vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Gert Vlok Nel

vetseun

vetseunvetseun
Beaufort-Wes Se Beautiful Woorde CD/DVD . MRCD281 2006 MUNICH
1. Beautiful In Beaufort-Wes
2. Timotei sjampoe
3. Hillside Lullabye
4. Waarom ek roep na jou vanaand
5. Moenie my hier vergeet nie, Dixie
6. Rivier
7. Epitaph
8. Tuesday (bonus track)
Beautiful In Beaufort-Wes DVD - Walter Stokman

vetseunvetseunKOOP/BUY
Beaufort-Wes se beautiful woorde . WILD009 1998 WILDEBEEST
1. Beautiful In Beaufort-Wes
2. timotei shampoo
3. Hillside Lullabye
4. waarom ek roep na jou vanaand
5. moenie my vergeet nie, Dixie
6. Rivier
7. Epitaph

Gert Vlok Nel, eers usual dude nou volkslegende. eers was die digbundel "om te lewe is onnatuurlik" en toe die live shows waaruit later die cd "beaufort-wes se beautiful woorde" gevolg het, en nou die live shows opgeneem in ´n boek: "om beaufort wes se beautiful woorde te verlaat".

gert het nou al by die karoo kunste fees, oppikoppi, aardklop, en menigde bar opgetree. sy liedjies is reeds bekend en onderlingse murmurs van die lirieke kan gehoor word by live shows.
hou die local press dop en sien hom nou

foto
uit die stof die see die skuld se handevuurvoet tracks en die verstuite trein van wat verlange 2001 FENOMEEN

gert in ´n bundel, sien ook afrimusik - afrimusik.com

groot pic onder
Om Beaufort-Wes se Beautiful Woorde Te Verlaat . 2000 QUEILLERIE
die samevatting van die hele gert effek in ´n boek.

groot pic ondergroot pic onderKOOP/BUY
Om Te Lewe Is Onnatuurlik . 1993/1997/2007 TAFELBERG
- oproep - i sagte reën het agtermiddag - sirkus in die skemer - landskap - desember & see - die posisie aan die einde van - Rita - boggelrug - i dag iewers êrens wie onthou - tannie Jutie wat die aarde beërwe - die essensie van die treinrit - Hennie - Oupa op sterwe - soeklig - portret: drie kinders by die dam, vroeglente - Oupa Louw in memoriam - al wat ek wil sê - - die onredelike blydskap in september - van ons korrespondent - i roeiboot dryf af in die rivier by malgas; is weg - bom - dit maak nie meer saak wanneer nie - nee ne nie dit nie, nie noodwendig nie - die koms van Ligia - die dag toe hulle vir Donkie Viviers - die einaardige verwikkeling op lemoen - laaste herinneringe aan Magdaleen - hillside -

ook op :
Kabous Verwoed - Beenkamers en Gange
Orion klankbaan - Epitaph
Diep - Musiek vir jou siel Vol 4 kompilasie - beautiful in beaufort wes
Laurinda Hofmeyr - Ligdag
Sonvanger - .tuesday, ..rivier
Tassenberg All Stars - .rivier
Alternatief op sy beste - .beautiful in beaufort wes
Dolla se Album - .beautiful in beaufort wes
Muses op Besoek - .rivier


skakels : facebook : afrimusik.com ; hy verpersoonlik eerlikheid-artikel - afrikaans.com ; Gert Vlok Nel hits the comeback trail - PTA -online ; Gert Vlok Nel lifts tannie griet´s spirits-artikel - PTA -online ; Sonvanger - afrimusik ; interview - oppikoppi 99 stirrings in die bos - geskrewe stuk ; gert se werk by nederlandse simposium - NAi ; "Die hartseer troebadoer met die beautiful woorde" interview deur Pieter Redelinghuys - Litnet









vetseun

vetseun

Media Vrystelling: Gert Vlok Nel (19 September 2007)
vetseun
Gert Vlok Nel het einde September ´n paar vertonings in die Kaap voordat hy op ´n konsert-toer na Nederland vertrek.

Nel, wat in Nederland gehore van 300 tot 1000 mense trek is sonder twyfel die mees suksesvolste musikant wat Suid-Afrika nog in die Lae Lande opgelewer het. ´n Dokumentêr, wat die bekroonde filmmaker, Walter Stokman oor Beaufort-Wes met Nel as hoof-fokus gemaak het, het grootliks hiertoe bygedra.

Sy debuutbundel, om te lewe is onnatuurlik - waarvoor hy ook die gesogte Ingrid Jonker-prys vir uitstaande debuutwerk in 1993 gewen het, word Oktober in Nederland vrygestel. Die bundel is vertaal deur Robert Dorsman wat onder andere ook werke van Etienne van Heerden, Antjie Krog en Wilma Stockenström in Nederlands vertaal het.

Gert Vlok Nel is ´n enigma, ´n misterieuse legende. Sy musiek, en veral sy woorde, is vol patos en dit spreek tot die onbewuste verlange in elkeen.

Gert sal by die volgende plekke optree:
23 September: Hermanus Walvisfees Tel: 028 313 0928
26 September: Die Hoenderhok, Kuilsrivier Tel: 021 906 4636
27 September: Ou Meulteater, Paarl Tel: 083 564 0056
28 en 29 September: Dorpstraat Teater, Stellenbosch Tel: 021 886 6107

Gert Vlok Nel in Nederland saam met Schalk Joubert:
5 Oktober: Uden - De Pul
6 Oktober: Deventer - Burgerweeshuis
7 Oktober: Amsterdam - Paradiso
8 Oktober: Leeuwarden - De Harmonie
9 Oktober: Groningen - Oosterpoort
11 Oktober: Austerlitz - Beauforthuis
12 Oktober: Ottersum - CC Roepaen
14 Oktober: Beusinchem - Heerenlogement

Gert Vlok Nel, in die Ou Meulteater op 27 September.
Gert Vlok Nel het onder Suid-Afrikaners se aandag gekom in 1993 met sy debuutbundel, om te lewe is onnatuurlik - waarvoor hy ook die gesogte Ingrid Jonker-prys vir uitstaande debuutwerk wen.
In 1998 het hy die bundel opgevolg met ´n CD beaufortwes se beautiful woorde en ´n woord-en-musiekproduksie met dieselfde titel by die KKNK, en beland binne die eerste dag aan die bopunt van die beste-produksielys.
Sy CD asook die vertoning besorg aan hom ´n onmiddelike kultus-aanhang, wat in die jare wat daarop volg net groei. Hy is onder meer die skrywer van die liedjie Beautiful in Beaufortwes wat al deur meer as vyftien kunstenaars opgeneem is, die mees bekende daarvan dié van Theuns Jordaan. Laasgenoemde het, inderdaad, sy loopbaan afgeskop met Gert se song.
´n Tweede bundel is later gepubliseer met die lirieke van die liedjies op die CD en hy het ook ´n saamgestelde bundel met onder meer Robert Bolton en Tertius Kapp gepubliseer.
Tans geniet Gert groot sukses in Nederland nadat ´n Nederlandse televisie-kanaal ´n dokumentêr gemaak het met Gert se poësie en songs as die hoof-fokus. Daar is al na Gert verwys as die nuwe NP van Wyk Louw en ook die moderne Koos du Plessis.
Sy musiek, en veral sy woorde, is vol patos en dit spreek tot die onbewuste verlange in elkeen.
Besprekings by Vicky Stemmet, tel no 083-564-0056

2007 02 28 - Gert Vlok Nel, Trike, Steak´n´Ale, 20h30, R50 vetseun
Weer noord. Die Steak´n´Ale is soos volgepak, mense orals. Oorgehaal vir die blatante aanslag van die twee name op die poster, links. Het gelyk asof meeste mense geweet het wat om te verwag. Maar kan mens ooit gereed wees hiervoor ...?
Eers was Gert Vlok Nel aan die woord met Drikus op so bietjie bass, ondenkbaar cool. Dit verleen ´n soothing naaktheid aan die Beaufort songs, en ´n nuwe een dink ek. Die liedjies kom van jare gelde, maar daar is soveel nuwes dat jy nie asem kan skep nie ... Saam met die Trike geluide ´n werklik ontstellend mooi en ontnugterend lekker ...

2006 19 Oktober - Gert Bekker CD VRYSTELLING, Centurion Teatervetseun
2006 30 September - Gert Vlok Nel, Durbanville Kunskafee, R70
2006 29 September - Gert Vlok Nel, Dorpstraat Teater, Stellenbosch, R50
2007 09 27 - Gert Vlok Nel, Ou Meulteater
2005 07 02, Dorpstraat Teater, Stellenbosh Gert Vlok Nel
2005 07 01, Durbanville Kunskafee Gert Vlok Nel
2005 06 09, Ulla La, Gert Vlok Nel R50 0117913024/0836568947

Afrikaanse Musiek Revolusie
15 Augustus 04, Sidewalk Café, Sunnyside, PTA
met Gert Vlok Nel, Riku Lätti, Kristoe Straus
22 Augustus 04, Sidewalk Café, Sunnyside, PTA
met Jan Blohm, Riku Lätti, Bacchus Nel, Kristoe Straus
"...elke sondag is die selfde en ander sondebokke daar ..."
insluitend: Jan Blohm, Riku Lätti, Bacchus Nel, Kristoe Strauss, Albert de Vos, Rivon, Janice, Fritz Blitz, Trikevetseun
riku.coza

5 09 04, VERA, Nederland Gert Vlok Nel vera-groningen.nl
5 02 Centurion Teater Gert Vlok Nel saklank
3 02 Steak´n´Ale, Centurion (012) 664-5155 Gert Vlok Nel saklank
29 01 Blue Crane Restaurant, New Muckleneuk (012) 460-7615/7 Gert Vlok Nel saklank
28 01 Café Barcelona, Elarduspark (012) 345-3602 Gert Vlok Nel saklank
2003 04 17, Steak´n´Ale Mini-Rock fees Gian Groen, Abel Kraamsaal, Gert Vlok Nel, Anton Goosen, diff-olie, Kaalkop Waarheid (l), Kurt Darren, Theuns Jordaan, Wouter van de Venter, Taxi (Duin 7), Riku Lätti, samusic.co.za