vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Die Naaimasjiene
2005 07 02, Independant Armchair Theatre, Obs
rock-opera se hulle. ´n diktafoon lees nuus, en oor die gekraakte opname begin kitare ens opwarm. Theunis Engelbrecht word bygestaan deur drie kitare, dromme en ´n dude wat viool/keyboard speel. so na
......... "dis die einde van die nuus"
kom verskeie basgeluide en ritmes na vore om die retoriese eenvoudige banaliteit van Die Naaimasjiene te begelei.
weg van die meer elektroniese album, Die Saai Lewe, is die show vol kitaargrynslae en distortion.
in ´n lang swart jas en kep mompel die voorman allerleie afrikaanse nikshede die mikrofoon in; Ek gaap, JDD, Sê ´n gebed ... ens. nogsteeds net so kontroversiëel soos altyd. Nuwe nommers soos Volksvreemd (Dan Roodt) (mp3 by towerlig) en Jan Kolela (mp3 by towerlig) word ook gedeel om ´n 2005 slant aan verrigtinge te gee.
dis ´n rustige affêre, meer musiek as rondspring, maar vir puriste ´n skop in die balle.
sien Die Naaimasjiene binnekort op Vakansie in Amerika, ´n inheemse kompilasie tot eer van die Dead Kennedys, saam met Buckfever Underground en Battery 9...!!
Buckfever Underground ...
gesteel by litnet.co.za
Naam: LIVE in Observatory
E-pos:
Onderwerp: Die Naaimasjiene
Boodskap: Die Naaimasjiene bied hul vertoning Radio Suiwer Gagga op Saterdagaand 2 Julie in die Independent Armchair Theatre in Lower Main Road, Observatory, aan. The Buckfever Underground en Lilo sal ook optree. Dit begin om 22:00. Toegang: R30. Benewens ou gunstelinge soos "Jong Dames Dinamiek (maak my siek)" en "Sê ´n gebed" sal Die Naaimasjiene ook heelwat nuwe liedjies speel, soos "City of Dis", "Magic Mushroom", "Ons is almal malletjies", "Vice City" en "Jan Kolêla". Die groep se bydrae tot ´n tribute-CD aan die Amerikaanse punkgroep Dead Kennedys, "Vakansie in Amerika", sal ook tydens die optrede live opgeneem word.
Ilse van der Merwe
Rhythm Productions & Artist Management
tel/fax:021-919 0863 cell:083-411 0901
ilse@rhythmrecords.co.za www.rhythmrecords.co.za




LIVE .......................................... RR051 2004 RHYTHM
1. Dames en Here
2. Die Generaal Wou Gaan Opsit
3. Girlfriends in die Wimpy Bar
4. Ek Gaap
5. Jong Dames Dinamiek
6. Raai-Raai
7. Liefling
8. Op Die Plaas
9. Sê ´n Gebed

Reconstructing Alice . MORMCD724 2000 RHYTHM
1. Calling
2. Winkelpoppe
3. From David´s Diary
4. Kantelring
5. Vertigo
6. What Do I Do Now?
7. Sound Of You Cry
8. Eternal Bittersweet
9. Nikolai
10. Criminal Logic (malice with alice mix)
11. Trein Na Matjiesfontein (millenium mix)
12. ek verlang na jou
13. hidden track
Sonja Herholdt : stem - theunis engelbrecht (naaimasjiene), karel cronjé en cornell boshoff (spiral staircase) : musiekbystand
Kantelring geskryf deur karel cronjé : Trein Na Matjiesfontein geskryf deur Anton Goosen : ek verlang na jou geskryf deur jan de wet
die release van reconstructing alice is voorafgegaan deur die "uncensored" toer waarin Sonja Herholdt covers gedoen het van onder andere Jacques Brel, Cliff Richard, Spiral Staircase, Chris de Burgh en Sinéad O´Connor. dit het as voorbrand vir hierdie album gedien. video´s vanaf die album is op geraas gewys, Die Naaimasjiene se "sê ´n gebed", "Winkelpoppe" en die "ek verlang na jou"-remix.


Die Saai Lewe ................. WILD002 1997 WILDEBEEST
1. die saai lewe (Die Gotham City Mix)
2. raai-raai (Die Cowboys don´t Cry Mix)
3. Liefling (Die Vredespyp Mix)
4. Warmsoet Lemoen (Die Seaside Mix)
5. girlfriends in die wimpybar (Die Cheese Burger Mix)
6. Jong Dames Dinamiek (maak my siek) (Die Braaivleis Rugby Sonneskyn & Chevrolet Mix)
7. pulp friction
8. manlief (Die Suburban Family Murder Mix)
9. die generaal (Die Garage Mix)
10. bring die sjerrie (Die Bloedrivier Mix)
11. Elegie (Die Swart Lente 1988 Mix)
12. Kwêla Vir Mandela (1990)
13. ek gaap (Die Gatvol Mix)
14. sê ´n gebed (Die Woordelose Gefluister Mix)
15. jy is ´n leë huis (Die Winter Mix)
16. waar is alles heen (Die Eerste Rugbyspan Mix)
17. Aai-Aai (Die Snags Jags Mix)
18. ek verlang na jou (Die Slaapkamer Mix)
19. Die Reën Is Hier (Die Volmaan Mix)
akoestiese en elektriese kitare: Willem Möller, lani v/d walt , brett henning bas kitare: Willem Möller tromme: reuben samuels, david tshabalala, Willem Möller, mej. doos klawerborde: r rambo, Willem Möller, cornell boshoff tromboon: Jannie van Tonder hoofstem: randy rambo bygestaan deur: c.c. caracus, tanya tiefenthaler, die yskasterte, Lieze Stassen
Randy Rambo en die Roughriders

Die Saai Lewe kasset . 1990 SHIFTY
Kant 1:
1. Raai-raai
2. Girlfriends in die Wimpy Bar
3. Die Saai Lewe
4. Jong Dames Dinamiek (maak my siek)
5. Ek wil jou oopbreek soos ´n warm soet lemoen
6. Ek gaap
.Kant 2:
1. Bring die sjerrie
2. Elegie vir ´n land wat brand
3. Kwêla Vir Mandela
4. Jy is ´n leë huis
5. Manlief
6. Waar is alles heen?
musiek,lirieke,uitvoerende regisseur: theunis engelbrecht opname, verwerking, regisseur: Willem Möller
Die Naaimasjiene, oftewel Randy Rambo en Die Rough Riders was al daar in die laat tagtigs en sou na hulle uitgee van die verskriklik omstrede "die saai lewe" in 1990 sou hulle ook by die eerste houtstok speel. die heel eerste houtstok in 1990, was ongelukkig nie so goed georganiseer soos deesdae se feeste nie en randy-hulle se klanksisteem is afgeskakel voor die band kon optree. houtstok ´90 het ongelukkig groter probleme gehad sien houtstok.
die "I´m too sexy for die FAK musiekfees" show by houtstok ´92 was dan die onthulling van die splinkerende naaimasjiene, hulle tree op saam metAnton Goosen, Joos Tonteldoos En Die Dwarstrekkers, Live Jimi Presley, Johannes Kerkorrel, Mynie Grové en Prophets Of The City. dis ´n huge sukses en die band se mistieke houding en raakvat musiek kry al wat ´n reporter is agter hulle aan. aandag wat onverdiend sou gewees het as dit nie vir gogga goosen (sanger) was, wat by die FAK-fees saam met die SAP-sowetokoor die hele show gestop het, en met die gooi van onderklere en die aanhoudende geskree van "DIE NAAIMASJIENE" waardevolle advertensietyd ingepalm het nie. die konsep "hype" is iets waarop Die Naaimasjiene moedswillig aandring. voor die houtstok het hulle hulself as "die alternatiewe alabama-studentegeselskap" beskryf.
"op houtstok sal ons die alternatiewe sangers na blommie kabouter laat lyk, die alternatiewe beweging is destyds ook ´n versetbeweging genoem. as dit verset was, is moeder teresa ´n vryheidsvegter. hulle was hondmak. baie blaf, maar min byt." gogga goosen uit beeld
anti-anti-establishment band van die land; vat almal aan, links en regs, en worstel of wonder oor niks langs die pad nie. Die Naaimasjiene word uitgenooi om op klankbord (Radiomusiekprogram) hulleself voor te stel, iets wat die band weier, uit iets wat mens as self defense kan beskryf, veral met antwoorde soos hierdie, op die vraag waarteen hulle hulleself nou eintlik verset:
"teen die mode. teen ontwerpersklere. teen alles wat kits is. big brother probeer hard om vir ons almal ontwerpersiele te skep. ons is verveeld met die alledaagse werklikheid van roetine en geldmaak. dis nie die lewe nie." gogga goosen uit beeld
nog ´n staaltjie was die feit dat joan hambridge, gerespekteerde digteres, saam met Die Naaimasjiene sou optree, dit sou haar bekendstelling aan Rock´n´Roll wees maar dit is ook in die wiele gery. iets wat nie te versmaai is nie though is die grootte van Die Naaimasjiene by houtstok 92, hulle is twaalf mense waaronder kitaarspelers, drommers, sangers, ander musikante en die beroemde yskasterte getel het. laasgenoemde was ´n groep meisies wat die band vergesel het en enige iets van kabaret tot belly-dancing op die maat van die musiek gedoen het. dit gepaard met die avont-garde musiek soos die punk-verwerking van groep twee se "die padda wou gaan opsit" en ´n liedjie genaamd "ek drink scotch in wilde potch" was genoeg vir die wat die show bygewoon het en te veel vir die wat weg gebly het.
"energie. adrenalien wat soos ´n vulkaan gaan ontplof ... amper soos die rocky horror show marching to Pretoria ..." gogga goosen uit beeldbeskryf live performance
en dan houtstok moerit boeti new years bash 1996-7 waar onder meer Valiant Swart, billygoat, dorp, white trash, ark, famous curtain trick, Jack Hammer, Battery 9, wonderboom en flying circus opgetree het. alhoewel Die Naaimasjiene op hierdie stadium nog eintlik verban is keer dit niemand. iemand moes die show gesien het though want later in 1997 word die verbod op Die Naaimasjiene musiek vervang met ´n 18 ouderdoms beperking. hiermee is "die saai lewe" "vry", vir naby aan sewe jaar was dit die enigste album wat vir besit en verspreiding verbied is. band breakdown 1997 : Willem Möller, randy rambo, paolo mosca - kitaar, brendan harvey - tromme, simon kruger - baskitaar, richard van der spuy en tanya tiefenthaler
"die saai lewe" se re-release by kaktus op die vlaktes 1997-03. dis ´n huge show met Amanda Strydom, Mynie Grové, Nico Carstens, Al Debbo, Worsie Visser, Miriam Makeba, Piet Botha, Johannes Kerkorrel, Valiant Swart en die Nude Girls. die oudtshoorns sportterrein was vol middelklas afrikaners toe Die Naaimasjiene hulle show begin, en al hierdie mense wat vir jare beskerm moes word daarteen geniet die musiek, terdee. hulle speel ´n klomp liedjies vanaf die cd, wat in die surroundings en na shows van Al Debbo ens. verskriklik van pas is, nommers soos "´n padda ..." en "Kwêla Vir Mandela" het skoon mense aan die wieg, en saam mompel. Die Naaimasjiene maak ongelukkig nie die headlines van die show nie, en die hele affêre word heeltemal versuur toe iemand bierblikkies na Johannes Kerkorrel en Miriam Makeba gegooi het. "ek gaap"
"affirmative satisfaction" is die vertoning by oppikoppi 97, daar was ook ´n subtitel vir ingeval die "affirmative" mense afgeskrik het: "en hoor jy die magtige kreuning". behalwe vir lyfwagte om die feesgangers van die yskasterte weg te hou, is Die Naaimasjiene mr t(stem), ms t (stem, kafoefelwalse), mnr. s. van staden (stem, kafoefelwalse), blommie rosekrans (kitaar), slimonius Funk (baskitaar), julio de la cruz (tromme, didge, stem), die yskasterte: madonna en meisiemens moolman, dora de lange, soekie duvenhage en racheltjie de teddiebeer de beer. nog ´n makietie in die son, Die Naaimasjiene speel die "jazz/accoustic rock stage?", by die swembad, en die bosveld transvaal skep goeie agtergrond vir nommers soos, "Jong Dames Dinamiek", "ek gaap" en "girlfriends in die wimpybar". uniek, omtrent dertig mense wat deur sê agt mics sing, vrouens al heupswaaiend glimlaggend met gesmeerde lipstick en die cool wete van ´n saai middag. ook by oppikoppi 97 was Battery 9, Nude Girls, valiant, Koos Kombuis, Piet Botha ens.
sien - http://www.sarockdigest.com/archives/issue_56.html
theunis engelbrecht info :
die man is meer skrywer as sanger, en staan ook nie terug daarvan om die luidkeels op mens te gil nie. reeds op 17 is sy eerste digbundel nl. "´n gedig is so onskuldig soos ´n eier" (1982) uitgegee, hy gee nog ´n digbundel
"skreeuparadys" (1983), twee jeugverhale "kinders van die kierangsee" (1985) en "boys of summer" (1986, 1987 DAAN RETIEF, vertaal, May Tweehuizen) en ´n novelle met die diy titel "om ´n laaitie te maak" (1987) uit. hierdie blatante en eerlike uitgawes het hom vierkantig in die volksfisier gesit en is deur die ondervinding effens ontnugter. gevolglik is meeste van sy werke na "om ´n laaitie te maak" onder skuilname uitgegee en is daar min van theunis gehoor gedurende die 90´s ... of nie. sy werke is in verskillende bloemlesings opgeneem onder meer "poskaarte", "SA in Poetry", "skryf asseblief terug"(belgies) en meer.
gedurende hierdie periode is Die Naaimasjiene gestig en is daar gegig en musiek gespeel. sensuur het hom dan ook daar ´n stokkie voor gesteek deur dat "die saai lewe" - Die Naaimasjiene se musiekblyspel - deur die bank verbied en daar ´n 18 jarige heffing op "om ´n laaitie te maak" geplaas is. hierdie alewige geteister deur die "establishment" het veroorsaak dat theunis nie meer publiseer nie, anyway nie onder theunis engelbrecht nie.
"´n Mens raak gatvol as jou stem so stilgemaak word. En jy besluit: om nie meer jou sogenaamde pêrels voor die swyne werp nie en dit eerder net in jou rekenaar te save."
ek verneem dat theunis ook vir onder meer beeld se kalender musiek resensies gedoen het, hy doen op die oomblik resensies vir die internet magazine AMUZINE. daar is ook twee interessante geskree stukke oor afrikaanse musiek by afrikaans.com.
flyers :
2005 07 02, Independant Armchair Theatre, Obs:The Buckfever Underground met Righard Kapp + Die Naaimasjiene + Lilo (opnames vir Vakansie in Amerika)
2005 03 10, Hidden Cellar, Stellenbosch Die Naaimasjiene 20050310vlugskrifnm
1992 05 29, Tweede Houtstokfees ´n Boere-booghie buite Pretoria multikulturele fees, Anton Goosen, Live Jimi Presley, Die Naaimasjiene, Johannes Kerkorrel, Mynie Grové, Prophets Of The City, Tananas, Nico Carstens, Bernoldus Niemand
ook op :
Alternatief op sy beste: randy rambo - Jong Dames Dinamiek
Voëlvry : Randy Rambo en Die Rough Riders - Jong Dames Dinamiek
Houtstok-Rockfees: Randy Rambo en Die Rough Riders - kwêla vir mandela
skakels :











