vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Mavis Vermaak
Mavis Vermaak verleen ´n hipnotiese klankbaan aan die dag... oorbrug generasies, tale, eras en landskappe en klink soms so Europees soos die verenigde kleure van Benetton. Haar evokatiewe woorde rol oor die rand van die oggend, haar emosie is gestroop en onapologeties Hierdie vreemde musiek vind neerslag in jou sentrale senuweestelsel en bly in jou binne-oor weerklink. - Deborah Steinmair
"Kaapstadslaapstad is ´n meesleurende snit wat handel oor koerantopskrifte en die ongemaklike realiteite van gebroke, sub-ekonomiese gemeenskappe Dit is hartseer in elke opsig en kruip met somberte onder jou vel in... Daar is ´n waarheid in elke liriek en elke storie. Die musiek is eg en ryk deurweef met die ervaring van die lewe en oorlewing in Kaapstad. - Clive E. Smith - Woodstock Slim
Met vyf snitte neem Mavis jou op ´n intieme reis deur haar verwikkelde binneland... Haar trefseker lirieke en die smaakvolle, stemmingsryke begeleiding van Juan Penguin vloei natuurlik en hipnoties saam. Dit is veral die onheilspellende "Kaapstadslaapstad" en die elegiese "16 Februarie 2007" wat beïndruk. - Danie Marais - Beeld
... ´n byblywende, poëtiese avant-rock vertelling oor liefde, verlies en die donker kant van die lewe in kosmopolitaanse Kaapstad. - channel24.co.za
Promosionele aflaaisnit van Kaapstadslaapstad beskikbaar by www.channel24.co.za
Mavis Vermaak EP aanlyn beskikbaar by www.rhythmonline.co.za
Luister na Mavis by www.myspace.com/mavisvermaak
Snitte:
1. Still 2. Kaapstadslaapstad 3. Hei 4. Diep Kaleidoskoop 5. 16 Februarie 2007


Mavis Vermaak EP ............................... 2009
1. Still
2. Kaapstadslaapstad - mp3 by channel24.co.za
3. Diep Kaleidoskoop - mp3 by channel24.co.za
4. Hei
5. 16 Februarie 2007
Ons hou van meisies. En as hulle kan sing, is hulle baie nice. En as hulle Afrikaans is, nog beter. Nou as die meisie in Afrikaans sing, dan is ons magteloos. Maar buiten dit, is hierdie die soort CD waarvoor ons Vetseun is...
As jy nog nie die voorsmakies op die internet geluister het nie, doen dit, maar indien jy het weet jy hierdie gaan lekker wees. Sulke trippy surround sound klanke met die woorde wat soos herfsblare val in die eerste liedjie, dis die enigste Engelse een, die gefluisterde woorde, prag. "Still".
Met nog driedimensionele byklanke uit die stad en omgewing, hoor mens branders en polisiesirenes deurmekaar, en woorde, "'n Deur slaan oop..." "Kaapstadslaapstad" is een van die webmp3s wat ons raakgeloop het voor die "ontmoeting" met Mavis, en ons hou mos van sulke gepraatde Burroughserige Thomsongoed, ons het ons beentjies agter van Kaapstad se ander woordsmitte geloop, maar nooit van die Bokkoors ontslae kon raak in die Ondergrond nie... Hierdie gedigvertelling vloei soos soet stroop oor mens se bewussyn, en voor jy jouself kan kry is dit weer die koor en se jy saam: "'n kind raak weg in...", geen manier om die vertolking van random gebeure mis te kyk as die agtergrondbeskrywing van elke voorstad se realiteit. eers na ´n paar minute word Kaapstad reguit aangespreek en in perfekte eggo-ende sanik betreur, en gewaarsku. ´n Heerlike vertellende beat liedjie, perfek vir middae, of middernag teen die Berg. "...die berg..."
Ons kry bietjie rus op die meer melodieuse "Hei", met akoestiese kitaar, woorde nogsteeds meer gesê as gesing, intens eintlik, maar meer gelukkig... ´n Liedjie oor laas Sondag se gebeure, en die storie van Dawid en liefde vertel oor alhoemeerwordende kitaarklanke. En wanneer kitaar met klavier ondersteun word, is dit eintlik ´n meer sad song as mens mag dink. Maar mooi soos sonopkomste...
Beats op "Diep Kaleidoskoop", webmp3, ´n lekker bas met ´n getokkelde ritme ´n klankbaan skep vir die fluisterwoorde daaroor, Mavis hier in amper ´n meer Hiphop klerasie, die teks nou meer ritmies en direk, al is dit elektronies eggo-end en spiralend om ´n amper Amerikaanse Indiaan trans gevoel op te wek. ´n Staal slag verleen ´n amper industriële gevoel voor die snare ons in ´n meer rock rigting stuur vir die koor, "...gee nie om wat jy van my dink nie...", jy kan op die stuk mosh as jy moet. Ons breek af tot die trans beat voor ons met opdraende liriek weer die mosh in is, ´n lekker aweregse Afrikaanse liedjie wat mens aan Jane Rademeyer se Afrikaanse snit dink, stuitig en opreg, amper windgat. As ons ander ooreenkomste moet trek, sal dit sukkel. Ons internasionale sangeresse, soos Björk, Sinéad, Tracy of Tori te noem sal niks verkeerd mee wees nie.
Voor die laaste gedig se dralende woorde oor ons spoel met ligte drom en klavier begeleiding, kan mens allerhande klanke uit hierdie CD neem, en ´n groot klomp moed. As daar nog mense is wat gewillig is om die musiekwêreld so te betree, as soveel mooi klanke en idees en vorme op CD vasgelê kan word, as mens sulke mense het, dan is ons cool. Dan is die introspeksie en oplees, die nuuskyk en belangstel, die sand en die see, die bome en die lug, die ANC en die AWB ook, is dit, dit alles werd. "16 Februarie 2007" is ´n vertelling van ´n vliegtuigvlug na Roodepoort, wat glad nie beskryf hoe mooi dit is nie. Maar ons het beperkte byvoeglike naamwoorde teen die tyd, dis mooi ok.
Ons breek nog ´n ritmes uit aan die versteekte einde,"Famous Man" is ´n lekker mengsel van drom en klawerbord, ´n mallerige konstruksie wat in ´n housebeat ontaard met basslines, samples en alles. Hoop ons ontmoet ook vir die ou. Miskien ´n kykie in wat ons kan verwag van Mej. Vermaak in die toekoms.
skakels : facebook : myspace.com/mavisvermaak









