vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Piet van Wyk de Vries .com
vetseunvetseun
´n Pyl Deur Seil met Vuur ................... 2008 SELECT
1. Hello My Naam Is.Piet van Wyk de Vries En Ek Is ´n Lig
2. Die Wêreld Met Jou In
3. Heeltemal Gebreek
4. Hou Op Jammer Voel Vir Jouself
5. Waslap Om ´n Baksteen
6. Marica In Die Winter
7. Trou Met My
8. Die Rede Dat Jy Voel Asof Jy Heeltyd Verloor Is Omdat Jy Vir Altyd Wil Lewe
9. Ek En My Probleme
10. Elke Soen Voel Soos Die Eerste Een
11. Ophou

vetseun
Die Son Die Maan Die Sterre . CIRXCD7257 2007 SELECT
1. Iemand Soos Jy
2. Sien My
3. Mariette Se Wals
4. Leë Skoene
5. Madelein Madelein
6. Die Son Die Maan Die Sterre
7. Hallo Adriaan
8. Storm Van Die Leeu
9. Liedjie Van Jou
10. Sien Jy Die See?
11. Baby Draai Om

Piet van Wyk de Vries - Madelein Madelein vetseun


skakels : vanwykdevries.com











Dis tyd vir ´n Ongesonde liggaam huisves ook ´n gees-toer. Kapenaars hou vas hier kom ons. Ek en meneer Piet van Wyk de Vries (enige idee hoe donners moeilik dit is om sy naam vinnig te tik??!!) slaat Maandag die N1 in die alombekende suidelike rigting. Ek tree om die beurt saam met hom, die pragtige dames van Melk en my sielkundige vriend meneer Hanru Niemand op. Saam met my (op sy kitaar) is daardie Louis Esterhuizen, voorheen van die Betlehemse Supergroep Rooibaardt. Hoop om jou en al jou vrinne by een (of dalk selfs meer?) van die beoogde vertonings raak te poetry (bier?).

2008 11 19 - Piet van Wyk de Vries, Kabous Verwoed, Dorpstraat Teater
2008 11 20 - Melk, Kabous Verwoed, Plaasteater, Kuilsrivier
2008 11 21 - Piet van Wyk de Vries, Kabous Verwoed, Skiba´s, Ceres
2008 11 22 - Kabous Verwoed, Hanru Niemand, 99 On Beach, Strand

vetseun
vetseun


Een uit elke ses liedjies op die vetseunnuwe "Trots Afrikaans vol 2" CD is Ên Piet van Wyk de Vries komposisie. En steeds weet baie mense glad nie wie hy is nie. Dis egter iets wat besig is om te verander. Piet van Wyk de Vries vat hierdie maand ´n tydjie uit die ateljee uit om by Café Grenadines ´n behoorlike "gig" te kom hou. Nie net bring hy liedjies uit sy bekroonde "Die Son Die Maan Die Sterre" album saam nie, maar ook liedjies van die "Lig" album wat eers oor ´n paar maande uitgereik word. Hy gaan selfs ´n paar ou liedjies sing wat jy nooit sou geraai het hy geskryf het nie, en ook ´n paar wat hy glad nie geskryf het nie (maar wens hy het!). Piet word beskou as een van die veelsydigste en begaafste skrywers van sy generasie. En baie mense wat hom al ken, dink hy sing dalk beter as wat hy skryf. Kom besluit self!

DATUM: 4 April 2008
PLEK: Café Grenadines (Moreletta Park, Pretoria)
TYD: 19h00
INGANG: Gratis
Vir meer besonderhede kontak Nick op 0843666799