vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Dertig Nul Ses .co.za facebook
vetseunKOOP/BUY
Dertig Nul Ses ................ F1001200 2007 BOWLINE
1. Wag - mp3 by myspace
2. Kan Nie Meer Nie - mp3 by myspace
3. Gatvol vetseun
4. Aller Verloor
5. Sonder Jou - mp3 by myspace
6. Runaway - mp3 by myspace
7. Een Keer
8. Sê My
9. Vir Jou Suid-Afrika
10. Sewe
11. Bacardi Kat
12. Oom Thabo - mp3 by tuisblad, myspace

is Mieder Erasmus, Charl Lombard, Gavin Vaughan
met Juan "Floors" Oosthuizen, Jasper van Rensburg, Denny Lalouette, Theo van Rensburg, Marlene Buitendag, Thean Kotze, Andries Botha, Ray Dylan, Riaan Swanepoel

´n Sterk rock beat begelei die lirieke van die liefdesliedjie wat die CD begin. Wag belowe met ´n herhalende koor.
..................... " ... Jy is die een wat altyd daar is ... "
Met die tweede snit word die beat verleng en die lirieke daaroor geskree. Dertig Nul Ses se debuut begin hier spoed optel met kitaar.
..................... " ... Jy was my lewe ... "
Die koor word hard is jou geheue ingedruk, ´n kopskud en rondspring liedjie. So bietjie rustiger is Gatvol so effe meer skoffel, of langarm as jy wil. Rustiger ritmes maar met dieselfde ernstige woorde.
..................... " ... Kom haal maar jou vlymskerp mes ... "
´n Dertig Nul Ses (30-06) is ´n kaliber geweer wat baie gebruik word om wild mee te jag, saam met die .303 en .308 seker van die gewildstes onder grootwildjagters. Ons bly in die bosveld om die kampvuur met Alles Verloor, miskien meer nadenkend as die reguit Gatvol.
.................... " ... Na die deur van jou hart ... "
´n Liedjie wat stadig onder jou vel kruip en teen die einde skree jy die die kore maar saam, vir wat dit help om saam te stem. In ´n meer ballade-lyn is Sonder Jou die icon-liefdesliedjie.
.................... " ... Sonder Jou kan ek nie lewe nie ... "
Vertellend van die verlore liefde oor ´n aleen kitaar noot. Ons skip mos die engelse liedjies maar Runaway pas perfek op die CD, net so rustige snit soos Sonder Jou, en dien as inleiding vir Een Keer.
................... " ... Sal ek alles gee om net nog net ... "
Half-parmantige riffs oor ´n stewige beat maak die nog een van Dertig Nul Ses se rondspring songs. En alhoewel die liedjie stil raak na die einde bly die stadiger stuk nie vir lank nie. Sê My is net so stomper, waar die koor in die geraas wegraak en met mense orals.
.................... " ... Sommer nog vanaand ... "
´n Heerlike partyjie CD, met genoeg dansmusiek en kitaar vir enige liefhebbende. Dit breek ook af, maar moenie sit nie, dit kom weer.
Lekker riff op Vir Jou Suid-Afrika wat die ernstigheid van die saak versterk, die lirieke word deur stywe lippe gepraat, die intensiteit word net deur die dromme se tik-tik verlig...
..................... " ... Dit kan nie meer so aanhou nie ... "
Skielik raak die CD ´n effe ander ding. Ons stop die een, begin weer...
" ... Geen genade ... " Laat ons maar sê hondervleis, hierdie is die een
" ... Vir die bloed wat jy nou op ... " die herhaling ... En lirieke vertel die
" ... Jou hande dra ... " stories van twee mense wie se lewens
" ...Nog ´n lewe ... " onherroeplik verander is deur misdade. Die song
" ... Nog ´n droom gegee ... " is uitdagend en motiverend, defnitief
" ... Vir Jou Suid-Afrika ... " daar saam met enige iets soos Brand Suid-Afrika en Fok Tswane! en Piet Paraat se Thabo treffer, sonder twyfel.
Sewe is ´n Afrikaanse verwerking van Nirvana se XXX, dit vra vir nog Sewe brandewyne, so effe humoritstiese kykie na een van Kurt Cobain se internasioinaal bekende treffers.
Staan nou einde se kant toe. Bacardi Kat vertel van ´n Oppikoppi aand, Saterdag om presies te wees, so dis al laat ... Besingend aan die ewig ontwykende meisie wat almal al by Oppikoppi gesien het.
................... " ... Hand aan hand ... "
Klink asof die girl gekry is, sy sing saam ... Oom Thabo is ´n rympie wat ons president afrip, ´n goeie beskrywing van hoe goed is.
................... " ... En ´n nuwe haelgeweer ... "
Kry die een, ons love Vir Jou Suid-Afrika, en dit sal lank op die Vetseun Winamp-playlist wees, dankie!!

flyers :
2007 11 09 - Dertig Nul Ses, Maloney´s, Hatfield


skakels : dertignulses.co.za : myspace.com/dertignulses