vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Radio Suid-Afrika .co.za
2007 08 08 - Radio Suid-Afrika VIDEO LUANCH met Luna, Steak&Ale, 20:00
2007 02 12 - "Bid" CD LAUNCH, Steak´n´Ale, 20:00 vir 21:00


Bid ......................................................... 2006
1. As
2. Jy vermy (vir my)
3. Bid
4. Judy
5. Minder Is Meer
6. Stacey
7. Honderd maal
8. Alone met Luna
9. Bier in die hel
10. Hoop met Kabous Verwoed
is Niel van Deventer, Leon van der Westhuizen, (eers LN-Radio), plus Luna, Hugo Radyn, Louise Voster, Kabous Verwoed
Die titel is miskien ´n vraag, miskien ´n opdrag, maar miskien ´n soekende waarheidskreet. Maar dis nommer 3 en ons kom daarby. As en Jy vermy is daai lewens-/liefdesliedjies met meer betekenisse en speelbeelde waarna jy altyd soek, in of net buite liefde. Melodieuse kitaarrock noem ons dit gewoonlik, en vergelyk dit met grotes soos Valiant, Koos ens, enige iemand wat met ´n smile kan pyn. (Klopjag, Ddisselblom, Die Melktert Kommissie ens ook ...)
Daar´sy nou Bid ons, die diepe donker uit, die superlig in ... saam,
....... ".. bid vir vrede, bid vir reën ..."
patrioties? uitdagend? maar defnitief waar, met ´n MK89 video as backup, een van die jaar se driedubbele treffers, knersende kitare en kopknik woorde saam met vollebors saamsing koor ...
Met die stemming nou daar, sonder twyfel, rol die nommers soos Bloubergstrandbranders oor jou bewussyn, koel en soothing, deel van iets groter as wat die oog kan sien. Minder Is Meer is ´n vinger voor die
...... " .. geloof, hoop en liefde ..."
bors van meeste van ons, ´n aanmaning na beter en hoer (deel teken ...), ´n tarting van die kollektiewe gekanaliseerde metropolitaanse strewe na skaamgeld. Jammer oor die grootwoorde, maar hey. Honderd maal, in elektroniese kitaar hemel besing ons die herhaling van die rondom
...... " ..sal jy dan eventually daarvoor val?..."
liefdesdroom en meer. Met ´n direkte verwysing na die Goddelike krag, meer as eenkeer, in aanvaarding van die rol. So in Luna se stem op Alone, is daar saamwees, en ´n duidelike melankoliese aandring daarop. Tussenin is daar die liedjies oor meisies, die een Judy met ´n Blohm kitaarklank en Stacey wat ritmies baie aan Boemelaar se droom herinner, en geluk verby is.
Die album word afgesluit (aaah!) deur twee emosionele waarheidsliedjies, Bier in die hel is saggies met die pluk van snare ingekleur, voor die elektroniese oorneem en kore geskree word ...
..... " ..hopelik, ja hopelik, net hopelik ..."
Nog vrae aan die uitspansel, nog waarhede in ´n lied. Kabous Verwoed aan die rym in Hoop, ´n uitroep met tjikkelinge tjikkelei note om die diepte daarvan miskien bietjie minder erg te maak.
´n Lekker CD, ernstig, tog saamsing, puntestelsel vir die een (weer), en vir gereelde luisteraars van VFM, draai daai knop so bietjie hientoe en daantoe, maar kry RSA FM op die draadloos, en Bid saam.
(ook ter nagedagtenis aan die Wildernis se oase ...)
2006 11 07, Café Barcelona, Elarduspark - Radio Vryheid/Radio Freedom: Radio Suid-Afrika + Kabous Verwoed + Luna + Henry Steelen geheime gaste AD de Vos + Bacchus Nel + Fritz Blitz
Miskien nie die soort bymekaarkoms wat mens moet probeer verwoord nie. Maar die verkeerde afdraai kan jou nog by die regte plekke uitbring ...

Barcelona se donker tafeltjies en bier is nog dieselfde as vroeër vanjaar saam met Die President, toe was dit Rokkeloses en mense van Brixton, maar die keer is daar geen keer aan die diep ingelegte trots van die taal.
Die aand word afgeskop deur Kabous se woorde, van die bar vol jeugdiges ens. Tweede is Luna se klavierklanke wat haar perfekte stem begelei, met Henry Steel en Leon op kitaar. Radio Suid-Afrika is dan voor die mic en dis 100 Maal, saam met ´n Henry Steel track is die aand in beweging. Henry rock saam met Delta Blue.
Dis mic aflos tussen die Vryheidssingers, Kabous, Luna, Radio, Henry, sonder ophou of verskoning, net meer van "daai goeie goed". Met die sterk bewoorde ritmiese klank van Kabous se verse, Luna se bluesirige melodieë en Radio Suid-Afrika se amper patriotiese amper klaagliedere (ons oordramatiseer vir
effek) en dan weer Henry se staalkitaar snare, word die aand diep in gekuier, soos ´n bosveldpad soontoe. Kabous doen nommers vanaf sy Beenkamers CD (www.ritmeplate.co.za!!), Luna doen ´n afrikaanse een (vir die aandele), Radio se Bid, Jy vermy (vir my) en Minder Is Meer is toe alles net nog inleiding ...En dan is dit die geheime gaste wat uit die skadu´s onder die ligte kom, eers Die Wolfman, met nuwe tonginniekies (koppeltekens word vir eers geboikot, ala Kabous) nommers in die selfde stemming van sy reeds bekendes. ´n Lekker reminder aan hoe Bang ons mag wees, en daai een van die vrou in die veld ... Volgende is die luilekker droomtoring kitaar begeleide stem van Bacchus, die god van wyn. Daar is nuwe nommers, maar die stemme skree om in die Nag se Arms gevat te word, en hy gee in, met stukkende huis lekkerkry Raam Dit Met die Son, en na nog skree Oppie Plaas. Hy word bygestaan en gevolg deur Swartskaap Blitz se harmonisering. Fritz speel self so paar songs wat die aand met elipse tot in eweigheid sal laat voortleef, later meer oor die Swartskaap ...
flyers :
2007 10 04 - "I Support War" Charity Event: Piet Botha, Beeskraal, Mel Botes, Radio Suid-Afrika, Steak´n´Ale 2007 09 23 - Erik Holm Benefit Concert: (MC: JOHANN BOTHA) Runica, Ménage à Trois, (MC: MARLON ROELOFSE) Pipe Bong, éF-éL, (MC: MICHELLE AIDEN) Swartskaap, Myburgh Grobbelaar, (MC: MELT SIEBERHAGEN) Radio SA en Kabous Verwoed, E3N, Albert de Vos, Jan Blohm, (MC: HANNES BRUMMER) Die Gespanne Passasiers, Prinses Petro, Bok van Blerk, Anika Kruger, Brenda Burnit, Rhythmsection Africa en Michael Canfield, Mel Botes, Bonsai, (MC: IVAN ZIMMERMAN) Radio Kalahari Orkes, Nike Holm, Beeskraal, Zenobia (Fiela),
Snotkop, (MC: IZAK DAVEL) Revolusie, Riku Lätti, Bacchus Nel en Trike, (MC: JACQUES BLIGNAUT) Die Kombikraal Blues Band, Piet Botha, Paul Riekert, (MC: DORETTE POTGIETER) Havoc Vultures, Willim Welsyn, Oppidam, Hartbeespoort, 11:00, R100 2007 05 26 - Radio Suid-Afrika, The Sink Shack, Bronkhorstspruit, 20:00
2007 02 15 - éF-éL met Radio Suid-Afrika
2006 18 September - Radio Suid-Afrika, Dorpstraat Teater, Stellenbosch, 20h30, R30
skakels : radiosuidafrika.co.za : mk89.co.za












