vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Die Heuwels Fantasties
vetseunKOOP/BUY
Die Heuwels Fantasties .... SF 003 2009 SUPRA FAMILIAS
1. Vinger Alleen met Adriaan Brand
2. Oorlewing 101
3. Leja
4. Nare Kaskenades met Arno Krüger
5. Noorderlig
6. Die Vraagstuk met Jack Parow - mp3 by facebook
7. Hyg Duiwel met Laudo Liebenberg
8. Klein Tambotieboom
9. Sonrotse met Francois van Coke
10. Pille Vir Kersfees
11. Pêrels En Lewensredders met Frieda van den Heever

Supra Familias se Eerste Uitreiking: Die Heuwels Fantasties
vetseun
Die Heuwels Fantasties se eerste vollengte album - Die Heuwels Fantasties

Die groep
Hunter Kennedy - sing, lirieke
Pierre Greeff - sing, lirieke
Johnny de Ridder - maak die musiekvetseun

Die Musiek - lekker luister treffers vir die langpad
Melodieuse liedjies geskryf op akoestiese kitaar, met elektroniese en organiese instrumente geintrepeteer. Mens noem dit seker pop.

Die lirieke
Leja:
ons laaste avondsdrome versprei soos waterstrome, op die gras, Leja, sit dit vas, soos dit was

Klein Tambotieboom:
as die donker my kom haal, en die here my nie soek nie, as die osoonlaag vergaan, en in ´n kandelaar van sterre val, begrawe my hart op Klein Tambotieboom

Sonrotse:
want ek's mos gees vat, kaal keiser, omgekoop en omgedop, net my liggaam loop hier rond


Gaan loer by
www.dieheuwels.co.za
www.myspace.com/dieheuwelsfantasties
www.facebook.com/home.php#/pages/Die-Heuwels-Fantasties/141550

Media navrae
Louise Crouse: 076 705 1642 / suukiemusic@gmail.com


vetseun
Supra Familias se Eerste Uitreiking: Die Heuwels Fantasties

"Dit verteenwoordig meer as ´n bandnaam... amper soos ´n mitiese plek."

Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar & aKING) en Pierre Greeff (Lukraaketaar) het hulle eerste song saamgeskryf langs Pierre se swembad in Welgemoed toe hulle onderskeidelik 15 en 16 was. Op daardie stadium het Hunter in "New World Inside" gespeel saam met Francois Van Coke (Van Coke Kartel & Fokofpolisiekar) en Pierre was in die groep "Time Spent" saam met Wynand Myburgh (Van Coke Kartel & Fokofpolisiekar) en Laudo Liebenberg (aKing).

Hunter was deel van Fokofpolisiekar en Pierre van Lukraaketaar. Toe hulle onderskeie bands ´n breuk vat en hulle weer begin saam uithang in Bellville, was hierdie groepering onafwendbaar.

So, hier is hulle: Die Heuwels Fantasties. En hulle doen dit elektronies... met net ´n bietjie kitaar. "Ons wou weg beweeg van die tipiese musiek wat ons tot dusver afsonderlik gemaak het, hoofsaaklik kitaargedrewe musiek."
vetseun
Johnny de Ridder (Fokofpolisiekar), behartig die produksie van die musiek. Francois Van Coke, Laudo Liebenberg, Neil Basson (Foto Na Dans) en Adriaan Brand (Springbok Nude Girls), dra ook by tot die album.

Gooi nog aangrypende lirieke soos "jou heilige woorde, soos standaard akoorde, my broers my sinode, my verkose narkose" in die mix, met epiese ontwerpe deur Arno Krüger, verskuif hierdie groep die grense van Afrikaanse musiek net verder.

Die Heuwels Fantasties het verlede jaar afgeskop met twee snitte wat gratis beskikbaar gestel is op die internet. Hierdie songs het nommer 1 behaal op verskeievetseun kampus radio stasies en die eerste musiekvideo, Vinger Alleen, was vir 3 weke nommer een op MK. Hierdie musiekvideo is ook genomineer in die kategorie vir Beste Musiekvideo by die MK Awards wat in Maart plaasvind.

Hierdie suksesse, gepaard met hul ontploffing in die media, het hulle duisende fans ingewin en ´n massiewe aanvraag na ´n vollengte album. Teen die einde van 2008, was die album nog nie gereed nie. Die enigste genesing was vir die band om ´n beperkte uitgawe dosis Pille Vir Kersfees vry te stel. Vier songs en 3 videos is verpak in ´n flitsgeheue stafie in die vorm van ´n pil!

"This is pure jet fuel, taking you high above the suburbs to a place where things seem... fantasties." - Speakerbox

"Die EP is niks anders as briljant nie en die enigste tekortkoming is dat dit so kort is." - Volksblad Jip

"Die musiek is hipnotiserend, dralend, met die een of ander bymengsel wat maak dat jy dit oor en oor en oor (en oor en oor) wil luister." - Leon-Ben Lampreght - Litnet

Gaan loer by:
www.myspace.com/dieheuwelsfantasties
www.myspace.com/suprafamilias
www.facebook.com/home.php#/pages/Die-Heuwels-Fantasties/14155...

vetseun
Die Heuwels Fantasties is Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar, aKING), Pierre Greeff (Lukraaketaar) en Johnny de Ridder (Fokofpolisiekar) se elektroniese musiekprojek. Hulle dreig nou al die hele jaar om hul debut vollengte album uit te gee.

En die fans is nou al siek gewag. Die enigste genesing is ´n beperkte uitgawe dosis van Pille Vir Kersfees.

Netjies verpak op ´n flits geheue stafie (flash drive), is die voorskrif as volg:
- Neem 4 x liedjies soggens vir die ore
- Pille Vir Kersfees
- Oorlewing 101
- Vinger Alleen
- Nare Kaskenades
- 3 x musiekflieks saans vir die oë
- Vinger Alleen
- Nare Kaskenades (Deel 2 van Vinger Alleen se omnibus)
- Pille Vir Kersfees (Deel 3 van Vinger Alleen se omnibus)

Pille Vir Kersfees sal vanaf volgende week beskikbaar wees by Musica.
Goeie nuus is dat Die Heuwels Fantasties tans besig is om die vollengte album te finaliseer, net betyds vir wanneer die medikasie begin afneem.

Vinger Alleen is benoem vir die MK Awards 2009 se kategorie 'Beste Video' vir 2009.

Gaan loer by:
www.myspace.com/dieheuwelsfantasties
www.myspace.com/suprafamilias
www.facebook.com/...

vetseun
Oorlewing 101 WEB MP3s ................... SUPRA FAMILIAS
Pille Vir Kersfees - media mp3 (2008)
Oorlewing 101 - mp3 by myspace, loadtheshow, lastfm (2007)
Vinger Alleen - mp3 by myspace (2008)

is Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar, aKING), Pierre Greeff (Lukraaketaar), Johnny de Ridder (Fokofpolisiekar)

Supra Familias se Eerste Uitreiking: Die Heuwels Fantasties

"Dit verteenwoordig meer as ´n bandnaam... amper soos ´n mitiese plek."

Hunter Kennedy en Pierre Greeff het hulle eerste song saamgeskryf toe hulle onderskeidelik 16 en 15 was. Op daardie stadium het Hunter in "New World Inside" gespeel saam met Francois Van Coke (Van Coke Kartel) en Pierre was in die groep "Time Spent" saam met Wynand Myburgh (Van Coke Kartel) en Laudo Liebenberg (aKING).

Meer onlangs was Hunter in Fokofpolisiekar en Pierre in Lukraaketaar. Toe hulle onderskeie bands ´n breuk vat en hulle weer begin saam uithang in Bellville, was hierdie groepering onafwendbaar.

So, hier is hulle nou: Die Heuwels Fantasties. En hulle doen dit elektronies... met net ´n klein bietjie kitaar. "Ons wou weg beweeg van die tipiese musiek wat ons tot dusver afsonderlik gemaak het, hoofsaaklik kitaargedrewe musiek."

Johnny de Ridder (Fokofpolisiekar) behartig die produksie. Francois Van Coke, Laudo Liebenberg, Neil Basson (Foto Na Dans) en Adriaan Brand (Springbok Nude Girls) maak ook bydraes tot die album.

Hierdie lankverwagte vollengte album sal vroeg in 2009 op die rakke wees.

Hunter en Pierre gaan self die album versprei onder hul label Supra Familias. "Ons was gebore en nou maak ons musiek. Supra Familias is die versamelnaam van almal wat die vibe voel en iets doen daaromtrent."

Gaan loer by:
www.myspace.com/dieheuwelsfantasties
www.myspace.com/suprafamilias

Oorlewing 101 is gratis aflaaibaar by:
www.lastfm/music/Die+Heuwels+Fantasties


LIRIEKE:

Pille Vir Kersfees
Dis snaaks hoe hierdie gebou
Sy arms om my en jou kan toevou
Terwyl die elektriese wolk kombers
Kom sweef oor die platberg en
Ons veilig vashou
Om die brandstigting te aanskou

Ek soek pille vir kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat ´n tydjie by die see
Nie kan genees
vetseun
Maar wie soek pille vir kersfees?
Hang af by wie se huis ek gaan wees
´n Prys promosie fenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

Alomteenwoordig,
Jou naasbestaande eis
Verdraagsaamheid,
Maar tree oorbodig op
In hierdie tyd van samesyn
Stralejakker, spyseniere, bacchus en al sy vriende

Ek soek pille vir kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat ´n tydjie by die see
Nie kan genees

Maar wie soek pille vir kersfees?
Hang af by wie se huis ek gaan wees
´n Prys promosie fenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

As jou tuiste is
Waar jou hart is
Wat wil dan hier uitbreek uit my borskas uit
Geneties gelaai om te ontsnap
Die plasma wat spoed
´n Wemelende massa te veel skade aangedoen

Ek soek pille vir kersfees
Vir my gekerfde senuwees
Niks wat ´n tydjie by die see
Nie kan genees

Maar wie soek pille vir kersfees?
Hang af by wie se huis ek gaan wees
´n Prys promosie fenomeen
So baie om voor dankbaar te wees

Oorlewing 101
Hang aan die hemel
En skop om dig grond
Maar hier rond is daar
Niks meer oor vir ons nie
vetseun
Middelmatigheid
Ons voorland en ons vrees
Jy sal moet vashou
En leer om dit te ignoreer

Ons veg om oorlewing
Ons bewys ons bestaan
In ´n twee slaapkamer woonstel
Waar jy sukkel om te slaap
Ons kaste is leeg en
Ons traankliere soveel leer
Ons laaste spandeer
Om die vaal dae in te kleur

Ek wag geduldig vir die dag

Die dagbreek dig
Oor ´n jong gesig
Die sonstrale breek
Deur bloulig en blare
As ek dit net met oortuiging kan doen

Onder die wilgerboom
Kom ek vermom
Saggies in jou oordrom
Gesê ek sou
Jou vir altyd kon vashou
Gesê jy sou
My kon vertrouvetseun

Wag vir my
Daar by die brug
Ons kan hier uitkom
As ons wil
Ons moet net wil
In hierdie verniet
Vibracrete, verbruikersvriendelike paniek
Hiperventileer ons
Masturbeer die dae ons
Afhanklikes van wat ons is

Matigheid voor oë
Stadig oor die klippe
Hou die blink kant bo


skakels : myspace.com/dieheuwelsfantasties











cantusstar

cantusstar


vetseun

vetseun

vetseun