vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Chris Chameleon .com (Boo!)
Klassieke Chameleon - Landwye toer 6 - 19 September

Chris Chameleon toer vanaf 6 - 19 September landwyd met sy skouspelagtige produksie Klassieke Chameleon. Die toer behels optredes in Kaapstad, Johannesburg, Pretoria, Durban, Secunda en Bloemfontein.
Klassieke Chameleon is by Nasionale Kunstefeeste in 2007, sowel as by KKNK 2008 met staande ovasies toegejuig. Chris word in hierdie kleurryke vertoning deur `n span uitstekende musikante op tjello, viool, fluit, klavier, kitaar en met perkussie begelei.
Chris sing klassieke verwerkings van sy eie liedjies onder andere "Eerste Oogopslag"; "Sterredank", "Die Onverkrygbare", "Bitterbessie Dagbreek" en "Saved". Chris lewer ook onvergeetlike weergawes van bekende liedjies soos "O Sole mio", "Here Comes The Night", "Sunrise Sunset" en die "Onse Vader."
Toer datums:
6 September: Vodacom Amphitheatre, Boardwalk Casino, Port Elizabeth
9 + 10 September: Sand du Plessis Theatre, Bloemfontein (Bookings: 051 447 7772)
11 September: Woodlands Auditorium, NG Kerk, Morelettapark, Pretoria
12 September: Grand Arena, Grand West Casino, Cape Town
13 September:Graceland Arena, Graceland Casino, Secunda
18 September: uShaka Marine World, Dolphin Arena, Durban (Chris Chameleon Dolphin show as part of Klassieke Chameleon)
19 September: Mosaiek Teatro, Roodepoort, Fairlands, Johannesburg.
Kaartjies by Computicket vir alle vertonings behalwe Bloemfontein. Sand du Plessis Teater hanteer alle besprekings vir hierdie vertoning self. / Groepe van 10 of meer mense kwalifiseer vir spesiale afslag, kontak Christa Coetzee hiervoor op 011 815 3000 of per epos: info@lefra.co.za.

My Storie DVD ................. 2009
1. Droomland
2. Morning Is Broken met Somerfaan
3. Epiloog
4. All Of Me
5. Wishbone
6. Genade Van Die Liefde
7. Sterredank
8. Good To Be True
9. Champion
10. Mud

Kyk Hoe Lyk Ons Nou ......... RR098 2009 RHYTHM
1. Taal Van Die Liefde
2. Apie
3. Eiland
4. Muur
5. Ek Kan Nie Wag Nie
6. Om Te Verdaag
7. Grootste Geskenk met Lianie May
8. Lucille
9. Altyd Tuis
10. Afspraak
11. Versteekte Snit
Net nog. Fyn uitgewerkte maklikheid. Opswepend, saamvattend.
Taal Van Die Liefde, wat Afrikaans op die mooiste idees denkbaar besing, deur die oë van ´n verliefde. Erkenning van hoeveel die Taal daagliks vir hom en andere beteken. Luilekker kitaar oor beats wat net-net wil ernstig wees. saamsing begin hier.
................... "en as ek droom, dan droom ek, in my taal..."
Apie is meer opgewek, so veel soos wat jy kan kry uit Verkleurmannetjie, parmantige rympies teen hewige ritme. Die geluidliedjie. Waar Eiland terugkeer na rustigheid, en aanvaarding van die ligte trant wat hierdie half ernstig verpakte CD inneem. Koorgebaseerde lekkerheid.
Muur, met ´n lekker basritme, maak vir dansmusiek, Verkleurman hier in volkleur, weer. Die een gaan waar jy wil gaan, as jy vorige CChameleon CDs geniet het. Herhalend na nommer vier geluister, vir ´n ruk.
................... "en soms verbeel ek my dat ek dit met iemand deel..."
Die perfekte mengsel verlange, herinnering, hunkering, onthou, en liefde, saam. Maar ek dog jy weet Mnr. Verkleur kan dit doen. Ons bly gefokus, na die aanvaarding van die Muur, op Ek Kan Nie Wag Nie, is die kitaar snit, en wie anders an meester Crous se fyn vingers oor die distorte kitaar.. ´n Rocker, radiovriendelik verby, wag vir die video...
Ons vind Chris Chameleon onheilspellend. Dis net te mooi. Partykeer ongemaklik mooi. Nie altyd ´n goeie ding om uit volle bors in verkeer te sing nie. (Maar doen dit anyway...) Om Te Verdaag, soos Ek Herhaal Jou se Fragment is daai lied, die verkeerslied...
................... "en sy sê, ek het jou lief, en al die vrugte van my bestaan..."
Met ´n vertellende toon, begin die duet met Lianie May, van Mozi Records faam, Grootste Geskenk. Weer met superkitaar riffs, wat vir nog ´n treffer ingespan word. Die GRATIS snit vanaf Kyk Hoe Lyk Ons Nou, Lucille, is ´n dansvloersong, as die partytjie nou eers so bietjie begin gemaklik word.
Abstrakte perkussie en vinnige ryms, dan met lekker kitaar tjikkelinge, en teen die tyd wat die koor: "Altyd Tuis! Altyd Tuis!; aanbreek is jy al lankal aan die voetstamp. Nog ´n subtiele verwysing na waar die hart lê, na swerf en wandelinge wêreldwyd.
............ "die ligte een vir een afskakel, en onderneem om môre op te ruim.."
Afspraak bring die majestieuse orkesklanke van Ek Vir Jou terug in amper elektroniese presissie. Die woorde word stadig gesing/gesê, wat die sussende intensiteit amper oorweldigend maak teen die tyd wat ons dromme in reverb oor alles distort. (As jy bietjie aanhou, kan jy lekker lag vir die "versteekte" boodskappie).
´n Bobaas CD, ons haal ons spreekwoordelike hoed af, en buig grasieus.
CHRIS CHAMELEON - Kyk Hoe Lyk Ons Nou.
Chris Chameleon se nuwe Afrikaanse solo album "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" is pas uitgereik. Die titel van die nuwe CD is ook die naam van ´n nuwe televisiereeks van 4 episodes wat in 2009 op kykNET uitgesaai gaan word.
Chris Chameleon is deur kykNET genader om die aanbieder te wees van ´n dokumentere programreeks "Kyk Hoe Lyk Ons Nou", In die reeks reis Chris en die kameraspan deur Suid-Afrika en kyk na die Afrikaanse Taalgemeenskap se dink, doen en se. Die vervaardiger van die program het gevra of Chris ook ´n temaliedjie vir die reeks sal skryf. Chris het met soveel inspirasie en nuwe deuntjies in sy kop van die reise teruggekeer dat dit tot ´n hele nuwe album gelei het.
Chris het verder uitgebrei as bloot die tema van die reeks en het "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" ook op persoonlike vlak verken. "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" in taal, verhoudings, begeertes, geestelik en feestelik.
Chris het homself heelwat meer tyd gegun met die opname van "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" as met sy vorige albums. Chris en sy musikale regisseur, Theo Crous, het met ´n vernuwende klank vorendag gekom. Chris Chameleon se eerste drie Afrikaanse solo albums het almal klankgewys ´n noue kontinuiteit gevorm. Met "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" het n voller, sterker en ryker klank ontwikkel, maar die kenmerkende intimiteit van Chris se werk het behoue gebly.
CHRIS CHAMELEON - Kyk Hoe Lyk Ons Nou.

Chris Chameleon reik op 13 Maart `n nuwe Afrikaanse solo album uit met die titel: "Kyk Hoe Lyk Ons Nou". Die titel van die nuwe CD is ook die naam van `n nuwe televisiereeks van 4 episodes wat in 2009 op kykNET uitgesaai gaan word.*
'n Gratis voorsmakie van die musiek kan solank gehoor word by www.mymusiek.co.za waar ´n snit van die CD, "Lucille", gratis afgelaai kan word. Die hele album sal vanaf 13 Maart ook in winkels en op www.mymusiek.co.za beskikbaar wees.
Chris Chameleon is deur kykNET genader om die aanbieder te wees van ´n dokumentêre programreeks "Kyk Hoe Lyk Ons Nou...". In die reeks reis Chris en die kameraspan deur Suid-Afrika en kyk na die Afrikaanse Taalgemeenskap se dink, doen en sê. Die vervaardiger van die program het gevra of Chris ook `n temaliedjie vir die reeks sal skryf. Chris het met soveel inspirasie en nuwe deuntjies in sy kop van die reise teruggekeer dat dit tot `n hele nuwe album gelei het.
Chris het verder uitgebrei as bloot die tema van die reeks en het "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" ook op persoonlike vlak verken. "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" in taal, verhoudings, begeertes, geestelik en feestelik.
Chris het homself heelwat meer tyd gegun met die opname van "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" as met sy vorige albums. Chris en sy musikale regisseur, Theo Crous, het met `n vernuwende klank vorendag gekom. Chris Chameleon se eerste drie Afrikaanse solo albums het almal klankgewys `n noue kontinuiteit gevorm. Met "Kyk Hoe Lyk Ons Nou" het n voller, sterker en ryker klank ontwikkel, maar die kenmerkende intimiteit van Chris se werk het behoue gebly.
"Kyk Hoe Lyk Ons Nou" word op 13 Maart uitgereik. Details vir `n mediabekendstelling by KKNK vanjaar sal binnekort bekend gemaak word.

Made Available .................................. 2008 RHYTHM
1. Morning Is Broken met Somerfaan
2. Good To Be True (Boo!)
3. Singulai
4. Rested Defences met Khethi Ntshangase
5. All Of Me (Boo!, "Avrocado Pair")
6. Changes
7. Wishbone (Boo!)
8. Days Like This
9. Right In My Wrong Turn
10. One Day Wonder (Blue Chameleon, "Yes Humphrey")
11. OOAA
12. Simunye (Boo!, "Shooting Star")
13. Walking In Flames
14. Come (van Levi´s CD 4)
15. Here Comes The Night (Boo!)


![]()
Klassieke Chameleon DVD . 2008
1. Ramkiekieliedjie
2. Here Comes The Night
3. Eerste Oogopslag
4. ´O Sole Mio
5. Sunrise Sunset
6. OOAA
7. Genade Van Die Liefde
8. Saved
9. Die Onverkrygbare
10. Droomland
11. Ek Vir Jou
12. Bitterbessie Dagbreek
13. Caruso
14. Laaste Baklei
15. Days Like This
16. Sterredank
17. Die Onse Vader
Allegro bied met trots die DVD opname
van Chris Chameleon by die Aula aan!
Allegro hanteer hierdie produksie namens Chirs Chameleon en het slegs 100 eksklusiewe kaartjies per aand beskikbaar @ R120.00 elk.
Allegro het die beste sitplekke gekies en indien ons kaartjies uitverkoop is, sal julle slegs by Computicket kan bespreek.
Die DVD word opgeneem oor twee vertonings, nl :
Saterdag, 26 Januarie 2008 : deure open 19:00 - show begin 19:30
Sondag, 27 Januarie 2008 : deure open 14:30 - show begin 15:00
Vir besprekings en navrae, kontak Gerrie Jamneck
by 083 441 6287
email gerrie@gja.co.za
Chris Chameleon betower nou reeds twee jaar die ganse
Suid-Afrika met sy vier-oktaaf stem en klassieke kitaar. Sy byna bomenslike stemklanke en fyn humorsin laat gehore landswyd soms na hul asems snak, soms van die lag skater en soms ´n traantjie wegpik. In Januarie 2008 voeg die veelsydige verkleurmannetjie ´n verdere dimensie tot sy unieke styl wanneer hy met ´n "klassieke musieklikheidjie", soos hy dit noem, ´n kraakvars produksie by die Aula in Pretoria opneem vir ´n splinternuwe DVD. Kom kyk hoe hy met fluit, viool, tjello, perkussie en kitaar jou op ´n klankreis deur sy verkleurmannetjie verbeelding voer en ten slotte laat ding : "Ek is so trots dat hy een van ons is.:
Met : Chris Chameleon (lead singer), Anneke Visagie (elektroniese klavier en backing vocals), Leon Ecronigard (bass), Wouter Kellerman (fluit), Lizelle Le Roux (viool), David Klassen (tromme en perkussie), Jonathan Crossley (kitaar) en Wessel Beukes (tjello)
Musiek Direkteur : Anneke Visagie


Kersfees In Afrika ............................. 2007 RHYTHM


Flight of an Extraordinary Alien DVD . RRDVD 003 2007 RHYTHM/SELECT
1. Give Up On Love
2. Blue
3. OOAA
4. Opdrag Dwaling
5. Mind Made Up
6. Anywhere
7. Korreltjie Sand
8. My Pop Val Stukkend
9. Saved
10. Machine
11. Shine
12. Nothing
Extras:
Shine Video
Nothing Video
Groet Video
Constructive Schizophrenia
Questions from fans
Discography
lewendige opname van Stellenbosch show




Ek Vir Jou ................................ RR080 2007 RHYTHM
1. Eerste Oogopslag - mp3 by myspace
2. Soen
3. Ja Gesê
4. Ek Vir Jou
5. Klein Klein Jakkalsies
6. Ek Dink Ek Hou Nog Van Jou
7. Om Jammer Te Sê
8. Weer Bymekaar
9. Vertrek Van Die Twaalf
10. Laaste Baklei
11. Epiloog
So ok, Chris gee ons hoendervleis. En die een skop dieselfde af, mens is sommer meegevoer in die Taal van die eerste note. Kry die openingsnit by myspace.com, ´n WNNR. Dit help miskien as jy verlief is, dan kan jy lekker saamsing.
Na die komersiele sukses van Shine en 7de Hemel, en ´n Europese platekontrak verwag mens miskien ´n oorgeproduseerde stukkie plastiek, maar Chris se woorde is maar nog net so innocent as Ek Herhaal Jou, soos die titel verklap.
Oogopslag groei stadig van ´n amper akoestiese een, tot ´n stadium treffer met die note wat deur die dak klief, soos dit die verhoogmeester bekoor. Ons luister daai een drie keer, seker maar die verliefdheid, maar meer die crescendo wat die koor die buitenste ruimte insing, lekker. Amper raak dit ´n liefdesbrief, vir die blondine...
........................ " ... kan dit wees, dat met die eerste ... "
Mens hoor die vingers van Theo Crous op die knoppies, met melodieë en harmonie wat in oorvloed die woorde begelei. In Bellville Studios word verskeie klank verwerk, maar ons is seker hierdie een was van die wat meer geniet is.
Soen is meer van daai amper onuithoudbare tjikkelinge-tjikkelei wat die Verkleurmannetjie die volk ingebors het, lekkerder as lekker, met meer energie as ´n week se voorgeskrewe vitamiene. Eerlik tot die punt van voetstamp en koor saamsing, miskien kan jy die geluide ook probeer maak, tee teeteeet teeoo, infekterend.
....................... " .. wil ek jou eintlik net gryp en ... "
Drie wys die gemaklikheid waarmee die twee musikante ritmes en genres kan vervleg. Met ´n amper hip-hop ritmetjie en r´n´b fluistering in die agtergrond verleen dit ´n internasionale geur aan hierdie gediggie wat miskien nommer een genoem moet word vir ´n ruk. Heuning kitaarnote verf ´n driedimensionele hemel, en as die stem ...." .. eha .. " sal jy verstaan wat bedoel word. Daai een speel ons weer, gooi so skoffeltjie, en strek arms uit soos ´n vliegtuig ... eha ...
Titelsnitte is gewoonlik mos nogal aanduidend van die gemoed van ´n CD, Ek Vir Jou, een van Theo se hope bydrae, is icon Chris Chameleon, so mooi dat trane die verhoog afloop, almal se ogies met sterretjies, links en regs wiegend in geluk... Kyk maar, treffer, wonder wat die Laaglande van die een gaan maak!!..
....................... " .. Ek vir jou, en jy vir my .... "
Terug na die amper country ritmes wat die tong-innie-kies woorde so lekker van die tong laat glip. Besingend aan die skoner geslag en die verlange na die genieting. Vertellend en weer eerlik genoeg dat dit later in geluide ontaard, lekker rondry liedtjies, hierdie met die geluide,
........................ " ... rrrteertete rrttoouu rrtrteeeou!! ... "
En weggevoer, weer. Reguit lirieke oor onheilspellende note, maak vir ´n rustig tog onstellend waar snit. Lize Beekman verleen ´n sagter (maar net so ernstige) vrouestem aan die ritme, die "genre" reg in haar kraal, sien haar uitgawes hier
........................ " .. en kan jy, onthou .. "
So ons is nou in die "middel" en ons word gerus gestel met ´n liefdestreffer wat gemaak is vir sonligmiddae en kuier, heerlike backbeat en ´n koor wat die hare op enige verlangende een se nek sal orent laat staan. Check, die Stellenboschers moet eintlik die een sêr, of wag dis miskien so bietjie erg.. Rondry een, Om Jammer Te Sê ...
...................... " .. en ooooo, om jou te verloor ... "
Nog, dans dude!! Opgewekte ritmes met daai kitaarslaan, samesyn beskrywings, soos Die Onverkrygbare se tyd, Weer Bymekaar, amper ´n partyjie na die vorige een se uitsien. Die CD is teen die tyd lankal in die argiewe, sien uit om die verkope te sien die hemel in skiet.
Berei asseblief voor!! Vertrek Van Die Twaalf is nie vir X puriste nie, want hier
..................... " .. en dis te lanklaas ... "
is bas en ´n ernstiger klank in die woorde. En natuurlik kitaar, wat herhalend die speelveld verbreed en oorneem, en as die koor kom, en Chris se stem is effens hoër, bly dit maar hectic. Hierdie is ´n kant van Kleur wat ons min sien, meestal verskans deur die ligte en strobelights, ´n kant wat mens miskien laat sien wat hier gebeur, WNNR.
Laaste Baklei is weer huge. Soos die eerste snit, meng minimalistiese harmonie met groot ritmes en hoë note om ´n stadiumgrootte klank teweeg te bring, sjoe. Klink soos baie internasionale bands, "sit jou bandnaam hier", en met nadenke is die miskien ons gunsteling, saam met Oogopslag en Vertrek Van Die Twaalf, maar hey almal ..
............................... " .. ek en jy .. "
Aflsuiting deur ´n mengsel van al die elemente, dansbeat, op-en-af-spring kitaarnote, geluide en kore. Verskoon maar die nuutskeppinge en oormatige gebruik van leestekens, mens kannie anders as om met hierdie klankbaan effe liries te raak oor dinge nie.
............................. " .. sou ek my nooit die genot of ... "
Sien Chris se myspace vir op datum nuus, tuisblad vir meer, Rhythm Records of kalahari.net of Take2 vir "Ek Vir Jou", en Bowline.


Kersfees In Afrika ............................... 2006 RHYTHM



Shine ...................................... RR070 2006 RHYTHM
1. Blue
2. Anywhere
3. Mind Made Up
4. Machine
5. Shine
6. Give Up On Love
7. Ragdoll
8. Garden
9. Loving Fool
10. Saved
11. Sad Heart
12. Nothing




7de Hemel ............................ RR069 2006 RHYTHM
1. Droomland
2. Sterredank
3. Houvas
4. Wagtyd
5. Kwaad
6. Droomverlore
7. Vlerke
8. Reis
9. Groet
10. Gebroke Siel
11. Hartlam
12. Stapelgek
13. Genade Van Die Liefde


Volkleur DVD . RRDVD002 2005 RHYTHM
1. Op Die Voetpad
2. Jy´t My Gekierang
3. Lied Van Die Lappop
4. Die Lied Van Die Gebreekte Riete
5. Verlore Stad
6. Ek Herhaal Jou
7. Bitterbessie Dagbreek
8. Korreltjie Sand
9. Droomland
10. Fragment
11. My Pop Val Stukkend
12. Opdrag Dwaling
13. As Jy Lag
14. Die Onverkrygbare
15. OOAA
16. Wishbone
17. Anywhere
18. Machine
19. Duv Mafia




Ek Herhaal Jou ...................... RR061 2005 RHYTHM
1. Ek Herhaal Jou
2. Die Onverkrygbare
3. Lied Van Die Lappop
4. Ontvlugting
5. Jy´t My Gekierang
6. Bitterbessie Dagbreek
7. Vyf Lewens
8. Korreltjie Sand
9. Die Lied Van Die Gebreekte Riete
10. Op Die Voetpad
11. Fragment
12. As Jy Slaap
13. My Pop Val Stukkend
14. Opdrag Dwaling
met die holtes van my hande wat jou liggaam namaak..."
met die holtes van my hande wat jou liggaam namaak...."
met die holtes van my hande wat jou liggaam namaak..."
reguit aanvat van wie ookal luister na hul musiek, was boo! se leuse. kontroversie en kleur was maar vir hulle deel van die palet, die opmaak van wat hulle as band gesien het as reg. die uiteinde was warrelwind sukses en tye waar duisende die kore van menigde bekende liedjies saamgesing het. met klank en visuele stimuli het boo! ´n draai aan ´n baie eenvoud georienteerde rockindustrie gegee, en dinge kombineer wat teen ´n breër suid-afrikaanse agtergrond vir hulle baie volgers vanoor die land (en wêreld) verseker het.
dis dan met hierdie soniese informasie wat ingrid jonkeraangevat word. as jy nie die ingrid jonker storie ken nie, dit is sonder musiek genoeg vir ´n knop in die keel, so enige toonsetting of vokalisering daarvan is bloot hectic. en hier word met oordadigheid uitgebrei op die teks.
toonsetting en verwerking van gedigte uit die geskiedenis van ons land is nie iets nuut nie,daar is menigde, Ingrid Jonker is ook menigde maal voorheen getoonset lees hier meer,
die kombinasie tussen Theo Crous (SNG, Kobus!, CD4) en Chris Chameleon (Boo!) bring ´n omvattende musiekstyl na hierdie toonsettingsproses, met klanke uit alle oorde. met sagte deurdringende woorde, met herhaling en ernstigheid.
Ingrid Jonker se storie insigself is reeds poëties, en hoe meer jy oplees oor en van haar bydra + ondervinding, hoe dieper raak die woorde wat so sagkuns vertel. Menende dat daar ´n onderleende spanning in die werk is, wat daardeur verbreek word. Iets soos die son wat vanaf ´n swartkar gereflekteer word ...
PERS:
Ons almal ken hom as Boo! se Miss Chris maar onlangs het hy homself in ´n nuwe rokkie geklee.
Weg is die dae van Monkey Punk en meer as 800 vertonings in 14 ander lande. Dis nou nie te sê dat ons minder van hom kan verwag nie.
Inteendeel, kritisie beweer dat hy met sy onlangse Afrikaanse projek al sy vorige werk oortref. "Die melodies wat hy by Ingrid Jonker se gedigte gesit het op hierdie nuwe album sal haar onverganklike siel tuis bring by ons jonger generasie", sê Riku Lätti, Zimdollar se president. Moet dit beslis nie misloop nie ...
PERS: chrischameleon.com
2005 07 01 , Dorpstraat Teater, Stellenbosch
met aanmoediging uit die skare bekendes in dorpstraat word ´n paar diamante uit die boo! setlist akoesties gespeel, tot groot toejuiging. 2005 06 19, Independant Armchair Theatre, ObsCD LAUNCH
. ´n amper kunsuitstalling stilte begroet jou by independant armchair. die vloer is vol bruisende fluisterings, en klinkel glase. opgewondenheid vibreer deur die geselsies en in die oë.
seremonieloos groet die chris verkleurmannetjie en spring dadelik in ´n amper holistiese musikale medisyne klank aan die werk. met handeklap en toejouing wat die eerste liedjie volg, word die stemming vir ´n belewenis geskep. Chris WOW met elke liedjie, vol vokale improvisasie en ligte kitaar. note word in hulself liedjies, emosionele togte na en terug van daardie musiekland waarvan Chris saam met Boo! deel geword het. tussenin vertel hy van Ingrid se lewe stukkies en blaai van boekmerk na boekmerk in die Versamelde Gedigte wat die woorde bevat. hulle s´n was die nuwe ligteblou, hierdie is die 1994 uitgawe, kalahari.net.
met die ligte getokkel en die gebruik van sy supersoniese stem - wat mens in boo! menigtemaal gehoor skril het - vervloei frases en reëls inmekaar, en dieselfde met die klank. uitgerek en vermeng, meeste van die cd se snitte so , ..
ook op :
Rockhart kompilasie - Blue
Huisgenoot Top 20 kompilasie - Kwaad
Insig Cyber-CD kompilasie - Die Onverkrygbare
MK89 Die DVD Video kompilasie - Die Onverkrygbare
Rots DVD kompilasie - Die Onverkrygbare
Blou Kafee Musiek From Amalia II - Korreltjie Sand, Bitterbessie Dagbreek
Afrikaanse Rock Love Songs kompilasie - As Jy Slaap
Stunning Love Songs kompilasie - As Jy Slaap
CD4 kompilasie - Come
Diep DVD kompilasie - Ek Herhaal Jou
Diep 5 kompilasie - Ek Herhaal Jou
Koel kompilasie - Die Onverkrygbare
Somerfaan - uiters geheim
sien Boo! / website
skakels : chrischameleon.com : myspace.com/chrischameleon : facebook
CHRIS CHAMELEON lok vol sale in Nederland se grootste en mees bekende teaters.
Chris Chameleon het pas terruggekeer na `n baie suksesvolle solo toer in Nederland, België en Londen. (14 Okt - 15 Nov).

Met die afskop van die toer in Londen was Chris se twee solo vertonings by Aardvark uitverkoop. Chris het ook`n rock vertoning (saam met musikante van Londen) vir `n groot groep van sy rock aanhangers by Halfmoon in Putney gehou.
Chris se solo-teater toer in Nederland was `n reuse sukses. Dit was opsigself reeds `n groot prestasie dat Kik Produksies in Utrecht vir Chris Chameleon genooi het om by van die mees bekende teaters in Nederland op te tree: `n Ou katedraal in Roepaen in Ottersom, die Theater aan het Vrijthof in Maastrict, Die Koningstheater in Den Bosch om net `n paar te noem. Elke teater het sy eie sjarme en karakter. Meeste van hierdie teater vertonings was uitverkoop of vol en die terugvoer van die Nederlandse publiek was fantasties.
Die toer het op `n hoë noot geeiindig toe kaartjies vir Chris se vertoning by die bekende Klein Komedie in Amsterdam uitverkoop het. Dié teater se twee balkonne was met 500 entosiastiese aanhangers gevul en dié vertoning het soos die res van sy teater toer, sy gehoor gaande gehad. Chris het beslis baie nuwe aanhangers gewerf.
Chris Chameleon het `n week voor die toer heelwat radio onderhoude met nasionale radio stasies in Nederland gevoer. Een van die onderhoude wat `n groot indruk op luisteraars gemaak het en heelwat nuwe aanhangers na vertonings gelok het, was Chris se onderhoud met Radio 1 se "Kunststoff" program: HIER
Verdere onderhoude het oa Concertzender Radio en Radio Noord-Holland ingesluit.
Planne vir oorsese optredes in 2009 sluit `n toer in Mei in, sowel as optredes by Europese Feeste in Junie, Julie en Augustus. Chris sal dan weer in Okt/Nov terugkeer vir `n tweede teater-toer in Nederland. (weer deur Kik Produksies). Hierdie keer sal Chris ook `n teater-toer in België doen wat deur Garifuna Produksies gereël sal word.
Lees meer van Chris Chameleon se persoonlike ervaringe tydens die toer op sy blog: www.chrischameleon.com


2008 01 26,27 - Chris Chameleon, Aula TUKS Campus

.
2007 09 21 - Chris Chameleon, Mercury Lounge, Kaapstad
2007 09 05 - Chris Chameleon, Stadsaal, Kraaifontein
2007 09 04 - Chris Chameleon, Stadsaal, Strand
200625 Oktober - Chris Chameleon, Simonsvlei Cellar Theatre, Stellenbosch
200623 Oktober - Chris Chameleon, Hoërskool Grens (Oos-London)
200622 Oktober - Chris Chameleon, The Arts Theatre Club, Oos-London
200620 Oktober - Chris Chameleon, R70, Back2Basics, JHB
2006 19 Oktober - Chris Chameleon, Café Barcelona, Pretoria
2006 15 Oktober - Chris Chameleon, Valiant Swart Skouspel, Superbowl @ Sun City
2006 14 Oktober - Chris Chameleon, Valiant Swart Skouspel, Superbowl @ Sun City


2006 12 Oktober - Chris Chameleon, Café Barcelona, Pretoria
2006 12 Oktober - Chris Chameleon, Bosveld Lapa & Lodge, Tzaneen
2006 10 Oktober - Chris Chameleon, Die Agterplaas, Melville
2006 8 Oktober - Chris Chameleon, Valiant Swart Skouspel, Superbowl @ Sun City
2006 7 Oktober - Chris Chameleon, Valiant Swart Skouspel, Superbowl @ Sun City
2006 30 September - OppiAarde, Rockspaaider wenner, Cassette, The Parlotones, Chris Chameleon, Fokofpolisiekar, Rokkeloos, The Hellphones, Lukraaketaar, Gyroscope, Johnny Clegg, Love Jones, The Narrow, Tidal Waves, Vodacom Sedgars Park Stadion, R120
2006 21-25 September - Paarl-Cultivaria-fees, cultivaria.com
met Mel Botes, Anna Davel, Chris Chameleon, Laurika Rauch, Dozi, Mathys Roets, Wolfgang Riebe, Kevin Leo, Zamar en Anna Davel, Coenie de Villiers, Theuns Jordaan, David Kramer
2006 23 September - Die Burger Monument-Monument Fietstoer, Dot Serfontein, "Braaivleis, Rugby, Sunny skies en Sussie", Wolfgang Riebe, Art of Charf, Chris Chameleon, Kevin Leo and the sweet voice masters, Mel Botes & orkes met STEM/VOTE SSP - Die storie van Herrie, Boheem! met Zamar en Anna Davel, Klipwerk: Ter herdenking van NP van Wyk Louw se 100ste verjaardag, Pleiboyz, Coenie de Villiers, Timeless / Tydloos, Man, Joseph Clark - The music of Queen, Laurika Rauch, Leonard Cohen Tribute by Mathys Roets, Theuns Jordaan, cultivaria.com
2006 23 September - Chris Chameleon, "Volkleur", Hermanus Walvisfees
2006 22 September - Plaasstories - Die Melkweg het ´n ster laat val (Riana Scheepers), "Slaan vir my ´n masker, Vader", Art of Charf, Mel Botes Unplugged, Linger - Anna Davel, Man, Chris Chameleon, Laurika Rauch, Dozi met Orkes, Leonard Cohen Tribute by Mathys Roets, cultavaria.com


2006 21 September - Chris Chameleon, Die Blou Hond, Linden, R175
2006 20 September - Chris Chameleon, Die Blou Hond, R175
2006 19 September - Chris Chameleon, Artes Awards (Linden High School)
2006 15 September - Chris Chameleon, NG Church Helikonpark, Randfontein
2006 14 September - Chris Chameleon, Die Hoenderhok, Kuilsriver
2006 13 September - Chris Chameleon, Olive Bar, Worcester
2006 9 September - Chris Chameleon, Oppiplaas, Pretoria Noord
2006 9 September - Chris Chameleon, Laerskool Warmbad Skoolsaal, Limpopo
2006 8 September - Chris Chameleon, Konka Kuierskuur, Krugersdorp
2006 7 September - Chris Chameleon, Die Blou Hond, Linden
2006 6 September - Chris Chameleon, Centurion Teater, R80
2006 5 September - Chris Chameleon, Centurion Teater, R80
2006 27 Augustus - Chris Chameleon, Die Boer, Durbanville UITVERKOOP

2005 10 08, 09, Die Boer, Durbanville Chris Chameleon
2005 08 24, 25, Dorpstraat Teater, CL Chris ChameleonKAAP
2005 08 19, Armchair Theatre Chris ChameleonKAAP
2005 08 20, Beyond the Moon, Wildernis Chris ChameleonKAAP
2005 08 21, Accoustic Café, Muizenberg Chris ChameleonKAAP
2005 08 22, . Die Boer, Durbanville Chris ChameleonKAAP
2005 08 24, 25, Dorpstraat Teater, CL Chris ChameleonKAAP
2005 07 29, Die Blou Hond, LindenChris Chameleon CD LAUNCH

2005 07 18, Mesopatamie, CT, Ingrid Jonker voorlesings, Ernst Grundling, Maritha Bronschk, Chris Chameleon akoesties, R120
2005 07 03, Die Boer, Durbanville Chris Chameleon CD LAUNCH
2005 07 01, Dorpstraat Teater, Stellenbosh Chris Chameleon CD LAUNCH
2005 06 19, Independant Armchair Theatre, ObsChris Chameleon CD LAUNCH
2005 05 19, jou tv 7de Laan met Chris Chameleon + Theo Crous









