorman en ritme.
Oja en jy kan t-hemde kry, 3D met internet konnektiwiteit, ons moes miskien daai blond se nommer gevat het, lanklaas vir ´n blond iets gegee ...
Kyk uit vir Wysdiman goed, dis oppad!!! Luister solank die songs op myspace, sien julle by die volgende een!!!
2006 11 07, Café Barcelona, Elarduspark - Radio Vryheid/Radio Freedom: Radio Suid-Afrika + Kabous Verwoed + Luna + Henry Steelen geheime gaste AD de Vos + Bacchus Nel + Fritz Blitz
Miskien nie die soort bymekaarkoms wat mens moet probeer verwoord nie. Maar die verkeerde afdraai kan jou nog by die regte plekke uitbring ...
Barcelona se donker tafeltjies en bier is nog dieselfde as vroeër vanjaar saam met Die President, toe was dit Rokkeloses en mense van Brixton, maar die keer is daar geen keer aan die diep ingelegte trots van die taal.
Die aand word afgeskop deur Kabous se woorde, van die bar vol jeugdiges ens. Tweede is Luna se klavierklanke wat haar perfekte stem begelei, met Henry Steel en Leon op kitaar. Radio Suid-Afrika is dan voor die mic en dis 100 Maal, saam met ´n Henry Steel track is die aand in beweging. Henry rock saam met Delta Blue.
Dis mic aflos tussen die Vryheidssingers, Kabous, Luna, Radio, Henry, sonder ophou of verskoning, net meer van "daai goeie goed". Met die sterk bewoorde ritmiese klank van Kabous se verse, Luna se bluesirige melodieë en Radio Suid-Afrika se amper patriotiese amper klaagliedere (ons oordramatiseer vir effek) en dan weer Henry se staalkitaar snare, word die aand diep in gekuier, soos ´n bosveldpad soontoe. Kabous doen nommers vanaf sy Beenkamers CD (www.ritmeplate.co.za!!), Luna doen ´n afrikaanse een (vir die aandele), Radio se Bid, Jy vermy (vir my) en Minder Is Meer is toe alles net nog inleiding ...
En dan is dit die geheime gaste wat uit die skadu´s onder die ligte kom, eers Die Wolfman, met nuwe tonginniekies (koppeltekens word vir eers geboikot) nommers in die selfde stemming van sy reeds bekendes. ´n Lekker reminder aan hoe Bang ons mag wees, en daai een van die vrou in die veld ... Volgende is die luilekker droomtoring kitaar begeleide stem van Bacchus, die god van wyn. Daar is nuwe nommers, maar die stemme skree om in die Nag se Arms gevat te word, en hy gee in, met stukkende huis lekkerkry Raam Dit Met die Son, en na nog skree Oppie Plaas. Hy word bygestaan en gevolg deur Swartskaap Blitz se harmonisering. Fritz speel self so paar songs wat die aand met elipse tot in eweigheid sal laat voortleef, later meer oor die Swartskaap ...




















