vetseun blog musiek mp3 gigs skrywers boeke films skakels soek kontak
A Capella (Acapella Koor)
vetseun
Jeugsangbundelliedere kompilasie . CDDCB 406 1988 DECIBEL
Kunstenaars: Carike Keuzenkamp, Acapella, Jannie Pelser, Rina Hugo.
1. Here Ek Sal U Loof - Carike Keuzenkamp
2. Hoe Groot Is U - Acapella
3. Loof Hom Met Die Tromme - Jannie Pelser
4. Ek Weet Verseker - Carike Keuzenkamp & Jannie Pelser
5. Ons Is Nie Deur Goud Of Silwer - Acapella
6. Aan God Al Die Eer - Jannie Pelser
7. Die Hemel Roem - Acapella
8. Ek Was Eensaam En Verlaat - Carike Keuzenkamp & Jannie Pelser
9. God Van Yster En Beton - Jannie Pelser
10. Wees Genadig Heer - Carike Keuzenkamp
11. Ek Is Bly - Carike Keuzenkamp & Jannie Pelser
12. Aan Jesus, Koning, Al Die Eer - Acapella
13. Eer Aan God Die Vader - Carike Keuzenkamp
14. Eer Aan Die Vader - Jannie Pelser
15. Hierdie Heilige Nag - Carike Keuzenkamp & Jannie Pelser
16. Ere Aan Jesus - Acapella
17. Prys Die Heer Alle Volke En Nasies - Jannie Pelser
18. U Woord Is ´n Lamp - Carike Keuzenkamp
19. As Ek Soek - Carike Keuzenkamp & Jannie Pelser
20. U Ken My Deur En Deur - Acapella
21. Ons Is Almal Hier Tesaam - Jannie Pelser
22. Die Eis Wat Jesus Stel - Acapella
23. Hoor Die Blye Eng´le Sing - Carike Keuzenkamp & Rina Hugo
24. Maak Die Heilige Gees Almal Een - Carike Keuzenkamp & Jannie Pelser

vetseun
Jy´s Myne LP .................. MFP 54878 1979 MUSIC FOR PLEASURE

olv Elise Rautenbach

vetseun
Tot Eer Van Sy Naam LP . SRSJ 8024 MUSIC FOR PLEASURE
Kant Een:
1. Tot Eer Van Sy Naam
2. Genade
3. Kwel Jou Nie Meer
4. U Is My Heer
5. Daar Is Geen Groter Liefde
6. Onse Vader
Kant Twee:
1. Hy´s Die Een
2. Dankie
3. Laat Die Kindertjies Na My Toe Kom
4. Wie Het Ek Buiten U?
5. Wees Stil, My Siel
6. My Meester

Vir Acapella is die verskyning van hierdie plaat ´n grootste ideaal wat verwesenlik is. Reeds met die stigting van die koor in 1970 het ons die beginsel gehad dat ons in die eerste plek sing tot eer van die Here. Hierdie beginsel het ons deur die jare behou in al die musiek wat ons op plate en konserte sing - gewyde en volkmusiek sowel as die ligter Afrikaanse lied.
"Die Lewe Sonder Jou", "Sing Van Die Liefde", "Boland" en "Ons Is Lief Vir Mekaar" is plate wat groter sukses behaal het as wat ons ooit kon droom. Hy´s Die Een aan wie ons al die eer daarvoor gee.
En nou kan ons hierdie gewyde plaat vrystel - ´n droom van 5 jaar wat eindelik waar geword het.
Deur woord en lied kan ons getuienis nou weerklink in die huise en harte van ons mense.
Mag elkeen wat daarna luister nader kom aan die een van wie ons sing.
Dankie aan Albie Venter, Boet Pretorius en André Viljoen vir hulle samewerking en entoesiasme om die verskyning van "TOT EER VAN SY NAAM" ´n werklikheid te maak. - omslag

vetseun
Sing Van Die Liefde LP ... BRS. 338 1973 BRIGADIERS/EMI
Kant Een:
Sing Van Die Liefde
Dink Jy Darem Nog Aan My?
Hier Is ´n Mens
Heimwee Klink Uit Elke Lied
Liefling
Drome Droom Ek Van Jou
Kant Twee:
Daar´s Liefde In My Drome
Bly By My
Lieflike Roosmaryn
Wag Vir My
My Geskenk Aan Jou
Ons Sing (Tradisionele Nommer Herskep in Afrikaans)

musiekverwerkings, Elise Rautenbach

En toe maak a Capella weer so!

Warm op die hakke van hulle orentsit-sukses "Die Lewe Sonder Jou" (een van die voorste Treffers op Plateparade ´73) volg nog ´n langspeler wat musiekliefhebbers aan die praat, en aan die sing, gaan sit.
En hulle sing die taal wat almal verstaan .... die taal van die liefde .... luister veral na die pragtige verwerking van die "Slawekoor" uit Nabucco; die vrolike Japanse treffer "Wag Vir My"; die titellied "Sing Van Die Liefde" en ´n vars Afrikaanse liedjie deur Morkel Steyn "Ons sing want dit is lekker" (Morkel is een van die koor se staatmaker-basse en hierdie jongste liedjie van hom is A Capella se kenwysie): Maar draai gerus die plaat self - elke snit het sy eie besondere bekoring.

Waarin sou die sukses van a Capella lê?

Die geheim word in ´n mate opgeklaar as ´n mens besef dat die leidster van die koor Elise Rautenbach ´n jarelange ideaal koester om ´n koor tot stand te bring wat tot almal spreek. En hoe wonderlik het sy dit nie reggekry nie! Die klein groepie waarmee sy begin het, het mettertyd aangegroei van oor die hele Pretoria - almal mooi jong stemme van mense wat in alle soorte beroepe staan maar met een gemeenskaplike doel - OM LEKKER TE SING!
Elise ken natuurlik nie so-iets soos stilsit nie. Benewens koorleidster is sy ook onder meer musiekdosente en orreliste en staan saam met haar eggenoot Ds. Nico haar plek vol in die pastorie van Edenvale-Noord. Hy staan sy plek ewe vol in die koor as tenoor, solis en koorbestuurder.
Oorspronklik was a Capella natuurlik (soos die naam aandui) ´n koor sonder begeleiding. En veral op toerkonserte het hulle gou opgang gemaak. Tot manne soos Albie Venter en Dimpel Pretorius hierdie fyn afgeronde koor hoor sing het. Toe gebeur dinge vinnig! ´n Dartelende ritme word bygevoeg en die koor sonder begeleiding word ´n koor met begeleiding. Die naam a Capella is egter so ´n lekkersê-naam dat die koor besluit het om dit te behou.
Ons sê SUKSES aan hierdie voortreflike span kunstenaars! "a Capella Sing Van Die Liefde" bewys nogeens dat hierdie koor met dié nuwe lekker saamsing-klank gekom het om te bly! - B.H.R. (omslag)

vetseun
Die Lewe Sonder Jou LP . BRS. 323 1972 BRIGADIERS
Kant 1:
1. Daar´s Niks Soos Ware Liefde
2. Lief Maria
3. Die Lewe Sonder Jou
4. Ai, Meisie, Meisie
5. Ek Is Verlief Op Jou
6. Reën
Kant 2:
1. Liefste Madelein
2. Groet Die Lewe Met ´n Glimlag
3. Die Hartseerwals
4. Kamma Kamma
5. Vicky
6. Stil Is Die Nag

vetseun
Boland! ....................................................... BRIGADIERS/EMI


skakels :













DIE VERENIGING VAN ELEKTRISITEITS TRANSFORMASIE SITUASIE EN UNIFIKASIE NAVORSING
laat ons van jou musiek weet - vetseun1@gmail.com (© Kopiereg voorbehou.)