vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
Albert de Wet .co.za


Die Vensters Na My Siel .................. 2010 EMI


Live By Die Barnyard Teater DVD . STIDVD013 STING

Drie Jaar ..................... STIDCD119 2008 STING
1. Heks van die Sekelmaan-Vallei (M Botes/J Botha)
2. Fok Tshwane
3. 3 Jaar
4. Wat Het Gebeur By Aliwal-Noord? (/Johan van Schalkwyk)
5. Walking Down Town
6. Johnny´s On the Highway
7. Bakgat met Quentin Prinsloo
8. All I Need
9. Sweet Home Alabama (R van Zandt/E King)
10. Beautiful Woman (/Allen Jesson)
11. Dis Jy
12. Gebroke Siel
13. Hey, Hey, Hey
14. Bomskok Babelaas met Mel Botes (Koos Kombuis/)
15. Tiger En Louise (Gian Groen)
Albert de Wet - Lyf VID
2007 05 24 - Albert de Wet, Café Barcelona


Dagboek Van ´n Dromer DVD . STIDVD 013 2006 STING MUSIEK

1. Lyf - mp3 by myspace
2. Within Walls - mp3 by myspace
3. Verlore - mp3 by myspace
4. Blue Eyes
5. Sarie Marais
6. My Only Friend
7. Sweet Home Alabama
8. Butterfly Angel
9. Baby Jy Is
10. Aphrodite
11. Bomskok Babelaas
12. Tiger en Louise
13. Within Walls - mp3 by myspace
14. Verlore - mp3 by myspace
15. Watch Out Baby
Lyf Musiekvideo
Blue Eyes LIVE, World Vision Song Contest
Interviews
2007 05 24 - Albert de Wet, Café Barcelona


Dagboek Van ´n Dromer ...... STIDCD104 2006 STING MUSIEK

1. Lyf - mp3 by myspace
2. Within Walls - mp3 by myspace
3. Sarie Marais
4. Verlore - mp3 by myspace
5. Watch Out Baby
6. Dagboek Van ´n Dromer
7. My Only Friend
8. Baby Jy Is
9. Aphrodite
10. Butterfly Angel
11. As Ek Droom
12. Every Story Has An Ending
13. Vat My Saam
14. Moving On
... " .. Met jou hier in my lyf .."
Die CD begin met die treffer wat Albert de Wet met meeste mense laat kennis maak het, Lyf. Dis ´n stadiger een, wat die intensiteit en emosionele woorde beklemtoon, klavier snaar instrumente en een weergalmende koor. Dis ´n stadiumtreffer, met ´n sterrestelsel.
Within Walls wat saam met Jac van Wyk geskryf en komponeer is, is die eerste van die ses engelse snitte, en wys hoe breed die musikante se musiek invloedsfeer is. ´n Rock nommer van formaat.
Op dieselfde manier, maar heeltemal anders, bring hulle een van ons mees bekende Liedjies na vore, genaamd Sarie Marais.
... " .. Voor die oorlogt begin .. "
In ´n meer oorspronklike "oudafrikaans" met kitare en dromme bo-oor is dit ´n meer aantreklike weergawe as van die ander wat beskikbaar is ...
Die musiek en lirieke word alles deur Albert behartig, behalwe Butterfly Angel (Arapaho), en dit maak vir ´n baie noue verhouding tussen die woorde en die emosie wat deur die note verskaf word. Verlore is ´n dwalende liedjie wat op tye gefrustreerd mag klink, maar met ritme opmaak. ... " .. daai woorde van die ander kant .. "
Maar voor dit te ernstig word volg nog ´n tweekeer luister liedjie, ´n amper parmantige een, wat oor kitare vreesloos grynslag en die uitroep tog met ligter note versag en bietjie sexier laat voel voor daar weer net koppe geruk word ..." .. terug na die eenvoud van gister .. "
Ons luister eers weer Lyf, voor ons by Dagboek Van ´n Dromer kom, dit begin as gedig oor akoestiese kitaar, en groei tot ´n volle orkes wat ´n beat gee vir die agtergrond koor en die woorde. ´n Mooi een vir die muse. ... " .. Baby sonder jou is ek leeg .. "
Liefdesliedere vir daai meisies met die langhare en glimlagte op sonnige middae, en liefdesliedere vir al die mense wat miskien sonder liefde is. My Only Friend skop af met ´n stewiger beat en die kitare bring so bietjie meer fokus in die situasie, weereens ´n ander perspektief van ´n rockaanslag.
Baby jy is kom weer van ´n gelukkiger amper trippie kant af, dis nou voor die kitaar oorneem en die song so onderliggende blamerende noot gee. Maar dis net speels en dieselfde note van Lyf en Verlore word aangeraak met merkbare gemak, ´n stem gemaak vir hierdie musiek.
... " .. As ek droom, Dan droom ek net .."
´n Waarskuwing wat ´n biegelied word is Aphrodite wat begin om die nagevolge en rooiligte uit te wys en later toegee dat dit ondervinding is wat hierdie beskrywings so eg maak. Die geluk, hartseer, lus en ingee perfek oorgedra in nog ´n perfek geproduseerde nommer.
... " .. Met haar lang swart hare .. "
Party sal Arapaho se Butterfly Angel onthou, Albert doen ´n baie goeie weergawe daarvan, en laat dit so by die CD pas, dat dit glad nie as ´n verandering aan die trant gevoel word nie.
flyers :

2007 12 07 - Loskop Opskop: Christiaan (Idols), Jaco (Idols), Albert de Wet, Roots of Youth, Shine 4, R100 foreversa.co.za 0132623075
2007 08 25 - Afrikaans Rocks!!!: Snotkop, éF-éL, Revolusie, Albert de Wet, Staaldraad, BlueMoon
2007 08 09 - Oppikoppi: The Way of The Dassie
2007 06 22 - Albert de Wet, Revolusie, Maloney´s, Pretoria
Revolusie Musiekfees: Klopjag, Albert de Wet, Die Melktert Kommissie, Glaskas plus Springbok rugby
CD LAUNCH, 4 September, Barnyard Theatre, Menlyn
2005 03 07, Ceasars in Gauteng GMT 2005 RSGroentjie: Albert de Wet (Lyf), Bobby van Jaarsveld (Talina, Boemelaar), MD Greyling (Eenvoudig), Slagyster (Spooklag), Kaktus (Kaktus) pitstoptv.co.za
2006 22 Augustus, Albert de Wet, Café Barcelona
2006 27 Julie, Albert de Wet, Café Barcelona
skakels : albertdewet.co.za : revolusie.co.za/albertdewet... : myspace.com/albertdewet
STING MUSIC IS GETROTS MET Albert de Wet SE VONK TOEKENNING VIR BESTE LIEDJIE VAN DIE JAAR
Hy was in die selfde kategorie met die grootste name in die Afrikaanse musiekbedryf - Chris Chameleon, Juanita du Plessis, Kurt Darren and Steve Hofmeyr - en Albert de Wet het gisteraand afgeloop met die SONDAG VAMT 2008 toekenning vir Beste Liedjie van die Jaar vir Wat Het Gebeur By Aliwal-Noord?
Daar is geen einde aan die multi-talentvolle Suid-Afrikaanse kunstenaar se gawes nie en hierdie wen bewys dat daar is geen twyfel dat Albert de Wet, op sy jong ouderdom, sy plek sal volstaan by al die groot name in die musiek bedryf nie.
Albert de Wet het al ´n gevestigde naam in die musiekbedryf. Na sy debuut album, Dagboek Van ´n Dromer, is sy tweede album, 3 Jaar, vrygestel, waarvan, Wat Het Gebeur By Aliwal-Noord?, sy eerste 'single' was. Albert de Wet was hierdie jaar genomineer vir 3 Vonk Toekennings (Beste Liedjie van die Jaar, Beste Liedjie Skrywer en Beste Rock Album van die Jaar).
Albert de Wet het Wat Het Gebeur By Aliwal-Noord? geskryf oor sy vriend se ouma en oupa, wat ´n paar jaar gelede betrokke was by ´n plaasmoord. Die liedjie gaan oor hoe sulke gevalle generasies verder emosionele skade rig en ons as jong Suid-Afrikaners met die vraag worstel - Emigreer of staan saam en iets doen daaraan.
"Dit was ongelooflik om hierdie toekenning te wen. Dit is ´n groot eer om in die selfde asem as mense soos Steve Hofmeyr en Chris Chameleon genoem te word." - Albert de Wet
3 Jaar spog met 10 Afrikaanse snitte en 5 Engelse snitte en stel Albert de Wet se unieke alternatiewe akoustiese rock styl ten toon.
Vir meer inligting, kontak:
Monica Ferreira
Sting Music
Label Manager
T: 011 614 1911
C: 084 670 3754
www.myspace.com/albertdewet
-------------------------------------------------------------------------------------
ALBERT DE WET - GENOMINEER VIR 3 VONK TOEKENNINGS
Sanger. Komponis. Optreeder. Musikant. Ware Kunstenaar. Daar is geen einde aan die multi-talentvolle Suid-Afrikaanse kunstenaar se gawes nie. Na sy debuut-album, 'Dagboek Van ´n Dromer´, is sy 2de album, '3 Jaar', vrygestel.
Albert de Wet is genomineer vir 3 toekennings in hierde jaar se VAMT Afrikaanse Toekennings.
* Beste liedjie van die jaar
* Beste liedjie skrywer
* Beste rock album van die jaar
VAMT roem homself daarop om slegs aandag to verleen aan die kunstenaars wat daagliks wegskaf, skryf, sing en musiek maak in Afrikaans.
"3 Jaar" spog met 10 Afrikaanse snitte en 5 Engelse snitte (11 oorspronklike snitte) en stel Albert se unieke alternatiewe akoustiese rock styl ten toon. Uit die pen van hierdie multi-talentvolle kunstenaar, vloei sy eerste twee singles, "Wat Het Gebeur By Aliwal-Noord?" en "Beautiful Women". 'Wat Het Gebeur By Aliwal-Noord?' is genomineer vir Beste Liedjie van die jaar.
Albert het die liedjie geskryf oor sy vriend se ouma en oupa, wat ´n paar jaar gelede betrokke was by ´n plaasmoord. Die liedjie gaan oor hoe sulke gevalle generasies verder emosionele skade rig en ons as jong Suid-Afrikaners met die vraag worstel... Emigreer of staan saam en iets doen daaraan!"
Die singles op die nuwe album volg op sy groot treffers van sy eerste album. Treffers soos: "Lyf", "Within Walls", "Verlore" en "Blue Eyes" het hom groot sukses behaal.
Van die pragtige ballades "Wat Het Gebeur By Aliwal-Noord?"en "All I Need" tot by die meer opbeurende liedjies soos "Heks van die Sekelmaan-Vallei" en die akoustiese rock vibrasies van "Walking Down Town" en "Bakgat" is daar geen twyfel dat Albert de Wet, op sy jong ouderdom, sy plek sal volstaan by al die groot name in the musiek bedryf nie.
Albert het saam met onder andere, Paul McIver, Johan van Schalkwyk, Mel Botes and Vinnie Henrico gewerk om die unieke album saam te stel. Die album was by twee van die land se top studios opgeneem.
Albert (21) was gebôre in Pretoria, waar hy nog steeds bly. Hy het musiek studeer by die "Tshwane University of Technology".
Hy was ´n finalis in die RSGroentjie toekennings (´05) en was genomineer vir die beste Afrikaans Rock Album tydens die 2007 SAMA toekennings. Albert spog met ´n string krediete agter sy naam en sy liedjies verskyn op verskeie kompilasies. Hy was ook genomineer as ´n finalis in die 2006 "World song vision contest" en het ook nominasies ontvang tydens die "Huisgenoot Tempo Toekennings", die "MK89 Toekennings" en die "Vonk Toekennings".
Albert´s het sy inspirasie by musikante soos Eric Clapton, The Doors, Gian Groen en Jan Blohm, om slegs ´n paar te noem, verkry. Hy beskou homself as bydens ´n Afrikaanse en Engelse kunstenaar. Hy komponeer al sy eie musiek, speel die kitaar, die klavier, harmonika en baskitaar.
Vir meer inligting: Monica Ferreira / Sting Music / T: 011 614 1911 / E: monica@stingmusic.co.za
It´s no longer a dream for Albert de Wet
ALBERT DE WET - NOMINATED FOR 3 VONK AWARDS
"Most exciting artist for 2008"
There is no end to this multi-talented South African artist´s talents. From being a singer and composer to being able to play guitar, bass guitar, harmonica and drums, Albert de Wet is undoubtedly one of the top artists in the industry.
Following the release of his debut album, Dagboek Van ´n Dromer in 2007, comes the release of his 2nd album, 3 Jaar - an Afrikaans / English rock album.
Albert de Wet has been nominated for 3 VONK awards:
* Best song of the year (Wat Het Gebeur By Aliwal-Noord?)
* Best song writer
* Best rock album of the year
The VAMT Awards are on their 4th year and was started to honour those who produce, write and sing Afrikaans music.
3 Jaar features 10 Afrikaans and 5 English tracks (11 original tracks) and showcases Albert´s unique alternative acoustic rock style that has gained him high-acclaim with media and fans nationwide.
Out of the pen of this multi-talented artist, are his first two singles, Wat Het Gebeur By Aliwal-Noord? and Beautiful Woman, both which have charted on radio stations nationwide. The singles follow on the great success of his chart-hitting debut album, tracks like: Lyf, Within Walls, Verlore and Blue Eyes gained him success.
From the beautiful ballads of Wat Het Gebeur By Aliwal-Noord? and All I Need to the up tempo melodies of Heks van die Sekelmaan-Vallei to the acoustic rock sounds of Walking Down Town and Bakgat, at such a young age, there is no doubt that Albert de Wet will soon be taking his place with the legends of the music industry.
Albert worked with Paul McIver, Johan van Schalkwyk, Mel Botes and Vinnie Henrico (to name but a few) to create this unique album, which was recorded in two of the countries´ top recording studios.
Albert (21) was born-and-bred in Pretoria. He studied music at the Tshwane University of Technology.
From being a finalist in the RSGroentjie Awards (´05) to being nominated for Best Afrikaans Rock Album for the 2007 SAMA Awards, Albert has gained an impressive string of credits. He has featured on several compilations, was a finalist in the 2006 World Song Vision Contest, nominated for a Huisgenoot Tempo Award, nominated for a MK89 award and a Vonk Award.
Albert´s work has been inspired by the likes of Eric Clapton, The Doors, Gian Groen and Jan Blohm to name but a few. He sees himself as both an Afrikaans and an English artist: "I can´t see why any artist has to commit to only creating music in one language. It´s part of your artistic freedom to express one´s self in any form or language," says Albert.
He composes all his own music, and can also play the guitar, piano, harmonica and bass guitar.
For more information: Monica Ferreira / Sting Music / T: 011 614 1911 / E: monica@stingmusic.co.za
met Albert de Wet, Quentin Prinsloo, Jac van Wyk, Colin van Rooyen, MJ
Swanepoel, Vinnie Henrico, Herrie Venter, Jeanine, Mel Botes, Paul Mc Iver, Johan van Schalkwyk, Melanie du Bruyn, Rian van Wyk, JC Krause, Stephan Slabbert, Marise de Vos, Johannette de Vos
"Albert de Wet se lang verwagte 2de Album, 3 Jaar word vrygestel"
Sanger. Komponis. Optreeder. Musikant. Ware Kunstenaar. Daar is geen einde aan die multi-talentvolle Suid-Afrikaanse Kunstenaar se gawes nie. Na die vrystelling van "Dagboek van In droomer" kom sy lang verwagte 2de Album "3 Jaar".
"3 Jaar" spog met 10 afrikaanse snitte en 5 engelse snitte (11 oorspronklike snitte) en stel Albert se unike alternatieve akoustiese rock styl ten toon. Uit die pen van hierdie multi-talentvolle kunstenaar, vloei sy eerste twee singles "Wat Het Gebeur By Aliwal-Noord?" en "Beautiful Women". Albei hierdie liedjies is op pad radio toe.

Albert het die liedjie geskryf oor "my vriend se ouma en oupa, wat ´n paar jaar gelede betrokke was by , ´n plaasmoord. Die liedjie gaan oor hoe sulke gevalle generasies verder emosionele skade rig en ons as jong Suid-Afrikaners met die vraag worstel. .. Emigreer of staan saam en iets doen daaraan!"
Albert´s se liedjie "Bakgat" word juis op radio stasies landwyd uitgesaai. Hy het hierdie tema liedjie op aanvraag van Danie Bester (dirrekteur) geskryf vir die
opkomende Afrikaanse fliek "Bakgat". Die fliek word op 11 April, 2008 vrygestel.
Die singles op die nuwe Album volg op, op sy groot treffers van sy eerste album. Snitte soos: "Lyf", "Within Walls", "Verlore" en "Blue Eyes" het hom groot sukses behaal.
Van die pragtige Ballades "Wat Het Gebeur By Aliwal-Noord?" en" All I Need" tot by die meer opbeurende liedjies soos "Heks van die Sekelmaan-Vallei" en die akoustiese rock vibrasies van "Walking Down Town" en "Bakgat" is daar geen twyfel dat Albert de Wet, op sy jong ouderdom, sy plek sal volstaan by al die groot name in the musiek bedryf nie.
Albert het saam met onder andere, Paul McIver, Johan van Schalkwyk, Mel Botes and Vinnie Henrico gewerk, om die unieke album saam te stel. Die Album was by twee van die land se top Studios opgeneem
Albert (21) was gebôre in Pretoria, waar hy nog steeds bly. Hy het musiek studeer by die "Tshwane University of Technology".
Hy was In finalis in die RSGroentjie toekennings (´05) en was genomineer vir die beste Afrikaans Rock Album tydens die 2007 SAMA toekennings. Albert spog met In string krediete agter sy naam en sy liedjies verskyn op verskeie kompilasies. Hy was ook genomineer as In finalis in die 2006 "World song vision contest" en het ook nominasies ontvang tydens die "Huisgenoot Tempo Toekennings", .die" MK89 Toekennings" en die "Vonk Toekennings".
Albert´s het sy inspirasie by Musikante soos Erik Clapton, The doors, Gian Groen en Jan Blohm, om slegs ´n paar te noem, verkry. Hy beskou homself as by dens ´n Afrikaanse en Engelse Kunstenaar. Hy Komponeer al sy eie musiek, speel die kitaar, die klavier, Harmonika en Bas kitaar.
Vir meer Inligting, kontak: Monica Ferreira monica@stingmusic.co.za










