vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Riku Lätti .co.za .eu (12Hz)

Tussen Kontinente 3CD . LAVACD001 2009 RADIO LAVA
Disk 1: Riku Lätti - Akoesties (Solo)
Disk 2: Säom (Live in Antwerp) - Een avond in de Buster
Disk 3: Riku Lätti & Chris van Niekerk - Die Burg van Hertog Bloubaard
Riku Lätti - Somer (Johannes Kerkorrel) VID
Riku Lätti - Somer (Johannes Kerkorrel) VIDEO ...................................... GRATIS

Een van koning Kerkorrel se beste liedjies, deel van die oortuiging vir ons tot ´n groot mate. Hier deur President Lätti in superminimalistiese prag. Daarmeesaam hierdie keer word stilfoto's deur Jacqui van Staden gemanipuleer deur een van ons videomesters, Neil Sandilands.
....... "Dae soos heuning, heerlik en lou..."
Kry Riku se Tussen Kontinente 3CD stel by hom, ´n hoop melodieë as inleiding, of uitbreiding van jou Riku Lätti voorraad. PS. Geluk julle twee!
KOOPAkoesties ..................... MWCD 3031 2007 MUSICWORDS
1. Hoofstroom
2. Ysbeer
3. Pakpoort
4. Afgrond
5. Somer
6. Blom
7. Voor Jou Oë
8. Aubade Ii
9. Stertrap
10. Strate
11. Sunday´s Like This
12. My Amerika
13. Onder Jou Asem
14. Op Die Maan met Jelle Amersfoort
Man en instrument. Meer intens kan jy nie kry nie. Riku wissel tussen klavier en kitaar, saam met treffers vanaf die voorafgaande vier/vyf
albums. Klaviernote vervang die reuse produksie van Hoofstroom op nommer een, die perkussie net in jou bewende knie. (En jou arms swaaiend in die lug.) ........... " ... ek stuur my lyf op reise ... "
Soos ´n laatmiddag reënbuitjie is die mission hier duidelik, rustigheid, en baie daarvan. (Hoofstroom) Vanaf Radio Lava, ´n klankstukkie op sy eie reg (gee hom ´n luister vir opgerevde Riku).
Daar word allerhande kitaarrerige klanke voortgebring, en Ysbeer, wat bietjie nader aan sy Radio Lava weergawe is, is amper evangelies rustig en mooi. Miskien as inleiding vir die timetravel wat voorlê.
................ " ... mal soos ´n ... "
Pakpoort vanaf ´n Pleister Vir My Nerwe was nog altyd ´n wenner. Die effense leë akoestiese eggo maak die "jammer oor al die bloed" soveel meer van toepassing. Stadium-, teater-, bar-, voorkamertreffer.
................. " ... as ek aan jou dink ... "
´n Grote wat afgestrip is tot net sy chassis, en mens kan die stof onder die seuntjie op die cover se voete voel, en die manier wat die wind aan sy hemp pluk... Die koor is ook op geskribbel, of deel daarvan. Radio Lava blaas die een jou siel in...
...................... " ... sonder jou ... " ................... Riku deel ook hier een van sy
...................... " ... is die son weer blou ... " .. gewilde liedjies in die
...................... " ... en ek sing ... " .................... Laaglande, Johannes se
...................... " ... speel ... " ............................. Somer. Dit het natuurlik ook
...................... " ... maar wil jou met my deel ... " deel uitgemaak van die Tribute
wat hy saam met Stef Bos laasjaar daar opgevoer het. Hierdie enetjie is nog nie uitgegee nie... Die kitaar word ingespan om ´n verskeidenheid geluide te maak wat die herrinneringe som(m)er vinnig laat terug vloei. (Waar is die somer though?) ´n Treffer vir meeue en bomwerpers.Lava, wat met elektrisiteit en diepte musiek tot nuwe horisonne beweeg het, word weer hier besing, in Blom. Klavier begelei die "seergemaakte" stem. ´n Laidback ballade aan jou. Hier meer mooi as mooi.
.................... " ... wel verskyn ... "
En dit is miskien meer ´n rooiwyn CD, met ´n vuur as jy het, en ´n hammock. Ons is nog in die rooi, Voor Jou Oë. Onuithoudbaar naak, amper sonder instrumentasie, ´n fluisterende gedig ontvou stadig oor hoë note.
.................... " ... net jou spoor het oorgebly ... " (skepe gee nou mee)
Bewolkte dag en koffie werk though. Ons begin nou wye draaie gooi, en asof daar nog gô oor was is ons nou in die Burg, Henning Pieterse se teks, verhoogstuk met Chris van Niekerk, Riku op musiek. Ons kry
tweetjies vanaf Die Burg van Hertog Bloubaard, Aubade II en Stertrap. Die verhoogstuk is amper skokkend hard en amper abstrak uitmekaar gesit, met note en woorde wat opwek en meesleur. Stertrap miskien een van die radiosnitte daarvan af... Sien ondertoe ......... " ... in die kelders ... "
... " ... ´n vreemdling sê hy het van jou gehoor ... " whoooohoooo!!
Strate is al lankal ´n crowd favourite en mens kan mosh hierop as mens regtig wil. Hier sagter en minder snyend as op Lava, maar nogsteeds liries. Herhalende note wat glimlagte en klinkende glase veroorsaak.
En Engels ook. .......... " ... why do sundays always feel like this ... " vir ingeval jy oorsee is en Engels moet leer, of as dit reën en jy ry ver, ´n hartseer
liedjie, ma mooi. Met nie ´n beat vinniger as stilstaan nie, is ons weer jare terug, Sterre, My Amerika, nou tien teen een meer van toepassing as ooit ...
.... " ... ek stap met met masjiengeweer ... " (um´shini wam)
So heerlike politiese twist aan die stukkie plastiek, "vir almal".
....... " ... ooo, lei my na jou ... "
Op die naat van jou rug in die reën nou, klavierfluisteringe en millenium gedagtes van toe die dubbel CD met regiete kleurskakerings en musiek uit die boonste rakke 2001 gekenmerk het.
Nie net ´n akoestiese kykie na een van Suid-Afrika se kunstenaars nie, maar meer as dit ´n deursnit van sy musiek oor die laaste paar jaar. Die laaste snit is Op die maan, wat saam met Laurika Rauch rock op Sterre, hier met Riku en Jelle Amersfoort. Saam maak hulle ´n akoestiese klankgreep. " ... reg oor oor die aarde, ek en jy ... " ... wat ´n foto is van wat Riku in Europese lande vermag, ´n lieflike stukkie musiek, hoendervleis ens... So biekie aanhou kry jou by Jelle se Nederlandse vertaling van Hoofstroom, Dood Spoort, ´n vars stukkie verassing.. http://www.jelleamersfoort.nl/


Radio Lava ....................... NEXTCD 073 2007 NEXT MUSIC
1. Afgrond
2. Strate

3. Eenling Is Die Mens Gebôre
4. Hekkie
5. Hoofstroom
6. Om En Om
7. Onthou Jy Nog?
8. Blom
9. Ysbeer
10. Die Cool Wat Deur Die Kerk Is
11. Sneeuwitjie Se Partytjie
12. Voor Jou Oë
13. Weet Van Beter
14. Jeané Se Partytjie
met Riku Lätti, Arnaud van Vliet, Jahn Beukes, Scullmonkeystudios, meng, Jasper Williams (Lapa Studios), en Huyser Burger, Jeané van Tonder
En daar´sy!! Na so bietjie se wag mag ons nou afgaan oor die Radio Lava
CD wat alle winkels geslaan het. Miskien so bietjie biased en defnitief in die nou die keer, is elke paar minute van die dertien snit CD ´n belewenis, ´n trip, klankmanna ...Afgrond maak die deure oop, eers net stem en dan met kakofoniese ritmes en elektroniese klanke vanuit die ruimte. Dit skep ´n goeie idee van waantoe ons gaan, onbeperkte oormusiek met woorde en melodie.
Liedjies wat in die binnesak van jou skoolbaadjie pas en die ongeluk verdryf met ´n binnekantoe geregenereerde glimlag, want jy weet ..
Strate, of die hoendervleis liedjie, is ´n balladelike nommer oor kabbelende kitaar en die mesmerizing gerym van Riku, wat intimiteit soos sigarette uitdeel, en teen die tyd wat die ritme sy verskyning maak oor die strings, is alles net reg vir ´n wyle.
later meer ... (fkn ESKOM)
KOOPDie burg van hertog Bloubaard ...... 2007 RIKU LATTI
1. Raga
2. Bloubaard verwelkom sy vrou
3. Welkom in my kasteel
4. Oorloë en gerugte van oorlog;

5. Ek het deur talle nagte
6. Liturgie van kristal
7. Vliergrond
8. Liturgie van kristal (slot)
9. Stertrap
10. Die ring
11. Die bye en die hart
12. Vlerk
13. Aubade II
14. Artisjok
15. Can´to
16. ´n Monnik bieg
17. Van ´n kind
18. M. Butterfly
19. Sel
20. Tuin
21. Epitaaf
22. Séance
23. Wat van ons oorbly
24. Padlangs
25. ´n Lied van Milarepa
26. Mapungubwe (III)



Die President se keuse ..... NEXTCD 046 2006 NEXT
1. Superman (vanaf Aan´t sterre tel)
2. Suit (vanaf 12hz se Nou)
3. Pakpoort (vanaf ´n Pleister Vir My Nerwe)
4. Saamstaan (vanaf 12hz se Nou)
5. Osama Bin Laden met Paul Riekert (vanaf Aan´t sterre tel)
6. Waar Is Jy? (vanaf Aan´t sterre tel)
7. Jas (vanaf ´n Pleister Vir My Nerwe)
8. Oorlogtyd (vanaf Aan´t sterre tel)
9. Op Die Maan met Laurika Rauch (vanaf Aan´t sterre tel)
10. Onder Jou Asem (vanaf ´n Pleister Vir My Nerwe)
11. Laughing
12. Deesdae (vanaf Aan´t sterre tel)
13. In ´n droom
14. Soms met Liela Groenewald (vanaf Aan´t sterre tel)
15. Eiland In Die Son (vanaf 12hz se Nou)
16. Smoorverlief (vanaf Aan´t sterre tel)
17. Struikel (vanaf ´n Pleister Vir My Nerwe)
18. Medisynemens met Steve Hofmeyr (vanaf Aan´t sterre tel)
19. Sterre
20. Jeané se partytjie
joe blog se review


Opgesom ............................................ 2006 BLAFHIK


Aan´t sterre tel ........... SELBCD505 2004 SELECT
1. Oorlogtyd
2. Medisynemens met Steve Hofmeyr
3. My Amerika
4. Op Die Maan met laurika rauch
5. staar
6. superman
7. Smoorverlief
8. Waar Is Jy?
9. Soms met liela groenewald
10. anders
11. osama bin laden met paul riekert
12. deesdae
met rory gaddin, peter auret, cesaré cassarino, jonathan crossley
sjoe. met vuil hande op die stowwerige keyboard ... en ek weet ek gaan dit weer deur en deur speel en ...
en ek weet hoekom ek die goed doen wat ek partykeer ook dan verkeerd verwoord, maar hier is ons en luister asseblief die musiek ... dis musiek, dis gedigte en geluk. en as jy ´n oor daarvoor het sal die cd jou heerlik verras. so lekker vol kitaar hitte en lui ritmes en saamsing kore.
"...soms,"
en of jy gewaarsku, gerus, toegerus of ´n terroris is sal die ritmes jou gelei, sal die woorde jou "skuil" en sal die kore jou hoesie streel, en as jy weet dat jy op afrikaans moet dans en nie moet wag nie, dan sal jou gym kaartjie nou heel doelloos rondlê en ´n paar tissues en social issues dit verplaas ... (ouch)
"..en sou jy .."
en sonder grense is dit mos heel maklik om name soos Steve Hofmeyr, vars van supernasionale suksesse af, laurika rauch, ek bedoel laurika rauch ..., liela groenewald, underground queen "in ´n rizzla", en paul riekert van "just about alles" faam. elk een in amper sy eie "musiek soort", "hier is ons verlore, sommer so gebôre"
die aanhaling hierbo is uit die osama bin laden snit wat in elektroniese vlakke niks vir verkeerd verstaan oorlaat nie.

´n Pleister Vir My Nerwe ................... 2001
1. Sterre
2. pleister
3. rooirok
4. Pakpoort
5. Onder Jou Asem
6. jas
7. Vyand Van Die Staat
8. Struikel
9. Waar Is Jy?
10 max´s moment
11. Agter My Rug
12. laughing
13. die drama in die valley
14. valley
15. verander

Woknawyf ........................................... 2001
1. slaap
2. in die begin
3, reën
4. moet nooit die belangrikheid van goeie mondhigïene onderskat nie
5. slaap maar weer
Geraas Musiek Toekennings 2001 Beste Alternatiewe Album
digitalcupboard.co.za, promoters van manne soos oom en brixton moord en roof orkes, of by offisiële blad.met "Pakpoort" ´n meer reënerige, hartseer tog effens humoristiese song, kom ons sê verliefde folkrock.en "Vyand Van Die Staat"wat afskop met´n rustige dub ritme en riku se stem: "hy was die seun van die Vyand Van Die Staat" kry mens letterlik rillings albei hierdie liedjies is ´n moet, daar sonder sal verstaan van die situasie van eerstens liefde en tweedens die sosiale tendens van mense om verlore te raak nie verstaan word nie. dus as jy verlief of verlore is luister dit, as jy nie een van die. twee is nie maar iemand ken wat verlief of verlore is luister dit, as jy niks met niks te doen wil hê nie, luister dit nou. klassifiseer saam met: bloudruk, doolhof, madiba bay, dorpst., suitcase
ook op :
STRAB 2006 DVD kompilasie
MK89 Hoordosis Vol 1 kompilasie - Waar Is Jy?
Kabous Verwoed - Beenkamers en Gange
Orion klankbaan - Pakpoort, Smoorverlief, Afgrond
MK89 Die DVD Video kompilasie - Oorlogtyd
Woema - "Pakpoort"
afrikaanse reggae - "Vyand Van Die Staat", (12hz)"Eiland In Die Son"
geraas musiek toekennings 2001 - "sterre"
skakels : offisiële blad (bestel cds hier) : zimdollar.co.za : wiki : digitalcupboard.co.za : music.co.za

KOM TOT RUS!
Songs en stories oor lewe en doodgaan
met Rian Malan, Riku Lätti en Jaco Botha
Sommige mense sal hulle beskryf as drie van die coolste ouens in Afrikaans. Sommige mense sal hulle beskryf as drie van die uncoolste ouens in Afrikaans - en albei groepe sal op ´n manier waarskynlik reg wees.
Een ding is seker: wanneer Rian Malan, Riku Lätti en Jaco Botha bymekaar kom vir ´n show, is die resultaat nie iets alledaags nie. Om presies te wees, Kom tot Rus! is vreemd, bleddie vreemd, bleddie snaaks, bleddie hartseer en plek-plek tog mooi ook.
Maar, kom kyk eerder self. Kom tot Rus is ´n show wat jy self sal moet sien om te verstaan waaroor lewe en doodgaan nou eintik gaan. Verstaan?
Teks gesrkyf deur Jaco Botha
Liedjies deur Rian Malan en Riku Lätti
Wanneer: Donderdag 10 September by Die Pienk Kerk
Adres: 24 Chatou Straat, Melville. (op die hoek van 1ste laan, Chatou Str en Landau Terrace)
Prys: R170, sluit 2-gang maaltyd in
Tyd: Deure maak 19:00 oop, ete word vanaf 19:30 bedien en die vertoning begin om 20:30
Besprekings noodsaaklik, kontak Ann 083 618 3848 of Nohline 083 450 9360 of e-pos ons by pienkkerk@gmail.com


Op 25 September ´08 is dit weer Bohaai by die Blues Room. Die eerste "Bohaai by die Blues Room" (wat in Aug afgeskop het) was ´n groot sukses en dit het regtig gewys dat Afrikaans KAN werk in Sandton!
Ons hoofkunstenaar vir die aand is Jan Blohm en ons het die voorreg om hom (toevallig) op sy verjaarsdag by ons te hê! Om die aand vir julle (en vir Jan) ´n bietjie ekstra spesiaal te maak sal ´n paar van Jan se vriende help verjaarsdag vier deur ´n paar songs te speel nadat Jan se optrede verby is. Die spesiale verjaarsdagkunstenaars gaan wees:
* Die Kaalkop Waarheid (akoesties)
* Verniel (met Niel McDonald)
* Riku Lätti en Lani Pieters
* Ilse Lotz en Brenda Burnit
* Andra
Couvert: R90
So maak seker dat jy ´n sit-en-luisterplek het vir hierdie eenmalige geleentheid op 25ste September!
Die vertoning begin om 20H00.
Skakel 011 784 5527 vir besprekings.
Adres:
Bues Room, Village Walk-Winkelsentrum, Hv Rivonia & Maude str
Sandton

2007 12 20 - Riku Lätti, The Bohemian, R30
Riku Lätti en Arnaud van Vliet met Radio Lava
Akoesties 10 November 2007 om 19h30 by die Pierneefteater, Pretoria, hoek van Pierneefstraat en Mogglaan. www.pierneefteater.co.za, Besprekings: pierneefteater@absamail.co.za / 0123290709JOBURG PROMUSICA 2007 PROUDLY PRESENTS SPOTLIGHT
THE RETURN OF INTIMATE THEATRE HOSTED ON THE STAGE AT THE JOBURG PROMUSICA THEATRE IN ROODEPOORT. www.promusicaproductions.co.za
FEATURING:
Riku Lätti Solo & Chris van Niekerk with "Die burg van hertog Bloubaard" 11 November @ 18h30. To book your seat, call Nico at the Theatre now - on 011 674 1357/8
Riku Lätti will open the concert by performing some of his own works. Riku recently returned from the Netherlands arfter successful performances. He has received the award Best
Alternative Album from the Vonk Afrikaanse Musiek Toekennings for his release Die President se Keuse. His latest release Radio Lava is done in co-operation with Arnaud van Vliet and Jahn Beukes and is distributed by Next Music SA.
Riku joins forces with actor Chris van Niekerk (of 7de laan fame) for the second part of the programme of music and vocal art Die burg van hertog Bloubaard. Bloubaard finds himself alone and thinking about lost love and loved ones. He reminisces on the hidden treasures in the vast depths of his memory.
Poetry and music are excellently combined in this play, based on Henning J Pieterse´s poetry, awarded with the highly acclaimed Hertzog Prize.
Limited bookings are available and only 90 people can be seated. The cost is R150 per person which includes the performance by the artists, a complimentary glass of wine and a finger buffet, served during interval of the performance. More wine will be available at the cash bar. Cdss available.www.rikulatti.co.za
---------------------------------------------------------
Riku Lätti is op 22 Oktober bekroon vir sy album
Die President se Keuse wat aangewys is as Suid- Afrika se Beste Alternatiewe Album van die jaar 2007 deur VAMT (Vonk Afrikaanse Musiek Toekennings)
Sy album Radio Lava het ook twee nominasies onder Beste Album van die jaar asook Beste Alternatiewe Album van die jaar geniet.
Riku Lätti se oorblywende optredes in SA vir 2007:
10 November met Arnaud van Vliet vir Radio Lava
by die Pierneefteater in Pta
besprekings: pierneefteater@absamail.co.za / 012 3290709 11 November met Riku SOLO en Die burg van hertog Bloubaard
by Pro Musica Teater in Roodepoort
besprekings: nicodreyer@yahoo.com / 011 674 1357/8
TBC
24 November met Radio Lava Band en Bacchus Nel
by Boksburg City Stadium
besprekings: R40 by die hek 27 November Riku en Arnaud van Vliet vir Vuurwarm Radio Lava
by Amber Café in Garsfontein
besprekings: amber101@telkomsa.net / 012 998 7171 7 Desember met Radio Lava Band
by Steak & Ale in Centurion
besprekings: Charlene@stekandale.co.za / 012 664 5155 20 Desember Riku met Radio Lava Band
by die Bohemian in Melville
besprekings: R40 by die deur
Riku het op 10 Oktober weer terugekeer na Suid-Afrika vanuit Nederland waar hy vir Gert Vlok Nel kon open voor uitverkoopte sale.
Die optrede by die Paradiso te Amsterdam op 7 Oktober was ´n hoogtepunt en ons kon nie voorbly met die CD en bundelverkope nie.
Riku se nuwe album Riku Lätti Akoesties in samewerking met Jelle Amesrfoort is pas uitgegee deur die Tussen Kontinente Platemaatskappy onder Michiel Le Blanc in die Benelux. Riku word o.m ondersteun deur die Nationale Radiostasie - Radio 1 in Nederland met verskye onderhoude en sy musiek is hoog op hulle speellyste en geniet goeie navrae en resensies.
Hier volg ´n onlangse resensie geskryf op 12 Oktober 2007 in Nederland.
Recensent : Erik Damen
Genre: World
Plato Mania waardering: HHHHP 4
In navolging van het succes van Gert Vlok Nel worden er een aantal platen uitgebracht waarbij bijzondere Afrikaanstalige artiesten bij het Nederlandse publiek worden geïntroduceerd. Na Briewe Uit Die Suide van Amanda Strydom is nu Riku Lätti aan de beurt. Akoesties werd twee maanden geleden opgenomen in Johannesburg en Bilthoven en is een prima visitekaartje voor Riku Lätti, die in eigen land in 2005 werd gekozen tot beste zanger en redder van het Afrikaanstalige lied. In Zuid-Afrika bracht hij al drie albums uit vol met liedjes over reizen door zijn prachtige land, maar ook de politieke situatie aldaar komt aan de orde bij deze geëngageerde en poëtische jonge zanger (1973). Zijn grote voorbeeld was Johannes Kerkorrel, een Zuid-Afrikaanse troubadour die bekendheid verwierf met het samen met Stef Bos opgenomen Awuwa. Door de liedjes Ysbeer en Somer wordt hij door Riku geëerd. Het nummer Onder Jou Asem heeft in zijn thuisland grote bekendheid gekregen dankzij de versie die Laurika Rauch opnam. Dit prachtige lied laat zich ook goed lezen als een gedicht. In het tekstboekje zijn ze te lezen en hierbij worden alle moeilijke woorden uitgelegd. Het slotlied Op Die Maan is opgenomen samen met de Nederlandse Jelle Amersfoort die ook de tekst vertaalde. Riku treedt regelmatig op met artiesten als, Gert Vlok Nel en ook Stef Bos. Zeker in deze pure en intieme context een aanrader om zelf eens te gaan kijken.
www.rikulatti.eu
2007 is ´n besige jaar vir Riku. Die burg van hertog Bloubaard geskryf deur Herzog-bekroonde Henning J. Pieterse is op die planke gebring in samewerking met Chris van Niekerk en was by meeste van die Nationale Kunstefeeste te sien. Riku het al die toonsettings behartig en saam met Chris op die verhoog luisteraars aan hulle lippe laat hang.
Daar is ´n CD van die produksie wat die teks insluit, onder die Radio Lava Produksies-vaandel, beskikbaar by dorettep@gmail.com of Protea Boekwinkel in Stellenbosch proteaboek@mweb.co.za/021 882-9100
Na amper ´n jaar in die studio stel Riku dan ook die album Radio Lava vry in samewerking met Arnaud van Vliet en Jahn Beukes, versprei deur Next Music SA.
Die album het nominasies vir die Betse Album van die jaar en Beste Alternatiewe Album van die jaar by VONK en Huisgenoot ontvang.
Met Radio Lava span drie van Suid-Afrika se talentvolste kunstenaars saam, met die oog om weer almal se persepsies van goed georkestreede werke en kwaliteit klank te verander. Met 14 nuwe snitte kan gehore net die heel beste van die ensamble verwag.
Die album is opgeneem by Scullmonkeystudios en in Lapa Studios gemeng deur Jasper Williams met gaskunstenaars Huyser Burger en Jeané van Tonder.
'Vars, oorspronklik en intelligente toonsettings van die ongelooflikste Afrikaanse lirieke denkbaar', is een manier om die album te beskryf...
Riku was geduurende 2007 betrokke by Europese musiekfeeste soos
Manu Mundo net buite Antwerpen, die Folkfestival Dranouter in Wes Vlaandere en kulturele geleenthede wat deur die Nederlanders geskep is. Hy het ook opnames vir ´n nuwe album saam met sy Belgiese band Säom in Rotterdam en Atwerp geniet. Die album is in België bekend gestel.
Hier volg ´n paar aanhalings deur dié wat weet:
´n Mens wil aanvanklik sê 'Radio Lava' is ´n uitdagende album, omdat daar soveel oorspronklikheid in verpak is. Maar om eerlik te wees, dit is beautiful op die eerste luister, terselfdertyd briljant en toeganklik, kommersieël en eksperimenteel - Tertius Kapp van M-NET

Een ding waarvan ons verseker kan wees, is dat al die liedjies uit Riku se filosofiese pen lank ná ons gaan voortleef. - Louis du Plessis, Vonk
Die Kombuis, Melville. Riku en Arnaud, Radio Lava Live!!!
2007 06 24 - Sidewalk Café Close Down: Marcia Moon, Janice (en die Halfjacks), AD, Klopjag, Seeleeu Leipoldt, Anika, Drikus Barnard, Bacchus Nel, Riku Lätti, Swartskaap


2007 03 08 - Plank, Bacchus Nel, The Bo, R20

Riku maak geluide met ´n kitaar, en sing ook baie mooi liedjies.
Riku en Bacchus saam met die sterre.
President Lätti speel ´n paar pragtiges.
2007 02 01 - Riku Lätti, Volkslust Heide, Kalmthout, 20:00
2007 02 02 - Riku Lätti, Club 18, Beringen, 20:00
2007 02 17 - Riku Lätti, JC de Klinker, Aarschot, 20:00
Opgesom Europese toer:
01/10: Riku Lätti, Aperitiefconcert De Wanhoop Gaevere
02/10: Riku Lätti, Live session + interview @ Radio Urgent (19u-21u), online te beluisteren via www.urgent.fm
07/10: Riku Lätti, Member BBQ JH NYX (Lummen BE)
13/10: Riku Lätti, Amusee-vous Museum voor Schone Kunsten (Antwerpen BE)
19/10: Riku Lätti, Backstage (Deventer NL)
21/10: Riku Lätti, Guy Lucas en vriende (Amper Elders, Antwerpen, BE.)
21/10: Riku Lätti, Musicon Den Haag Dubbelconcert met Anton Goosen
08/11: Riku Lätti met Charl Pierre Naudé Bibliotheek Schoten (Schoten BE)
09/11: Riku Lätti met Charl Pierre Naudé Bibliotheek Gent (Gent BE)
10/11: Riku Lätti met Charl Pierre Naudé Bibliotheek Baarle-Hertog (Baarle- Hertog BE)
23/11: Riku Lätti, Theater Zuidplein Rotterdam (Rotterdam NL)
24/11: Riku Lätti, Cultureel Centrum Deurne (Antwerpen BE)
01/12: Riku Lätti, Cultureel Centrum Strombeek (Brussel BE)
02/12: Riku Lätti, Festivalalternatief Club 9 Beringen
03 /12: Riku Lätti met Stef Bos, Ekerse Theaterzaal (Ekeren BE)
2007 01 24 - Riku Lätti, Back2Basics, 20:00



2007 09 23 - Erik Holm Benefit Concert: (MC: JOHANN BOTHA) Runica, Ménage à Trois, (MC: MARLON ROELOFSE) Pipe Bong, éF-éL, (MC: MICHELLE AIDEN) Swartskaap, Myburgh Grobbelaar, (MC: MELT SIEBERHAGEN) Radio SA en Kabous Verwoed, E3N, Albert de Vos, Jan Blohm, (MC: HANNES BRUMMER) Die Gespanne Passasiers, Prinses Petro, Bok van Blerk, Anika Kruger, Brenda Burnit, Rhythmsection Africa en Michael Canfield, Mel Botes, Bonsai, (MC: Ivan Zimmerman) Radio Kalahari Orkes, Nike Holm, Beeskraal, Zenobia (Fiela), Snotkop, (MC: IZAK DAVEL) Revolusie, Riku Lätti, Bacchus Nel en Trike, (MC: JACQUES BLIGNAUT) Die Kombikraal Blues Band, Piet Botha, Paul Riekert, (MC: DORETTE
POTGIETER) Havoc Vultures, Willim Welsyn, Oppidam, Hartbeespoort, 11:00, R100 2007 09 13 - Riku Lätti, Waterpoel, Agter Paarl Pad, 20:00, R120 (50 sitplekke, bespreek by Trudy, 0828969863)
2007 09 xx - Riku Lätti met Werrie White en Dancy Nancy van Die Gespanne Passasiers, Snowflake, Potchefstroom
2006 21 Oktober - Riku Lätti, Guy Lucas en vriende (Amper Elders, Antwerpen, BE)
2006 19 Oktober - Riku Lätti, Backstage (Deventer NL)
2006 13 Oktober - Riku Lätti, Amusee-vous Museum voor Schone Kunsten (Antwerpen BE)
2006 7 Oktober - Riku Lätti, Member BBQ JH NYX (Lummen BE)2006 2 Oktober - Riku Lätti, Live session + interview @ Radio Urgent (19u-21u)
2006 1 Oktober - Riku Lätti, Aperitiefconcert De Wanhoop Gaevere
Riku Lätti, 18 Augustus, West End Theatre, PTA Skougrond
26 Julie, Woensdag, Riku Lätti, Amber Restaurant, Garsfontein, R120
2006 19 Julie, Karen Kuhn, Bacchus Nel (Amptelike begin van Amber-aande/Genugtig! Uitgewers, Genugtig! 2006 launch) + Riku Lätti, Swartskaap, Braam Smit, Amber Restaurant, Garsfontein, R120, Amber Restaurant, Garsfontein, R120
2005 06 17, Sinkshack, Bronkhorstspruit (Sowetodag) Riku Lätti innie Sinkschack
2005 06 15, Die Blou Hond, JHB Riku Lätti byt die Blou Hond
2005 05 21, Café Barcelona, Elarduspark Riku Lätti + band
2005 04 21, Back2Basix, JHB Riku Lätti riku.co.za
2005 03 02,3, Dorpstraat Teater, Stellenbosch Riku Lätti flyer riku.co.za
23-25 09 04, Bokfontein, Tvl REVELIN met Sicoustic, Strings & Skins met DJ Bob, Gordon´s Suitcase, Loose Cannon, Riku Lätti & Johnathan Crossley Unreal Reflections, Fake Leather Blues Band, en DJ´sThe Blunted Stuntman, Missile Myles, DJ Bob, King Skasa, Afrowhitie, Rubbadub, Kobus & Kie, Ley, PK revelin.co.za
16 07 04, Café Barcelona Riku Lätti met Jakkie Louw riku.co.za
15 07 04, Back2Basix, JHB Riku Lätti met Jonathan Crossley riku.co.za
15 06 04, Back2Basix,JHB Riku Lätti zimdollar.co.za riku.co.za
31 03 04, Café Barcelona, PTA Riku Lätti, Nasionale Suid-Afrikaanse Ikoondag viering riku.co.za zimdollar.co.za
12 Mar 04 21:00 R20 JHB Riku goes Back2Basix "Riku gaan sy kitaar stram en almal gaan vasgenael sit en luister (bring u eie spykers)." bespreek by (011) 6722572, email
2003 1 11, Sin Bin, PTA Riku Lätti sien website vir details
2003 23 10, Aandklas (Up the Creek), PTA Riku Lätti sien website vir details
2003 13 09 Sirocco´s, 16 09 The Grange, D´ville, 18 09 Mystic Boer, CL, 19 09 Hidden Cellar Riku Lätti 20030919rikuLätti
2003 04 17, Steak´n´Ale Mini-Rock fees Gian Groen, Abel Kraamsaal, Gert Vlok Nel, Anton Goosen, diff-olie, Kaalkop Waarheid (l), Kurt Darren, Theuns Jordaan, Wouter van de Venter, Taxi (Duin 7), Riku Lätti, samusic.co.za
2002 07 10 rikuLätti
2002 06 12, Dorpstraat Teater, CL Riku Lätti flyer
2002 04 09, Dorpstraat Teater, CL Riku Lätti + Jean Marais flyer
2002 03 12 posterriku























